Die Wêreld Waarin ons Leef


Toekoms-scenario's vir die wêreld



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə69/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   65   66   67   68   69   70   71   72   ...   86
Toekoms-scenario's vir die wêreld

Die Pentagon identifiseer vyf moontlike veiligheidscenario’s vir die wêreld se voortbestaan en vir elk hiervan bepaal hulle die implikasies vir hul eie magsontwerp.


  • Die State-magsbalans-stelsel. Hierdie scenario postuleer dat soewereine nasiestate die belangrikste rolspelers in die wêreld sal bly en staat-tot-staat-konflikte sal die belangrikste gebruikers van militêre geweld wees. Daar sal veranderende koalisies wees om magtige state te probeer uitbalanseer.






  • ‘n Drievlak-veiligheidstelsel. Die wêreldwye sekuriteitstelsel verdeel in drie vlakke. Eerstens gevorderde, geïntegreerde, stabiele eerstevlaklande met informasiegebaseerde ekonomieë. Tweedens ‘n vlak met verskeie outonome state met wisselende stabiliteit en industriële ekonomieë. Laastens ‘n onstabiele en gewelddadige derde vlak van swak en mislukte state wat sal leef van eksploitering van hul minerale hulpbronne en informele ekonomieë. Eerstevlak- state sal nie oorlog maak met mekaar in die tradisionele sin van die woord nie. In die tweede vlak sal staat-tot-staat-oorlog voorkom, en in die derde vlak sal anargie heers, maar die groepe sal nie lang uitgerekte konflikte kan bekostig nie.







  • ‘n Ideologie-gebaseerde stelsel. Die wêreld herverdeel langs ideologiese lyne en so ook die internasionale sekuriteitstelsel. Konflik kom hoofsaaklik op die foutlyne tussen ideologiese blokke voor en die gebruik van geweld word nie maklik beperk nie.







  • Interne mislukking-model: Meeste lande ervaar interne geweld en nie oorlogstoestande nie. Baie swak state fragmenteer of verval in anargie en selfs sterk state ondervind interne weerstand en gebruik onderdrukkende metodes.







  • Ekonomiese oorlog-model: Die hoofoorsaak van konflik word gesien as interne en soms gewelddadige kompetisie vir bronne en markte. Multionasionale belange sal hul eie sekureitsbelange en militêre strukture ontwikkel, onafhanklik van state. Private sekurteits- en inligtingsorganisasies sal ‘n toenemend groter rol in die stelsel speel. Wanneer daar konflik is, sal daar druk wees om kollaterale skade en verliese tot ‘n minimum te beperk.





Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   65   66   67   68   69   70   71   72   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin