Dear Client



Yüklə 129,67 Kb.
səhifə3/3
tarix01.08.2018
ölçüsü129,67 Kb.
#64797
1   2   3
Vallei Droom. Ons wil graag ons kinders by die skole betrek en begin met `n opvoedingstaak en geleidelik die vrouens en mans van die gemeenskap betrek.

Mooi bly en groete Ulrica


Ek rig die epos aan julle in die hoop dat daar iemand is wat `n helpende hand kan uitsteek na die DBV in Uitenhage.  Hulle is regtig in groot finansiele moeilikheid en is in die proses om drastiese stappe te neem – sien asseblief Christelle se epos hieronder. 

Met `n onlangse besoek aan hulle, het ons net weereens besef die liefde, trots en die sorg wat hulle in hul werk sit.  Dit is regtig net vir die liefde van die saak!! In die kort rukkie van ons besoek ( seker `n uur ) het daar 2 motors gestop wat hul klein hondjies kom afsit het, wat hulle nie meer wil hê nie – sommer net so!! Sommiges laai dit net voor die hek af en ry weg – dis mos `n maklike uitweg!! Die klomp katte, honde, beeste en donkies word liefdevol versorg en dit was verblywend om ook 2 tiener dogters te sien diens doen in hulle vrye tyd – om hokke skoon te maak en om met die honde te gaan stap. 

Daar is soveel behoeftige, verwaarloosde, mishandelde diere ( net in die Vallei – dis om van siek te raak ), wat nog te sê van diè in Uitenhage en Despatch!!  Van ons kant af: Ons het nie `n skud in Kirkwood/Addo nie en al die rondloper; siek en verwaarloosde diere gaan na die DBV.  Ons, by Vallei Diere Vriende, gebruik grootliks van ons fondse om die DBV te kontrakteur om gereelde dip en ontwurmingsdae, inentings en om dorps- en plaasbesoeke te doen.  Hulle volg ook probleemgevalle, wat die gemeenskap rapporteer, op, en lewer `n wonderlike diens in die Vallei.  As hulle eers van hulle dienste gaan inperk, minder diere kan akkommodeer en nie hulle besoeke in die Vallei kan maak nie, gaan ons diere verder ly en ons hande gaan net verder afgekap word in `n reeds hopelose groot taak om te help.  Die diere kan nie vir hulself praat nie en die meeste troeteldier eienaars neem nie verantwoordelikheid vir hul diere se welstand nie – sommiges weet ook nie van beter nie!  Behalwe vir die versorgings-, is daar `n groot opvoedingstaak wat gedoen moet word.  Die DBV help, met hulle beperkte fondse en hande, om hierdie take te doen – daar is niemand anders nie!!Hulle is reeds op hul kniee, daarom vra ons vir u hulp!!  As u `n bydrae wil maak – finansiëel ( groot of klein ), of deur middel van skenkings (honde-, katkos, lucern, lemoene of ander uitskot vrugte en groente ) of van u tyd op te offer om te gaan diens lewer – sal dit wonderlik wees!!!

Goeie dag Theuns,Ons het gisteraand op `n komitee vergadering besluit om Bonnivale te besoek en te sien wat julle vermag het. Ons beplan om op die 16de of 22ste Februarie so `n plan te maak d.w.s. as dit jou sal pas. Ons het net die oggend tot ons beskikking. Laat weet asb of een van die datums jou sal pas en dan maak ons die nodige reelings.Baie dankie en mooi dag da! www.tourismwolseley@co.za

Hallo Theuns,Ons telefoongesprek van sopas verwys.  Hier op Douglas spook ons ook met 'n dorp wat eens 'n dorp-van-die-jaar was, maar nou in verval is.  Ek is vanaf April 2011 hier woonagtig en het die sg "Strate Beter" projek geloods om te begin om die plek skoon te maak en weer mooi te maak.  GWK het tot dusver die befondsing verskaf, maar ek kon nog nie ander besighede oortuig om ook geld beskikbaar te maak nie - dis asof die hele gemeenskap apaties is.Ek sal graag wil verstaan wat julle op Bonnievale gedoen het en hoe julle sukses behaal het onder soortgelyke omstandighede.Groete,Wim van Rooyen

Hallo Theuns,Ons telefoniese gesprek vanoggend verwys.Dankie dat julle vir ons gewys het dit kan gedoen word! Ons is baie opgewonde om ons dorp se beeld en die inwoners se gesindheid positief te beinvloed.Kan jy asb help met inligting oor hoe julle dit gedoen het en dalk ook “before en after” foto’s te stuur?Outjo groete,DEON VERSTERNEXUS GROUPOF COMPANIES OUTJO, NAMIBIA

Beste Theuns Hoop jou jaar het goed begin, en hoop ek ook dat verlede jaar se hoogtepunte hierdie jaar se laagtepunte sal wees. Die Munisipaliteit het vir ons die glashuislokaal by die Munisipale kantoor gegee om die funksie by aan te bied. Ek wil nou begin met die uitstuur van kennisgewings, ten einde te weet vir hoeveel mense ons moet regmaak.Ek wil graag hê dat jy vir my 'n bevestiging stuur dat jy nog op die 10de Maart 2012 vir ons die aanbieding sal kom doen. Hoeveel vra jy vir so 'n sessie? (brandstof ingesluit) Het jy enige hulpmiddels nodig vir jou aanbieding?. 

'n Vragie wat ek graag (so gou as jy kan) 'n antwoord op wil hê .( Ons wil 'n tipe van kompetisie loods waar ons maandeliks  tuine wat die meeste ispireer erkenning wil gee deur 'n boom te skenk.) Dink jy dit sal werk, en hoe dink jy moet ons te werk gaan? Moet ons die Munisipaliteit aan boord neem? , hulle het al geluide gemaak dat hulle die bome sal skenk. Sou jy dink dit is goed so, sal dit dan beteken dat die kompetisie oor die hele Hessequa sal strek wat die 8 wyke gaan insluit. Dink jy dit kan werk?  Ons het ook 'n ander projek  (PPP projek, Private Public Projects) wat ons dan net op ons dorp gerig sal wees.Ons Jaarvergadering vind eersdaags plaas en wil graag aan die vergadering terugvoer gee.Verneem graag van jou.Groete

Benita: Riversdal

Hallo almal!!



 

Net om julle op hoogte te hou - `n vinnige terugvoering van ons onlangse vergadering, gehou Woensdagaand 7/3 by Kronenhoff.



 1.  Boomplant projek:  Kontak persoon: Elsa Venter

  • 840 Witysterhout bome is reeds aangekoop!!!  Baie dankie vir elkeen se bydrae!!! Dit word opreg waardeer!!  

  • Die eerste 50 boompies word reeds môre ( Maandagoggend ) in Bergsig geplant deur onder leiding van Karen Smith – 10x by die kliniek, 10x Neskuikens Kleuterskool, 10x elk by die twee kerke en 10x  by die rugbyveld. 

  • Ons beplan om `n paar skole te betrek met die aanplant van `n laning van ongeveer 240 bome vanuit die dorp verby SRCC tot die afdraai van Oom Stef  – slegs aan die een kant.  Ons wil sommer `n groot ophef  maak en die media daarby betrek.  Goedkeuring is gekry van die Munisipaliteit; die plant-afstand is reeds afgemerk en Flippie Ehlers het sy hulp aangebied om die gate te grawe.  Die beplande plant datum is 17 – 22 Maart.

  • Ons het die kwotasie, vir draad en houtpale, van Cape Wire aanvaar – om die boompies toe te span vir beskerming.  Ons moet nog iemand kry om te help met die toespan.  As julle enige kontakte het – laat weet tog asseblief!

  • Laat weet ook as julle wil betrokke raak – met die plant, met verdere skenkings of in enige ander manier.  As jy kans sien om van jou werkers af te staan, sal dit ook wonderlik wees!

  • Baie dankie Elsa vir al jou toewyding en dat jy jou passie met ons deel!  Ons leer so baie by jou!  Sien ook Elsa se brief indien u dit nog nie gekry het nie.

2.  Verf van stopstrate, voetoorgange, hobbels:

  • Ons het voorlopig 3x wit padverf, 1 rooi- en 1 geel padverf deur SRCC bestel

  • Ons hoop om in hierdie week die verf te kry en dadelik aan die werk te spring.  

  • Daar is besluit om die lamppale groen te verf.  Dit klink of daar iemand is wat die verf gaan skenk – ons moet net die regte kleur groen uitkies en die Munisipaliteit ook laat weet, aangesien hulle moet help daarmee.

3.  Herwinningsprojek:

  • Herwinning lê die meeste van ons na aan die hart en ons weet dat ons dit beslis moet beproef!!  Ons wil egter die rolspelers bymekaar kry, asook Green Gardian ( wat `n groot sukses maak van JBay Recycling project ).  Hulle sal ons graag kom toespreek.  Omdat hulle baie besig is en al die pad van Jeffreysbaai kom, wil ons nie net hê dat hulle 5 mense kom toespreek nie.  Daarom wil ons graag hê dat ALLE belangstellendes na vore kom sodat ons `n geskikte datum kan bepaal en die wiel aan die rol kry.  SRCC in Addo is ook tans besig met die herwinning van karton, wit papier en plastiek bottels deur Sappi.  Die Munisipaliteit wil ook graag betrokke raak, asook Zurha-nee ( jammer, nie seker van die spelling ), `n groepie uit die gemeenskap wat ook herwin.  Asseblief, laat hoor van julle – dit is `n GROOT projek!!!!

4.  Stig van Sondagsrivier Sakekamer: 

  • Sakekamer is in Februarie gestig en die bekendstelling is 22 Maart om 19:00 by Hoërskool Kirkwood. Onthou asseblief om teen 15 Maart te laat weet of u dit sal wil bywoon.

5.  Algemeen:

  • Ons wil graag kennisgewingsborde in die dorp se ingange aanbring – sodat die gemeenskap, toeriste en mense wat besigheid kom doen, kan sien waarmee ons besig is en ook om op`n manier die gemeenskap op te voed en dat hulle sorg moet neem.

Dan wil ons ook baie dankie aan SRCC se betrokkenheid met die boomplant-projek en die skoonmaak van die pad tot in die dorp.  Ook vir hulle entoesiasme en positiewe uitkyk.  Dankie Helena, Russell en Adriaan in besonder!

 

Ons wil graag `n beroep doen op elke inwoner, boer, winkeleienaar, huurder om betrokke te raak en om inisiatief te neem.  Ons sien alklaar hoe `n verskil maak dit as elkeen sy ( of sy hardkoppige buurman ) se gras voor/langs/oorkant sny; rommel in slote/voor winkels optel; lanings skoon en netjies hou. Dit is so aansteeklik en die res van die gemeenskap sal volg op ons voorbeeld!!! Kontak ons gerus!GroeteUlricaKirkwood



Theuns 
Ek sal ook graag die bloudruk vir ons dorp in die hande wil kry.Baie dankie Ina Stofberg

Goeiedag Theuns!My naam is Elisabeth Potgieter en ek is van George. Ek skryf namens my moeder, Greta Gericke wat graag met jou in aanraking wil kom m.b.t. die berig in vandag se Burger (Dinsdag 13 Maart).Ek wil graag kortliks vir jou bietjie agtergrond oor my moeder gee veral omdat ek reken die projek wat sy op die oomblik in ons dorp loods beslis ‘n raakpunt of wat het met die Mooimaakprojek.My moeder is 93 jaar oud (sal DV in Oktober 94 word). Sy woon al sedert 1942 (die jaar van haar huwelik met my pa) in die distrik George en is nog steeds op die familieplaas Die Bof woonagtig. Sy was ‘n nooi Bremer en is die dogter van wyle Dr Karl Bremer na wie die hospitaal in Tygerberg vernoem is. Onder haar prestasies tel die drie grade wat sy agter haar naam het (die laaste ‘n MA-graad wat sy cum laude op 80 jaar verwerf het), die toekenning van “Mees inspirerende vrou in die Suid-Kaap” sowat 3 jaar gelede,  en nog vele ander, ook op sportgebied. My pa was ‘n bekende natuurkundige en het o.m. ‘n uitgebreide veldblom- en fynboskwekery gehad. Vandaar ma se kennis en liefde vir bewaring en vir ons eie inheemse plantegroei.Sowat drie jaar gelede het my moeder besluit om as deel van George se 200-jarige vieringe (2011) te begin om die middedorp met malvas te verfraai. Die rede vir die malvas is dat dit inheems aan ons omgewing is, redelik gehard en baie kleurvol. Sy het ‘n proses aan die gang gesit waarvoor sy BAIE min ondersteuning gekry het…hoofsaaklik van een of twee persone, minste van almal die owerhede …maar sy volhard en daar is dele van die middedorp wat al baie mooi begin lyk. Hoewel dit by tye uiters frustrerend is om haar lofwaardige poging so sonder aanmoediging vol te hou is sy vasbeslote om dit nie te laat vaar nie…dus sal jy haar dikwels op die middelmannetjies van ons hoofstraat of voor ons toerismeburo kry, besig om haar malvas te versorg of om aan te plant.Persoonlik dink ek sy moet ‘n medalje kry, maar wat haar die meeste sal help is HANDE! My skrywe aan jou is bloot maar om die droom van dorp-verfraaiing met julle span te deel en darem vir julle te laat weet dat daar ‘n baie besonderse, baie bejaarde, baie groothartige en versiende dame is wat op haar beskeie manier bydra tot die orde, netheid en skoonheid van haar omgewing en ook om te dien as inspirasie vir mense van alle ouderdomme rondom haar.  Sy is kosbaar vir haar baie groot familie en reuse-vriendekring en ons vertrou dat sy nog lank vir ons gespaar sal bly.Beste wense en sterkte met jul lofwaardige projek!

ElisabethBeste TheunsEk verwys na ons telefoon gesprek van gister. Ons in Jongensfontein is ook in die proses om ons dorp "op te gradeer" en sal graag meer wil weet van die prosesse en werkswyse wat julle gevolg het om van jul dorp so n sukses storie te maak en ook van die kontakte wat julle reeds bewerkstellig het met die Departement van Toerisme en Gemeenskaps Ontwikkeling. Dankie byvoorbaatThomas HumanNamens Jongensfontein Inwonersvereniging

Geagte Meneer Coetzee,Ek het verlede jaar op RSG gehoor  joe julle ‘n droom vir julle dorp gehad het en letterlik en figuurlik die dorp “omgekeer” het, sodat julle nou ‘n dorp het waarop julle almal trots is en saamwerk.Utrecht is ‘n dorp in Noord-Natal. Dit is ‘n goeie halfweg tussen  Johannesburg / Pretoria en die Noordkus. Dit is ook naby Bloedrivier. Die dorp is omring met berge en is einlik deel van ‘n wildpark. ‘n Dorp in ‘n wildpark. Verlede jaar toe ons van vakansie af terugkom was ek en my man verskriklik bewus van die verval en agteruitgang van die dorp. Ons hou by Vleesbaai vakansie en die kontras tussen die Kaap en Natal was baie skerp in ons geheue. Utrecht is eintlik ‘n baie geskiedkundige dorp  - is deel van die ou Republiek – grond wat destyds van Dingaan gekoop is. Verder is daar nog baie ou huise en lei-vore sigbaar. Hierdie lei-vore was nog in gebruik toe ek ‘n kind was.Hier is ook van die grootste verskeidenheid voëlsoorte te sien en ons is ook baie naby aan Wakkerstroom wat nou so bekend is as ‘n voëlkykersparadys. Hier is ‘n verskeidenheid wildsoorte in die park en saans wei die rooibokke, koedoes, ens tussen die huise in die dorp. Ons bly op ‘n plaas aangrensend aan die dorp.Dit is ontstellend om te sien hoe verwaarloos die geboue, sypaadjies, parke, en algemene toestand van hierdie dorp is. Ek skryf hierdie e-pos aan U, omdat ons almal taamlik oorweldig en negatief voel oor die dorp en of dit enigsins moontlik sal wees om ook hierdie dorp om te keer en ‘n trotse omgewing te maak.Ek vra ASB RAAD.  Waar begin ons en hoe?Ek het nie U telefoonnommer nie en sal graag met U in gesprek wil treë.DankieRika DavelGoeie dag TheunsGlo dit gaan wonderlik…Julle projek klink vreeslik opwindend…. Sal graag meer daaoor wil weet Groete uit die Klein KarooNiekie De Rust

Oudtshoorn

Tisha Steyn Brief geplaas in Die Burger 13/03/2012

 RSG se Droom vir Suid-Afrika projek, wat die verfraaiing van dorpe landwyd ten doel het, word tydens vanjaar se Absa KKNK  van stapel gestuur. “Die projek word op 2 April tussen 16:00 en 17:00 op die RSG-verhoog van stapel gestuur,” het Amore Bekker van Tjailatyd op  RSG gister gese. “Dr. Dave Pepler, groen ghoeroe van die Universiteit van Stellenbosch, mnr. Chris van de Rheede van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) en ‘n bekende kunstenaar wie se naam ons nie nou al wil bekend maak nie, gaan saam met my op die verhoog wees om die Droom vir Suid-Afrika amptelik af  te skop.”Droom vir Bonnievale, ‘n loodsprojek wat deur mnr. Theuns Coetzee van die Wes-Kaapse dorpie gedryf word, lok landwyd positiewe reaksie uit.“Na aanleiding van die Droom vir Bonnievale bel en skryf mense van oral in Suid-Afrika en selfs Namibie dat hulle so geinspireer is deur wat in Bonnievale gebeur dat hulle ook hul vuil, verwaarloosde dorpe wil opknap.“Dit is goed vir 'n mens se gemoed as ons in ‘n mooi omgewing is en dit is deur  navorsing bewys dat moraliteit beinvloed word deur omgewing. Misdaad neem af en  omdat toeriste graag mooi dorpe besoek, word werk geskep tot die hele gemeenskap se voordeel.“Ons wil almal ‘n betekenisvolle lewe lei, en om ‘n boom te plant beteken dat ‘n mens hoop vir die toekoms het."Die projek waarvoor dorpe landswyd kan inskryf,  sal oor sewe maande strek, waarna die Droomdorp aangewys sal word. Inskrywingsvorms sal tydens die KKNK in die  Trapsuutjies-tent by die De Jager-sportkompleks beskikbaar wees. Bekker en Coetzee sal ook daar teenwoordig wees om te verduidelik hoe die droom in Bonnievale verwesenlik is. “Ons verskaf die bloudruk vir inwoners van dorpe wat vir hulle riglyne gee oor hoe om hul eie dorpe op te knap.”Vir meer inligting, luister Maandagmiddae om 15:40 na Bekker se gesprekke op RSG oor die Droom vir Suid-Afrika. Kontak Theuns Coetzee by theunscoetzee@gmail.com of bel hom by ...





Foto saam met die Vriendelike Riversdalers

Ons "leier" sal beslis rapporteer en gaan ook  probeer om 'n aan die kant statistiek te hou soos jy, sodat jy vir Amore kan sê Riverdal "follow suit"!Sterkte met julle werksaamhede!GroeteBenita  

Hallo Theuns,Ons telefoniese gesprek vanoggend verwys.Dankie dat julle vir ons gewys het dit kan gedoen word! Ons is baie opgewonde om ons dorp se beeld en die inwoners se gesindheid positief te beinvloed.Kan jy asb help met inligting oor hoe julle dit gedoen het en dalk ook “before en after” foto’s te stuur?Outjo groete,DEON VERSTERNEXUS GROUPOF COMPANIES OUTJO, NAMIBIA

Middag TheunsEk sit hier op Williston saam met ‘n groep van 12 mense wat besluit het hulle wil Droom vir Williston.  Ons wil graag die boek bestel wat jy klaarblyklik hieroor geskryf het.  Sal jy asb vir ons die besonderhede hieroor stuur?Baie dankie!Marianne Heyns

Goeiedag Mnr Coetzee Die Bonnievale Droomprojek is beslis die mees inspirerende suksesverhaal wat in 'n baie lang tyd onder my aandag gekom het.Ek het 'n klein gemeenskapskoerant in Calitzdorp en wil graag 'n berig oor die projek plaas met die oog daarop om 'n soortgelyke projek in Calitzdorp te begin.Kan jy asseblief help met meer inligting? Ek is seker dat dit wonderlik sal werk in ons dorpie, maar ek weet glad nie waar om te begin nie! Ek is bewus daarvan dat julle projekbloudruk op Maandag 2 April by die KKNK in Oudtshoorn bekendgestel sal word, maar is so opgewonde oor die konsep dat ek graag so gou moontlik vir Calitzdorp aan die droom wil kry...Verder sal ons ook graag 'n verdere bekendstelling wil doen by die Absa Calitzdorp Port & Wynfees (18-20 Mei 2012).Ek hoor graag van u.Vriendelike groete Hi TheunsBaie dankie vir die inligting. Ek dink die projek is ideaal vir Calitzdorp - hier is baie mense met baie passie vir die opheffing en verbetering van ons dorp. Sal dit reg wees met jou as ek een of twee van jou fotos in my koerantjie publiseer?Ons hou ook 'n interessante biodiversiteits uitstalling en aanbieding tydens die Portfees (18/19 Mei). Verlede jaar het dit onderwerpe / deelnemers soos Inheemse/ Klein Karoo plante en vetplante, Cape Leopard Trust / Butterrflies of the Klein Karoo / Donkey Trail /Geology of th Klein Karoo ens. ingesluit. Wat dink jy van die moontlikheid om 'n droomprojek aanbieding te doen as deel van die Biodiversiteit Expo Judy Ritchie 

Goeie dag Theuns,Ons het gisteraand op `n komitee vergadering besluit om Bonnivale te besoek en te sien wat julle vermag het. Ons beplan om op die 16de of 22ste Februarie so `n plan te maak d.w.s. as dit jou sal pas. Ons het net die oggend tot ons beskikking. Laat weet asb of een van die datums jou sal pas en dan maak ons die nodige reelings.Baie dankie en mooi dag da!Marie Loubser. Wolseley Goeie more Theuns,Net gou vir jou hartlik bedank dat jy ons so vriendelik ontvang het en so baie van jou kosbare tyd aan ons afgestaan het. My kop was so vol inligting dat ek eers die naweek helder daaroor kon dink. Glo my, jy is inspirasie! Ons sien more een van die ingenieurs wat die pad bou. Ons sal graag net met die “basics” wil begin. Gelukkig het ons nou die geleentheid om die planne agtermekaar te probeer kry.Jy doen `n wonderlike projek! Sterkte daarmee vorentoe. As ons mag ,sal ons jou dalk weer pla vir raad, maar dan moet jy jou rekening opmaak!Baie groete,Marie Loubser.



Goeie dag mnr Coetzee Ek is Ona Breytenbach die Maatskaplike werker van BADISA Riebeek Wes.  Ek het kennis geneem van jou projek op RSG en jou adres ook daar gekry.  Ek wil baie graag jou projek  bekendstel aan die gemeenskap maar het hulp nodig.  Om net te sê plant bome en maak tuin is seker nie die antwoord.  Kan u my inlig.  Wat was die impak van jul projek op die gemeenskap .  Waar begin mens hoe “verkoop “ ek die projek aan die rolspelers.  Het u moontlik fotos van voor en na of is dit nie moontlikVeneem graag van uGroeteOna Breytenbach
Yüklə 129,67 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin