Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə20/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   16   17   18   19   20   21   22   23   ...   86

Mosambiek


Bevolking (miljoen): 20.5 (2000)

Groei (% per jaar) 2.7

Digtheid (Mense per vk km): 25.2

Samestelling:

Inheemse volkere 99.1%



Geletterdheid (%): 33

Godsdiens

Christen 42%

Moslem : 1.3%

Tradisionele gelowe : 40%



Nie godsdienstig 5%


Mosambiek is die armste land in die wêreld. Dit was ‘n Portugese kolonie vir 470 jaar en Portugal as koloniale moondheid het Mosambiek in ‘n arm toestand agtergelaat. Na ‘n lang en bitter oorlog vir onafhanklikheid het Mosambiek onafhanklik geword in 1975. Die Renamo-rebellemag het daarna dood en verwoesting gesaai dwarsdeur die land met ‘n brutale guerilla-oorlog. Hierdie oorloë het die sosio-ekonomiese landskap van Mosambiek gevorm. Frelimo het gelukkig afgesien van hul flirtasie met Marxisme en sedertdien het die land met rasse skrede gegroei. In Oktober 1992 is ‘n vredesonderhandeling onderteken en ‘n ongemaklike vrede heers in die land. Gedurende die 1999-verkiesings is die Frelimo-regering herkies en dit is goed vir die land se stabiliteit.





Die land is onderworpe aan natuurrampe soos droogtes en vloede, waarvan die 2000–vloed ‘n goeie voorbeeld is. Dit het die land meer as Rbn4,5 gekos en die land se ontwikkeling baie teruggesit. Die land is baie afhanklik van buitelandse hulp en duisende vlugtelinge vlug om ekonomiese redes na die RSA. Die land se infrastruktuur is vervalle en die streek is ook verdeel in ‘n ryker suidelike en verarmde noordelike deel, wat op sigself spanning veroorsaak.


Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   16   17   18   19   20   21   22   23   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin