Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə13/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   9   10   11   12   13   14   15   16   ...   86

Nigerië


Bevolking (miljoen): 118 (2000)

Groei (% per jaar) 3.5

Digtheid (Mense per vk km): 128

Samestelling:

Verskillende etniese groepe: Hausa, Yoruba, Ibo, Fulani, Ibibio



Geletterdheid 57%

Godsdiens

Christen 50%

Moslem 40%

Tradisionele gelowe 10%


Sedert die tydperk na kolonialisme was die land se regeringstelsel onstabiel en langer onder beheer van militêre regerings as onder burgerlike regerings.

Die land is verdeel in drie groepe – ‘n Moslem noordelike streek, ‘n Christen suidelike streek en ‘n strook in die middel, wat die area is waar godsdienstige konflik voorkom. Die suide is die ryker deel, met die meer tropiese klimaat in vergelyking met die noordelike deel, wat woestynagtig is. Tot 1991 was Lagos die land se hoofstad maar toe het die regering ‘n nuwe hoofstad ontwikkel by Abuja, wat die geografiese middelpunt van die land is. Die land het ‘n baie groot buitelandse skuldlas en baie miljoene mense leef onder die broodlyn. Nigerië is aktief betrokke by vredesinisiatiewe in Afrika en beskou hulleself as ‘n kandidaat om’n permanente setel op die VN se veiligheidsraad te verkry, sou so ‘n setel aan Afrika toegestaan word. Nigerië het ‘n jarelange grensdispuut met Kameroen, wat nou en dan tot skermutselings lei.





Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   9   10   11   12   13   14   15   16   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin