Die Wêreld Waarin ons Leef


Ons lewenshouding t.o.v. die toekoms



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə86/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   78   79   80   81   82   83   84   85   86
Ons lewenshouding t.o.v. die toekoms:
Baie mense se lewenshouding tov die toekoms is vir hulle 'n hindernis om 'n sukses van die lewe te maak. 'n Te bekrompe siening maak dat mens terughoudend is, en laat die geleenthede van die lewe by jou verbygaan. 'n Te kort toekomshorison verlam 'n mens sodat jy nie groot dinge wil aanpak nie en 'n te lang toekomshorison (môre is nog 'n dag) lei maklik tot uitstel en afstel. Onbewustelik het ons soms die konsep dat die toekoms soos 'n rolprent is wat vir ons afgespeel word. As môre kom sal ek maar sien wat rondom my en met my gebeur, ek moet net wag vir die volgende toneel om te ontvou. Dit is 'n baie negatiewe en fatalistiese en onproduktiewe benadering. Die toekoms is eerder soos 'n dagboek met oop bladsye, en ons teken afsprake en gebeurtenisse vooraf daarin aan. Hierdie afsprake en gebeure vind dan plaas wanneer die bepaalde dag kom. Wat ons in werklikheid gedoen het deur die afspraak aan te teken, was om ons toekoms gedeeltelik te skep vir onsself, en vir andere. Ons het die voorreg, en het die vermoë gekry om self ons toekoms uit te werk binne sekere perke. As mens nie jou toekoms bepaal nie, sal andere dit vir jou doen (jy sal by hulle planne moet inval) of omstandighede sal dit vir jou bepaal.
In hierdie proses van jou eie toekoms te bepaal is daar 'n klompie beginsels wat ons kan toepas.

  1. Ons moet die verantwoordelikheid aanvaar dat ons ons eie lewens moet beheer en dat jy self en niemand anders nie, meester van jou lot is. Jy is jou eie grootste bate of jou eie grootste vyand.

  2. Jou sukses spruit geheel uit jou eie poging en jy moenie die omgewing en ander mense blameer vir jou mislukkings nie.

  3. Jy moet 'n mens van integriteit wees, selfgemotiveerd en 'met 'n goeie werksvermoë (nie lui nie), met 'n goeie begrip, kennis en ervaring.

  4. Jy moet leer om te dien en diens te lewer. Jou doel moet wees om uitstaande te wees en nie om geld te maak nie.

  5. Jy moet 'n positiewe lewensingesteldheid hê, deursettingsvermoë aan die dag lê en die vermoë hê om te fokus.

  6. Ontwikkel 'n oog vir oplossings en nie vir probleme nie.

  7. Respekteer tyd, want dis onkoopbaar, en leef vir vandag sonder om te veel oor die verlede te tob. Gee aandag daaraan om te LEEF.

  8. Doen waarvan jy hou, en hou van wat jy doen. Jou lewenshouding sal die lewe se houding teenoor jou bepaal.

  9. Moenie bang wees om besluite te neem nie - hou 'n oop kop.

  10. Wees 'n lewenslange student (life-long learning) en moenie verstar en verstok raak nie. As jy jonger as 80 is en jy het nie 'n rekenaar nie, koop een en kry jouself op die Internet!


Slot:
As daar een tipe mens is op hierdie aardbol wat nie nodig het om swartgallig en negatief te wees nie, dan is dit die opregte Christen. Hy het soveel vir hom : As God vir ons is, wie kan teen ons wees? Hy weet hy het 'n Almagtige Vader wat alle dinge in Sy hand hou, en dit ten goede laat gebeur. Hy het wedergeboorte en 'n nuwe lewe ontvang en daarmee is die vrees vir die dood verbreek, want die probleem van ons sonde is opgelos. Ons het vergifnis gekry van alles wat ons verkeerd gedoen het, en ons kan met vrymoedigheid andere rondom ons vryspreek. Christus het die oorwinning behaal en ons is nie onder die mag van die bose nie. Ons leef in 'n dag-tot-dag-verhouding met Hom deur die inwoning van die Heilige Gees, en Hy lei ons werklik in ons besluite. Hy het vir ons ingebou in die wonderlikste ondersteunende gemeenskap - die Liggaam van Christus. Hy het vir ons 'n visie gegee van Sy wederkoms, en 'n opdrag om Sy koninkryk uit te bou. Iemand wat negatief en swartgallig is, ken en vertrou God nie.
Die Christen is meer as enigeen toegerus om die veranderinge van die toekoms met vertroue tegemoet te gaan. Ons moenie toelaat dat mediaberigte of negatiewe mense of 'n verdonkerde lewensiening ons beroof van die heerlike lewe wat ons erfenis in Christus is nie.



Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   78   79   80   81   82   83   84   85   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin