6 julie 2011 vraag [20] u word deur u kliënt Mev Sarah Nkosi geraadpleeg en sy lig u in as volg


Buiten die kwantum wat moet die kennisgewing uiteensit?



Yüklə 66,54 Kb.
səhifə45/47
tarix09.02.2022
ölçüsü66,54 Kb.
#114296
1   ...   39   40   41   42   43   44   45   46   47
vraestelle uitgewerk (1)

10.2 Buiten die kwantum wat moet die kennisgewing uiteensit?


  • Skuldoorsaak


10.3 Hoeveel dae moet verstryk nadat kennisgewing op die staatsorgaan beteken is, voordat die dagvaarding uitgereik mag word?


  • 30 dae


10.4 Is die Wet van toepassing op eise voortspruitend uit ‘n delik?



  • Ja


VRAAG 11 [10]
Stel op: Artikel 112(2) verklaring ing. die SPW

VRAAG 12 [6]
John Smith deel u mee (voor vonnis) dat hy skuldig bevind is aan die besit van dagga nadat hy ‘n pleit van skuldig aangebied het. Hy was besig om te ryloop en is opgelaai in ‘n voertuig wat deur ‘n vriend bestuur is met twee ander passasiers. Toe die lede vd SAPD die voertuig gestop en ondersoek het, het hy in die agterste sitplek vd voertuig gesit. ‘n Koevert met dagga in is onder sy sitplek gevind. Hy en al die ander insittendes is aangekla vd besit van dagga. Terwyl hy in die selle gewag het om hof toe geneem te word is hy deur die mede-beskuldigdes meegedeel dat aangesien die dagga onder sy sitplek gevind is, hy skuldig was op die aanklag. Hy is ook meegedeel dat indien hy nie vir die hof se dat dit sy dagga is nie dat sy vriende “hom sal kry”.
Gevolglik het hy skuldig gepleit. Hy kan nie bekostig om ‘n kriminele rekord te hê nie aangesien dit sy indiensneming sal beïnvloed.
Watter raad sal u vir u kliënt gee? Beskryf die prosedure wat in die hof sal volg.


  • In Terme van artikel 113 vd SPW , indien ‘n Hof op enige stadium voor vonnis, en na ‘n pleit van skuldig:

    • In twyfel verkeer of die besk. skuldig is; of

    • Dat die besk. ‘n geldige verdediging het, moet die hof ‘n pleit van onskuldig aanteken en die aanklaer aansê om met die vervolging voort te gaan .

  • Waar die aansoek om pleitverandering van skuldig na onskuldig op twee gronde berus, te wete die van dwang aan die een kant, en die van werklike onskuld aan die ander kant, moet die meriete van die saak op die skuld of onskuld van die besk. ook in ag geneem word.

  • Die hof sal slegs die aansoek toestaan indien dit in die beste belang van geregtigheid is.

  • In so geval rus daar ‘n las op die besk. om op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat sy pleit nie vrywillig was nie

  • Die besk. kan in hierdie geval slegs ‘n redelike verduideliking aanbied waarom hy oorspronklik skuldig gepleit het.

  • Die hof behoort die verduideliking slegs te verwerp indien dit bo redelike twyfel oortuig is dat dit vals is.


VRAAG 13 [5]
Noem vyf moontlike strawwe wat ‘n hof ‘n besk. kan oplê wat van ‘n misdryf skuldig bevind is.
Artikel 276 vd SPW maak voorsiening vir die moontlike strawwe wat ‘n hof mag oplê, nl.
1. Gevangenisstraf
2. Boete
3. Korrektiewe toesig
4. Verwysing na ‘n behandelingsentrum
5. Verklaring tot gewoontemisdadiger


VRAAG 14 [4]
U kliënt Rasta deel u mee dat terwyl by bier by ‘n plaaslike Taverne geniet het, het hy die klaer met ‘n mes aangeval. Hy was in staat om die mes by die klaer af te neem. Die klaer het weg gehardloop en hy het die klaer agternagesit en hom 5 keer in die rug met die mes gesteek. Hy deel u mee dat hy van plan is om ‘n klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig te pleit.
Agt maande daarna, en net voor die aanvang vd verhoor, adviseer u kliënt u dat hy van plan is om onskulding te pleit aangesien hy na die voorval sy baard en lokke afgeskeer het. Hy is van mening dat die staatsgetuienis hom nie positief sal kan identifiseer as die persoon wat die klaer aangerand het nie. Hy versoek u om hom steeds te verteenwoordig.

Yüklə 66,54 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   39   40   41   42   43   44   45   46   47




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin