Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə37/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   33   34   35   36   37   38   39   40   ...   86
Menseregte

Die hart van ons land se konstitusie lê in die verklaring oor menseregte. Menseregte is regte wat mense het, slegs omdat hulle mense is – hulle het dus die regte en niemand, niemand hoef dit eers aan hulle toe te staan nie, en hulle hoef dit nie eers te verdien nie. Die eerste verklaring van menseregte het in 1948 plaasgevind in reaksie op die menseslagting van die Tweede Wêreldoorlog en is as sulks erkenning van die mensdom se onvermoë om aan mekaar ‘n menswaardige bestaan te kon gun. Die onderliggende filosofie is dat alle persone gelykwaardig is en menseregte plaas verpligtinge op die staat en ander mense wat gerespekteer behoort te word. Hoewel menseregte nie weggeneem kan word nie, kan dit beperk word. Daar is drie tipes menseregte:

  • Eerste generasie regte: Burgerlike en politieke regte: Dit spreek die verhouding tussen die individu en die staat aan en waarborg sy deelname aan die politieke proses.

  • Tweede generasie regte: Ekonomiese, sosiale en kulturele regte: Beskrywe die individu se reg tot voedsel, behuising en veiligheid, en verplig die staat om iets daaromtrent te doen.

  • Derde generasie regte: Solidariteitsregte: Die reg tot vrede, ontwikkeling en ‘n skoon en gesonde omgewing.







Hierdie regte is vervat in Hoofstuk 2 van die Konstitusie van Suid-Afrika. Hierdie regte is so belangrik dat hulle kortliks hieronder genoem word:




Gelykheid, menswaardigheid, lewe, vryheid en persoonlike veiligheid, geen, slawerny en gedwonge arbeid, privaatheid; vryheid van geloof, godsdiens en opinie, vryheid van uitdrukking, byeenkomste, demonstrasies, petisies, vryheid van assosiasie, politieke regte, burgerskap, vryheid van beweging en verblyf, vryheid van handel, beroep en professie, arbeidsverhoudinge, omgewing, eiendom, behuising, gesondheidsorg, voedsel, water en sosiale sekuriteit, kinders, opvoeding, taal & kultuur, kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe, toeganklikheid van informasie, regverdige administratiewe aksie, toegang tot howe, ge-organiseerde, aangehoude en beskuldigde persone, beperking van regte, noodtoestande, afdwinging van die regte.





Hierdie regte, wat aan alle persone in die land toegesê word deur die konstitusie, dui op ‘n baie hoë dunk van elke individu. Of die staat dit kan handhaaf is egter ' n ander kwessie. Menseregte behoort ons iets te leer van die waarde van elke menselewe. Die feit dat menseregte toegedig word aan alle mense, en diskriminasie op geen gronde toegelaat word nie, is in ‘n sin teen die menslike natuur. Alle mense is geneig om hulleself bietjie beter te ag as die res. Dit kan so sterk ontwikkel wees dat sommmige mense ander verag en hulle selfs as submense of minderwaardige mense beskou. Dit is die wese van rassisme, en soms ook van sterk nasionalistiese, etniese en godsdienstige bewegings. As ons eerlik wil weess moet ons erken dat dié filosofie ook onderliggend was by baie Afrikaners in die verlede. In die leer van Christus is daar geen gronde wat sulke diskriminasie steun nie. Christus het juis uitgereik na die veragtelikes, en Hy maan Sy volgelinge om mense se diensknegte te wees en hulle lief te hê– dit is Chritus se roeping.





Ons as burgers van die land moet kennis neem van die menseregte wat in die konstitusie verklaar is – vir ons eie beswil. Maar as Christene moet ons daarvan kennis te neem sodat ons beter kan weet hoe ons behoort op te tree teenoor alle mense as ons hulle wil respekteer.



Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   33   34   35   36   37   38   39   40   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin