Program 55 darling avontuur



Yüklə 106,95 Kb.
tarix01.08.2018
ölçüsü106,95 Kb.
#64802

PROGRAM 55 - DARLING

AVONTUUR

TIMING

TEGNIES

TEXT

30 sek

Opening jingle




1 min


SOUNDBITE

SOUNDBITE

SOUNDBITE




INGRID:

Groet – kuier nog die week in die pragtige skattige dorpie Darling


MONIQUE:

Ingrid gaan jy nou vir my se wat die ander naam van Darling is


INGRID:

Ai Monique – ek het nou al vir jou ‘n clue gegee. Kom ek vra maar vir SA se beroemdste ambassadeursvrou om vir jou te vertel.


SKATTIE (50)
MONIQUE:

Nou weet ek hoekom Evita in Darling bly want sy noem mos vir almal skattie...


INGRID:

En een plek waar jy moet stop as jy in Darling kom is by Evita se Peron.


MONIQUE:

Want hier kan jy gaan stap in ons eie Boerassic Park


INGRID:

Let wel nie Jurrasic Park nie.


MONIQUE:

Nee Burrasic Park is nou die tuin daar agter die Peron en hier gaan jy jou vasloop in ‘n hele paar interressante karakters.


INGRID:

Dit is natuurlik almalsement standbeelnde van karakters uit ons vorige politieke bedeling aan albei kante van bedeling maar uitgebeeld met die selfde humor as wat jy van Evita kan verwag.


MONIQUE:

Dan is daar natuurlik die ou motor met die koel in die voorruit en die baie interressante storie wat daarsaam gaan.


INGRID:

Ons wil nou nie te veel se nie – want dit is amper iets wat jy self moet ervaar – maar glo my as ek se jy mag dit nie mis nie!

MONIQUE:

Nog iets wat jy nie mag mis nie is een van Evita se shows.


INGRID:

Dit gebeur ook daar by die Peron en saam met dit gebeur daar natuurlik ook ‘n heerlike lekker boere ete.


MONIQUE:

Hoe klink bobotie en geelrys of lam en groente en natuurlik of koeksister of malva poeding....


INGRID:

Hoe klink Adapt of Fly, Desperat First Ladies, Icons & Aikons, Tannie Evita praat Kaktus of Evita’s Xmas tree?


MONIQUE:

Dit klink vir my soos twee uur se lekker kuier en lag.


INGRID:

Nou mense vlieg van oral oor die wereld om vir Evita in aksie te sien...


MONIQUE:

Wel ek he teen jaar van Gauteng af gekom en daardie Desperate First Ladies show gesien en so baie ons gelag het vir die Grace Mugabe karakter was so die juwele oor haar behang het, so het ‘n mens se hare regop gestaan.


INGRID:

Dit is nou een ding wat Evita kan doen ne – se wat gese moet word sonder dat iemand iets daaraan kan doen.


MONIQUE:

En Pieter Dirk Uys vertel Evita Bezuidenthout is ook eintlik per ongeluk gebore...


EVITA (63)
INGRID:

Gaan kuier asb by Evita en leer lag vir jouself.


MONIQUE:

Die beste is om maar te bel of om op die internet te gaan kyk wanneer daar vertoning is want Tannie Evita is nog wereldwyd in aanvraag so sy reis baie.


INGRID:

En glo ons jy gaan ‘n fees van ‘n tyd he!


MONIQUE:

So van feeste gepraat – Darling is mos ‘n plek van feeste!


INGRID:

Veral as jy van die kunste hou.


MONIQUE:

Die bekendste daarvan is die Voorkamer Fees waar jy gaan toneelkyk by die huise van plaaslike inwoners. Nou Ingrid het spesiaal terug gegaan Darling toe om die fees te gaan uittry....


INGRID:

Vertel hoe dit gewerk het.


MONIQUE:

Sal jy weer gaan?


INGRID:

Antwoord... en daar is ‘n hele klomp mense wat saam met my stem ....

FEES (6)
MONIQUE:

Nog ‘n groot fees hier in Darling is die Rocking the Daisies fees...


INGRID:

En dit is nou so effe anders as die Voorkamerfees ne..


MONIQUE:

Ja hier vat jy die pad na net een plek – daar na Cloof Wynplaas waar jy oorweldig gaan word deur musiek, lifestyle uitstallinge en gourmet kos.


INGRID:

Die fees is twee weke gelede gehou en die jaar was die fees 5 jaar oud en laas jaar was daar meet as 10 000 mense daar.


MONQIUE:

Een van die dinge waaroor die fees orgniseerders baie trots op is is die feit dat dit SA se premier omgewingsvriendelike fees is.

INGRID:
Nou wat maak die fees so groen – is dat hulle carbon footpring so minimal as moontlik is en dat hulle so min as moontlik energie gebruik.

MONIQUE:


En dit is danksy die toewyding dat hulle die SA Climate Change Leadership Award gewen het
INGRID:

So as jy hou van kampeer en groen is....


MONIQUE:

Nie soos ons wat nou groen kampeerders is nie...


INGRID:

Nee omgewingsgroen o en ook hou van musiek – onthou Rocking the Daisies volgende jaar.


MONIQUE:

Miskien moet ons nou eers gaan pryse weggee voordat die daisies te veel gerock word...







KOMP TYD



SOUNDBITE KOMPETISIE

Moet nog gee


5 min

SOUNDBITE




INGRID:

Jy kuier hier saam met Tasse en Matrasse en ek en Monique rock die daisies hier in Darling...


MONIQUE:

En jy moet weet hoor in die blom tyd rock die daisies hier behoorlik..


INGRID:

Ek hoor hoeka die mense in Darling se hulle weet nie hoekom die Kapenaars so ver ry as hulle net tot in Darling kan ry om al die mooi blomme te sien nie.


MONIQUE:

En mens hoef maar net na die Darling Wild Flower Show te kom om al die mooi blomme te sien ne.


INGRID:

Ek wonder hoeveel kapenaars weet van die show.


MONIQUE:

En hoeveel van hulle weet dat die Wildflower show al van 1917 af aangebied word.


INGRID:

En hulle se mense kom van oor die wereld om na die rare wilde blomme en orgidee te kom kyk.


MONIQUE:
Die skou is gewoonlik hier in die derde week van September
INGRID:

Dis nou as die blomme mooi blom...


MONIQUE:

En vir net R25 per grootmens en R15 per kind kan jy nou gaan kyk na die pragtige saal waar alles so mooi uitgele en uitgestal is


INGRID:

Maar dit is nie al nie... Jy kry ‘n gratis trekker rit by die OUde Post Wetland wat jy eintlik net kan besoek gedurende hierdie tyd.


MONIQUE:

Dan is daar nou allerhande oulike prêt en kos stalletjies.


INGRID:

Darling is mos deel van daardie Cape West Coast Biosphere waarvan ons gehoor het toe ons in Yzerfontein gekuier het.


MONIQUE:

Die kenners se wat Darling se vels so uniek maar is dat die verskillende veld tipes so vermeng is. En dit is die unieke omstandighede wat bolplante produseer wat baie uniek is aan die area – wat jy eintlik nerens in die wereld kry nie.


INGRID:

Ons he took mos al vertel van die Cape Floral Kingdom met sy meer as 12 000 spesies


MONIQUE:

Wat die kleinste floral kingdom in die wereld is...


INGRID:

Die einste – nou ja Darling besit meer at 10% van daardie spesies in net 1% van die area. Hulle se as daar ooit ‘n Golden Mile wat in die plant koningkryk dan was dit hier in Darling.


MONIQUE:
Mens hoop nou maar net nie die vinnige ontwikkeling hier op die Weskus is ‘n bedreiging vir hierdie pragdom nie.
INGRID:

Dit is hoekom dit so belangrik is dat die Plant natuur Parke behoue bly en gelukkig is daar in Darling nie minder as 4 van hulle nie.


MONIQUE:

Ons het gaan stop daar by die Darling Renosterveld Park en die mooiste foto van die dorpie geneem met die blommetjies wat net so begin kop uitsteeek.


INGRID:

Ja, parkeet sommer daar agter die skool en dan het jy so lekker 15 minute stappie voor jou as jy reguit aan loop tot by die bokant van die park.


MONIQUE:

Meer deeglike stappie en natuurlik meer blomme sien kan jy die sirkelroete staop, maar trek maar ordentelike stapskoene aan


INGRID:

Ons was nou alweer in ons stadsboots...


MONIQUEl

Jong die Ingrid is nooit reg vir ‘n stappie nie.. Buiten die regte skoen bring sommer ‘n West Coast Wild Flower Guide saam.


INGRID:

En sommer ‘n voel boek en verkyker ook want hier kan jy verseker voels ook kyk.


MONIQUE;

En almal dophou wat onder in die dorp sit en lunch eet.


INGRID:

Jammer vir jou Monique – ons het laas week oor die restaurante gepraat.

MONIQUE;
Maar so lekker stappie kan ‘n mense honger maak hoor!
INGRID:

Ons is nog lank nie klaar gestap nie. Die Groenekloof Renosterveld NatuurPark Is agter die Darling begrafplaas en van hier kan jy net so mooi view oor die dorpie he.


MONIQUE:

Dit is ook ‘n lekker uur of ‘n uur en half as jy soos ek en Ingrid stap


INGIRD:

Want ons kyk na alles...


MONIQUE:

En gesels te veel


INGRID:

En hier moet jy veral uitkyk vir die mooi kelkiewyn en al die daisies.


MONIQUE:

In die Waylands Blom Park sal jy die meer tipiese laagland fynbos sien. Hulle se daar is so ongeveer 300 blomspesies hier.


INGRID:

Dit was natuurlik Frederick Duckitt wat die park begin het...


MONIQUE:

Hy was ook een van die mense wat die Wild Flower Show begin het.


INGRID:

En buiten die pad wat sy seun Wilfred deur die park gebou het sodat mense deur dit kan ry om na die blomme te kyk is daar omtrent niks in die laast 140 jaar verander nie.


MONIQUE:

Baie goeie bestuurstrategie – in die somer mag die skape en beeste hier wei en dan rus die veld sodat die blomme kan blom.


INGRID:
En hulle brand ook die veld sodra dit nodig is want sommige van die spesies moet gebrand word om voort te plant.
MONIQUE:

Die vierde park is daar danksy oom Tienie Versfeld wat ‘n stuk grond van sy plaas gedoneer het aan die National Botanical Institue vir bewaring ...


INGRID:

En daarom staan die bekend as die Tienie Verfeld Wildflower Reserve en weet jy Oom Tienie het vir WP rugby gespeel in die Curry Cup in 1921.


MONIQUE:

Ek wonder of hulle die BUlle gewen het...


INGRID:

Maak nie saak nie dansky ook TIenie het die natuur gewen en dit lyk my die hele familie was baie lief vir die ntuur – O Tiese se suster Muriel was ook een van die founding memvers van die Darling Wildflower show in 1917.


MONIQUE:

Nou al die parker is reg deur die jaar oop, maar dit is verseker om hie rte kom stap as die blomme blom.


INGRID:

Daar is natuurlik nog ‘n plek om te gaan stap...


MONIQUE:

Maar dit is die een waar jy bietjie verder stap...


INGRID:

Daai een waarvan Monique nou praat is die Darling Stagger.


MONIQUE:

Hulle se dit is nou vir die modern day strandlopers


INGRID:

Nee laat Shaun maar eerder beskryf hoe en wat dit is...


SLACKPACKING (15)
MONIQUE:

Man, hulle beskryf dit as slow paced mouth watering through wine and olive farms – dis seker hoekom Shaun dink dit is ons tipe roete.


INGRID:

Hy het ons heeltemal verkeerd opgesom – ons is die tipe wat Kilimanjaro in een dag opklim.


MONIQUE:

Speak for yourself Ingrid. Nou die roete is splinternuut net laasmaand oopgemaak.


INGRID:

This 2.5 day, 25km trail begins in Darling. Tucked away between hills of vineyards and golden wheat fields, the trail winds through olive groves and wine farms up to the highest point in Darling where you will take your time sampling local fruits of the vine direct from the farmer.


MONIQUE:

The trail then meanders through renosterveld and fynbos full of flowers, game and birds, en route to !Khwa ttu where you spend the first night at the unique San Cultural Centre. After a leisurely breakfast, we continue downhill through the strandveld to Tygerfontein Farm along the coast to Yzerfontein, sampling local seafood along the way.


INGRID:

This new slackpacking trail, without the schlep, are guided and catered, comfortable and safe.  Hikers carry a small daypack, lifts and luggage are organised and local folk and restaurants prepare meals in traditional West Coast style.


MONIQUE:

En as jy nou soos ek en Ingrid is dan draf jy sommer gou terug Darling toe.


INGRID:

Voordat Monique nou te veel nonsense praat kom ons kyk op watter fantastiese prys kan jy bie die maand.










PRET VEILING – Moet nog record



SOUNDBITE

SOUNDBITE

SOUNDBITE

SOUNDBITE

SOUNDBITE




MONIQUE:

As jy nou by ons aangesluit het – ek en Ingrid het so pas die Darling Stagger gehardloop en nou is dit tyd om ‘n leplekkie te gaan soek en gelukkig is daar baie leplek op Darling


INGRID:
As dit maar so was...
MONIQUE:

Se jy daar is nie baie blyplek nie...


INGRID:

Nee met daardie deel stem ek saam – dit is net die eerste deel wat nie so reg klink nie. Nou as jy by ‘n pragtige historiese oornag keuse soek, dan hoef jy nou nie verder as die Trinity Lodge te soek nie.


MONIQUE:

Eienaars hier is einste Shaun wat ons so vermaak het hier op Darling en sy sjef vrou van Hildas restaurant, Debbie en Shaun se dit was wyn se skuld dat hy hier op Darling geland het.


INGRID:

Hy he teen van die Darling wyne by ‘n vriend geproe en toe hy weer in die Kaap is toe ry hy Darling toe om wyn te kom koop en toe hy in dorpie kom en die ou Victoriaanse huis sien het hy sy hart verloor.


MONIQUE:

En binne ‘n week het hulle die huis gekoop en is Shaun verlore vir die advertensie wereld van Jburg maar is die pragtige Trinity Lodge nou daar vir ons om in te bly.


INGRID:

Trinity Lodge 4 ster Gastehuis en Shaun se hulle spesifiek probeer om die huis so te restaureer om baie van die ou karakter te hou.


MONIQUE:

Hoof huis wat die restaurant het en dan buite is daar 7 en suite kamers wat uit kyk in pragtige tuin.


INGRID:

Met ‘n mooi swembad wat natuurlik nodig is in Darling se somertye en hulle fooie is so R350 pp wat deel per nag.


MONIQUE:

Shaun se ‘n groot trekpleister by hulle is die Wine Dinners wat hulle in Mei en November maande aanbied en hulle is natuurlik die perfekte paartjie hiervoor – hy die wynkeneer en sy die sjef


INGRID:

Ja hulle is nou besig om ‘n program vir Kooknaweke bymekaar te sit.


MONIQUE:

Dalk moet ons ook gaan leer kook.


INGRID:

Man – die eet klink lekkerder as die kook.


MONIQUE:

Die wonderlike ding van Darling is dat as jy in die dorp wil bly dat jy heel moontlik in een van die pragtige ou historiese huise gaan bly.


INGRID:

Ja, daar is byvoorbeeld die ou skoolhoof se huis wat nou die De Gans Gastehuis is – vir die wat terug verlang na hulle skooldae.


MONIQUE:

Dit is nou as my met jou skoolhoof oor die weggekom het ne – maar dit is ‘n pragtige gebou met nog die oorspronklike orgegan houtvloere.


INGRID:

As jy blommetyd wil gaan kuier en naby die aksie wil wees dan kan jy gerus gaan inboek by Daisyfield. The nearest house in Darling to the Renosterveld Reserve, on a hill overlooking our delightful village. 2 double rooms, each with a comfy queen-sized bed, beautiful bed-linen, heater and electric blanket for chilly nights, good cupboard and dressing table, and en-suite shower and toilet.

Vra vir upstairs room met view from every window -of vineyards, wheatfields.
MONIQUE:

Dan kan jy maar net ‘n verkyker vat en die blomme uit die bed bekyk....


INGRID:

AI Monique...


MONIQUE:

Dis as pappa nou wil inslaap...


INGRID:

As jy op ‘n begroting is maar nogsteeds in styl en karkater...


MONIQUE:

Baie karakter....


INGRID:

Baie. Wil gaan bly dan is Koekemakranka Backpackers net die plek vir jou..


MONIQUE:

Jy weet sommer dis ‘n lekker plek die as jy die dekor op die stoep sien – ‘n funky yskas...


INGRID:

Ons wou natuurlik dadelik by Omnia wee twat ‘n Koekmakranka is...


KOEKE (15)
MONIQUE:

Klein, wit of ligpienk koekemakranka-blomme groei teen Kersfeestyd direk uit die grond en het glad geen blare nie.

Die blomme word bestuif en kwyn dan weg sonder om eers ‘n teken na te laat.

In die winter nadat die eerste reën die grond laat sag word het, groei lang, dun, spiraalagtige blare en ‘n vrug wat soos ‘n klein piesang lyk, uit die grond.


INGRID:

En die Khoi was natuurlik die eerste mense wat die gebruik het en hulle het die ook vir parfuum gebruik.


MONIQUE:

So ek en jy moet dit nou ook tussen ons klere ingooi ne want ons is ook mos ou tannies...


INGRID:

Man – ek draf nou daai Darling Stagger om vir jou te wys ek is nie ‘n ou tannie nie!


MONIQUE:

Daars niks fout om ‘n ou tannie te wees nie – dan kan jy maar in die bed le en die blomme met die verkyker ky.


INGRID;

Ons is nou al skoon verdwaal van Koekemakranka Backpackers waar ons so lekker saam met Omnia gekuier het.


MONIQUE:

Vertel van die kunswerk.


INGRID:

Koekemakranka offers dorm-style or private sleeping options and management is almost always willing to be flexible when it comes to your requirements. Individueel gedekorate.


MONIQUE:

Groot kuierplek buite en lekker groot kombuis met die mooiste ou art deko stoof en Omnia was jare in die teater bedryf so lekker out eater posters.


INGRID:
Omnia bestuur ook die restaurant by Evita se Peron so as jy lucky is kook sy dalk vir jou ‘n lekker bord van haar heerlike pasta
MONIQUE:

Man hulle se dit is nou ‘n plek waar jy moet gaan bly as jy saam met die locals wil kuier – en families en kinders is ook welkom.


INGRID:

Moet net se van die badkamer, Gorgeous mosaic tiling on the floor, walls and shower and aged-furniture touches give the space an artistic flair consistent with the rest of the home.


MONIQUE:

En dit moet seker van die goedkopste oulikste akkommodasie op die dorp wees teen net R120 per persoon per nag.


INGRID:

En as jy in die agterplaas staan – kyk net na die stuk wingerd wat daar staan – Omnia se hulle dink dit is oor die 300 jaar oud.


MONIQUE:

Nou as jy nog altyd in die tronk wou slaap maar nie iets wou doe nom daar te beland nie kan jy maar Darling toe gaan en gaan inboek by die Stone Stables.


INGRID:

Dit is nou nie die plaaslike tronk nie – maar die pragtigse selfsorg eenheid wat in 1925 gebou is


MONIQUE:

En eers stalle was en toe later ‘n klein tronk wat die overflow van die plaaslike tronk hanteer het.


INGRID:

Wat het in Darling aangegaan in daardie dae wonder ek?


MONIQUE:

Ek weet nie – maar ek weet weld at jy nie deur die badkamer venster kan klim by Stone stables nie want daar is nog tralies!


INGRID:

As die tralies jou benoud maak en die oopte jou roep, dan het ons ook vir jou goeie nuus – daar is baie plaas akkommodasie om Darling waarna toe jy kan ontsnap.


MONIQUE:

En baie van die akkommodasie is in bewaringsgebied – so jy is sommer kniediep in die natuur – die beste raad is om te gaan na die darling toerisme raad se webwerf www.darlingtourism.co.za en daar is ‘n lang lys van akkommodasie op plase met al die kontak besonderhede.


INGRID:

Lyk my jy is haastig om dorpwaards te keer.


MONIQUE:

Man ons tydjie op Darling is amper om en ons het nog niks vertel oor al die lekker inkopies hier nie.


INGRID:

Maar voordat ons dit doen wil ons net vir die wat van lees hou en dalk nie geld he tom al daardie lekker travel tydskrifte te koop nie, te herinner om na ons webwerf te gaan ent te gaan inskryf vir die Getaway kompetisie - www.tasseenmatrasse.co.za.


GETAWAY AD

MONIQUE:


Jy kuier saam met my en Ingrid hier op Darling en as jy wonder wat ons in Darling doen dan gaan Shaun jou antwoord...
DRIVE (4)
INGRID:

Maar ons het nou ‘n ander rede ook gekry om Darling toe te kom Darling Meat Market


MONIQUE:

For the best biltong and boerewors in SA – soos Shaun dit gese het!


INGRID:

Maar dis nie al wat Monique daar gekoop het nie ne


MONIQUE:

Nee ek het daardie ander goed – wat naam nou weer – volstruis fillet met bacon om gedraai – man was dit lekker


INGRID:

Shaun se hy het nie gedink ‘n slagtery kan twee girls so opgewonde maak nie.


MONIQE:

Man, ek dink mos daar is net iets anders aan ‘n plattelandse slagtery – dalk is dit omdat jy die koeie net daar buite in die veld gesien het – so jy dink alles is maar net varser.


INGRID:

Daar is paar ander mense wat sal ophou vleis eet as hulle so redeneer!


MONIQUE:

Wat enige iemand sal oor opgewonde raak in Darling is die antiques – hier is darem vir jou antique winkels wat die oulikste goed het.


INGRID:

Dis nog ‘n plek in die platteland waar mens moet stop.


MONIQUE:

Ons het gestop daar by Mantis Mall


INGRID:

Dis nou nie ‘n groot shopping centre nie.


MONIQUE:

Nee, daar is so paar klein winkeltjies daar langs daardie oulike Chickory Cheese Cafe en die Mantis Mall is ‘n kleine antieke winkel waar jy moet squeeze en soek en trappe op en nog squeeze – maar aan die einde van die dag is dit die moeite werd.


INGRID:

En eienaar Owen het net so interressante storie oor hoe hy op Darling beland het.


MANTIS (37)
MONIQUE:

Nog so wonderlike winkeltjie is die Book League net daar langs die Mantis Mall.


INGRID:

As jy nou jou boek by die huis vergeet het kan jy maar hier ‘n draai kom maak. Baie oulike kinderboek afdeling.


MONIQUE:

Groot orderafdeling – vertel van boek wat gesoek het en hulle blitsvinnig gekry het.


INGRID:

Nog ‘n antieke winkel waar jy gerus kan gaan kuier is by Nostalga waar jy vir kunstenaar Jenney Jewels gaan raakloop.


MONIQUE:

Ja, kyk sommer uit vir haar pragtige skilderye daar aan die agterkant van die winkel.


INGRID:

Nog iets waarvoor jy moet uitkyk veral as jy klein dogtertjies het is die pophuis wat daar agter haar tafel staan.


MONIQUE:

Die pophuis en alles daarin is haar eie skepping en dit gaan binnekort beroemd wees....


POPHUIS (13)
INGRID:

Ons moet onthou om die fliek te kyk.


MONIQUE:

Dan kan ons ook se ons was al daar...


INGRID:

Ons het laas week vertel van die Marmalade Cat waar jy so lekker kan eet, maar wat ons nie gese het nie is dat daar die oulikste winkel ook hier is wat die oulikste dinge verkoop.


MONIQUE:

Ja, hier het jy nou tyd nodig hoor – van designer klere, skoene, tot mooi houertjies ag allerhande mooi dinge.


INGRID:

Eintlik kan jy al in die restaurant so jou oog al begin gooi na die mooi goed – maar maak maar tyd.


MONIQUE:

Ons he took hier vasgeloop in Nina VD Westhuizen wat verantwoordelik is vir die reel van die Darling Views Kunsuitstalling.


INGRID:

Dit was in Augustus die jaar en 9 van Darling se top kunstenaars het uitgestal.


MONIQUE:

Dis ongelooflik om te dink dat hier so baie kunstenaars in so klein dorpie bly.


INGRID:

Sy se as jy belangstel moet jy die kalender dophou vir volgende jaar se uitstalling.


MONIQUE:

Ons tyd is amper klaar maar daar is nog so paar dingetjies wat jy moet weet oor Darling – Elke eerste Saterday van May tot Nov het Duckitt Kwekery van 9 tot 12 ‘n oop dag. Dit is nou hier waar hulle met die orgidee boer en jy kan een van die greenhouses gaan besoek.


INGRID:

Die Darling Country Market is elke laaste Saterdag van die maand in die Nitrophoska Gebou en hier kry jy nou alles vars en tuisgemaak en gebak.

MONIQUE:

Die Darling Music Festival is van die 3 – 12 Februarie 2012 en die tema is Mostly Bach – bespreek maar vroegtydig hiervoor ook.


INGRID:

AI ons het lekker gekuier in Darling en dit is nou amper tyd om huiswaarts te keer – maar voordat ons gaan kom ons kry nog een local om vir jou te se hoekom jy nou moet kom kuier in Darling....


KOM (17)
MONIQUE:

Nou as Pieter Dirk Uys dit nie kan doen nie dan weet ek nie wie gaan nie...


INGRID:

Dalk net die beste biltong en boerewors in die land...


MONIQUE:

Volgende week gaan kuier ons saam met die Boesmans en ek se niks verder nie....


INGRID:

Ons moet tog ophou om mense so in die lug te laat...


MONIQUE:

Nee die Boesmans was op die grond – die bottel het uit die lug uit gekom...


INGRID:

Daaroor gaan ons ook praat.. Facebook


MONIQUE:

Auction..


GROET



1 min

Afsluit





Yüklə 106,95 Kb.

Dostları ilə paylaş:




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin