Ondernemingsvormereg 300 (onr300) eerste semester



Yüklə 464,14 Kb.
səhifə5/5
tarix03.04.2018
ölçüsü464,14 Kb.
#46243
1   2   3   4   5

Soorte stokvels

Daar is verskillende vorms van stokvels In Suid-Afrika. Die volgende soorte kom dikwels voor:

Begrafnisverenigings (word ook makgotlas genoem): Die doel van ʼn begrafnisvereniging is om aan ʼn gesin finansiële hulp te bied as ʼn gesinslid gesterf het. Bydraes word op verskillende maniere gemaak. Onderskei tussen formele en informele en begrafnisverenigings. In Afrika-gemeenskappe, in die besonder, dien begrafnisverenigings nie slegs om informele versekering te verskaf om begrafniskoste te betaal nie, maar dit verplig ook hul lede om die bedroefde gesin op verskeie praktiese maniere te help. Dit is in baie gemeenskappe vir die mense belangrik om begrawe te word waar hul voorvaders begrawe is en om die tradisionele rituele na te kom. Die begrafnisvereniging sal derhalwe ook betaal vir die vervoer van die oorledene se liggaam na haar/sy tradisionele woonplek en vir die betrolle uitgawes van die rituele van roubeklag. Daar word van alle lede verwag om die bedroefde gesin te besoek ten einde medelye en troos aan te bied, die begrafnisdiens by te woon, asook die voorafgaande nagwake. Indien die oorledene 'n inkomste verdien het, help lede ook die afhanklikes om oor hul geldelike verlies te kom. Van vrouelede kan verlang word om die gesin te help om die huis voor te berei, byvoorbeeld om uit te vee, meubels uit die slaapkamer te verwyder, portrette en spieëls om te draai om na die muur te wys, as aan die vensters te smeer om te wys dat daar 'n dood in die gesin was, en om kos vir die roubeklaers voor te berei.

Beleggingsklubs

Umgalelo klubs: Die meeste van hierdie klubs is van godsdienstige aard. Byeenkomste begin met gebed en duur twee dae. Gewoonlik ontvang jy die totale bedrag bydraes wat jy gemaak het, plus 20%.

Jeugstokvels: Kinders mag ook lede van ʼn stokvel wees. Ouers van kinders wat lede is, spaar vir hulle geld, maar die kinders is ook self betrokke. Die doel is om finansiële bystand te verleen vir die versorging en opvoeding van kinders.

“Istoki”: Elke lid kry ʼn beurt om die gasheer van ʼn partytjie te wees. Kos word aangekoop met die lede se bydraes. Die gasheer verkoop dat kos (teen ʼn hoë prys) aan die gaste. Die gasheer ontvang dan die geld.

“Gooi-goois”: Werk vir ʼn relatiewe kort tyd. Bydrae kan in kontant of in natura wees. Byvoorbeeld, elke lid dra kruideniersware by, wat dan aan 'n spesifieke lid gegee word. Al die bydraes kan aan ʼn lid gegee word, of die groep kan verkies om aan die lid net ʼn gedeelte van die bydraes te gee – die balans daarvan gaan dan na ʼn sentrale fonds wat aan die einde van ʼn rotasietydperiode gelykop onder die lede verdeel word.

Groot begrotingverenigings: Bydraes bestaan uit groot bydraes. Lede doen dan vir ʼn betalings aansoek, na aanleiding van die bydraes. Die betaling val saam met 'n groot feesviering, waar jy toegang moet betaal.

Beleggingsklubs: Differensieer tussen kollektiewe, oop en geslote beleggingsklubs.



  • Vroueklubs – om kruideniersware, meubels of geskenke te koop.

  • Gesamentlik ondernemings – om groot items soos busse, motors of taxi’s te koop.

  • Belegging-sindikate – om lede te help om in vaste deposito's of eenheidtrusts te belê ten einde hul eie ondernemings te begin.

  • Spaarklubs – hierdie spaarklubs het ʼn diepgaande impak op die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van swart mense in Suid-Afrika. Die redes waarom hierdie klubs so suksesvol is, sentreer ook om die sosiale aspekte van hierdie klubs – byvoorbeeld, vroue-organiseerdes hou op Sondagmiddae partytjies. In die verlede het hulle die sosiale omgewing aan die gons gehou met groepsname soos die 'Transvaalians','Black Lions', 'Victory Ladies' en die 'Double up 6Bs'. Hulle trek dikwels uniforms aan, sing inisiasie- en gewilde liedjies sowel as gesange.

Stokvelpartytjies – waar lede beurte neem om groot vierings te organiseer waar kos en alkoholies drank verkoop word. Die gasheer neem die wins. Hierdie partytjies kan vir twee tot drie dae aanhou.

VOORDELE EN NADELE VAN STOKVELS

Voordele:

  • Mede-lede van ʼn begrafnisvereniging voorsien die bedroefde gesin nie slegs met geld vir ʼn gepaste begrafnis nie, maar ook met morele en sosiale ondersteuning.

  • Lede is afhanklik van, en simpatiek teenoor ander lede.

  • Stokvelbyeenkomste bied die geleentheid om sosiaal met vriende en familie te verkeer.

  • Indien formele instellings soos banke nie aan ʼn persoon ʼn lening kan verskaf nie, kan ʼn stokvel genader word.

  • Regspersoonlikheid.

  • Beperkte aanspreeklikheid.

  • Ewigdurende opeenvolging.

  • Aanleer van dissipline, byvoorbeeld, om te spaar.

  • Reëls kan verander word om vir lede te voorsien (wie se beurt om geld te ontvang nog kom) om geld in tye van nood te ontvang.

  • Reëls kan verander word om aan die stokvel se behoeftes te voorsien.

  • Informele prosedure wat interne aangeleenthede betref.

  • Kan aan lede toegang tot lenings voorsien.

  • Verteenwoordig lede in die gemeenskap.

  • Kan as ʼn groep sekuriteit aan ʼn finansiële instelling verskaf. Indien een van die lede sodanige sekuriteit benodig wat betref leningsaansoeke van lede, is die lede se karakters belangriker as sy fisiese sekuriteit.

Nadele

  • Die geraas en alkoholiese drank wat onwettig tydens stokvelpartytjies verkoop word, is problematies en kan lei na inhegtenisname deur polisielede.

  • Indien ʼn begrafnisvereniging nie genoeg kontant vir ʼn begrafnis kan voorsien nie, moet die gesin van 'n geliefde uit hul eie sakke betaal.

  • Bakleiery tussen lede van die stokvel kan tot probleme lei.

  • Mense wat glo in spaarrekeninge by finansiële instellings beskou stokvels as onsinnig.

  • Verpligte bydraes.

  • Lang periodes tussen betalings.

  • Betalings kan onvoldoende wees om in jou behoeftes te voldoen.

  • Die oorslaan van bydraes kan lei na geen betalings nie.

  • Party lede kan meer as ander bevoordeel word.

  • In die meeste gevalle is daar geen rente op bydraes nie.

  • Iemand kan die geld steel (die tesourier/aanvaller).

  • Lenings is nie so rojaal soos die van finansiële instellings s’n nie.

  • As lede in gebreke bly om te betaal.



DIE REGSAARD VAN ʼn STOKVEL

Inleiding

Anders as maatskappye, beslote korporasies en vennootskappe, is stokvels nie deel van die formele sakesektor nie. Geen regsbeskerming word aan die stokvel en sy lede verskaf nie. Te spyte van hierdie feit, groei die aantal stokvels in Suid-Afrika vinnig, en stokvels is besig om toenemend ʼn belangriker bron van inkomste vir baie mense te word. Dit is nogtans belangrik om daarop te let dat 'n stokvel nie 'n piramiedeskema is nie.

Die Bankwet nr. 94 van 1990 verwys na stokvels as aktiwiteite wat nie binne die definisies van bankfunksies val nie.

Essentialia van stokvels

Krediet en kredietskema: Die rotering van fondse tussen lede volgens ʼn voorafbepaalde plan. Die krediet kan formeel of informeel wees.

Bydrae: Die bydrae van geld of hulp, ensovoorts, vir ʼn gemeenskaplike doelwit. Die bydraes is hoofsaaklik geld of om as gasheer van die stokvelpartytjie op te tree.

Rotering: ʼn Vasgestelde bydrae aan die gemeenskap deur lede op vasgestelde tye. Byvoorbeeld, indien 10 lede weekliks elkeen R10 bydrae, kry ʼn verskillende lede elke week R100. Die kern is dat deelnemers ooreenkom om gereelde bydraes tot ʼn fonds te maak, wat gedeeltelik of ten volle in rotasie aan elke bydraer gegee word.

Ondersteuning: Daar bestaan ʼn onderlinge verhouding waarvolgens lede ooreenkom om mekaar te ondersteun in ooreenstemming met die doelwit van die stokvel. Dit kan gemeenskaplike, finansiële of sosiale ondersteuning wees. Hierdie element word op die filosofie van ubuntu gebaseer.

Kapitaalpoel: Geld en elke vorm van eiendom wat gebruik is of wat gebruik kan word in die produksie van inkomste of welvaart.

Selfopgelegde regulering: Selfopgelê op en deur die lede, nie ekstern nie, om die stokvel, geld ens. te reguleer of te beheer, ten einde die belange van die lede te beskerm.

Regspersoon

Indien ʼn stokvel nie wins as ʼn doelwit het nie kan dit volgens afdeling 31 van die Wet op Maatskappye deur gedrag ʼn regspersoon word. Indien ʼn stokvel regspersoonlikheid het, kan ʼn lid slegs verantwoordelik gehou word vir sy/haar bydrae tot die stokvel. Die stokvel sal oor ewigdurende opeenvolging beskik en sal in staat wees om, afsonderlik van sy lede, eiendom te besit



Vennootskap?

Sedert 1863 het Suid-Afrikaanse howe op die essentiala van vennootskappe staat gemaak om te bepaal of daar ʼn vennootskap tussen partye bestaan. Die howe het bepaal dat daar ʼn vennootskap bestaan indien die volgende daar is: (1) ʼn bydrae deur die partye, (2) 'n gemeenskaplike onderneming vir wedersydse voordele, en (3) winsdeling.

Vergelyk die wesenlike elemente van ʼn stokvel sowel as al die eienskappe van ʼn stokvel met die van ʼn vennootskap op te bepaal of ʼn stokvel ʼn vennootskap is.

Hersieningsvrae:
1. Verduidelik die regsaard van ‘n stokvel.

2. “’n Stokvel is slegs ‘n ander vorm van vennootskap” Stem u saam met hierdie stelling? Motiveer u antwoord.

3. Met verwysing na die voorgeskrewe materiaal betreffende stokvels, bepaal die voordele en nadele van stokvels.
Source: Daily Dispatch 9 March 2006 p10
Source: Citizen 8 March 2006 p10
Source: Weekend Post 31 December 2005 p2

Source: City Press 10 July 2005 p 29
Source: Business Day 24 May 2005 p 2
Source: Mail & Guardian 7 October 2004 p 42
Source: Daily Dispatch 12 November 2003 p 16
Source:Business Day 12 September 2003 p 2

Natal Witness 7 September 2001 p 9
Source: Sunday Independent 21 January 1996 p 12

TEMA 14: DEFINISIE EN REGSAARD VAN ‘N HANDELDRYWENDE TRUST

Studiedoelwitte:

Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:



  1. Kortliks te verduidelik wat die oorsprong van handeldrywende trusts is;

  2. Die drie belangrikste partye tot n trust te kan verduidelik;

  3. Goodricke v The Registrar of Deeds, Natal te kan bespreek, evalueer en kritiseer;

  4. Die verskil tussen ‘n vennootskap en ‘n handeldrywende trust, indien enige, te kan bespreek;

  5. Die struktuur van ‘n trust en ‘n handeldrywende trust te kan verduidelik;

  6. Kortliks te bespreek hoe om n geldige trust op te rig;

  7. Die gevolge nadat n geldige trust opgerig is te bespreek;

  8. Die doel van ‘n trust en handeldrywende trust te kan verduidelik;

  9. Verduidelik die invloed van die Maatskappywet 2008 op die trust.

  10. Die rol, funksie, bevoegdhede en verpligtinge van die partye tot ‘n trust kortliks te kan verduidelik.

Bestudeer:

1. Davis et al. Maatskappye en ander Besigheidstrukture in Suid-Afrika, Tweede uitgawe pp. 381 tot 939.


2. Cilliers and Benade et al Ondernemingsreg pp. 348 tot 361.
3. Cupido v Kings Lodge Hotel 1999 4 SA 257 E.
4. Goodricke v The Registrar of Deeds, Natal 1974 (1) SA 404 N.
5. Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 SCA.
6. Nieuwoudt v Vrystaat Mielies (Edms) Bpk 2004 SA 486 SCA.

Woordelys:

Trust: ____________________________________________________________

___________________________________________________________________

Trustee: ____________________________________________________________

___________________________________________________________________

Trustoprigter: _____________________________________________________

___________________________________________________________________

Trustbegunstigde: __________________________________________________

___________________________________________________________________

Trustbate: _________________________________________________________



___________________________________________________________________

Hersieningsvrae:

  1. Wat is die betekenis van die regsbegrip “die trust”? (3)

  2. Bespreek die aard van ‘n trust soos die hof vermeld het in Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 SCA. (3)

  3. Wat word bedoel met ‘n trust inter vivos? (2)

  4. Wat word bedoel met ‘n trust mortis causa? (2)

  5. Wat word bedoel met ‘n besigheidstrust? (5)

  6. Is die trust ‘n regspersoon? (1)

  7. Waarom is die erkenning van ‘n trust as persoon in die Maatskappywet van belang?

  8. Wie is die eienaar van die bates van ‘n trust? (4)

  9. Aan watter vereistes moet ‘n trust voldoen om regsgeldig opgerig te kan word? (10)

  10. Verduidelik die bevoegdhede van die trustee? (3)

  11. Bespreek die magtiging van trustees. (5)

Kontrole:

Maatskappye en ander Besigheidstrukture in Suid-Afrika pp. 381 tot 393

gelees

opgesom

geleer

Ondernemingsreg pp. 348 tot 361

Gelees

Opgesom

Geleer

Cupido v Kings Lodge Hotel 1999 4 SA 257 E

Gelees

Opgesom

Geleer

Goodricke v The Registrar of Deeds, Natal 1974 (1) SA 404 N

Gelees

Opgesom

Geleer

Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 SCA

Gelees

Opgesom

Geleer

Nieuwoudt v Vrystaat Mielies (Edms) Bpk 2004 SA 486 SCA

Gelees

Opgesom

Geleer



1 Muller v Pienaar 1968 3 SA 195 (A).

2 Strydom v Protea Eiendomsagente 1979 2 SA 206 (T).

3 Potchefstroom Dairies v Standard Milk Supply Co. 1913 TPD 506.

4 Parker v Rand Motor Transport Co. 1930 AD 353; Vrystaatse Lewendehawe Ko-op v Van Jaarsveld 1970 4 SA 292 (NK) 293.

5 Vrystaatse Lewendehawe Ko-operasie v Van JAarsveld supra; Standard Bank v Lombard 1977 4 SA 808 (W).

6 Rees v Feldman 1927 TPD 884.

7 1958 1 SA 582 (FSC).

8 Supra.

9 1960 2 SA 59 (W).

10 1978 1 SA 1066 (N).

11 Ex parte Cohen 1974 4 SA 674 (W).

12 Supra 209F - 210C.

13 Supra 513.

14 Supra 202

15 De Villiers "Partnership" in SA Encyclopedia Forms and Precedents vol 13 144; Bamford The Law of Partnership and Voluntary Associations 2de uitg. (1971) 64; Wille and Millin Mercantile Law of SA 17de uitg. (1975) 420; Gibson SA Mercantile and Company Law 4de uitg. (1977) 270; De Wet en Yeats Kontraktereg en Handelsreg 4de uitg. (1978) 191; Uys Die Genootskapsooreenkoms (1961) 62; Delport Gedingvoering tussen vennote (1977) 194.

16 Law of Partnership 14de uitg (1979) 29-30.

17 R v Schamosewitz & Schatz 1915 AD 693; Mcleod & Shearsmith v Shearsmith 1938 TPD 87; Parker v Rand Motor Transport Co. 1930 AD 353; R v Levy 1929 AD 312; Muller v Pienaar supra; Strydom v Protea Eiendomsagente supra, om slegs 'n paar te noem.

18 Strydom-saak supra 210-211.

19 1931 EDL 122 op 125.

20 Isaacs "The Law of Landlord and Tenant" 1960 Acta Juridica 94.

21 Supra 585.

22 Vir soortgelyke konstruksies vergelyk bv. Silbert & Co. v Evans & Co. 1912 TPD 425 en STandard Bank v Lombard 177 2 SA 808 (W).

23 Vrystaatse Lewendehawe Ko-operasie Bpk. v Van Jaarsveld supra; Parker v Rand Motor Transport Co. supra 358.

24 Delport a.w. 271.

25 Reël 6 van die Rules of the Supreme Court, uitgevaardig ingevolge The Supreme Court of Judicature (Consolidation) Act 1925.

26 Supra 521.

27 1960 2 SA 59 (W) 63C.

28 Per regter Marais.

29 Reël 40(3) van die Landdroshowereëls en reël 14(5)(h) van die Eenvormige Hofreëls; Muller v Pienaar supra..

30 Partridge v Harrison & Harrison supra; SA Mercantile Co Ltd v Marlborough supra; Dunlop (SA) Ltd v Olivier supra.

31 1942 2 PH C 87 (W).

32 1942 OPD 146 147-148.

33 Sic!

34 Sien ook Dunlop (South Africa) Ltd v Unie Garage 1942 1 PH C 16 (O).

35 Partridge v Harrison & Harrison 1940 WLD 265; SA Mercantile Co Ltd v Marlborough Boot & Shoe Manufacturing Co 1940 2 PH C 79 (C); SA Mercantile Co Ltd v Labovitz 1940 CPD 581; Ex parte Commercial Hotel 1940 2 PH C 94 (C); Prosser v De Lange 1941 1 PH K 6 (W); Dunlop SA Ltd v Olivier 1942 OPD 146; Dunlop (South Africa) Ltd v Unie Garage 1942 1 PH C 16 (O); Laymore (Pty) Ltd v Five Streams Wattle Estate 1957 3 SA 671 (N); SA Incorporated Merchants Protection Agency Ltd v Kruger 1947 3 SA 304 (T); SA Leather Co (Pty) Ltd v Main Clothing Manufacturers (Pty) Ltd 1958 2 SA 118 (O). Sien ook Henning 1978 Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 5; Henning en Nieuwenhuis The Law of South Africa VII 240-241; B Bamford Law of partnership and voluntary association in South Africa 3 uitg (1982) 66; J F Coaker en D T Zeffert Wille and Millin's Mercantile law of South Africa 18 uitg (1984) 743; E M de la Rey Mars. The law of insolvency in South Africa 8 uitg (1988) 20-21 (hierna "De la Rey Mars").

36 1985 4 SA 876 (K).

37 J J Henning "Vennootskapsreg - Insolvensie" 1986 Simposiumbundel oor Regsontwikkelings (1986) 92-93; J J Henning Hersiening van die insolvensiereg. Voorstelle vir regswysiging en verdere navorsing (1987) 5-8; Sien ook C Smith The law of insolvency 3 uitg (1988) 70-71; Catherine Smith "Problem areas in insolvency law" 1989 SA Tydskrif vir Handelsreg 103; De la rey Mars 20-21.

38 Henning Hersiening van die insolvensiereg 6.

39 Aa 398-405.

40 Aa 665-674.

41 Aa 220-229.

42 Kontrasteer die posisie in die Engelse reg soos uiteengesit deur E H Scamell en R C I'Anson Banks Lindley on the law of partnership 15 uitg (1984) 685-689.

Yüklə 464,14 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin