Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə43/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   39   40   41   42   43   44   45   46   ...   86
Konflik in die natuur

Konflik in die natuur is ook ‘n alledaagse ding en verskillende meganismes het in die natuur ontwikkel om verskillende bedreigende toestande die hoof te bied. Die tipe van strategieë wat ontwikkel het, het baie te make met die skaarsheid aldan nie van hulpbronne:

  • ‘n Stabiele ryk omgewing, waar bronne beperk word deur interaksies met ander lewende organismes (kompetisie) lei tot effektiewe interaksie tussen groepe, spesialisasie en lae voortplantingstempo’s.

  • ‘n Stabiele arm omgewing waar bronne voordurend beperk is, ontwikkel strategieë van generalisering, besparing, lae voortplanting en lae mobiliteit.

  • Onvoorspelbare ryk/arm omgewings lei tot strategieë van generalisering, opgaar, hoë voortplantingstempo’s en migrasie.

Elemente van hierdie strategieë kan ook in menslike gemeenskappe waargeneem word.



Konflikbestuur

Konflikhantering en konflikbestuur tussen strydende groepe is ‘n belangrike en gespesialiseerde dissipline. Die basiese beginsel is om ‘n struktuur daar te stel waarbinne die konflik bestuur kan word. So ‘n liggaam kan slegs goed genoeg wees indien dit al die partye wat by die konflik betrokke is, bevat. Die Codesa–struktuur voor die 1994-verkiesing was so ‘n konflikhanteringsmeganisme. Soms is dit nodig om strukture binne strukture te vestig – komitees binne komitees. Konflik binne die struktuur kan hanteer word, terwyl buite die struktuur dit gewoonlik baie gevaarlik kan wees. Daar is bepaalde stappe wat gevolg word by konflikhantering:

  • Identifikasie van al die belangegroepe

  • Identifikasie van alle leiers – ook tweedevlakleiers

  • “Lobbying” – luister na mense en plant idees

  • Bemagtigingswerkswinkels – koukusvergaderings van die verskillende belangegroepe

  • Rondetafelbespreking ondersteun deur komitees en werkgroepe

  • Implementering

  • Monitering

Hierdie is min of meer die proses wat die politieke partye gevolg het gedurene die oorgangsonderhandelinge voor die algemene verkiesing in 1994.


Kultuur

Wanneer mense se kultuur deur veranderinge bedreig word, is die potensiaal vir konflik groot. Kultuur is ‘n stel van gedeelde waardes en betekenisse wat mense in ‘n groep hou en wat hulle van ander groepe onderskei.
Kultuur is iets wat geleidelik in ‘n groep ontwikkel as gevolg van die interaksies tussen die groeplede. Dit ontwikkel vanaf interaksies na gedragsnorme na gedeelde waardes en uiteindelike na kultuur. Kultuur is belangrik angesien dit vir die groep die volgende doen:

Kultuur is nie absoluut nie want elke individu behoort aan verskillende groepe wat elk sy eie kultuur het, byvoorbeeld sy familie, sy kerk, sy werk of skool, sy dorp, sy volk, sy land, ens. En op elkeen van hierdie vlakke is daar gedeelde waardes. Binne elke kultuur is daar ook wye verskille tussen verskillende individue. Dit maak daarom sin dat die konstitusie van Suid-Afrika voorsienning maak vir die behoud van verskillende mense in die land se kulture.





Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   39   40   41   42   43   44   45   46   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin