Ondernemingsvormereg 300 (onr300) eerste semester



Yüklə 464,14 Kb.
səhifə2/5
tarix03.04.2018
ölçüsü464,14 Kb.
#46243
1   2   3   4   5

BEVINDING


Antwoord regsvraag ( ja / nee) = Kry bevinding gewoonlik aan einde van saak

RATIO DECIDENDI


Rede vir hof se bevinding = Belangrikste deel van antwoord – doen volledig!!
voorgeskrewe hofsake

VeNNOOTSKAPPE:

VOORGESKREWE SAAK

GELEES

OPGESOM

Ally v Dinath 1984 2 SA 451 T







Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA







Chipkin (Natal) (Pty) Commissioner, SARS 2005 5 SA 566 SCA







Commissioner, SARS v Hawkers Air Services 2006 4 SA 292 SCA







Geldenhuys v East and West Investment (Pty) Ltd 2005 2 SA 74 SCA







Joubert v Tarry and Co 1915 TPD 277







Mulhmann v Mulhmann 1984 3 SA 102 A







Pezutto v Dreyer 1992 2 SA 379 A







Purdon v Muller 1961 2 SA 211 A







Robson v Theron 1978 1 SA 841 A







Venter v Naude 1951 1 SA 156 O








BESLOTE KORPORASIES:

VOORGESKREWE SAAK

GELEES

OPGESOM

Airport Cold Storage (Pty) Ltd v Ebrahim 2008 2 SA 303 C







De Franca v Exhaust Pro CC 1996 All SALR 503 C







Die Dros (Pty) Ltd v Telefon Beverages CC 2003 4 SA 207 C







Du Plessis v Oosthuizen 1999 2 SA 191 O







G&C Construction v De Beer 2000 2 SA 378 T







Gatenby v Gatenby 1996 3 SA 118 E







Hanekom v Builders Market Klerksdorp (Pty) Ltd 2007 3 SA 95 SCA







Klaas v Summers 2008 4 SA 187 C







L&P Plant Hire v Bosch 2002 2 SA 662 SCA







Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA









hANDELDRYWENDE TRUST:

VOORGESKREWE SAAK

GELEES

OPGESOM

Cupido v Kings Lodge Hotel 1999 4 SA 257 E







Goodricke v The Registrar of Deeds, Natal 1974 (1) SA 404 N







Land and Agricultural Bank of South Africa v Parker 2005 2 SA 77 (SCA)







Nieuwoudt v Vrystaat Mielies (Edms) Bpk 2004 3 SA 486 (SCA)







LESING 1: ADMINISTRASIE

Administrasie
AGTERGROND


Lees:
1. Hoofstuk 1 "Begin van die onderneming” pp4-6 in Ondernemingsreg.
‘n Onderneming tree nie in ‘n vakuum op nie. Daar is verskillende belanghebbendes en ander persone betrokke by enige onderneming. Dit sluit in skuldeisers, klante, leweransies, werknemers ens. Waar daar ‘n meervoud van persone betrokke is, is daar ook onderlinge regte en verpligtinge ter sprake.

Terwyl die meeste ondernemings se oogmerk is om wins te maak, moet daar strukture bestaan waaronder die regte en verpligtinge van alle partye wat op een of ander wyse met die onderneming te doen het, gebalanseer word tot wedersydse voordeel. Die reëls wat so ontwikkel het enm in sommige gevalle statutêer uiteengesit is, is dus die basis van die verskillende ondernemingsvorme.



Elke spesifieke ondernemingsvorm het dus ‘n eie voordelige plek van aanwending, terwyl daar uiteraard ook oorvleueling tussen die verskillende vorme is.

tema 1: die vennootskap as regsfiguur

Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die vennootskap te kan definieer;
2. Die algemene kenmerke van die vennootskap te kan noem en kortliks te bespreek;
3. Die geskiedkundige agtergrond van die vennootskap kortliks en in breë trekke te kan beskryf;
4. Die bronne van die Suid-Afrikaanse vennootskapsreg te kan bespreek;
5. Die begrip “regspersoonlikheid’ te kan verduidelik;
6. Die regsaard van die vennootskap en die toepassing van die twee teorieë ten aansien van die regsaard te kan bespreek en die uitsonderings te kan noem;
7. Die tipes vennootskappe in die Suid-Afrikaanse vennootskapsreg te kan noem en kortliks te bespreek en van mekaar te kan onderskei.

