Dear Client



Yüklə 129,67 Kb.
səhifə1/3
tarix01.08.2018
ölçüsü129,67 Kb.
#64797
  1   2   3

Droom
Kommunikasie van luisteraars, en wie die Droom volgende jaar wil ondersteun
Haai Theuns Baie dankie dat jy ten spyte van jou druk program vir my die inligting gestuur het.  Ek waardeer dit baie. Ons luister uit vir julle vordering met julle projek. Ek het toe die bul by die horings gepak.  'n Lys gemaak en die "Unit manager" by ons plaaslike Munisipaliteit gaan spreek.  Ons is 50% gewonne met my droom van 'n skoner, netjiese dorp, want .......... ons het baie bome ....... hoef dus nie te plant soos by julle nie.  Dit gaan basies oor dienslewering.  So, ons sal regkom! 

Ek het die persoon vriendelik, nie-ras en nie-politiekgeorienteerd benader en goeie samewerking gekry.  Die probleem is slegs dat hulle nie groot trokke/ 'n voertuig het om die vullis en tuinvullis en grond te verwyder nie.  Ook nie 'n kettingsaag om ons lieflike olienhoutbome in ons hoofstrate te sny nie.  My man sal dit nou doen en hulle voorsien die werkers en voertuig om die takke te verwyder!!!  Wonderlik! 

Nee wat, ek is baie positief en ek dink die manier van benadering help.  Die ouer, lang inwonende persone hier in ons dorpie is nog vasgevang in 'n "baas-klaas"-houding!My droom is om Bethulie ook 'n toeristedorp van die Vrystaat te maak, al neem dit hoe lank.  Ek is nog gesond en sal probeer meer hande aan my kant kry en siedaar ..... daar gaan ons!!!Baie sterkte vir julle en ek bewonder jou entoesiasme en inisiatief om jul dorpie te laat herlewe!!!! calitzhc@gmail.com
Beste TheunsBaie dankie vir jou bereidwilligheid om te help! Na aanleiding van ons gesprek vanoggend die volgende:Baie dankie dat jy kans sien om jou inisiatiewe, kennis en passie met die Tuinbouklub, Hoof van die Parkeraad, Dorps en Streeksbeplanner, Munisipale Bestuurder en Burgemeester te kom deel. 

Soos genoem wil ons jou asb. as gasspreker nooi om 'n oggend met bg. rolspelers te kom spandeer.  As dit moontlik is, so gou as moontlik in die nuwe jaar sodat ons kan begin om  soos jy/julle ons pragtige dorp om te tower in iets moois, wat dan as 'n uitdaging vir elke Riversdaller gaan wees, ten einde die dorp, sy besighede en inwoners te motiveer om eienaarskap van sy/haar woning en of besigheid te neem om volhoubaar mooi te maak en instand te hou. Stuur asb. vir my datums wat  jou gaan pas. Stuur ook dan asb. die naam van die persoon wat Woensdagmiddag die 30ste vir ons een of twee plekke sal gaan wys. 

Baie dankie en mooi dag vir jou. Benita Du Plessis benitaduplessis@vodamail.

Beste TheunsOns wil jou graag nooi om ons gasspreker te wees oor die wonderlike werk wat julle in Bonnievale doen. Jou praatjie kan so plus minus 15 minute wees. Die hele vergadering duur gewoonlik so ‘n uur na 70 minute. Die vergadering sal om 13h00 begin (dit word aangekondig as 12h30 vir 13h00) en die finale lokaal sal ons binnekort vasmaak. Die lokaal sal daarvan afhang of jy dalk oudiovisuele toerusting sal benodig vir jou praatjie en ek hoor graag gou van jou daaroor. Ek moet ook net noem dat ‘n paar van ons lede (in total is daar nou 18) nie Afrikaans magtig is nie. Dus moet jy daaraan dink om die groot gedeelte van die praatjie in Engels te doen.As belonging sal die klub graag vir jou middagete betaal.Met vriendelike groete Willem Scott KomiteelidTel: 023 626 4964 of 082 6566291 Robertson

Beste Theuns Ek het nou net op Kwela ( Kyknet ) gesien hoe julle Bonnievale mooigemaak het- kan u (groot asseblief ) vir ons help om dieselfde te doen in Calitzdorp?

Moira Strauss Verteenwoordiger van Toerisma Kommitee moirastrauss@lantic.net


Goeie dag Theuns Soos telefonies bespreek, soek ek graag meer inligting oor genoemde projek.

Ek hoor graag van jou.By voorbaat dank Groete Annelize Cordon 



Moorreesburg Koringberg Toerisme
Tel: 022 433 1072
E-pos: moorreesburg@westc.co.za
Webtuiste: www.moorreesburg.net

Theuns Baie dankie vir die inligting! Ons is net so opgewonde soos julle oor ons dorpie en die Jongensfontein Inwoners Vereniging het juis vanmiddag n vergadering met ons Wyksraadslid gehad oor ons beoogde Gemeenskapsprojekte om ons dorp op te gradeer en te verfraai.Ons deel graag in jul suksesse en sal graag noue kontak met julle wil behou.Vriendelike groeteThomas Human thomas39@vodamail.co.za


Goeiedag Theuns, 

Ek het oor die radio gehoor van Bonnievale se gedaanteverandering en sal graag met jou kontak wil maak oor die werkswyse wat jul gevolg het.  Ek is deel van Saldanhabaai Munisipale Wykskomitee.  Die netheid van ons dorp lê swaar op my gemoed en ek sal graag ook hier 'n verandering wil meebring.  Kan jy moontlik 'n telefoonnr beskikbaar stel, sodat ek kan kontak met jou maak? 

Baie dankie Davelina Nelson Tel: 022 7142961 Sel: 083 565 1101 nelsonc@telkomsa.net
Hallo TheunsEk hoop alles gaan nog goed, en dat julle Droom goed aan die gang is.Net om te bevestig vir volgende week se besoek:Ons gaan probeer om voor 8h daar te wees,so jy kan doe program van daar af uitwerk. Sal ons sommer by jou huis ontmoet?Ons (my aanbieder is Lise Swart) wil graag ook 'n boom plant, as daar nog 'ngat is iewers, en sal soos die ander daarvoor betaal. Sal jy vir ons 'n boom kan reel? Ons wil dit ook graag afneem. Soos ons al gesels het, wil ons by verskillende sektore van die meenskap uitkom, en met die nodige rolspelers gesels, maar ook gewone mense van die dorp. Ek laat dit aan jou oor, maar sal graag net 'n voorlopige uiteensetting wil sien (so teen maandag/dinsdag?) Skakel gerus enige tyd as jy iets wil vra. Kwela

More Theuns Baie dankie vir die waardevolle inligting.Weer wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om die Droomkomitee van Bonnievale van harte geluk te wens met die grootse inisiatief.Dit is prysenswaardig en het ek reeds by geleentheid van die AHI se provinsiale en hoofbestuursvergaderings verlede week in Johannesburg melding gemaak van die aksie, asook gisteraand by n vergadering ter stigting van n sakekamer in Kirkwood.Verdere voorspoed en sukses word julle toegewens en sien ek daarna uit om mettertyd met jou kennis te maakGroete Jannie Kruger

Theuns Ek is SOOO jaloers as ek sien hoe julle werskaf. Gaan self nou net inspring en begin snoei en skoonmaak en vrywilligers langs die pad probeer bymekaarkry! Kan ons ons PROJEK Citrusdal DROOM noem? Is daar enige ‘kopiereg’ op of rede hoekom nie? Die assosiasie met julle projek kan net positief wees. Hou asb aan om jou inligitng deur te stuur, ek stuur dit al klaar aan een of drie mense wat wil meemaak.Laat weet hoe julle ons wil betrek, ek sal my kop ook laat gaan, maar voel soos baba wat eers moet leer loop.Baie dankie Mariet Smit  boschkloof@kingsley.co.za

Beste Theuns Ek hoop nou nie Ficksburg het die boot gemis nie. Die rede vir my stadige antwoord is ongelukkig persoonlik van aard in dat ek so pas 'n angiogram met die insit van 2 stents in my R slagaar gehad! Klink baie dramaties maar was eintlik baie maklik en ek voel 100% beter. Dit het my so bietjie op 'n go slow gesit vandaar die stilte! Baie dankie vir al die aanvanklike informasie. Dis ongelooflik of soos my ou pal Theuns Pretorius altyd se^ - gelooflik want dit het dan gebeur. Ons sal baie graag wil inskakel / saamwerk. Julle benadering en prestasies is prysenswaardig. Wat my natuurlik pla op die stadium is waar kom die fondse vandaan. Het ek iets gemis in jou voorbeelde want ek kan dit nie uitfigure nie. Groetnis met dank. Robbie Scholtz. 


ns ons het so pas ons eie klein wonderwerk hier gehad. Miskien het jy gesien dat 'n tornadoe hier deur ons Ficksburg township Meqheleng is. Die gemeenskap het ongelooflik saamgestaan en die slagoffers wonderlik ondersteun. Ons is tans nog besig met die herbou van die wat hul huise verloor het. hoop om vir jou so bietjie hiervan aan te gee. rmscholtz@gmail.com
Hallo Riaan en Theuns. Ek het vandag twee mense van die Weskus ontmoet, Tobie en Elrona. Baie oulike opregte mense. Ek het hulle vertel van die SAdogood website en die droom projek van jou Theuns. Hulle het ook al die praatjies op die radio gehoor. Dit is ook hulle droom om hierby begrokke te raak en sien kans om die projek se belange in hul tuisdorp, Dwarskersbos en omliggende dorpe, te behartig. Indien dit julle goedkeuring wegdra sal ek dat julle emails uitruil en dan neem julle dit verder onder mekaar. Ek verneem graag van julle of julle in hulle twee se betrokkendheid belangstel? Dit is na my opinie baie positief.Vriendelike groete Christo Van Lill christo1964@gmail.com riaan@delanges.co.za
Hallo Theuns,Dankie vir jou terugvoer. Ek kan dink jy is besig. Theuns, ek wil hoor of daar ‘n moontlikheid is date k ‘n afspraak met jou kan maak. Ek rol ‘n nuwe franchise uit in Kaapstad in die week van 4-9 Desember. Ek het gewonder of ons nie dalk mekaar iewers kan ontmoet die Sondag van 4 Desember nie. Ek het ook ‘n droom vir SA waaraan ek al ‘n paar jaar werk, maar spesifiek vir die Sakesektor. Ek sal graag met jou wil hande vat in die verband.Ek hoor graag van jou. Stuur asseblief jou selnommer dan kan ons sommer telefonies gesels. Ek is net vir die volgende 2 dae in ‘n seminaar wat ek aanbied vir ‘n besigheid. Die seminaar se naam is “ Leef Jou Droom”!Groete Iaan van Niekerk manager@skitterblink.co.za

Hello,       Further to our phone convo.................. I am contacting you on behalf of my fiancee whose mother died 2 months ago.I am a UK citizen and must return there and would like to resolve this before then if possible.The need provide a new tree at a suitable location in Bonnievale.The location needs to be secure,as far as possible,from development or damage and in a location which can be visited.Evelyn is too upset for the moment to discuss the detail or choose between the options so maybe it would help if you could indicate to us appropriate locations/tree type/cost etc as you see them.Hopefully,we could then respond fairly quickly. Evelyn Maclou emaclou@hotmail.com

Beste Theuns ‘n Groep omgewings-bewustes het my genader ivm ‘n poging om ‘n boomkultuur op Stellenbosch te vestig.Dink jy dat dit moontlik is dat ‘n paar van ons by jou kom kersopsteek? Groetnis Dave pepler oempie@iafrica.com

Hi Theuns!! 

Lekker om van jou te hoor! Julle kan altyd probeer - waar daar `n wil is, is daar `n weg!  Dink julle sal beslis `n veearts en `n DBV of ander groep aan julle kant moet hê.  Nie een van ons is opgelei in die veld nie.  Ons wil nog graag bystaan met operasies en dalk `n tipe `noodhulp` vir diere ook doen om meer te leer, maar die TYD is so MIN!!!  Ons maak staat op die DBV en veearts van Uitenhage.  Hulle is 60km van ons - dit is `n frustrasie, maar is beter as niks! Ons is nie perfek nie en leer elke dag iets nuuts.  Die frustrasies is om prosedures, planne en stelsels in plek te kry.  Laat weet as jy kans sien om te begin - het darem heelwat kontakte wat kan raad gee en ons sal graag help waar kan.  Hoop nie van die wal in die sloot nie, hoor!! Aangeheg is wat als die moeite werd maak.  Prins was mishandel en wild - ons het ons simpel gesukkel om hom te vang en aan te keer.  Sy gees was so te sê gebreek en ons kon skaars naby hom kom.  Nou is hy hopeloos bederf! 

Mooi bly en groete Ulrica Stiemie ulrica@srvalley.co.za


Dis is wonderlike Theuns, alles lyk pragtig en skoon – maar hoe kry ons mense om nie hul rommel te strooi nie?  My suster bly in Nelspruit en ons in Pretoria.  Weet nie of jy al in Nelspruit was nie, maar jy sal nie glo hoe vuil dit daar is van rommel strooi nie, en dit is so 'n pragtige dorp.  In Pretoria word die sypaadjies, tuine ens op baie plekke mooi in stand gehou maar die mense gooi net rommel neer sover as wat hul loop, ry of staan. Ek het al gedink as die munisipaliteite net die mense (soos werkloses bv) wil vergoed vir uitgesorteerde sakke rommel, bv blikkies, papier, bottels ens. dan sal hulle sommer spaar op werkers om strate skoon te hou. Groete en sterkte met jul projek.  Ek haal my hoed vir jou af!!Groete – Hendra hendrad@mweb.co.za

Kan ons dalk die 1ste November 10:00 by die Centurion Raadskamers ontmoet om die Centurion Hernuwingsprojek te bespreek?  Ek het intussen ook ‘n paar gedagtes neergepen en raak elke dag al hoe meer opgewonde oor ‘n soortgelyke projek vir Centurion!!!!!Wil baie graag gesels. anna.els@gmail.com

 Naand Theus, Gaan jou op jou naam noem want agv jou geselsies oor die radio voel dit asof ek jou ken. My dorp is Warden in die Oos Vrystaat, hoewel ons op ‘n plaas ongeveer 25km daarvan woon. Tussen Warden en Vrede.Aan die begin van die jaar nogal hoop gehad om dit te rehabiliteer. ‘n Vriendin en haar man het vir hulle kinders iewers in Amerika gaan kuier, dit was begin Meimaand.  Sy vertel toe dat daar in die dorpie kry almal ‘n area waarvoor hulle verantwoordelik is: sorg dat daar blommetjies geplant en opgepas word, monumente bv versorg word ens. Tot die kinders moet help.Ek is ‘n VLU ,tannie’ en wou met my Gemeenskap vergadering dat sy ons meer daaroor inlig en vertel hoe dit gedoen word. Wou ons dorpie ook weer verfraai. MAAR- my droom het plat geval en begeerte is vernietig. Is in algehele magteloosheid/moedeloosheid- kry nie die regte woorde om my gevoel te beskryf nie.In die proses van opbou is die helfte van die hoofstraat se teer vanaf die ingang tot regdeur bo uit weggeskraap. Tewyl dit gedoen was het mens nie geweet waar om te ry nie, dwarsstrate is toegesit en kort-kort verander, ‘n verskriklike frustrasie; en ek ervaar dit net een maal per week. Fliks gevorder en ek kon nooit wag om te sien hoe daar gevorder is nie.Maar helaas, hoor werk is gestaak –doel was om stene te lê ipv teer- dis nie reggedoen nie –werk weke terug gestaak, en iemand? is weg met die geld. Lank was die boonste in/uitgang verspêr, toe is gesê mag nie gebeur nie; maak oop, maar –kan jy glo: net enkel spasie, en dis op ‘n draai. Dis  só pateties, kan net lag, anders sal mens een of ander aanval kry. Duur nou al ‘n paar maande.My man was vandag dorptoe en sê hulle ,klip’ –gruis- nou daardie deel. Ek sal my kop op ‘n blok sit –en ek’s baie lief vir my kop- dat daar nie NOG ‘n dorp in SA is wat in so ‘n toestand is nie. Nou die dag gesê kan net draad omspan en as afvalstortingsterrein gebruik. Ek is nie van nature pessimisties nie maar hierdie ding het my heel onder; ek sien GEEN uitkoms óf selfs verbetering nie!!!!!!!!!!!!!   Jammer so in jou ore gekerm, maar ek voel beter.  Jy was altyd so insprerend, vol moed en entoesiasties dat ek nie anders kan om ook so te voel nie. Sal sien hoe die pad se herstel dank an mens verder beplan.                     Groete en hoop ek kan oor ‘n jaar positiewe verslag doen. Het boodskap op my selfoon gestoor; as ek nog hiet woon en gesond is, sal beslis van my laat hoor. 

 Baie dankie vir al die inligting en moeite wat jy vir my en ons almal doen. Ek gaan beslis moeite doen om ons dorpie op te hef. Daar word darem gewerk aan ons hoofstraat en geen sommer meer moed. Sien uit daarna ons saam met jou en RSG te ,werk' volgende jaar. Groete, Ester Grieb estergrieb@hotmail.com



















Ek wil net eerstens vir jou se baie dankie vir die motivering wat jy vir so baie mense gegee het met wat jy vir Bonnievale doen. Dit het my ook gemotiveer om iets te wil doen. Ek bly in Burgersdorp in die Oos Kaap en ons het n baie mooi dorp, maar soos dit ook maar oral gaan moet ons maar self inspring.  Die Munisipaliteit doen baie hier maar die probleem is ons het by elke uitbreiding in die dorp en in die swart woonbuurtes dele waar ons tuinvullis kan gooi dan kom laai die munisipaliteit dit so min of meer elke 3 maande op.  En dan waai die plastieksakke rond dat dit soos "nasionale blomme" lyk.  Ek en so 4 blankes en dan het ons van die skoolkinders betrek meestal swart kindertjies wat ons 1 Saterdag weggespring het en die dag gewy het om net die plastieksakke en bottels soos goed wat kan rondwaai opgetel en ons het daardie dag 100 sakke opgetel.  Ons het hulle vergoed met toebroodjies en koeldrank en vir elkeen n geskenkpakkie met lekkers, skyfies, koekies en n sappie gegee.  Hulle het dit so gewaardeer, maar ek kon dit nie alleen doen nie en glo my die blankes het gedink ons is mal en hulle het nie eers n poging aangewend om my te help nie, ek het maar moed opgegee maar ek voel net ek moet weer probeer en met die hulp wat ek nou gaan kry van ons "Waist Management Officer mev Raisa , se sy  sy waardeer dit dat ons as gemeenskap iets wil probeer.

So hou maar duim vas en weereens jy is n aansporing.  Glo my die kindertjies wil net weet elke keer as hulle my sien wanneer doen ons dit weer, want dis seker ook  maar al lekkerdingetjie wat hulle in n lang tyd sien.  Dit het allles uit my sak gekom en die swart sakke is geskenk , maar ek kan dit nie alleen dra nie.

Groete Renda Nel rnel246@gmail.com

Hallo Hansie Was vanoggend deur Bonnievale en moet komplimenteer oor hoe die dorp verbeter het.Daar is ook drie kleurvolle geboue in die hoofstraat wat my aandag getrek het en ek moet sê ek hou daarvan !Bonnievale se eie identiteit is besig om na vore te kom en moet dit te danke wees aan die Droom van Bonnievale projek.Klink vir my na ‘n sukses verhaal in proses! Well done !Groete MARTIN Oosthuizen BolandPlan Stads- en Streekbeplanning bolandplan@breede.co.za

Hello Theuns,I have been following your story about Bonnievale on RSG with much interest over the past few weeks. It is difficult to not get excited about what is going on there and there is no reason why the same effect cannot be replicated in every town in this beautiful land we live in.I live in Cradock in the Eastern Cape and we have a wonderful opportunity to do a similar thing and effect a measure of transformation by applying a positive attitude and working together with the authorities using a “can do” approach, instead of always making excuses why things can not be done which has become the rule so much these days.I would welcome an opportunity to have a chat with you at some stage and even pay you a visit just to experience what has been done and explore the strategy which you have employed there. Can you please let me have some contact numbers where I can get hold of you to pursue this line of action for us here in Cradock. Looking forward to hear from you soonest.Kind regards,Alan Wright, apwright@vodamail.co.za

 Hallo TheunsGraag wil ek namens ons dorpie ook kers opsteek by jou.  Ons het juis vanoggend 'n vergadering gehad om ons dorpie, Rietbron, ook "op die map" te plaas.  Rietbron is 'n klein dorpie in die middel tussen Beaufort-Wes en Willowmore op die R322.  Ons is so 11 km buite die Wes-Kaap se grens in die Oos-Kaap geleë.  Jy kan ons ook van die N12 af bereik as jyongeveer halfpad tussen Oudtshoorn en Beaufort-Wes oos draai vanaf die N12.  Min mense weet van ons bestaan.  Gewoonlik net die wat familie hier het of toevallig hier deurgery het. Ons het op 1 Augustus ons eerste vergadering gehou om toerisme in ons omgewing te bevorder en mense na ons gebied te lok.  Ek is nou juis besig om die notule te tik toe Amoré Bekker oor RSG jou e-pos-adres verskaf.  Ek was veral beïndruk toe ek verneem dat jul selfs die skole kon betrek.  Dis maklik om individue te betrek, maar een skoolhoof het my in soveel woorde gesê wat die skool nou by toerisme kan baat.Baie dankie Christine Snyman Sekretaris Rietbron Toerismeforum prutkraal@telkomsa.net

Beste Theuns,Ek het van julle projek gehoor op die radio en is vanplan om die nwk in Bonnievale te wees.Sal graag nog informasie wil verkry van julle projek en die besigheidsplan wat geskryf was vir Provinsie. Sal graag so iets soortgelyks wil implementeer by dorpe waar ek betrokke is as ‘n stadsbeplanner. Het jy enige addisionele informasie wat van nut vir my kan wees? Groete,Jacques Jansen van Rensburg Pr.Pln A/1464/2011Young Professional - Town and Regional Planner Deployed at Overstrand Municipality Jacques Jansen van Rensburg JacquesJ@dbsa.org

Beste Theuns Baie geluk met die wonderlike prestasies wat jy tot dusver behaal het, en die vooruitgang wat jy verseker binne die gemeenskap.Van Piketberg se kant af sal ons graag ook aan u deur wil kom klomp, om te hoor hoe u die sukses behaal het by Bonnievale.Ons sou graag ook ‘n opknappings projek wil afskop in Piketberg om geboue en parke meer aantreklik te maak vir die publiek.Hoe bedryf julle die projek in Bonnievale, en waar kry julle die befondsing?Sien uit daarna om van u te hoor.Piketberg Groete, Ansel van Schalkwyk Piketberg Toerisme Buro tourism@piketberg.com

Hallo TheunsEk het jou vandag gehoor op RSG en dit het my opgewonde gemaak. Graag wil ek aan jou bekend stel 'n projek wat ek en Riaan de lange, prokureur van Dubanville en vriend van my, geloods het op sy idee en inisiatief (ek is maar net die ou wat die webtuiste doen en die passie deel en rol wil speel om hoiervan groot sukses te maak).Gaan loer asb na ons website wat al online is maar nog nie amptelik geloods is nie (www.sadogood.co.za). Dit wat jy in Bonnievale begin het is presies wat ons vir die hele wereld wil vertel - al die mooi en goeie dinge van Suid-Afrika. Bonnievale kan die rolmodel word vir ons idee on dorpe te lys en alles mooi wat daar gebeur oor gte vertel. Terloops: Ek bly op Swellendam 

Ons sal graag van jou wil verneem indien jy belangstel om jou dorp en projekte en mooi dinge op die website wil vertel, met fotos en alles. 

Gaan loer asb na die onvoltooide website. Ek hoop om gou van jou te verneem sodat ek jou aan Riaan kan bekand stel. Julle deel dieselfde passie vir ons land, ek ook. 



Vriendelike groete Christo Van Lill christo1964@gmail.com
















Hi daar Het die gesprekke op rsg gehoor. Sal graag meer wil uitvind oor wat julle gedoen het en hoe julle begin het. Ek is die boerevereniging voorsitter van Tweespruit, ons is omtrent 100 km oos van Bloemfontein.
Groete jo van der walt jovdwalt@gmail.com



















Goeiedag Theuns, Watter  lieflike somdersdag! Mens wil sommer die hele wêreld mooier maak, en wie beter om raad te vra as jy? Ons het hier op Theunissen 'n Forum gestig met die leuse "waar jy kan bydra om Thn 'n mooier, skoner veiliger dorp te maak". Hoe het julle die probleem aangepak om die sentrale dorp volhoubaar netjies en skoon te maak?  Ek dink veral rondom die verskaffing van houers vir al die bokse en blikke wat maklik deur die munisipaliteit gediens kan word. Ons kan self op websites ingaan, as jy ons net 'n aanduiding kan gee. 

Sterkte vir die groot werk!  Marieta Visser marietav@telkomsa.net























Dit is mense soos julle wat ‘n mens TROTS SUID AFRIKAANS laat voel en wys dat enige iets wat ‘n mens doen wel ‘n verskil kan maak.  Julle laat ‘n mens sommer ook lus voel om goed aan te pak!! Admin admin@machoyrsa.com




















Theuns,My mond hang oop, dit is ongelooflik BAIE GELUK jy is voorwaar `n insperasie vir ons almal. Ek stuur alles aan vir almal .Ons sal volg stadig maar seker.Rina Bodenstein rinabodenstein@telkomsa.net











Goeiemiddag Theuns Ek luister RSG op my kar radio. Ek kom altyd op die stert in van jou en Amore se gesprek.

Wat behels dit - hoe om Bonnievale skoon te hou. Idees vir kinders om bewaring toe te pas?


Ons doen 'n tema op skool met die kinders : 'n reddingsboei vir die aarde. Daarin moet hulle die probleme
identifiseer en met oplossings kom.
Vertel my meer van jou projek.
Groete  Ruth Moller ruth13@telkomsa.net

Ja.... ek wil jou eers gelukwens met jul projek.. Ek het nou gesit en luister... en ja. sommer ook begeesterd geraak. Ek is Voorsitter by Gemeenskapspolisieforum, en doen sommer allerhandeander projekte in die gemeenskap ook. En, dit het my nou sommer weer op n idee gesit.. Dit kan sommer help vir die veiligheid van n gemeenskap ook. Sal nogal graag wil hoor of jul Gemeenskapolisieforum ook aktief is in jul gemeenskap.Ek is ook n Bolander.. Rawsonville grootgeword, en in


Yüklə 129,67 Kb.

Dostları ilə paylaş:
  1   2   3




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin