6 julie 2011 vraag [20] u word deur u kliënt Mev Sarah Nkosi geraadpleeg en sy lig u in as volg


Is u kliënt geregtig om gedurende die naweek voor die Hof te verskyn vir doeleindes van ‘n borgaansoek? (1)



Yüklə 66,54 Kb.
səhifə7/47
tarix09.02.2022
ölçüsü66,54 Kb.
#114296
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   ...   47
vraestelle uitgewerk (1)

8.1.1 Is u kliënt geregtig om gedurende die naweek voor die Hof te verskyn vir doeleindes van ‘n borgaansoek? (1)


  • Nee, Ingevolge art 50(6)(b) vd SPW is ‘n gearresteerde persoon nie daarop geregtig om buite die hof se gewone hof ure voor die hof te verskyn nie.


8.1.2 Indien die polisie besluit om u kliënt nie aan te kla nie, wat is sy regte? (1)


  • Hy is daarop geregtig om na die verstryking van 48 uur in aanhouding, vanaf die tyd van arrestasie vrygelaat te word.


8.1.3 Die polisie besluit om u kliënt aan te kla. Verduidelik die magte vd polisie en die aanklaer om borg toe te staan. (2)


  • Beide die polisie en die aanklaer is nie by magte om borg toe te staan nie, aangesien die klagte buite hul jurisdiksie val. (Art 59 en 59A vd SPW)

  • Die polisie en die aanklaer kan slegs borg toestaan in minder ernstige sake.


8.2 U kliënt deel u mee dat hy vorige veroordelings het en dat daar verskeie klagtes teen hom aanhangig is. Sal u die hof hiervan verwittig gedurende die borgaansoek? Indien wel, waarom? (1)


  • Ja, ingevolge art 60(11B) is ‘n prokureur verplig om die Hof in te lig van vorige veroordelings en of klagtes wat aanhangig is in die geval van ‘n borgaansoek.


8.3 U kliënt verskyn voor die Hof Donderdag oggend en u kry opdrag om onmiddellik ‘n borgaansoek te loots. Die ondersoekbeampte lig die hof in dat sy ‘n geleentheid benodig om verdere materiële getuienis, wat verlore kan raak indien die borg toegestaan word, in te win. Mag die hof die borgaansoek in hierdie omstandighede uitstel en indien wel, vir hoe lank? (1)


  • Ja, ingevolge Art 50(6)(d) vd SPW mag die borgaansoek uitgestel word vir 7 dae.


8.4 Mettertyd word die borg deur die hof geweier en u kry opdrag om appel teen hierdie beslissing aan te teken. Is dit nodig om ‘n aansoek om verlof tot appel teen die hof se beslissing te bring? (1)


  • Nee, daar is geen vereiste in die SPW dat indien die Lds borg weier dat daar ‘n aansoek om verlof tot appel teen sy beslissing gebring moet word nie.


VRAAG 9 [1]
Terwyl u kliënt in aanhouding is, deel die ondersoekbeampte mee dat hy ‘n bloedmonster van u kliënt wil neem vir doeleindes van DNA toetse. Hy versoek verder dat u kliënt ‘n uitkenningsparade bywoon. Watter magte het die polisie in hierdie verband? (1)
Ingevolge art 37 vd SPW mag ‘n lid vs SAPD enige stappe neem wat hy as nodig ag en dus mag hy bloedmonsters vd persoon in aanhouding en dat hy ‘n uitkenningsparade bywoon.


VRAAG 10 [3]
U kliënt is skuldig bevind aan 2 klagtes nl. moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Die hof le vonnisse van 20jr direkte gevangenisstraf op vir die moord en 10jr gevangenisstraf t.o.v. die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Die hof dui nie in sy beslissing aan of die vonnisse kumulatief of gelyktydig uitgedien moet word nie. Hoe lank moet u kliënt in die gevangenis aangehou word? verduidelik (3)


  • Ingevolge art 280(2) vd SPW kan die hof gelas dat die termyne van gevangenisstraf moet saam loop andersins word dit uitgedien in die volgorde wat die Hof bepaal en begin die een termyn sodra die vorige voltooi is.

  • Indien die hof nie die uitdiening van die termyne aandui nie sal die beskuldigde aanspreeklik wees om 30jr gevangenisstraf uit te dien.


VRAAG 11 [3]
U kliënt is aangekla van een klag van huisbraak. Gedurende die verhoor getuig die klaer dat hy teenwoordig was ten tyde vd inbraak maar nie u kliënt kan identifiseer nie. Geen verdere getuienis word deur die staat aangebied voordat die staat sy saak sluit nie. wat is u kliënt se opsies t.o.v. die verdere verloop v d verhoor? Noem die toets wat deur die Hof toegepas sal word t.o.v. elke opsie. (3)


  • Aansoek om ontslag i.t.v. art 174 vd SPW - Indien die hof by sluiting vd vervolging se saak, van oordeel is dat daar geen getuienis is dat die besk. die in die aanklag bedoelde misdryf of ‘n misdryf waaraan hy op aanklag skuldig bevind kan word, nie gepleeg het nie, kan hy ‘n uitspraak van onskuldig lewer. Die toets is “ geen getuienis gelewer waarop ‘n redelike mens sou kan skuldig bevind”

  • Sluiting vd verdediging se saak sonder om getuienis te lewer. Die toets is “ of die staat bo redelike twyfel kan bewys dat die besk. skuldig is of nie.”

  • Deur getuienis vir die verdediging te lei. Die toets is “ of die staat bo redelike twyfel kan bewys dat die besk. skuldig is of nie.”



Yüklə 66,54 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   ...   47




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin