Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə55/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   51   52   53   54   55   56   57   58   ...   86
Godsdiens en realiteit

Aangesien godsdiens dikwels so ‘n emosionele en kontroversiële onderwerp is, is dit in baie openbare forums etiket om dit nie aan te spreek nie. Tog is dit so fundamenteel aan mens-wees dat mens dit nie kan ignoreer nie. Wat sê mens oor die fenomeen van godsdiens?




Wanneer ons oor godsdiens praat, kan ons twee aspekte van belewenis identifiseer – ‘n eksterne belewing en interne belewenis. Kom ons noem die twee belewenisse ritueel en realiteit. Ritueel is ‘n reeks van handelinge wat ‘n individu of ‘n groep uitvoer, wat hulle glo uitdrukking gee aan hul godsdientige belewenis. Hoewel rituele baie skouspelagtig kan wees, kan dit maklik bloot die uitvoer van geprogrammeerde handeling wees, sonder enige innerlike sin. Mense sou rituele ewe maklik kan uitvoer, of God sou bestaan of nie. Uiteindelik bevredig die uitvoer van rituele nie die soekende hart van die mens nie – met ander woorde rituele is nie dieselfde as geestelike realiteit nie. Mense is op soek na een of ander realiteit in hul geestelike lewe wat die werklikheid van hul lewens aanspreek.





Sekere realiteite waarmee mense moet rekening hou, is die volgende: God is ‘n realiteit, en elke mens is teenoor Hom aanspreeklik en sal moet rekenskap gee van sy lewe. Sonde is ‘n realiteit en is besig om die lewe van elkeen wat daarby betrokke is, te besoedel en te vernietig. Elke mens word op een of ander stadium van sy bestaan deur die werklikheid van sonde gekonfronteer. Die geestelike en sielkundige letsels wat die lewe en ander mense op ons laat, is ook ‘n realiteit en dit beïnvloed ons gedrag soms grootliks. Intuïtief weet ons dat ons hierdie realiteite nie kan ignoreer nie.





Realiteit in godsdiens, in teenstelling met rituele, bestaan uit ‘n paar belangrike begrippe:

  • Versoening (Reconciliation): Om in ‘n vriendskapsverhouding met God herstel te word vanuit ‘n posisie van skuld en oortreding teenoor God.

  • Verlossing (Redemption): Om vry gemaak te word van die skuld en houvas van sonde, die houvas van slegte gewoontes asook oorwinning oor geestelike aanslae. Dit is ‘n oorgang van een wêreld na ‘n ander.

  • Verhouding (Relationship): Om God te ken in mens se oomblik-tot-oomlik bestaan. Dit is die wese van die goddelike wet wat in die mens se hart ingeskrywe word en waarvolgens hy kan leef.

  • Vernuwing (Renewal): Om ‘n nuwe lewe en ‘n altyd vernuwende lewe te voer. ‘n Nuwe lewensuitkyk van hoop en geloof wat ‘n mens altyd deurdra, selfs in krisistye.

  • Verheerliking (Resurrection): Om na die aardse dood weer te lewe en verheerlik te wees in God se teenwoordigheid. Dit neem vrees uit die lewe weg en gee ‘n toekomsverwagting om na uit te reik.

In die Christelike geloof word al hierdie realiteite volmaak vervul in Christus Jesus, en daarom is dit vir die Christen moontlik om ‘n sinvolle, saakmakende lewe te leef.



Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   51   52   53   54   55   56   57   58   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin