Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə39/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   35   36   37   38   39   40   41   42   ...   86

Inleiding


Vir die meeste mense is verandering ‘n onaangename kwessie, veral as dit gekoppel is met onsekerheid oor die gevolge daarvan,. Mense vind deels sekuriteit daarin om hulle omgewing en die gebeure rondom hulle tot reëlmatige patrone te orden sodat hulle so goed moontlik kan weet wat om te verwag. Hierdie patrone kan mens gewoontes noem by mense, of tradisies by groepe van mense. Veranderinge maak mense ongemaklik, want dit raak aan die wortels van hul sekuriteit. Dit is derhalwe te wagte dat mense soms verandering sal teenstaan, en as verandering afgedwing word, kan dit selfs tot konflik lei – afhangende van hoe sterk die mense oor die waardes voel wat in gedrang kom.




Dit is ‘n feit dat die wêreld van vandag onderworpe is aan vinnige verandering. Verder is die tempo waarteen veranderinge plaasvind besig om te versnel. Een van die drywers hiervan is die vinnige ontwikkeling in tegnologie, veral inligtingstegnologie, wat kommunikasie in die wêreld revolusionêr verander het. Die verandering is so snel dat baie daarvan by die meeste mense verbygaan, hoewel dit mettertyd hulle lewens direk mag raak. “Time” haal die syfer aan dat dit vir die radio ongeveer 40 jaar geneem het om in 50 miljoen huise te kom, terwyl vir die Internet slegs 4 jaar geneem het! Dit illustreer hoe belangrik ons ingesteldheid teenoor verandering as ‘n proses behoort te wees. As daar nie ‘n oopheid vir verandering is nie, kan daar geen groei wees nie. So ‘n persoon het reeds gestagneer en sal homself al hoe meer uit pas met sy omgewing vind.



Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   35   36   37   38   39   40   41   42   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin