Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə1/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
  1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   86



Die Wêreld Waarin ons Leef

‘n Kykie na ons samelewing van buite na binne




Hierdie boek is ‘n verwerking van informasie wat aangebied is gedurende die ENSP01/00 kursus gedurende die eerste helfte van 2000.




Karel Nel

9/1/2000





VOORWOORD

In beskeidenheid word hierdie werk aan elke belangstellende leser aangebied. Dit verteenwoordig nie nuwe denke nie, en is ook nie oorspronklike werk nie. Selfs die titel en die temas van die verskillende hoofstukke is alledaags. Die inhoud van hierdie bladsye is ‘n interpretasie van ‘n leerervaring wat my as mens te beurt geval het. Dit is ‘n besondere verpakking van die belangrikste leerstof van ‘n hoëvlak militêre kursus wat ek bevoorreg was om saam met 35 ander kamerade te deurleef by die Suid-Afrikaanse Verdedigingskollege gedurende die eerste helfte van 2000. Die kursus was die eerste in die “Executive National Security Program”-reeks, en die doel was om die belangrikste dimensies van die begrip Nasionale Sekuriteit te deurtas.


Gedurende die Program is ons blootgestel aan kundige gassprekers van die hoogste gehalte, intensiewe kleingroepwerk oor ‘n verskeidenheid onderwerpe, ‘n individuele navorsingstaak, ‘n buitelandse besoek aan ‘n land in Afrika en, heel belangrikste - blootstelling aan die invloed van kamerade van ander sosiale, politieke, godsdienstige en ekonomiese oortuigings as jyself. Die impak van hierdie ervaring op ‘n mens kan nie maklik beskryf word nie, want dit dwing jou, as jy eerlik is met jouself, om jou intellektuele leefwêreld soveel te verruim - soms te midde van ‘n ongemaklike herevaluering van jou eie lewensingesteldheid. Dit het nie net nuwe feitekennis tot mens se beskikking gebring nie, maar het perspektiewe gebring oor die verlede, die hede en die toekoms, wat die wêreld soveel meer vir jou laat sin maak het. Ek gee hier graag krediet aan die tientalle uitstekende gassprekers wat hul perspektiewe met ons gedeel het, asook met die bekwame studieleiers van die Verdedigingskollege. En daarby voeg ek graag onbeskaamd my eie verstaan van die leerstof, soos gesien uit die oogpunt van die Christen-Afrikaner - ‘n lewensbeskouing waarin ek glo.
Ek bedank graag my werkgewer, Krygkor, wat my op hierdie leerprogram gestuur het, my medeprogramlede wat hul lewens met my gedeel het, my familie en vriende wat my in die tyd bygestaan het, en Marietjie Basson wat hierdie werk getik het.
Ek vertrou dat die lees van hierdie bladsye die leser sal help om iets van die wêreld rondom hom of haar beter te verstaan, en om hom of haar beter toe te rus vir die toekoms.

KPJ Nel


2000-09-25
INHOUDSOPGAWE



Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
  1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin