Toekomsblik
|
Hierdie mooi land, met al sy beloftes, maar ook met al sy gevare en hartseer, is die plek waar ons moet lewe. Dis die plek waar ons gisters en ons môres bymekaar kom in vandag. Suid-Afrika, deel van Afrika, maar tog met een been so half in die Westerse dampkring, het ‘n sleutelrol te speel in Afrika. Ons wat die hart van Afrika verstaan, en ook die voordele van die Westerse beskawing ken, is in ‘n posisie om ‘n brug tussen die twee wêrelde te wees, maar somtyds lyk dit of ons in ons eie probleme verswelg gaan word. Daar is kragte wat die land uitmekaar wil trek, maar daar is ook ‘n groot massa welwillende mense wat net in vrede hul lewens wil lewe. Waarheen sal dit lei in ons toekoms?
-
‘n Verenigdgde Nasie wat groei om die Ekonomiese Reus in Afrika word, in harmonie met die state rondom ons?
-
‘n Suid-Afrika wat ‘n bedreiging in Afrika word?
-
‘n Suid-Afrika wat etnies en polities versplinter en in chaos verval soos baie ander Afrika lande?
As ‘n mens bloot rasioneel kan wees, is daar eintlik net twee keuses:
Emigreer of bly.
As mens bly, is daar ook net twee keuses:
Ry saam en word deel van die probleem
Of
Maak ‘n bydrae en wees deel van die oplossing.
|