Party sosiale wetenskaplikes van die twintigste eeu het gedink dat die groot ontwikkelinge op die gebied van tegnologie daartoe sou lei dat die belangrikheid van godsiens in die lewe van die mense sou verminder. Net die teenoorgestelde het gebeur, want godsdiens speel ‘n steeds groter wordende rol in die gemeenskap van ons dag. Deur die eeue heen was godsdienstige en ideologiese sieninge belangrike oorsake van konflik en dit is in die modêrne, hedendaagse wêreld steeds so. Godsdiensoorloë is van die mees fanatiese en onredelikste wat daar is – byvoorbeeld die irrasionele begrip van die ‘jihad’ of heilige oorlog binne die Moslemgeloof. Godsdienstige of ideologiese oortuigings kan mense so meevoer dat hulle geheel irrasioneel optree en gladnie toeganklik is vir logiese redenasies nie. Daarom moet die mag wat ideologie of godsdiens op mense en hulle gedrag het, nie gering geskat word nie.