Kommentaar: die aanslag teen en sluipmoord op dr h f verwoerd



Yüklə 57,48 Kb.
tarix01.08.2018
ölçüsü57,48 Kb.
#64806

VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VV0)
KOMMENTAAR:

DIE AANSLAG TEEN EN SLUIPMOORD OP DR H F VERWOERD
VOORDRAG GELEWER TYDENS 'N BYEENKOMS VAN DIE KLEINFONTEIN AKADEMIE

DEUR MNR GERT KRUGER, VOORSITTER VAN DIE VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO), OP 6 SEPTEMBER '08
INLEIDING

Dit is vandag presies 42 jaar gelede dat Dr H F Verwoerd deur die sluipmoordenaar, aartskommunis en huurling van die groot geldmag, binne die Parlementsgebou met 'n dolk om die lewe gebring is.
Om oor 'n onderwerp soos hierdie nl oor 'n groot Afrikanervolksman te praat, moet mens versigtig wees om nie in 'n gees van menseverering te verval nie. So-iets sou in elk geval lynreg indruis teen die mens H F Verwoerd se diepsinnige Christelike geloofsoortuigings waaruit alles wat hy vir volk en vaderland gedoen het, voortgevloei het uit die gelowige beginsels van sy lewens- en wêreldbeskouing sonder dat hy die groot dade wat hy vermag het ooit aan die groot klok te hang.
Die beste voorbeeld van mensverering en -verafgoding in die wêreld van vandag, is seker Nelson Mandela. Hy is van 'n terroris en kommunis deur die liberale, kommunistiese en sosialistiese wêreld tot 'n ikoon, ja, 'n madiba-afgod verhef. Tegelykertyd is Dr H F Verwoerd en feitlik alles waarvoor hy gestaan het verwoes en afgebreek. Hy is kwaadwilliglik en uit haat, tot die sg argitek van apartheid en sy beleid van apartheid tot die grootste sonde teen die mensdom, verklaar.
Daarom betaam dit ons en is dit ons plig om die aanslag wat daar na sy oorlye en tot vandagtoe teen hom as ge-eerde Afrikaner volks- en politieke leier gerig is, teen te staan en hom op gepaste wyse te eer en sy nagedagtenis in stand te hou. Ek beskou dit dus as 'n groot eer en voorrreg om as 'n klein en relatief minder bekende - soos iemand my onlangs in 'n briewekolom beskryf het! - oor hierdie kolos en groot Afrikaner-volksman met u as mede Afrikaner-volksgenote te kan praat.



Daar is seker min gebeure wat 'n land en sy mense so kan skud, skok en ruk soos die sluipmoord op 'n politieke en volksleier of koninklike, veral wanneer so 'n leier geliefd en gewild onder sy mense was, soos wyle dr H F Verwoerd.
Die sluipmoord op Dr Verwoerd as volks- en politieke leier was maar een van talle sluipmoorde tydens die vorige eeu op verskeie ander leiers in ander lande. Weens die kort tydsbeperking tot my beskikking en vir die doeleindes van hierdie voordrag, sal ons ter inleiding kortliks na 'n paar tydens die vorige eeu verwys:


  1. 1. Gedurende 1963 is pres. John F Kennedy van Amerika deur 'n sluipmoordenaar vermoor. Sy broer , sen. Robert Kennedy is vyf jaar hierna vermoor. Dit was egter nie die eerste sluipmoord op 'n Amerikaanse president gedurende daardie eeu nie. In 1901 is pres. William McKinley in Buffalo doodgeskiet. Daar was ook 'n mislukte aanslag op pres. Ronald Reagan in 1981.




  1. 2. Uit ander politieke dinastië van die vorige eeu wat ook onder sluipmoordenaars deurgeloop het was daar Mohandas Gandhi in 1948. In 1984 is een van die erfgename van Ghandi, Indira Ghandi, vermoor. Haar seun en opvolger, Rajiv is gedurende 1991 vermoor.




  1. 3. Onder die vredemakers van die wêreld soos Mohandas Ghandi was daar verskeie sluipmoorde. So was daar Graaf Folke Bernadotte van Swede wat die bemiddelaar van die VVO in Palestina was maar in 1948 deur Joodse terroriste vermoor is; president Anwar Sadat van Egipte gedurende 1981; generaal Yitzhak Rabin gedurende 1995.




  1. 4. In die geweld-geteisterde Palestina was koning Abdullah van Jordanië gedurende 1951 vermoor en koning Faisal van Saoedi-Arabië wat deur sy broerskind vermoor is;




  1. 5. Behalwe die twee Kennedy's is twee swart burgerregteleiers nl. Malcolm X gedurende 1965 en Martin Luther King jr. gedurende 1968 in Amerika vermoor.




  1. 6. Die naaste wat 'n sluipmoordenaar aan die Britse koningshuis kon kom was toe Prins Charles se grootoom, lord Mountbatten van Burma gedurende 1979 deur die Ierse Republikeinse Leër vermoor is.




  1. 7. 'n Sluipmoord wat gedurende die vorige eeu die verrykendste gevolge gehad was seker dié gedurende 1914 op die Hongaarse troonopvolger, aartshertog Frans Ferdinand. Hierdie moord het dan ook aanleiding gegee tot die Eerste Wêreldoorlog.



  2. 8. Dit was egter nie net politici wat in die visier van sluipmoordenaars was nie, maar ook vermaaklikheidsmense soos die oud-Beatle John Lennon op 8 Desember 1980.



  3. 9. Gedurende 1981 was daar ook 'n mislukte aanslag op die lewe van pous Johannes Paulus II.



  4. 10.Sluipmoorde in SA was dié op dr H F Verwoerd, Eerste Minister van RSA op 6 September 1966 en Chris Hani, leier van die SA Kommuniste Party op 10 April 1993. Daar was ook 'n mislukte sluipmoordpoging op dr H F Verwoerd se lewe gedurende April 1960.




  • Die sluipmoord op Dr Verwoerd waarop ons vandag konsentreer, was egter uniek, in dié sin dat dit nie deur 'n anargis, 'n fanatikus, terroris of ekstremis gepleeg is nie maar deur 'n sg malmens. Maar of hy werklik mal was sal ons later sien.



  • Die aanloop tot die moord kan m.i. vanuit twee gesigspunte beskou word.



Eerstens was daar die politiek-sielkundig-ideologiese aanslag teen hom as persoon en as volks- en politieke leier wat deur die jare, mens kan amper sê dekades, teen hom en sy denke vanuit die liberale politieke partye binne die destydse parlement en vanuit die Engelse pers gevoer is. Voortspruitend hieruit was daar later die wêreldwye aanslag op sy beleid wat uiteindelik gekulmineer het in die fisiese aanslag op hom as persoon; aanvanklik in 'n onsuksesvolle poging tot 'n sluipmoord en uiteindelik 'n suksesvolle poging daartoe waarby nie net die sluipmoordenaars betrokke was nie maar volgens beskikbare inligting ook ander magte agter die skerms. Weens die sluheid en geheimsinnigheid waarin die aanslae teen hom en teen die RSA se beleid van apartheid gerig was, kan met 'n oorwig van waarskynlikheid, aanvaar word dat daar selfs regeringsagente van verskillende lande, gesamentlik en afsonderlik betrokke was. Die haat en venyn teen hom was en is steeds so erg dat die media selfs vandag nog dikwels van hom die misdadiger en van die sluipmoordenaar die held, maak. Ons sal later meer hieroor sê.



  • AANSLAG OP DIE PERSOON VAN DR VERWOERD.

  • Wanneer mens oor 'n onderwerp soos die aanslag teen die persoon van Dr Verwoerd inligting begin insamel vind jy dat dit nie geredelik en kronologies in boeke, geskrifte, kommentare of die internet beskikbaar is nie. Jy moet dus maar jou eie navorsing doen om die korrekte inligting bymekaar te kry. In 'n boek uitgegee gedurende 1967, deur iemand wat in Dr Verwoerd se tyd binne die parlement aan die opposiekant gesit het, by name POLITICAL LEADERS OF THE TWENTIETH CENTURY – VERWOERD, geskryf deur ene Alexander Hepple, vertel hy eintlik eerstehands en uit die perd se bek, hoekom Dr Verwoerd uiteindelik uit die weg geruim moes word.


Alhoewel Hepple Dr Verwoerd se toesprake. kommentare, verduidelikings en beleidsverklarings binne en buite die parlement en in koerante, myns insiens nogal redelik objektief stel, draai hy ook geen doekies om nie en laat hy geen ruimte vir twyfel oor sy kritiek teen Dr Verwoerd en sy haat teen “apartheid” nie.
Ek wil egter meer konsentreer op inligting wat ek o a verkry het uit 'n praatjiereeks van 19 praatjies van ongeveer 5 minute elk, deur wyle dr Daan v/d Merwe wat hy gedurende Augustus 1996-begin September 1996 namens die VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO), op Radio Pretoria gelewer het. Dit was gelewer met die oog op die kranslegging deur die VVO wat op 6 September '96 by Dr Verwoerd se graf in die helde-akker sou plaasvind.
Ek haal aan:

Dr Verwoerd het terwille van sy oortuigings sy lewe veil gehad. Dit was juis sy beginselvastheid wat veroorsaak het dat hy van die weinige politieke leiers in die geskiedenis is wat nooit van sy ingeslane koers afgewyk het nie. Dr Verwoerd was dié leier wat die grootste gramskap en vyandskap op hom getrek het. Dr Verwoerd en pres. Paul Kruger was die twee Afrikanerleiers wat tydens hulle lewe en ook ná hulle dood steeds die doelwit van die vyand gewees het en dikwels steeds is. Solank as wat daar by die Afrikanervolk 'n kerngroep is wat die vryheidstryd stry, sal die vyand nie skroom om die werk en lewe van Dr Verwoerd te “Tsafendas” nie.
Wanneer sy opponente nie sy argumente kon weerlê nie, en dit was eintlik maar altyd die geval gewees, het hulle na hom verwys as “die Hollander”. Nou wil ek dit duidelik sê: in sy lewe en werke was hy duidelik 'n Afrikaner in murg en been. Die voortbestaan van die Afrikanervolk mog aan geen ander saak ondergeskik gestel geword het nie, so sterk het hy oor die voortbestaan van die Afrikanervolk gevoel.
As Minister van Naturellesake het die Afrikaner sy briljantste man in diens van die swartman gestel en hiervoor het nóg Dr Verwoerd, nóg die Afrikaner ooit enige dank en erkenning van die swartes van SA gekry en hoegenaamd nie die erkenning en waardering van die wêreld nie.
1961 was 'n baie moeilike jaar. Dit was die eerste aanslag op Dr Verwoerd se lewe. Dit was op Saterdag 9 April 1961* toe 'n sekere David Pratt, 'n ryk boer van die distrik Magaliesburg, Dr Verwoerd met twee skote in die onderste gedeelte van sy hoof getref het. Die Here was vir Dr Verwoerd en die Afrikanervolk, goed gewees. Hy het hierdie aanslag oorleef en kragtig, sonder om versteurd te word, sy ingeslane koers verder uitgebou.
Die teenstanders van Dr Verwoerd se onderwysbeleid was veral die ANC en die Kommuniste en ook die kerke, aanvanklik slegs die Engelse kerke, maar later het ook die Afrikaanse teoloë op hierdie anti-Verwoerdwa, gespring.
Dr Verwoerd wou dat SA as Republiek binne die Statebond bly. In die venynigste anti-Blank, anti-Afrikaner-atmosfeer moes hy dit doen. Die Britse koerante en beeldradio het soos besetenes teen SA te velde getrek. So ook die leiers van die Statebondslande. Na 'n meedoënlose stryd van 18 uur waarin Dr Verwoerd nie 'n enkele milimeter toegegee het nie sê hy o a die volgende: 'In die omstandighede sal ek formeel my versoek SA om lid van die Statebond te bly, terugtrek.'
Aan die einde van die vyftigerjare was die vyande van Dr Verwoerd nie so opsigtelik nie. Toe het hulle meer openlik na vore getree. Toe het hulle dapper geword.
Dr Verwoerd se opponente en selfs vyande, was veral in die persgroepe onder leiding van Piet Cilliers, toe redakteur van die Burger, bedrywig. Hy het sy joernalistieke kennis ingespan om Dr Verwoerd te ondergrawe. Hulle het ook hulle aanhangers binne die Koukus van die NP gehad. Hulle het briewe geplaas in die Burger se briewekolomme, skewe inleidingsartikels geskrywe maar veral onder die skuilnaam “Dawie”, het hulle Dr Verwoerd ondermyn. Piet Cilliers is flink bygestaan deur Japie Basson, 'n politieke rondspringer van formaat. Die berugte Hennie Serfontein van die Sunday Times en ook studente van die Universiteit van Stellenbosch. In die finansiële-ekonomiese wêreld was dit Anton Rupert wat Dr Verwoerd uit sy magsposisie wou gehad het. Verder was daar prof. Nick Olivier, ds W A Landman, Dirk Richard, redakteur van die gestorwe Sondagblad, Dagbreek.
Die NASPERS-groepkoerante in totaal was so ingespan teen Dr Verwoerd. Hierdie groep, ook genoem die Cape Liberal Nats het met hulle be-inkte hande, die hande van die Afrikaanse teoloegante gevat. Hulle het ook handige instrumente (useful idiots) van die internasionaal-linkse magte, veral dié van Amerika geword. Hulle het ook verder indirek meelopers van die linkse koerante, die tradisionele vyande van die Afrikanervolk geword. Hulle het 'n internasionale abnormale milieu opgebou met die kernopdrag “Verwoerd must go”. 'n Metode wat hulle gevolg het was om persone en instansies wat sterk Verwoerd-ondersteuners was, aan te val en onder verdenking te bring.”
FISIESE AANSLAG OP DR VERWOERD SE LEWE

In sy boek DIE STRYD OM DIE WAARHEID, meld ds Johan Gouws oor die moord op Dr Verwoerd die volgende:
Op 30 Maart 1966 het hy (dr Verwoerd) in 'n verkiesingstoespraak gesê dat daar 'n groep in SA is vir hy geen hoop of troos het nie. 'Vir hulle wat alles wat ons het, in iets nuuts wil verander wat op chaos sal uitloop soos elders in Afrika gebeur het, het ek niks te sê nie. Met hulle het ek nie geduld nie'.
Die geldmag het met koelbloedige haat kennis geneem van die weg wat die Republiek ingeslaan het. Joodse belangegroepe het kort voor die sluipmoord op Dr Verwoerd met hom 'n onderhoud gehad. Die onderhoud met Dr Verwoerd was opmerklik gou verby; en dit was opmerklik hoe die groep se houding verander het.....Die gevolgtrekking was dat hulle nie in hul doel geslaag het om Dr Verwoerd sy beleid te laat verander nie.”
Die magte agter die skerms sou alles in die stryd werp om die RSA tot 'n val te bring. Dr Verwoerd is op Dinsdag 6 September 1966 met 'n dolk in die Parlement deur Demitrio Tsafendas, 'n huurling van die geldmag, vermoor”.
Om uit te vind wie Tsafendas was; hoekom en hoe dit gebeur het dat hy Dr Verwoerd vermoor het, is die mees gesaghebbende bron om te raadpleeg seker die VERSLAG VAN DIE KOMMISSIE VAN ONDERSOEK NA DIE OMSTANDIGHEDE VAN DIE DOOD VAN WYLE SY EDELE DR HENDRIK FRENSCH VERWOERD. Hierdie Kommissie is by proklamasie direk na die moord benoem en die verslag is gedurende November 1966 uitgebring.
Hierdie verslag beslaan ongeveer 130 bladsye en weens die tydsbeperking is dit nie moontlik om in diepte daarop in te gaan nie. Wat wel duidelik daaruit na vore kom is dat Tsafendas 'n skelm en bedrieër, die selferkende buite-egtelike kind tussen 'n Griekse pa en 'n nie-Blanke Portugeuse vrou was. Sy ma se ouers was ook van gemengde bloed – die een blank en die ander een Swazi. Die verslag meld ook dat hy reeds op 19-jarige ouderdom 'n radikaal, 'n ekstremis en uiteindelik 'n Kommunis geword het. Hy het ook onder verskeie name die wêreld deurkruis. Hy was onbetroubaar, 'n leuenaar, 'n dief, 'n vark – omdat hy slordig ge-eet en slordig op homself was. Tydens aanhouding het hy dikwels ook die selmure met sy eie ontlasting besmeer, ens.
In hoofstuk IV onder die opskrif WAS DAAR MEDEPLIGTIGES, word daar oor talle moontlikhede verslag gedoen, maar elke gevolgtrekking sluit af met 'n negatiewe antwoord. Die laaste paragraaf lees soos volg: “Verskeie teorieë en bewerings in verband met moontlike medepligtiges is skriftelik en andersins aan die Kommissie voorgelê maar is so onsinnig dat dit geen verdere vermelding regverdig nie.”
In die gedeelte waar sy hofsaak behandel word, word gesê: “Die hof het bevind dat hy geeslik gekrenk is soos omskryf in die Wet op Geestesgebreke en beveel dat hy in 'n tronk aangehou word hangende die beskikking van die Staatspresident.”
Volgens die Kommissie se ondersoek na Tsafendas se motiewe blyk dit dat hy nie 'n normale persoon was nie maar dat hy beslis nie as “mal” geklasifiseer kon word nie. In hierdie verband sê die Kommissie:
Sy verklaring aan die Kommissie dat die aanval nie beplan was nie maar dat hy 'n skielike impuls ondervind het net voordat die aanval gedoen is, strook nie met die feite nie.
Al sou hy geestelik gekrenk gewees het op 6 September '66 is dit duidelik dat toe hy die messe die oggend gekoop het hy geweet het wat hy doen en geweet het wat hy van plan was om te doen'
Hy het die messe deeglik versteek en het genoeg selfbeheersing gehad om sy kans af te wag. Sonder hulp en sonder foute het hy met doelgerigtheid en slinkse tydsberekening sy plan uitgevoer.”



Dit wil dus m.i. voorkom asof hy tog nie so mal was as wat hy voorgegee het nie!
So het Tsafendas as 'n sg. geestelik gekrenkte die moordenaar van een van RSA se grootste seuns geword.
Oor die sluipmoord op Dr Verwoerd kan daar nog baie gemeld word. Daar is egter twee baie belangrike vrae hieroor wat m.i. nog tot dusver onbeantwoord gebly het, en dit is:


  1. 1. Dr Verwoerd sou die dag van die moord op hom, 'n belangrike beleidsverklaring in die Parlement gemaak het na aanleiding van sy ontmoeting met Hoofman Jonathan van Lesotho. Waaroor het hy en Jonathan met mekaar gepraat en sou sy beleidsverklaring verband gehou het met dié gesprek?;




  1. 2. Hierdie beleidsverklaring was vermoedelik binne-in 'n lêer wat Dr Verwoerd by hom gehad het toe Tsafendas hom aangeval het. Wat het van hierdie, m.i. baie belangrike lêer met die beleidsverklaring, geword en wat het daarin gestaan?


Hierdie vrae tesame met die vraag wie of welke magte agter Tsafendas gesit het en die gedagte by hom geplant het om Dr Verwoerd te vermoor, bly tot vandagtoe onbeantwoord. Sover dit die vraag oor die lêer betref, wil dit voorkom asof daar iemand saam met Tsafendas was wat van sy voorgenome aanval moes geweet het en wat moes gesorg het dat die baie belangrike lêer onmiddellik toe die moord plaasgevind het, verwyder word? In hierdie verband ontstaan die vraag: Wie sou belang by hierdie belangrike beleidsverklaring van Dr Verwoerd gehad het en vir wie was die inligting wat binne-in dié lêer vervat is, so belangrik dat dit verwyder moes word. Dit is maar sommige van die vrae wat tot vandagtoe onbeantwoord bly.
AANSLAG TEEN KARAKTER VAN DR VERWOERD,

M. A. W. KARAKTERMOORD OP DR VERWOERD


  1. Na Dr Verwoerd se dood het die linkses en die kommuniste wat nog altyd bereid was om enigiemand wat in hul pad van wêreldoorheersing gestaan het, op een of ander manier uit die weg te ruim en selfs te vermoor, nog meer brawer begin raak en 'n wêreldwye aanslag teen “apartheid” en teen Dr Verwoerd se naam begin. Net soos Nelson Mandela wat vir ongeveer 28 jaar as misdadiger en terroris in die tronk gesit het en toe as die groot held in die oë van die wêreld vrygelaat is, is daar begin om hierdie sluipmoordenaar na ongeveer 40 jaar in die tronk ook deur die kommuniste en liberaliste as die “groot held” voor te hou. Dit het veral begin momentum kry na 1994. In verskeie artikels en selfs dokumentêre rolprente word daar gepoog om van Tsafendas die held te maak en Dr Verwoerd die skurk. So was daar:




  1. 1. gedurende 1999 'n groot ophef gemaak van die aartskommunis en sluipmoordenaar Tsafendas toe 'n program oor SABC uitgesaai is waarin hy opgehemel is as 'n held wat vir “miljoene Suid-Afrikaners 'n ommeswaai meegebring het toe hy Dr Verwoerd vermoor het. Die haat teen Dr Verwoerd was so groot dat hulle selfs beelde uitgesaai het waarin sy lyk in die lykshuis vertoon is met al die wonde wat die moordenaar hom toegedien het;

  2. 2. gedurende November '99 propaganda gemaak vir 'n T.V.-program wat gedurende November '99 gebeeldsaai sou word waarin 'n sg “Hofsitting” met “Regters” en “Beskuldigdes” en al, oor die “misdade van apartheid” gehou sou word;

  3. 3. 'n dokumentêre program genaamd THE FURIOSUS, sou op 6 September '99 uitgesaai word maar is later na 16 Desember '99 verskuif. In hulle haat teen Dr Verwoerd ontsien hulle nie eers die Afrikanervolk se Geloftedag nie!;

  4. 4. Gedurende 2000 verskyn daar 'n boek deur ene Henk van Woerden, 'n Nederlander, waarin hy die lewens van dr Hendrik Verwoerd en dié van Tsafendas bespreek. Hierin poog hy ook om Dr Verwoerd die skurk en Tsafendas die held te maak. Boonop word die boek deur Antjie Krog, Afrikaanse digteres en skrywer, asook 'n bekende ultra-liberalis met kommunistiese bande, in Afrikaans vertaal.

  5. 5. Op 23 Julie '01, saai RSG 'n verslag deur sekere Ivette Nell uit waarin daar oor Melani Verwoerd, 'n stief-kleindogter van dr H F Verwoerd gepraat word wat deur haar ANC-base in een of ander hoë pos aangestel is en daar na Dr Verwoerd as die “argitek van apartheid” verwys word.

  6. 6. In BEELD PLUS van 17 September '03 word daar 'n resensie onder die titel DIE EGGO VAN 'N SKADUWEE IN DIE PARLEMENT, deur sekere “die bekroonde Suid-Afrikaanse akteur”, Anthony Sher, geplaas. Hierin word o.a. gemeld dat dieselfde Sher vroeër in dieselfde jaar “ 'n meesleurende toneelstuk oor Tsafendas geskryf en sy verhaal vervleg het met dié van Verwoerd.” Die toneelstuk met die naam I.D. het glo vroeër die jaar “vol sale en en ekstatiese applous in Londen getrek.” Sher en die begaafde Afrikaanse toneelspeler, Marius weyers, het die hoofrolle van onderskeidelik Tsafendas en Dr Verwoerd, vertolk. Daarin word niks positiefs oor Dr Verwoerd verhaal nie behalwe om neerhalend na hom as die “argitek van apartheid” te verwys. Na Tsafendas word as die “joviale, vriendelike mens wat wel ter tale is en geskool in klassieke werke”, verwys. Maw die rolle word kwaadwilliglik omgekeer om van die misdadiger die “held” te maak en van Dr Verwoerd die “misdadiger”!

  7. 7. In NAWEEK-BEELD van 4 Oktober '03, op bladsy 11, verskyn daar 'n volbladberig met dik swart letters bo-aan as volg: EK SMAG NA DIE DUISTER – OU LINTWURM VREET OP VERHOOG AAN TSAFENDAS OOR VERWOERD. In die inleidings paragrawe word gemeld dat “die bekroonde Suid-Afrikaans gebore akteur sir Anthony Sher se eerste toneelstuk is tans op die planke in die Almeida-teater.” “Die debuut handel oor die moord op en die moordenaar van dr H F Verwoerd, vandag berug as die argitek van apartheid.” In dieselfde stuk, speel Marius Weyers weer die rol van Dr Verwoerd. Niks objektiefs of goeds word van Dr Verwoerd vermeld nie maar weer eens is die doel om Dr Verwoerd te verkleiner en Tsafendas die held te maak.

  8. 8. Op 6 Julie '04 word die gewraakte film I.D. wat gebaseer is op die toneelstuk hierbo na verwys en waarvan daar 'n resensie in BEELD van 17 September 2003 verskyn het, op SABC-3, uitgesaai. Hierin word die bedenklike karakte en geestesversteurde sluipmoordenaar, skelm en bedrieër, selferkende buite-egtelike kind tussen 'n Griekse-matroos-pa en 'n nie-blanke Portugeuse vrou, Demetrio Tsafendas, wat die hoogsbegaafde en hoogsgeërde dr H F Verwoerd op 6 September '66 wreedaardig in die parlement met 'n dolk vermoor het, weer eens as held voorgehou!


Asof dit nie genoeg is nie, kom die links-liberale BEELD-koerant in hul Saterdag 15 Desember '07, Bysaak-bylaag-uitgawe, en plaas 'n neerhalende en haatdraende artikel oor Dr Verwoerd onder die opskrif DIE MITE VAN VERWOERD SE GROOT INTELLEK. En dit is nogal geskryf deur 'n grootdoenerige links-liberale ANC-geörienteerde prof Marinus Wiegers, 'n gewese professor in Staatsreg by Unisa wat F W de Klerk voor 1994 by die Wêreldhandelsentrum touwys gemaak het hoe om die Afrikanervolk en die hele RSA, aan 'n klomp terroriste en swart barbare oor te gee.
Na aanleiding van die karaktermoord op dr H F Verwoerd in die I.D.-film op SABC-3, hierbo na verwys, het sover bekend slegs die HNP en die VVO skriftelik beswaar by die Uitsaaiklagte Tribunaal van S.A. gemaak. In die tribunaal se uitspraak kondoneer hulle as'tware die karaktermoord op Dr Verwoerd. Hulle meld o a die volgende:




  1. Die materiaal in dié film binne die definisie van "vryheid van spraak" val;


* Godslastering toelaatbaar is mits dit net nie op haat jeens 'n bepaalde godsdiens neerkom nie;
* Die waardigheid van 'n persoon juridies ophou om te bestaan wanneer so iemand te sterwe kom en derhalwe nie meer aangetas kan word nie;
* Sowel as ander soortgelyke belaglike bevindings.
Asof dit nie genoeg is nie, kom die linkse ANC-kommunistiese BEELD-koerant in hul Saterdag 15 Desember '07, Bysaak-bylaag-uitgawe, en plaas 'n neerhalende en haatdraende artikel oor Dr Verwoerd onder die opskrif DIE MITE VAN VERWOERD SE GROOT INTELLEK. En dit is nogal geskryf deur 'n grootdoenerige ANC-geörienteerde prof Marinus Wiegers, 'n gewese professor in Staatsreg by Unisa wat F W de Klerk voor 1994 by die Wêreldhandelsentrum touwys gemaak het hoe om die Afrikanervolk en die hele RSA, aan 'n klomp terroriste en swart barbare oor te gee.
Hierdie uitspraak kan as oppervlakkig en selfs moedswillig teenoor 'n groot persentasie van die Afrikanervolk vir wie dr Verwoerd 'n geërde en gerespekteerde persoon en leier was, beskou word.
Ten minste skep hierdie bevinding 'n presedent in dié opsig dat dieselfde uitspraak vir leiers van ander groeperinge soos die ANC/SAKP dan ook geld nl dat hul waardigheid ook nie met negatiewe kritiek, beswaddering en venyn wat op karaktermoord neerkom, ná hul afsterwe aangetas sal kan word nie!
Wat die sluipmoord self betref, meld Dr Daan v/d Merwe in sy praatjiereeks op Radio Pretoria die volgende:
Pratt en Tsafendas: was dié twee 'tramps' of was daar inderdaad 'n komplot om Dr Verwoerd te vermoor? By alles wat ek aanvaar het na 6 September 1966 en met alles wat die laaste tyd na vore kom, en waar ek gekyk het na 'n foto van Dr Verwoerd se lyk, waar elke messteek dodelik was; professioneel was; het ek geen twyfel dat Dr Verwoerd in die dampkring van die anti-Verwoerd-Aksie, deur 'n man vermoor moes word en waaroor ek geen twyfel het nie dat hy deur die Kommuniste en die linkses gestuur en beheer is nie. Ek sal ook nie verbaas wees as daar meer as een Pratt en meer as een Tsafendas was nie, wat op 'n geleë geleentheid Dr Verwoerd die lewe moes ontneem nie. Maar ook die hele linkse wêreld, sit met hierdie groot probleem: HULLE KAN NIE DR VERWOERD SE ERFLATING VERWOES NIE!"
Gert Kruger

VOORSITTER

(Sluipmoord3)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Yüklə 57,48 Kb.

Dostları ilə paylaş:




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin