VRAAG 9 [4] 9.1 Omskryf die begrip: (1) 9.1.1 Bekentenis
‘n Bekentenis kan gedefinieer word as ‘n onomwonde (ondubbelsinnige) erkenning van skuld, gelykstaande aan ‘n pleit van skuldig in ‘n geregshof. ‘n Bekentenis word buite die hof gemaak.
Die bekentenis moet alle moontlike regverdigingsgronde uitskakel en moet die skuldelemente dek.
Vir ‘n verklaring om as bekentenis te kwalifiseer, moet dit die bestaan van enige verweersgronde ontken.
Dit hoef nie elke element van die misdaad in soveel woorde te stel nie.
9.1.2 Erkenning
‘n Erkenning is ‘n bevestiging van ‘n ongunstige feit, in siviele/ strafverrigtinge.