Bestudeer:
1. Hoofstuk 2 "Die Vennootskap as Regsfiguur" pp10-16 in Ondernemingsreg.
2. Muhlmann v Muhlmann 1984 3 SA 102 A.
3. Ally v Dinath 1984 2 SA 451 T.
4. Commissioner, South African Revenue Services v Hawkers Air Services 2006 4 SA 292 SCA.
5.
Chipkin (Natal) (Pty) Commissioner, SARS 2005 5 SA 566 SCA.
6. Venter v Naude 1951 1 SA 156 O.

Doel van voorgeskrewe materiaal
Muhlmann v Muhlmann 1984 3 SA 102 A en Ally v Dinath 1984 2 SA 451 T: Belangrike sake ten aansien van die gebruik van die vennootskap as billikheidsremedie.
Ally v Dinath 1984 2 SA 451 T: Hierdie uitspraak handel oor die universele vennootskap, maar wys ook hoe ‘n vennootskap stilswyend deur gedrag tot stand kan kom.
Commissioner, South African Revenue Services V Hawkers Air Services 2006 4 SA 292 SCA: In aanhangsel A is ‘n bespreking oor die regsaard van ‘n vennootskap en die invloed van die pdev-appèlsaak. hierdie uitspraak van die hoogste hof van appèl verwerp die Pdev-saak.
Chipkin (Natal) (Pty) Commissioner, SARS 2005 5 SA 566 SCA: ‘n Vennootskap kannie ‘n belasbare inkomste hê aangesien ‘n vennootskap nie deur inkomstebelstingwetgewing as ‘n belasbare entiteit beskou word nie.
Venter v Naude 1951 1 SA 156 O: Handel oor buitengewone vennootskappe.

Lees:
1. pp185-203; 227-238 in "Partnership" deur Henning en Delport in The Law of South Africa (LAWSA) Vol 19. Eerste heruitgawe 1997.
2. Strydom v Protea Eiendomsagente 1979 2 SA 206 T.

Aktiwiteit
Stel vas of u die onderstaande paragraaf uit die werk van Pothier, vertaal uit die oorspronklike Frans na Nederlands deur Van der Linden, kan verstaan:
Het contract van Societeit of Compagniefchap is een Contract, waar bij twee of meer perfoonen eene zekere zaak in't gemeen aanbrengen, of zig verbinden te zullen aanbrengen, om daar mede gemeenfchappelijk eene eerlike winstte doen, met wederzijdsch verband, om dezelve aan elkander behoorlijk te verantwoorden.
Vergelyk dit nou met die Engelse vertaling deur Tudor:
Partnership is a contract, by which two or more persons put, or oblige themselves to put, something in common, in order to make there from in common a lawful profit, of which they reciprocally bind themselves to render each other an account.
Vergelyk nou beide hierdie paragrawe met die definisie van ‘n vennootskap in u handboek.
U kan dus verstaan dat taal ‘n groot verskil aan betekenis kan maak en u kan u voorstel hoe moeilik dit moet wees om sin te maak van argaïse Frans wat as ons hoofbron van die gemenereg van die vennootskapsreg beskou word?

Woordelys:

Vennootskap: ____________________________________________________

__________________________________________________________________

Samewerkingselement: _____________________________________________

__________________________________________________________________

Entiteitsteorie: ____________________________________________________

__________________________________________________________________

Versamelingsteorie: _________________________________________________

__________________________________________________________________

Stille vennootskap: _________________________________________________

__________________________________________________________________

Vennootskap en commandite: __________________________________________

__________________________________________________________________

Universele vennootskap: _____________________________________________



__________________________________________________________________

Hersieningsvrae:
1. Noem die verskillende betekennisse wat aan die begrip vennootskap geheg kan word. (3)
2. Lys die algemene kenmerke van die vennootskap. (5)
3. Hoeveel vennote mag ‘n vennootskap hê? (1)
4. Kan ‘n vennootskap vir ‘n nie-finansiële doel opgerig word? (1)
5. Wat beteken samewerkingselement? (1)
6. Noem die bronne van die Suid-Afrikaanse vennootskapsreg. (2)
7. Het Suid-Afrika ‘n vennootskapswet? (1)
8. Noem die belangrikste Romeins-Hollandse juriste wat gesaghebbend oor die vennootskapsreg geskryf het. (6)
9. Verduidelik die belang van Pothier as ‘n bron van die Suid-Afrikaanse vennootskapsreg. (2)
10. Verduidelik die entiteitsteorie. (3)
11. Verduidelik die versamelingsteorie. (3)
12. Watter teorie word in Suid-Afrika nagevolg? (1)
13. Noem die gevalle waar ‘n vennootskap as afsonderlike entiteit behandel word. (2)
14. Wat is die gevolge van die feit dat ‘n vennootskap nie ‘n regspersoon is nie? (4)
15. Noem die verskillende soorte vennootskappe in die Suid-Afrikaanse reg. (3)
16. Noem die verskillende soorte universele vennootskappe. (2)
17. Noem die verskillende soorte buitengewone vennootskappe. (3)
18. Lys die verskille tussen die stille vennootskap en die vennootskap en commandite. (2)

Kontrole:

Hoofstuk 2

Gelees

Opgesom

Geleer

Muhlmann v Muhlmann 1984 3 SA 102 A.

Gelees

Opgesom

Geleer

Ally v Dinath 1984 2 SA 451 T

Gelees

Opgesom

Geleer

Commissioner, South African Revenue Services v Hawkers Air Services 2006 4 SA 292 SCA

Gelees

Opgesom

Geleer

Chipkin (Natal) (Pty) Commissioner, SARS 2005 5 SA 566 SCA

Gelees

Opgesom

Geleer

Venter v Naude 1951 1 SA 156 O

Gelees

Opgesom

Geleer

tema 2: die vennootskap as ondernemingsvorm

Voorvereistes:
Voordat u hierdie studiedoelwitte kan bereik, moet u eers die uitkomste van Lesing 1 bereik het. U kennis van die kontraktereg is baie belangrik vir hierdie lesing.

Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die belangrikste vereistes van 'n vennootskapskontrak te kan noem;
2. Die essentialia van die vennootskap te kan identifiseer en bespreek en kan toepas op 'n feitestel;
3. Toepaslike gesag te kan bespreek.
4. Die naturalia van die vennootskap te kan identifiseer;
5. Die vennootskapsvermoë volledig te kan bespreek.

Bestudeer:
1. Hoofstuk 3 "Die Vennootskap as Ondernemingsvorm" pp18-27 in Ondernemingsreg.
2. Joubert v Tarry and Co 1915 TPD 277.
3. Pezutto v Dreyer 1992 2 SA 379 A.
4. Purdon v Muller 1961 2 SA 211 A.

Doel van voorgeskrewe materiaal
Joubert v Tarry and Co 1915 TPD 277: Hierdie saak is die locus classicus oor die essentialia van die vennootskap.
Pezutto v Dreyer 1992 2 SA 379 A: ‘n Appèlhofuitspraak oor onder meer die essentialia.
Purdon v Muller 1961 2 SA 211 A: Handel ook oor die essentialia van ‘n vennootskap.

Woordelys:

Wesenselemete: ____________________________________________________

__________________________________________________________________

Essentialia: _______________________________________________________

__________________________________________________________________



Naturalia: _______________________________________________________

__________________________________________________________________

Sekwestrasie: ____________________________________________________

__________________________________________________________________

Mede-eiendomsreg: _________________________________________________

__________________________________________________________________

Vennootskapsvermoë: _____________________________________________

__________________________________________________________________

Vennootskapsbates: _________________________________________________

__________________________________________________________________



Hersieningsvrae:
1. Wat is die noodsaaklike eienskappe waaraan ‘n kontrak moet voldoen om as ‘n vennootskapsooreenkoms gekenmerk te kan word? (4)
2. Noem die essentialia van die vennootskap. (4)
3. Verduidelik die bydrae wat elke vennoot aan die vennootskap moet maak. (5)
4. Welke vorme kan die bydraes tot die vennootskapsooreenkoms aanneem? (4)
5. Verduidelik wins as doel van die vennootskap.
6. Verduidelik vermoënsvoordeel vir elkeen. (2)
7. Noem die naturalia van die vennootskap. (5)
8. Wat is die verskil tussen die noodsaaklike vereistes en die natuurlike gevolge van ‘n vennootskap?
9. Wat is die vennootskapsvermoë? (1)
10. Verduidelik mede-eiendomsreg van die vennote. (3)
11. Verduidelik ‘n vennoot se onverdeelde aandeel in die vennootskapsbates. (5)
12. Verduidelik die beperkte gebruik van die vennootskapsbates.

Kontrole:

Hoofstuk 3

Gelees

Opgesom

Geleer

Joubert v Tarry and Co 1915 TPD 277

Gelees

Opgesom

Geleer

Pezutto v Dreyer 1992 2 SA 379 A

Gelees

Opgesom

Geleer

Purdon v Muller 1961 2 SA 211 A

Gelees

Opgesom

Geleer

tema 3: interne verhoudinge

Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die verhouding tussen die vennote inter se te kan omskryf en bespreek;
2. Die regte van die vennote te kan bespreek;
3. Die verpligtinge van die vennote te kan bespreek;
4. Die wyse waarop hierdie regte en verpligtinge afgedwing kan word, te kan bespreek.

Bestudeer:
1. Hoofstuk 4 "Interne verhoudinge" pp30-36 in Ondernemingsreg.
2. Robson v Theron 1978 1 SA 841 A.
3. Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA.
4. Purdon v Muller 1961 2 SA 211 A.

Doel van voorgeskrewe materiaal
Robson v Theron 1978 1 SA 841 A: ‘n Appèlsaak wat die remedies van vennote inter se volledig uiteensit.
Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA: In hierdie saak is bevind dat ‘n vennoot of gewese vennoot geen aanspraak het op die ontbinde vennootskap se bates nie, maar slegs op ‘n proporsionele deel van die opbrengs na die likwidasie van die bates.
Purdon v Muller 1961 2 SA 211 A: Let op die bevestiging van die goeie trou verhouding tussen vennote.

Woordelys:

Uberrima fides: _____________________________________________________

___________________________________________________________________



Societas leonine: _____________________________________________________

___________________________________________________________________

“mutual mandate”: __________________________________________________

___________________________________________________________________

redelike sorg: _____________________________________________________

___________________________________________________________________



Actio pro socio: _____________________________________________________

___________________________________________________________________



Actio communi dividendo: ______________________________________________

___________________________________________________________________



ONDERLINGE REGTE EN VERPLIGTINGE

1. VERHOUDING TUSSEN VENNOTE

Uberimae fidei / hoogste goeie trou.

Uit dié besondere verhouding tussen die vennote spruit bepaalde regte en verpligtinge.

Die verhouding tussen die vennote (maw die regte en verpligtinge van die vennote) word in hoofsaak bepaal deur die vennootskapsooreenkoms. In die afwesigheid van enige bepaling in hierdie verband in die vennootskapsooreenkoms, is die gemeenregtelike bepalings daaroor op die vennootskap van toepassing.

2. REGTE VAN VENNOTE

5 regte tussen die vennote inter se: reg op 'n aandeel in die wins; bestuursbevoegdheid; reg op vergoeding; reg op verdeling van bates by ontbinding; reg op insae.



2.1 REG OP 'n AANDEEL IN WINS

* doel van die vennootskap: maak van wins vir onderlinge verdeling tussen die vennote


* verhouding na willekeur gereël (maw hoeveel elkeen kry kan onderling bepaal word), BEHALWE dat geen vennoot geheel en al van winsdeling uitgesluit mag word nie
* indien 'n vennoot geheel en al van winsdeling uitgesluit word, is dit 'n leeue-vennootskap / societas leonina
* die leeue-vennootskap: die vraag ontstaan of die hele vennootskapskontrak nietig is en of net die bepaling nietig is? Beide standpunte word op die Kontinent (Europa) aangehang. Volgens Henning staan die leeue-klousule in die weg van 'n geldige vennootskapsooreenkoms en is beide die kontrak en die bepaling nietig (as vennootskap), maar dit kan geldig wees as byvoorbeeld 'n skenkingsooreenkoms.
* kan 'n vennoot wel uitgesluit word van deelname in verliese? (naturalia - kan onderling verander word)
* indien die vennote nie in die vennootskapsooreekoms bepaal wat elke vennoot se deel in die wins is nie, word wins verdeel in verhouding tot die waarde van die onderskeie vennote se onderskeie bydraes
* indien die bydraes gelyk is of indien die waarde daarvan nie bepaal kan word nie, deel die vennote gelyk in die wins

2.2 BESTUURSBEVOEGDHEID

* binne die werkkring van die vennootskap is die vennote elk afsonderlik in staat om enige regshandeling namens die vennootskap te verrig wat die vennootskap bind


* mutua praepositio / oor-en-weer aanstelling as verteenwoordiger
* wedersydse volmag = naturalia van die vennootskap
* kan uitgesluit of beperk word
* kan een vennoot (of meer as een) uitsluit van bestuur of gedeeltelik uitsluit
* vennoote gee oor en weer volmag aan mekaar
* vennote tree op as verteenwoordigers van die vennootskap
* lasgewers kan spesiale magte enige tyd onttrek van lashebbende behalwe as hy sy magte aan die vennootskapskontrak self ontleen
* bestuursbevoegdhede verleen ook aan vennote toegang tot die goedere / bates van die vennootskap
* elke vennoot het die reg om die vennootskap se goedere te gebruik tot vir die doel waarvoor dit bestem is

Yüklə 464,14 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin