Inhoudsopgawe


Ferris, Elizabeth G. 1993. Beyond borders: refugees, migrants and human rights in the post-cold war era. Geneva: WCC



Yüklə 471,7 Kb.
səhifə9/11
tarix04.01.2019
ölçüsü471,7 Kb.
#90488
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11

Ferris, Elizabeth G. 1993. Beyond borders: refugees, migrants and human rights in the post-cold war era. Geneva: WCC.


Gill, Jerry H 1996. “Borderland Theology: Insiders and Outsiders in Theological Perspective”. Encounters 57:107-129.

Hoedemaker, Bert 1991. “Contextual Analysis and unity of perspective: An exercise in missiological method” in Jacques van Nieuwenhoven and Berma Klein Goldewijk. Popular religion, liberation and contextual theology. Kampen: Kok

Kemdirim, Protus O. 2000. “Biblical and African Tradition of Hospitality: An Option for Refugees and the Displaced” in Emmanuel Martey and Mary Gerald Mwanwu (eds.) The Gospel, Poverty and the Displaced i n Africa. Acrra, Ghana: Presbyterian Press. bl. 46-55.

Maruskin, Joan 2000. “Ministering to the refugee Christ”. Mission Studies 17:1/2, 33/34, 196-206.

Mummet, Ronald J. and Bach, Jeff 1992. Refugee Ministry in the Local Congregation. Scotdal, Pa.: Herald Press.

Smit, D “Living unity – on the ecumenical movement and globalization” (nog ongepubliseerde artikel).

Rosario, J 2001. “Mission from the perspectives of refugees”. Missionalia, 47-58.

Verstraelen, J J. (general editor) 1995. Missiology: An Ecumenical Introduction: texts and contexts of global Christianity. Grand Rapids, Mich.: Eerdmans.

Wainright, 2000. G “Christianity in (South) Africa: ecumenical challenges in the 21st century. Ned. Geref. Teologiese Tydskrif 2000:84-98.

JEUGSORG EN MORELE VORMING


31 Julie – 6 Augustus 2007

Dr. C H THESNAAR (koördineerder)

Prof: NN KOOPMAN
Inhoud:

1. Uitkoms

Studente omskryf die proses van morele vorming.

Studente verstaan die verskillende modi van morele vorming.

Studente identifiseer die potensiaal vir morele vorming in die gemeentelike praktyke, byvoorbeeld eredienste, bybellees, doop, nagmaal en gebede.

Studente onderskei die direkte wyses waarop die kerk in haar verskillende gestaltes kan bydra tot die morele transformasie van die samelewing.

Studente is vertroud met die aard en invloed van ander agente van morele vorming naas die kerk, byvoorbeeld die moderne media (televisie, kuns, musiek, rolprente, ensovoorts) en sport.


2. Programinhoud

Proses van morele vorming

Verskillende modi van morele vorming

Morele vorming in gemeentelike praktyke

Die kerk se bydrae tot die morele transformasie van die samelewing

Agente van morele vorming


3. Voorgeskrewe literatuur / uitdeelstukke
Koop

Geen
Reader

Schulman, M. & Mekler, E. 1985. Bringing up a moral child. Reading: Wesley Publishing Co.

Hoofstuk 1 (p 3-18)

Shelton, C.M. 1989. Morality and the adolescent. New York: Crossroad.

Hoofstuk 2 (p 32-58)

Nelson, S.E. 1992. Helping teenagers grow morally. Louisville: Westminister.

Hoofstuk 6 + 7 (p59-82).


Voorgeskrewe materiaal

Van der Ven, J.A. 1996/7/8. The formation of the moral self.

Koopman, N. & Vosloo, R. 2002. Die ligtheid van die lig. Morele oriëntasie in ‘n postmoderne tyd.
Aanbevole leeswerk

Mudge, L. 1998. The church as moral community.

Media ethics, Studies in Christian ethics volume 13, number 1, 2000.

KERK, BURGERLIKE SAMELEWING EN MARK

7 – 13 Augustus 2007 (08:30-13:00)

Dosent: Dr I Swart

Doelwitte

Om ‘n konseptuele raamwerk te ontwikkel rakende die verhouding van die kerk tot die burgerlike samelewing en die mark in die ekonomiese sfeer.


Om studente bloot te stel aan die spektrum van radikale en gematigde debatte oor ekonomiese alternatiewe in die Christelike teologie.
Om ‘n proses van persoonlike en groep refleksie te fasiliteer wat studente in staat kan stel om ‘n eie onafhanklike en kritiese selfverstaan van die rol van die Christelike kerk in die hedendaags ekonomiese lewe te ontwikkel.


Uitkomste


Studente sal die kapasiteit (kennis, vaardighede en waardes) ontwikkel om

die invloed van die wêreldmark op plaaslike gemeenskappe en gemeentes beter te peil;

meer oordeelkundig betrokke te raak by prosesse waardeur armoede in en deur die kerk aangespreek word;

ekonomiese geregtigheid in en deur die kerk te promoveer;

deel te neem aan gesprekke oor alternatiewe modelle vir die globale ekonomie;

die breër debatte en inisiatiewe t.o.v. die burgerlike samelewing en die ekonomie te waardeer.



Werkswyse

Die klem in die kursus sal val op klasdeelname. Daar sal van u vereis word om deeglik vir elke klas voor te berei aangesien ‘n beduidende deel van die evalueringspunt gebaseer sal word op u persoonlike deelname en formele aanbiedinge in die klas. U sou ter enige tyd gevra kon word om die bespreking oor ‘n spesifieke artikel of leesstuk in te lei. U onvermoë om dit te doen sal noodwendig tot ‘n baie lae punt vir klasdeelname lei.


Ons sal afskop op Dinsdag 7 Augustus met ‘n oriëntering van ons tema en ook ‘n inleidende bespreking voer oor die werk van Heslam. Gedurende die volgende vier dae sal ons die res van die voorgeskrewe werk bespreek en u moet voorbereid wees om enige van die voorgeskrewe literatuur wat op ‘n gegewe dag bespreek word in te kan lei. Op Maandag 13 Augustus sal u gevra word om ‘n kort 5-10 minute aanbieding te lewer oor u werksopdrag, wat ’n week later ingehandig moet word.

Program

‘n Program skedule sal aan elke student voorsien word aan die begin van die kursus.




Evaluering

Van studente sal verwag word om een individuele werksopdrag op Maandag 13 Augustus 2007 in te handig. Die opdrag moet getik word en mag nie langer as agt bladsye (enkelspasiëring) wees nie (die bibliografie uitgesluit).


Werksopdrag: U word gevra om ‘n referaat oor “Die Kerk en Ekonomiese Alternatiewe in die Globale Kapitalistiese Samelewing” by ‘n plaaslike teologiese konferensie te lewer (Kongres tema: “Die Kerk en die Toekoms van die Ekonomie”). In u skrywe van die referaat moet u poog om al of meeste van die voorgeskrewe literatuur te benut. U mag wel van literatuur buite die voorgeskrewe korpus gebruik maak, maar dit is nie verpligtend nie. Op grond van die voorgeskrewe literatuur moet u die verskillende reaksies binne die Christelike teologie (beide radikaal en gematig) op die hedendaagse ekonomiese problematiek asook u eie standpunt in die verband uitlig. Ten slotte moet u enkele duidelike riglyne vir die kerk daarstel in haar strewe om ekonomiese alternatiewe te bevorder.

Berekening van die totale punt:

Werksopdrag: 80% van die punt.

Klasdeelname en aanbiedings: 20% van die punt.


Yüklə 471,7 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin