(7) Me Addy Bob doen by Sunnyside Boys High School, 'n staatskool, aansoek om toelating. By die onderhoud verneem sy dat dit die skool se beleid is om net seuns toe te laat. Sy word aangeraai om by een van die ander enkelgeslagskole in die omgewing aansoek te doen omdat Sunnyside Boys High School se aktiwiteite op seuns gerig is. As vroulike leerders daar toegelaat word, sou beduidende veranderinge aangebring moes word, soos nuwe kleedkamers, ensovoorts. Die skool meen dat dit nie onbillik optree nie. Me Bob vra u om haar hieroor te adviseer. Daar is 'n meisieskool 15 minute verder, maar sy woon langs Sunnyside Boys High School en sy wil daar skoolgaan. Verder wil sy graag houtwerk en Latyn neem, wat nie deur die meisieskool aangebied word nie.
(a) Verduidelik aan me Bob welke van haar grondwetlike regte ter sprake kan wees. (5)
(b) Pas die kriteria wat die Konstitusionele Hof in Harksen v Lane neergelê het toe op me Bob se geval, om vas te stel of haar regte inderdaad geskend is. (10)
Pas weer die diskriminasie-ondersoek se stappe op hierdie feite toe. Maak seker dat u al drie stappe noukeurig toepas: Begin met die artikel 9(1)-ondersoek en sluit af met die artikel 9(3)-ondersoek.
Eerstens moet u vasstel watter reg geskend is.
(i) Die regte waarop inbreuk gemaak word, is artikel 9(1), die reg op gelyke behandeling en artikel 9(3), die reg om nie onbillik teen gediskrimineer te word op grond van geslag en geslagtelikheid nie.
(ii) In Harksen v Lane het die hof die volgende ondersoek neergelê:
Fase 1
1(a) Onderskei die bepaling tussen mense of kategorieë mense? Ja, meisies word anders as seuns behandel.
1(b) Indien dit die geval is, is daar 'n rasionele verband tussen die differensiasie en 'n wettige oogmerk?
Die skool kan aanvoer dat daar 'n rasionele verband is, aangesien die skool hoofsaaklik vakke vir seuns aanbied en dit ernstige koste-implikasies sou hê as veranderinge aangebring word om meisies te akkommodeer, ensovoorts.
Fase 2
Hierdie fase bepaal of die diskriminasie op onbillike diskriminasie neerkom.
2(a) Kom die differensiasie neer op diskriminasie?
-
Indien daar op 'n gelyste grond gediskrimineer word, vind diskriminasie plaas. In hierdie geval is dit duidelik dat die differensiasie op gelyste gronde, naamlik geslag en geslagtelikheid, plaasvind.
-
Indien daar op 'n ongelyste grond gediskrimineer word, moet die applikant aantoon dat die diskriminasie gebaseer word op eienskappe wat die moontlikheid inhou om persone se fundamentele menswaardigheid aan te tas, of om hulle op 'n vergelykbaar ernstige wyse te affekteer.
2(b) Kom die diskriminasie neer op onbillike diskriminasie?
-
Die antwoord is ja. Indien die diskriminasie op 'n gelyste grond plaasvind, word ingevolge artikel 9(5) vermoed dar dir onbillik is. Die skool kan egter die vermoede deur middel van die toets vir onbillikheid weerlê.
-
Indien daar op 'n ongelyste grond gediskrimineer word, moet die applikant die onbillikheid aantoon.
-
Die toets vir onbillikheid fokus op die uitwerking van die diskriminasie op die applikant en ander persone in dieselfde situasie. (Sien die bespreking van onbillike diskriminasie onder 9.3 hierbo.) Indien bevind word dat die differesiasie nie onbillik is nie, vind daar geen skending van artikel 9(3) plaas nie.
Fase 3
lndien bevind word dat die diskriminasie onbillik is, moet bepaal word of die betwiste artikel ingevolge die beperkingsklousule (a 36 geregverdig kan word.
In hierdie geval moet die skool die inbreukmaking op Addy Bob se regte ingevolge die beperkingsklousule regverdig.
(8) Hoe verskil artikel 6 van die Promotion of Equality an Prevention of Unfair Discrimination Act 4, 2000, ingevolge waarvan onbillike diskriminasie verbied word, van artikel 9(3) van die Grondwet? (10)
Artikel 6 van die Equality Act bepaal dat nóg die staat, nóg enige persoon, onbillik teen enige persoon mag diskrimineer. Dit is 'n algemene, omvattende verbod teen onbillike diskriminasie en kan enige van die gronde gelys in artikel 9(3) en 9(4) van die Grondwet insluit. Die gelyste gronde word vervat in die omskrywing van verbode gronde. Sien 9.3.5 hierbo ivm die prosedurele voordele wat artikel 6 'n klaer bied, in teenstelling met artikel 9(3).
SELF-ASSESSERINGSOEFENING
(1) Stel 'n eksamenvraag op oor die gelykheidsklousule, waarin u die verhouding tussen artikel 9(1) en 9(3) insluit, asook die vasstelling van onbillike diskriminasie op 'n gelyste en 'n ongelyste grond
(2) Stel dan die memorandum op waarvolgens u die antwoord sou nasien en punte toeken.
Riglyne vir hierdie oefening:
(1) Besluit of u die stel feite wil baseer op 'n grond gelys in artikel 9(3), of op 'n analoë grond, of op albei. Besluit daarna of u die vraag in subvrae wil verdeel of nie.
(2) Maak seker dat u memorandum punte toeken aan elk van die vraagstukke wat in die verskillende ondersoekfases ter sprake is.
SAKELYS
Die verskil tussen diskriminasie en onbillike diskriminasie
- Prinsloo v van der Linde 1997 (6) BCLR 759 (KH)
- Pretoria City Council v Walker 1998 (3) BCLR 257 (KH)
- Fraser v Children's court Pretoria North 1997 (2) BCLR 153 (KH)
- National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Home Affairs 2000 (2) SA 1 (KH)
Aanbevole leesstof
- National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister ofJustice 1999 (1) SA 6 (KH)
- Lotus Rivet; Ouery, Grassy Park Residents Association v South Peninsula Municipality 1999 (4) BCLR 440 (K)
- President of the Republic of South Africa v Hugo 1997 (6) BCLR 708 (KH)
- S v Ntrtli 1996 (1) SA 1207 (KH)
- S v Rens 1996 (1) SA 1218 (KH)
Regstreekse en onregstreekse diskriminasie
- Beukes v KrugersdOtp Transitional Local Council 1996 (3) SA 467 (W)
- Pretoria City Council v Walker 1998 (3) BCLR 257 (KH)
Aanbevole leesstof
- Democratic Party v Minister of Home Affairs 1999 (3) SA (KH)
Die ondersoek na 'n skending van die gelykheidsklousule
- Harksen v Lane NO 1998 (1) SA 300 (KH)
- Larbi-Odam v MEC for Education 1998 (1) SA 745 (KH)
Aanbevole leesstof
- President of the Republic of South Africa v Hugo 1997 (6) BCLR 708 (KH)
- National Coalition f01' Gay and Lesbian Equality v Minister of Home Affairs 2000 (2) SA 1 (KH)
Regstellende aksie
- Public Servants' Association of South Africa v Minister of Justice 1997 (5) BCLR 577 (T)
- Motala v University of Natal 1995 (3) BCLR 374 (D)
LET WEL: Al hierdie sake word vervat in hoofstuk 9 van u handboek.
SAMEVATTING
Om onbillike diskriminasie op 'n ongelyste grond te bewys, moet u die uitwerking daarvan op die menswaardigheid van die klaer ondersoek, omdat dit een van die waardes is wat in die Grondwet vervat word.
STUDIE-EENHEID 10: Menswaardigheid (p272HB)
Menswaardigheid
10. Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.
10.1 MENSWAARDIGHEID SENTRAAL TOT GRONDWET
Art 1 van Grondwet bepaal dat SA gegrond is op waardes van menswaardigheid, die bereiking van gelykheid en die uitbou van menseregte en vryhede. Hierdie 3 waardes, waarna telkens saam in die Grondwet verwys word, vereis die ontwikkeling van ‘n Grondwetlike orde waarin die doel van regte nie net die beskerming van individuele vryheid teen staatsmag is nie, maar waar staatsmag gebruik word om die oogmerke van waardigheid en gelykheid te beskerm. Menswaardigheid beklee dus gelyke rangorde met die waardes van gelykheid en vryheid.
Nog die GW of die KH het al ‘n duidelike beskrywing van die begrip “menswaardigheid” gegee. Die oorsprong van die begrip verwys na die inherente waarde van elke mens. Die grondwetlike beskerming van waardigheid vereis erkenning van die waarde van elke persoon as lede van die gemeenskap. Menswaardigheid is die bron van ‘n persoon se reg op vryheid en fisiese integriteit, waaruit ‘n aantal ander regte voortvloei. Dit is ook die basis vir die reg tot gelykheid omdat elke persoon menswaardigheid in dieselfde mate het en daarom in gelyke mate geregtig is op respek.
Menswaardigheid word beskerm en bevorder deur die reg op menswaardigheid in die HvR. Volgens die Konstitusionele Hof vorm menswaardigheid die kern van Suid- Afrika se grondwetlike bestel.
In S v Makwanyane , beskryf die hof die regte op lewe en menswaardigheid as die belangrikste menseregte en die bron van alle ander persoonlike regte in die in die Handves van Regte. Die hof sê erkenning van die reg op waardigheid is ‘n erkenning van die intrinsieke waarde en menslike wesens. Mense is daarop geregtig om met waardigheid, respek en sorg behandel te word.
National Coalition for Gay and Lesbian Equality - Die idee van gelyke respek het die KH gelei om te beslis dat die kriminalisering van sodomie ‘n skending van die reg op menswaardigheid is. Hof sê die reg op menswaardigheid beteken dat die waarde van alle lede van die samelewing erken moet word. Bestraffing van ‘n vorm van seksuele omgang wat algemeen as sinoniem met ‘n homoseksuele verhouding beskou word, is strydig met die begrip van menswaardigheid. Dit skep die effek dat ons regstelsel alle homoseksuele mans as kriminele beskou. Dit beteken dat gay mans gearresteer, vervolg en aangehou kan word slegs omdat hulle seksuele omgang het op ‘n manier wat inherent is aan hulle ervaring van menswees. Die bestaan van ‘n wet van gay mans straf verneder gay mans in die breër gemeenskap. Hierdie aantasting van hulle menswaardigheid is ‘n skending art 10 van die Grondwet.
Menswaardigheid is ‘n fondasie van siviele regte, en ook die basis vir ‘n aantal politiese regte, spesifiek daardie regte wat verband hou met demokratiese regering. Respek vir menswaardigheid sluit in erkenning van die feit dat alle persone in staat is om hulle eie besluite te neem, ingesluit die keuse oor hoe en deur wie hulle regeer word.
In August v Electoral Commission - universele stemreg is belangrik vir demokrasie en nasiewees. Elke persoon se stem is ‘n stempel van waardigheid en menswees. Elke persoon tel.
Dus - Waardigheid is nie net 'n reg nie:
-
Dit is ook een van die kernwaardes verskans in die Grondwet wat 'n riglyn is vir die uitleg van ander grondwetlike bepalings.
Wanneer regte gebalanseer word volgens die beperkingsklousule, moet ook gevra word hoe die sentraal grondwetlike waarde van waardigheid geraak word. As fundamentele reg het dit ook resterende funksie; dit is toepaslik waar meer spesifieke regte (wat effek gee aan menswaardigheid) nie is nie.
In Dawood v Minister of Home Affairs (par 35) verklaar die hof dat die waarde van menswaardigheid "informs the interpretation of many, possibly all, other rights".
(In studie-eenheid 5 word artikel 39(1)(a) behandel, wat bepaal dat, "when interpreting the Bill of Rights, a court, tribunal or forum must promote the values that underlie an open and democratic society based on human dignity, equality and freedom". In hierdie studie-eenheid sien ons hoe die waarde van menswaardigheid gebruik is om betekenis te gee aan ander bepalings in die Handves van Regte.)
Van die ander regte wat in die lig van menswaardigheid uitgelê is, is
-
Die waarborg teen wrede, onmenslike of vernederende straf.
-
Die reg op gelykheid. (Ingevolge die KH se gelykheidstoets kom differensiasie neer op diskriminasie as dit die moontlikheid inhou om die menswaardigheid van die klaers aan te tas, en is die uitwerking op hul menswaardigheid wesenlik wanneer ondersoek word of die diskriminasie onbillik was of nie.)
-
Die reg op privaatheid.
-
Die reg op persoonlike vryheid.
-
Vryheid van godsdiens.
-
Die reg om te stem. (Die reg van elke volwasse burger om te stem, is beskryf as "a badge of dignity and of personhood. Quite literally, it says that everybody counts". August v Electoral Commission)
-
Die reg op toegang tot behuising.
-
Bowendien speel menswaardigheid 'n belangrike rol in die proporsionaliteitstoets, waardeur vasgestel word of 'n fundamenteelregtelike beperking geldig is, aangesien die hof vereis dat daar sterk regverdiging moet wees vir 'n beperking wat die klaer se menswaardigheid aantas.
-
Die reg het ook ‘n residuele funksie - dit word ook toegepas waar meer spesifieke regte wat gevolg gee aan menslike waardigheid nie toegepas kan word nie.
-
MENSWAARDIGHEID EN STRAF (p275)
(a) Wrede, onmenslike en vernederende straf p275
S v Williams - KH sê die GW vereis dat alle stappe/optrede/maatreëls wat die menswaardigheid van ‘n individu aantas geregverdig moet word. Daar is geen plek vir wrede en onmenslike behandeling en straf nie. Die staat en sy organe is beskermers van menseregte ingevolge die GW. Die staat moet ‘n model vir die samelewing daarstel wat wegbeweeg van die geweldadige verlede. Dit is dan billik om te verwag dat die staat eerste moet wees wanneer dit kom by die instandhouding van daardie waardes van ‘n beskaafde gemeenskap. Erkenning van menswaardigheid beteken dat selfs die mees afstootlike kriminele steeds mense is, en met menswaardigheid behandel moet word.
Die reg op menswaardigheid is kern aan die verbod op marteling en die reg om nie op in ‘n wrede en onmenslike of vernederende manier behandel of gestraf te word nie.
S v Makwanyana - KH sê die reg op menswaardigheid is een van die relevante faktore wat in ag geneem moet word by straftoemeting, en om te bepaal of straf wreed, onmenslik en vernederend is.
Alhoewel die regte verbind is , behels die reg op menswaardigheid baie meer as net die reg teen wrede, onmenslike en vernederende staf en die verbod op marteling.
12. (1) Elkeen het die reg op vryheid en sekerheid van die persoon, waarby inbegrepe is die reg om –
(d) op geen wyse gemartel te word nie; en
(e) nie op ’n wrede, onmenslike of vernederende wyse behandel of gestraf te word nie.
(b) Gevangeniskap / Aanhouding (p276)
S v Makwanyane - KH sê alhoewel gevangenissetting ‘n persoon se waardigheid noodwendig aantas, het die staat wel die mag om hierdie vorm van straf op te lê as deel van die strafprosesregstelsel. Gevangenes verloor nie hulle regte wanneer hulle in die gevangenis is nie, maar behou al die regte wat alle mense het ingevolge die HvR, onderworpe slegs aan die beperkings van deur gevangenisowerhede opgelê wat regverdigbaar is ingevolge die beperkingsklousule (art36).
Die omstandighede waarin gevangenes geplaas is, beteken noodwendig dat hulle groter beperkinge op hulle regte moet verdra, insluitend op hulle reg op menswaardigheid. Enige beperking op ‘n gevangene se regte moet regverdigbaar wees tot die oogmerke van hulle gevangenissetting om misdaad te voorkom en hulle te rehabiliteer.
In Makwanyane het die KH nie oor die grondwetlikheid van lewenslange gevangenisstraf beslis nie. Het wel aangetoon dat die doodstraf met die ernstige straf van gevangenisstraf vervang kan word, wat insluit lewenslange gevangenisstraf. Hof verwys wel na die Duitse beslissing - die reg op staf wat nie onmenslik en wreed is nie, beteken nie dat die staat nie ‘n krimineel lewenslank kan vonnis, as dit nodig is om die gemeenskap te beskerm nie. Die reg moet egter dan ook voorsiening maak vir daardie lewenslank gevonnisde wat homself rehabiliteer, en voorsien vir die toestaan van parool.
Skrywers stem saam met Duitse beslissing, en verwag dat dit in ons howe gevolg sal word. Lewenslange gevangenisstraf moet ‘n opsie bly vir straf van ernstige misdade en voorkoming daarvan. Maar om persoon tot lewenslange gevangenisstraf te “verban” sonder hoop op ontslag/parool is ‘n ernstige skending van sy menswaardigheid. (wel omdat die doel van die beperking op die reg mos nie meer bestaan as die prisonier homself gerehabilteer het nie).
S v Dodo = Die KH het reeds aangedui dat straf wat oneweredig lank is in vergelyking met die misdaad ‘n ernstige skending van die reg op menswaardigheid is.
S v Tcoeib - Namibiese Hoogste Hof sê dat lewenslange gevangenisstraf nie ongrondwetlik is nie. Die Hof sluit nie die moontlikheid uit dat die vonnis in sekere gevalle ongrondwetlik kan wees. Bv wanneer dit so grof disproporsioneel tot die erns van die misdaad is, dat dit wreed, onmenslik en vernedernde straf is wat die menswaardigheid van die beskuldigde skend.
10.3 LASTER (p277)
Die reg op waardigheid word geïmpliseer in sake wat die toepassing van die HvR verg op die reg tov laster. By grondwetlike hersiening moet die reg tot vryheid van spraak opgeweeg word teen die reg op menswaardigheid.
10.4 HUWELIK EN FAMILIE LEWE (p278)
Dawood v Minister of Home Affairs - die reg op menswaardigheid bied beskerming aan die instellings van die huwelik en familielewe. Die beskerming strek na die kern elemente van hierdie instellings, nl. die reg van gades om saam te woon binne ‘n gemeenskaplike lewe.
In hierdie saak is bevind dat die hoë voorgekrewe fooie betaalbaar vir immigrasie aansoeke, die reg op menswaardigheid skend, omdat dit lede van armer families van mekaar skei. Die oogmerk van die heffing was om gerieflikheidshuwelike te ontmoedig, en om onregmatige immigrasie te voorkom. Die Hoë Hof sê die beperking van onregmatige immigrasie is ‘n belangrike doelwit, maar die Dept het nie genoegsame bewys gelewer dat die hoë aansoekfooi ‘n effektiewe maatreël was in die bereiking van die doelwit nie. Daar was ander minder beperkende maniere om die doel te bereik. Die GW beskerm die regte van mense om te trou en ‘n familie te hê.
Later het die KH die beslissing bevestig. KH bevestig ook ongeldigheid van bepaling (van die Aliens Control Act) dat ‘n buitelander-gade wat wil aansoek doen om immigrasie ‘n geldige tydelike verblyfpermit moet hê. Dit beteken dat die buitelander-gade aan die genade van die immigrasiebeampte oorgelaat is. Beamptes ontvang geen leiding in die wetgewing oor die uitoefening van hulle diskresie nie.
Booysen v Minister of Home Affairs - KH beslis dat die bepaling van die Aliens Control Act wat vereis dat werkspermitte van buitelander-gades buite die land uitgereik/toegestaan moet word, ongrondwetlik is, en ‘n skending van die reg op menswaardigheid van die burger en sy/haar buitelander-gade.
AKTIWITEIT
(1) Lys vyf bepalings in die Grondwet waarin na menswaardigheid verwys word. (5)
Sien byvoorbeeld artikels 1,7, 10,36,37 en 39.
(2) Bespreek die volgende stelling en verwys na hofbeslissings: “Human dignity is not only a justiciable and enforceable right that must be respected and protected, it is also a value that informs the interpretation of possibly all other fundamental rights and that is of central significance in the limitations enquiry.” (10)
Die belang van menswaardigheid as 'n reg en 'n waarde word op bladsy 272 tot 275 in die handboek bespreek. Maak u eie opsomming.
(3) Bespreek die vraag of lewenslange gevangestraf versoenbaar is met die reg op menswaardigheid. (4)
Dit word op bladsy 276 tot 277 in die handboek bespreek.
(4) Bespreek die belang van menswaardigheid vir die huwelik en die gesinslewe. (6)
Dit word op bladsy 278 tot 279 in die handboek bespreek. Dit is belangrik om hier die beslissings van sowel die Hoë Hof as die Konstitusionele Hof in Dawood v Minister of Home Affairs te bespreek.
(5) Meen u dat die volgende reg en optrede inbreuk maak op die reg op menswaardigheid? Gee redes vir u antwoorde.
(a) 'n gemeenregtelike reël wat gay-sodomie kriminaliseer (3)
(b) die gemeenregtelike reël van manlike eersgeboortereg, ingevolge waarvan eggenotes en hul dogters nie toegelaat word om te erf waar die testateur sonder 'n testament gesterf het nie. (3)
(c) die inisiasie van eerstejaarstudente, waar daar van hulle verwag word om hul kaal uit te trek en deur 'n vullishoop te kruip (2)
(a) Ja. In National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice, beslis die Konstitusionele Hof dat hierdie reël nie net op grond van seksuele oriëntasie onbillik diskrimineer nie, maar ook gay mans se reg op menswaardigheid skend: dit stigmatiseer gay seks en verneder gay mans.
(b) Ja. In Bhe v Magistrate, Khayelitsha bevind die Konstitusionele Hof dat hierdie reël nie net onbillik op grond van geslag diskrimineer nie, maar ook op vroue se reg op menswaardigheid inbreuk maak, aangesien dit impliseer dat vroue nie bevoeg is om eiendom te besit en te administreer.
(c) Ja, hierdie praktyk is vernederend en negeer die respek waarop elke mens geregtig is.
SELF-ASSESSERINGSOEFENING
U word gevra om 'n groep offisiere in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag toe te spreek oor die belang van menswaardigheid in die Suid-Afrikaanse Grondwet, en die manier waarop hulle, in die lig van die Grondwet, die soldate onder hul bevel moet behandel. Wat sou u sê?
Riglyne vir hierdie oefening:
U kan begin deur die belang van menswaardigheid ingevolge die Grondwet te bespreek, en uiteen te sit hoe dit neerkom op ‘n wegbreek van die apartheidsbedeling waarin menswaardigheid roetinegewys en sistematies geskend is. Daarna kan u uiteensit wat met die reg op menswaardigheid bedoel word, en watter implikasies dit het in die konteks van die verhouding tussen die bevels range en die troepe in die SANDF.
SAKELYS
- S v Makwanyane 1995 (3) SA 391 (KH)
- National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice 1999 (1) SA 6 (KH)
- S v Tcoeib 1996 (7) BCLR 996 (NmS)
- Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (1) SA 997 (K)
- Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (3) SA 936 (KH)
- Booysen v Minister of Home Affairs 2001 (4) SA 485 (KH)
- Bhe v Magistrate, Khayelitsha 2005 (1) BCLR 1 (KH)
SAMEVATTING
Ons sien dat menswaardigheid nie alleen 'n belangrike reg is nie, maar ook een van die belangrikste grondwetlike waardes, wat ten doel het om die uitleg van baie ander regte te beïnvloed.
STUDIE-EENHEID 11: Sosio-ekonomiese regte (p566HB)
Behuising
26. (1) Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising.
(2) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele hierdie reg in toenemende mate te verwesenlik.
(3) Sonder ’n hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toegestaan is, mag niemand uit hul woning gesit word en mag niemand se woning gesloop word nie. Geen wetgewing mag arbitrêre uitsettings veroorloof nie.
Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid
27. (1) Elkeen het die reg op toegang tot –
(a) gesondheidsorgdienste, met inbegrip van reproduktiewe gesondheidsorg;
(b) voldoende voedsel en water; en
(c) maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.
(2) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.
(3) Niemand mag mediese noodbehandeling geweier word nie.
Dostları ilə paylaş: |