Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə19/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   15   16   17   18   19   20   21   22   ...   86

Zimbabwe


Bevolking (miljoen): 13.3 (2000)

Groei (% per jaar) 3.2

Digtheid (Mense per vk km): 34

Samestelling:

Shona 69%

Nguni 17%

Ander inheems 4.7%



Geletterdheid (%): 76

Godsdiens

Christen 61.7%

Moslem 1.6%

Tradisionele gelowe 32.6%

Nie godsdienstig 4%


Zimbabwe was vir baie jare (sedert 1895) ‘n Britse kolonie en in 1923 is die blanke setlaars die keuse gegee of Rhodesië by SA ingelyf moes word. Dit is toe verwerp. Daarna het die land deel van die Federasie van Noord- en Suid-Rhodesië en Nyassaland geword. In 1965 het Ian Smith Rhodesië onafhanklik verklaar (UDI) en dit het tot ‘n lang en uitgestrekte guerrilla-stryd gelei, wat na verkiesings in 1979 gelei het tot die stigting van die staat Zimbabwe in 1980.


Die totstandkoming van die onafhanklike staat het nie die onderlinge twiste in die land bygelê nie. President Mugabe het gaandeweg die beheer oor die land strenger oorgeneem en opstande in Matabeleland wreed onderdruk met sy vyfde brigade wat in Korea opgelei is. Hy regeer steeds as ‘n diktator en wou in 1999 die konstitusie laat wysig om hom langer toegang tot die presidentskap te gee. Sy party het die referendum oortuigend verloor en in die 2000-verkiesings was daar ook 'n beduidende swaai na die nuutgestigte opposisie, die "Movement for Democratic Change". Die land beleef groot ekonomiese agteruitgang, arbeidsonrus en korrupsie. Die geldeenheid het die afgelope dekade dramaties gedevalueer.







‘n Groot bron van ontevredenheid oor baie jare in Zimbabwe was die grondkwessie. Reeds in 1934 is daar landverdelingswette aangeneem wat sowat 75% van die beste landbougrond vir kommersiële boerdery gereserveer het. Hierdie grond was oorspronklik in die hande van blanke boere, wat baie suksesvol geboer, en Zimbabwe van voedsel, asook van sowat 30% van die land se uitvoerprodukte voorsien het. (Die boere het ook ‘n baie invloedryke organisasie gestig – die CFU Commercial Farmers Union.) Die grond wat deur die grootste hoeveelheid van die bestaansboere besit is, was meer geskik vir weiding. Met onafhanklikheid het Mugabe aan sy oorlogveterane belowe dat daar, as beloning vir hulle dienste, aan hulle landbougrond toegeken sal word. Mugabe het hierdie saak deur die afgelope 20 jaar elke keer as ‘n politieke speelbal gebruik om steun te werf gedurende verkiesings, maar nie werklik daarvan werk gemaak nie. Volgens die onafhanklikheidsooreenkoms sou Brittanje instaan vir fondse om die grond by die boere uit te koop. Dit is egter gestaak na ‘n eerste rondte aankope, aangesien die aangekoopte plase almal in die hande van Mugabe en sy elite beland het. Die verstaanbare frustrasie en ongeduld van die oorlogsveterane, wat intussen onbeheersd aangegroei het, het gelei tot die plaasbesettings vroeg in 2000 – wat deur Mugabe probeer uitbuit is vir die 2000-verkiesings.





Benewens die bestaande probleme het Zimbabwe een van die hoogste insidensies van HIV/VIGS en dit het reeds ‘n baie negatiewe impak op die land. Zimbabwe het sedert 1998 soldate in die DRK ter ondersteuning van Laurent Kabila, en dit plaas baie groot druk op die land. Die land word sogenaamd vergoed deur produksie uit DRK-diamantmyne onder beheer van ‘n maatskappy (OSLEG) wat deur van Mugabe se vertrouelinge bestuur word.





President Mugabe het groot aansien geniet in Afrika, en ook in die wêreld, veral ten tye van Suid-Afrika se apartheidsjare, aangesien hy die onbetwiste leier van die frontliniestate was. Sedert die demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in 1994, en vanweë die besondere charismatiese rol wat President Mandela begin speel het, het Mugabe se rol vervaag maar hy wil dit nie aanvaar nie. Hy sal waarskynlik ook nie die leierskap van President Mbeki aanvaar nie.





Aangesien Zimbabwe, as een van die sterkste ekonomië in Afrika, Suid-Afrika se belangrikste handelsvennoot is - het die welsyn van die land ‘n groot invloed op Suid-Afrika. Suid-Afrika kan hom dus nie distansieer van Zimbabwe se probleme nie.


Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   15   16   17   18   19   20   21   22   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin