10.1.2 Indien wel, tot op watter stadium vd verrigtinge kan sodanige versoek gerig word? (1)
Die aansoek kan op enige stadium gebring word maar voordat die getuienis gelei word.
10.2 As die staat weier of versuim om nadere besonderhede te verskaf, het ‘n besk. enige remedie om die nadere besonderhede te verkry? (1)
Die besk. kan die Hof versoek om ‘n bevel te maak vir die verskaffing van nadere besonderhede.
10.3 Watter effek, indien enige, het die verskaffing vd gelewerde nadere besonderhede op die oorspronklike klagte wat deur die staat teen die besk. gebring is? (1)
Waar besonderhede verskaf is, moet die staat die aanklag aanvul deur die nadere besonderhede te bewys en waar ‘n veroordeling berus op getuienis wat nie deur die besonderhede gedek word nie, kan die veroordeling by hersiening tersyde gestel word.