Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə52/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   48   49   50   51   52   53   54   55   ...   86
Godsdiens en ideologie


Godsdiens kan gedefinieer word as ‘n wye verskeidenheid van simboliese aksies van mense as ‘n respons teenoor dinge wat vir hulle van onbeperkte waarde is. Die dinge van onbeperkte waarde sou hier kon beteken die Godheid. Ideologie is ‘n geintegreerde stelsel van idees wat vir ‘n persoon realiteit definieer en hom as gevolg van ‘n gedeelde siening met ander persone in ‘n groep saamsnoer. Dit geld ook ten opsigte van godsdiens, maar die enigste verskil is die geloof in die Godheid. Mense se godsdiens of ideologie skep vir hulle ‘n leefwêreld van idees waarbinne hulle hulleself uitleef. Baiekeer is die ideologiese wêreld en die werklikheid verwyder van mekaar en is die individue wanaangepas in hul omgewing. Ideologie is so sterk dat dit mense kan noop om waargenome feite so te verdraai en te interpreteer dat dit by hul ideologiese denkraamwerk inpas. ‘n Wye blootstelling aan die werklikhede van ons wêreld, ‘n oop gemoed en ‘n eerlike hart is nodig om te ontsnap aan die ideologiese gevangenisse waarin mense soms beland. Mense het steeds godsdiens in hulle lewe nodig om die mas op te kom, veral omdat daar so baie dinge is wat oënskynlik onverklaarbaar is. Godsdiens gee ook aan mense ‘n sosiale identiteit, aangesien dit hulle deel maak van ‘n breër geloofsgemeenskap van mense.





‘n Begrip wat algemeen gebruik word ten opsigte van godsdienstige groepe is ‘fundamentalisme’. Die oorspronklike betekenis is om ‘n streng aanhanger te wees van konserwatiewe en tradisionele godsdienstige oortuigings. Dit is op sigself nie ‘n negatiewe begrip nie, maar die term het in alledaagse gebruik korrup geraak sodat dit eerder ekstremisme, fanatisisme en radikalisme voorstel.


Etiek

Etiek is ‘n wetenskap van karakter wat handel oor morele gewoontes en gebruike en gedrag om daaroor ‘n waarde-oordeel uit te spreek (reg of verkeerd). ‘n Mens se etiese norme lei tot bepaalde gedragspatrone. Moraliteit is ‘n gesofistikeerde stelsel van reëls wat individuele en gemeenskapsgedrag bepaal, en die oorsprong daarvan lê in godsdienstige, familie-, afkoms- en opvoedkundige agtergronde. Die etiese klem in die wêreld is besig om te verander as gevolg van die voortdurende beweging na demokratisering.





Etiese optrede in die staatsbestel asook in die alledaagse lewe is van groot belang aangesien daar dikwels ‘n groot potensiaal vir korrupsie is, en omdat korrupsie so ‘n vernietigende uitwerking het. Hoewel die doel van die regering is om nasionale doelwitte te bereik, en nie in die eerste plek om eties te wees nie, moet daar ‘n balans gehandhaaf word tussen onverbiddelike regeringsbesluite en nasionale moraliteit. Daarom behoort die amptenary, met die huidige verhoging van diskresionêre magte, te poog om besluite te neem op moreel regverdigbare gronde. Dis veral belangrik waar deursigtigheid so ‘n belangrike beginsel is.





Wanneer ‘n mens jouself by ‘n groep skaar wat ‘n bepaalde etiese kode hou en wat verskil met jou eie interne waardes, bring dit mens voor een van 3 keuses:

  • Poog om die etiese kode te verander

  • Pas jou eie beginsels aan

  • Verlaat die groep.





Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   48   49   50   51   52   53   54   55   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin