2.3 REG OP VERGOEDING
* Tensy ander ooreengekom het geen vennoot die reg op vergoeding nie
* Maar kan wel vergoed word vir besondere dienste gelewer (Bell v Estate Douglas)
* is geregtig op redelike vergoeding
* word ook skadeloos gestel vir alle uitgawes gemaak in diens van die vennootskap
* en tov skade wat hy persoonlik gely het in die uitvoering van sy pligte teenoor die vennootskap (De Groot, Pothier, Voet)
2.4 REG OP VERDELING VAN BATES BY ONTBINDING
* ‘n Vennoot het 'n onverdeelde aandeel in die vennootskapsbates totdat die vennootskap ontbind en die vennootskapsboedel gelikwideer word
* nadat die skulde van die vennootskap betaal is, het 'n vennoot die reg om sy aandeel in die surplusbates (oorskot) van die vennootskap op te eis
* die vennootskapsbates word tydens likwidasie gewoonlik in kontant omskep en die vennoot se aandeel in die oorblywende (indien enige) word aan hom uitbetaal.
2.5 REG OP INSAE
* elke vennoot is geregtig op toegang tot die rekeninkundige rekords van die vennootskap
* toegang tot finansiële inligting word benodig ten einde 'n vennoot in staat te stel om bestuursbesluite te kan neem
* 'n vennoot het die reg om die rekords te alle redelike tye te inspekteer, tensy anders ooreengekom is
* ‘n vennoot kan ‘n ander persoon bv ‘n ouditeur of rekenmeester aanstel om die rekords namens hom te inspekteer en ontleed
* betrokkenheid van die ouditeur of rekenmeester mag egter nie ly tot die verbreking van die vertroulik van die vennootskap nie
* vennoot mag ook, binne perke, uittreksels en afskrifte van die rekords maak
* vennoot mag vereis dat die rekords by die hoofbesigheidsplek van die vennootskap gehou word
3. VERPLIGTINGE
As teenkant van elke reg is daar ook 'n verpligting!
3.1 INBRING DEUR VENNOTE
* elke vennoot moet 'n bydrae lewer soos beloof
* geld, arbeid, regte, ens
* as nie net gebruik bydra nie, word ook die vrugte (rente) van die bydrae ook die vennootskap s'n
3.2 DELING IN VERLIESE
* vennote deel in netto-wins - netso ook in netto-verlies
* naturalia
* verliese gedeel in dieselfde verhouding as winsdeling, behalwe waar anders ooreengekom
3.3 SORGSAAMHEIDSVERPLIGTINGE
* elke vennoot moet die belange/sake van die vennootskap met sorg en vaardigheid behandel
* skade deur nalatigheid van die vennoot veroorsaak, kan van hom verhaal word
* redelike man-toets / redelike vennoot-toets?
* aanvanklik soos goeie vader
* optrede soos in eie sake
* toets deels objektief, deels subjektief
* korrekte benadering: kan slegs van 'n vennoot verwag om die sorgsaamheid aan die dag te lê waartoe hy redelikerwys in staat was volgens sy kennis en ondervinding
3.4 VERANTWOORDELIKHEIDSPLIG
* vennootskap = verhouding soos tussen broers (uberimae fidei)
* vennoot mag dus nie vir hom voordele verkry wat binne die bestek van die vennootskapsbesigheid val nie
* 2 reëls kom na vore in Olifants Tin "B" Syndicate
i) vennoot moet rekenskap gee van geheime wins gemaak
ii) hy moet homself nie in 'n posisie plaas waar sy eie belange met die van die vennootskap bots nie
4. AFDWINGING VAN REGTE EN VERPLIGTINGE
* Robson v Theron
* twee aksies: actio pro socio en actio communi dividundo
* die actio pro socio kan tydens en na ontbinding van die vennootskap gebruik word
* wanneer die actio pro socio tydens die bestaan van die vennootskap ingestel word, hoef die vennootskap nie noodwendig te ontbind nie, bv wanneer ‘n bydrae afgedwing word om betaling van deel van wins geëis word
* die actio pro socio kan na ontbinding ingestel word om bv sy deel van die balans van die vennootskapsbates te eis of om opstel van finale rekeningstate te eis
* die actio communi dividundo word gebruik vir verdeling van bates na ontbinding en eis dus om verdeling van bates wat in mede-eiendomsbesit gehou word.
Hersieningsvrae:
1. Noem die regte van die vennote inter se. (5)
2. Noem die verpligtinge van die vennote inter se. (4)
3. Verduidelik goeie trou tussen die vennote. (3)
4. Onder welke omstandighede besit ‘n vennoot nie die bevoegdheid om namens die vennootskap op te tree nie? (5)
5. Welke vorme kan die bydraes tot ‘n vennootskap aanneem?
6. Hoe word wins en verlies in die vennootskap verdeel? (8)
7. Noem die remedies beskikbaar waarmee vennote hul regte inter se kan afdwing. (4)
8. Gee ‘n kort uiteensetting van die actio pro socio as remedie tot die beskikking van vennote. (5)
9. Som kortliks die gebruik van die actio communi dividendo as remedie tot die beskikking van die vennote op.
10. Onder welke omstandigehde sal die actio pro socio wat tydens die bestaan van die vennootskap ingestel is, nie noodwendig ontbinding van die vennootskap tot gevolg hê nie? (6)
11. Waarvoor kan die actio pro socio nog na ontbinding van die vennootskap gebruik word? (3)
Kontrole:
Hoofstuk 4
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Robson v Theron 1978 1 SA 841 A
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Purdon v Muller 1961 2 SA 211 A
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
tema 4: eksterne verhoudinge
Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die kontraktuele aanspreeklikheid van vennote te kan bespreek;
2. Die deliktuele aanspreeklikheid van vennote te kan bespreek;
3. Die aanspreeklikheid van ‘n vennootskap wees ‘n onregmatige optrede van ‘n vennoot te kan bespreek.
4. Die strafregtelike aanspreeklikheid van vennote te kan bespreek;
5. Gedingvoering deur en teen vennootskappe te kan bespreek;
6. Die aanspreeklikheid van vennote vir vennootskapskulde te kan bespreek;
7. Te onderskei tussen die aanspreeklikheid van die vennoot vir vennootskapskulde voor ontbinding van die vennootskap en na ontbinding van die vennootskap.
8. Die verteenwoordigingsbevoedgheid van ‘n vennoot wat tot aanspreeklikheid van die vennootskap lei, te verduidelik aan die hand van die reëls van die verteenwoordigsreg.
9. Die verskillende wyses van ontstaan van volmag by ‘n vennoot te kan beskryf.
10. Die vereiste dat die kontrak in die naam van die vennootskap gesluit moes gewees het te kan omskryf aan die hand van die begrippe van ongeïdentifiseerde en ongeopenbaarde prinsipaal.
Bestudeer:
1. Hoofstuk 5 "Eksterne verhoudinge" pp38-43 in Ondernemingsreg.
2. Geldenhuys v East and West Investments (Pty) Ltd 2005 2 SA 74 SCA
3. Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA.
Doel van voorgeskrewe materiaal
Geldenhuys v East And West Investments (Pty) Ltd 2005 2 Sa 74 Sca: Hierdie Appèluitspraak Gaan Oor Die Aanspreeklikheid Van Vennote Vir Vennootskapskulde.
Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA: In hierdie saak is bevind dat ‘n vennot of gewese vennoot geen aanspraak het op die ontbinde vennootskap se bates nie, maar slegs op ‘n proporsionele deel van die opbrengs na die likwidasie van die bates.
Venter v Naude 1951 1 SA 156 O: Let op die aanspreeklikheid van buitengewone vennote.
Woordelys:
Verteenwoordigheidsbevoegdheid: _______________________________________
___________________________________________________________________
Volmag: ____________________________________________________________
___________________________________________________________________
Mutua praepositio: __________________________________________________
___________________________________________________________________
Estoppel: _________________________________________________________
___________________________________________________________________
Middelike aanspreeklikheid __________________________________________
___________________________________________________________________
Hersieningsvrae:
1. Noem die drie hoofvereistes vir die sluiting van ‘n kontrak names die vennootskap. (3)
2. Welke omstandighede moet bestaan voordat ‘n vennootskap gebind is aan ‘n transaksie deur ‘n persoon namens die vennootskap gesluit? (6)
3. Noem die vereistes vir ‘n kontrak gesluit ten behoewe van ‘n vennootskap. (4)
4. Op welke grondslae kan volmag ontstaan? (3)
5. Verduidelik die beginsel van mutua praepositio. (10)
6. Verduidelik die bevoegdheid van ‘n vennoot om ‘n kontrak namens die vennootskap te sluit. (5)
7. Welke tipe handelinge of transaksies word gedek deur die wedersydse verteenwoordigingsbevoegdheid tussen vennote? (5)
8. Verduidelik wanneer ‘n derde party estoppel as verweer kan gebruik ten aansien van ooreenkomste met ‘n vennootskap. (5)
9. Verduidelik die vereiste dat ‘n kontrak in die naam van die vennootskap gesluit moet word. (5)
10. Hoe is die leerstuk van die versweë pronsipaal van toepassing op opterde namens ‘n vennootskap? (5)
11. Verduidelik die leerstuk van die versweë prinsipaal. (5)
12. Verduidelik die toepassing van die leerstuk van die versweë prinsipaal in die vennootskapsreg. (5)
13. Is ‘n vennoot aanspreeklik vir die onregmatige dade gepleeg deur sy mede-vennote? Indien wel, wanneer? (3)
14. Wat is middelike aanspreeklikheid? (2)
15. Wat beteken die begrip “middelike aanspreeklikheid” in vennootskapsverband? (2)
16. Kan ‘n vennootskap ‘n misdaad pleeg? (2)
17. Is ‘n vennoot aanspreeklik vir die misdade gepleeg deur sy mede-vennote? (2)
18. Kan ‘n vennootskap gedagvaar word of dagvaar? (2)
19. Wie is aanspreeklik vir die skulde van ‘n vennootskap gedurende die bestaan van die vennootskap? (2)
20. Kan ‘n vennoot op sy eie ‘n eis instel vir die verhaling van ‘n vennootskapskuld? (2)
21. Wanneer kan ‘n skuldeiser ‘n vennootskapskuld van ‘n vennoot verhaal? (2)
22. Verduidelik gesamentlike en afsonderlike mede-skuldenaars. (4)
Kontrole:
Hoofstuk 5
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Geldenhuys V East And West Investments (Pty) Ltd 2005 2 SA 74 SCA
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Venter v Naude 1951 1 SA 156 O
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
tema 5: ontbinding van die vennootskap
Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die gronde vir die ontbinding van die vennootskap te kan noem en elk kortliks te kan bespreek;
2. Die formaliteite vir die ontbinding van 'n vennootskap te kan bespreek;
3. Die gevolge van die ontbinding van die vennootskap in die algemeen volledig te kan bespreek;
4. Die gevolge van die ontbinding van die vennootskap op die verhouding tussen die vennote te kan bespreek;
4. Die gevolge van die ontbinding van die vennootskap op die verhouding tussen die vennote en derdes te kan bespreek.
Bestudeer:
1. Hoofstuk 6 "Ontbinding" pp46-52 in Ondernemingsreg.
2. Commissioner, South African Revenue Services v Hawkers Air Services 2006 4 SA 292 SCA.
3. Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA
Doel van voorgeskrewe materiaal
Commissioner, South African Revenue Services v Hawkers Air Services 2006 4 SA 292 SCA: Handel met die sekwestrasie van vennote en ‘n vennootskap.
Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA: In hierdie saak is bevind dat ‘n vennoot of gewese vennoot geen aanspraak het op die ontbinde vennootskap se bates nie, maar slegs op ‘n proporsionele deel van die opbrengs na die likwidasie van die bates.
Woordelys:
Ontbinding: _________________________________________________________
___________________________________________________________________
Sekwestrasie: _____________________________________________________
___________________________________________________________________
Likwidasie: _________________________________________________________
___________________________________________________________________
Verdeling: _________________________________________________________
___________________________________________________________________
Hersieningsvrae:
1. Noem die gronde vir die ontbinding van ‘n vennootskap. (10)
2. Verduidelik die formaliteite vir die ontbinding van ‘n vennootskap. (3)
3. Beëindig ontbinding van die vennootskap ook die verhouding tussen die vennote? (2)
4. Is ‘n vennoot steeds aanspreeklik vir die vennootskapskulde na ontbinding van die vennootskap? (2)
5. Is ‘n skuldeiser van die vennootskap steeds aanspreeklik teenoor die vennootskap vir betaling van die uitstaande skulde na die ontbinding van die vennootskap? (2)
6. Wat is die invloed van sekwestrasie van ‘n vennoot se persoonlike boedel op die vennootskap?
Kontrole:
Hoofstuk 6
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Commissioner, South African Revenue Services v Hawkers Air Services 2006 4 SA 292 SCA
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Carmel Trading Co Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2008 2 SA 433 SCA
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
aanhangsel A
Inleidende opmerkings oor die regsaard van ‘n vennootskap– Prof. J.J. Henning
DIE ALGEMENE REëL
'n Vennootskap word beskou as 'n groep persone wat gesamentlik handel. As algemene reël geld dat deur die oprigting van 'n vennootskap geen regspersoon in die lewe geroep word wat as 'n afsonderlike regsubjek geskeie van sy lede die draer van regte en verpligtinge kan wees nie. 'n Vennootskap het derhalwe regtens geen bestaan apart van die vennote nie. Die regte en verpligtinge van die vennootskap is die regte en verpligtinge van die vennote en die bates daarvan is die eiendom van die vennote in gesamentlike onverdeelde aandele.1
'n Kontrak gesluit tussen twee vennootskappe met dieselfde lede is dus in beginsel nietig, aangesien 'n vennootskap nie 'n persona iuris is nie en 'n persoon nie in dieselfde hoedanigheid met homself kan kontrakteer nie.2
Daarbenewens bepaal artikel 31 van die Maatskappywet 61 van 1973 dat geen vereniging van persone opgerig met die doel om sake te doen wat die maak van wins deur die vereniging of lede as oogmerk het 'n regspersoon is nie, tensy dit ingevolge die Maatskappywet ingelyf is of opgerig is ingevolge 'n ander wet nie.
As gevolg van die praktiese gerieflikheid om met 'n enkele entiteit liewer as met 'n groep individue te werk, word 'n vennootskap soms as 'n afsonderlike entiteit beskou en is dit al bestempel as 'n "quasi persona".3
Dié gerieflikheidsoorwegings het tot gevolg gehad dat die vennootskap in 'n aantal gevalle statutêr en andersins as 'n afsonderlike entiteit behandel word. Hierdie gevalle doen egter geen afbreuk aan die algemene reël dat 'n vennootskap nie 'n regspersoon soos 'n maatskappy is nie.4
AKSIES DEUR OF TEEN 'N VENNOOTSKAP
Alhoewel beklemtoon word dat 'n vennootskap op sigself regtens geen bestaan apart van die vennote het nie, kan 'n individuele vennoot gedurende die bestaan van die vennootskap nie vir 'n vennootskapskuld gedagvaar word nie en 'n enkele vennoot kan nie ter afdwinging van 'n eis van die vennootskap sondermeer aksie instel nie. Aksie moet deur of teen al die vennote gesamentlik of in naam van die vennootskap ingestel word. 'n Aksie deur of teen die vennootskap in eie naam is in effek 'n aksie deur of teen die vennote gesamentlik.5
Hierdie aangeleentheid word gereël deur reël 14 van die Hooggeregshofreëls en Reël 54 van die Landdroshofreëls. Hiervolgens kan in die Landdroshof en Hooggeregshof 'n vennootskap in eie naam dagvaar of gedagvaar word. Die reëls is egter nie gebiedend nie, slegs veroorlowend, met die gevolg dat aksies ook deur of teen al die vennote gesamentlik ingestel kan word. In beide howe kan enige party deur middel van 'n kennisgewing vereis dat 'n vennootskap wat in eie naam dagvaar of gedagvaar word, 'n opgawe verstrek van die name en adresse van die persone wat op die tydstip toe die skuldoorsaak ontstaan het, vennote in die vennootskap was, sodat die gevolglike uitspraak ook teen hulle ten uitvoer gelê kan word. Verkry die eiser vonnis teen die vennootskap sonder dat die name van die vennote geopenbaar is, mag hy slegs die vennootskapsbates uitwin en nie ook die afsonderlike boedels van die vennote nie.6
Hooggeregshofreël 14(5)(h) en Landdroshofreël 40(3) is van besondere belang in soverre dit die beskouing van 'n vennootskap as afsonderlike entiteit betref. Hiervolgens moet, indien vonnis teen 'n vennootskap gevel is, eers die vennootskapsbates uitgeput word, alvorens die vonnis teen die afsonderlike eiendom van die vennote ten uitvoer gelê kan word.
Van belang is ook die vraag of 'n vennootskap 'n aksie kan instel teen 'n vennoot. in Shingadia Bros v Shingadia7 het 'n vennootskap wat bestaan het uit A,B en C 'n gedeelte van die vennootskapseiendom aan A verhuur. A het versuim om die huur te betaal en die vraag het ontstaan wie aksie teen A moet instel. Die hof het beslis dat alhoewel die normale vereiste is dat al die vennote gesamentlik aksie moet instel, die vereiste nie in hierdie geval sal kan geld nie, aangesien A dan sowel eiser as verweerder in een en dieselfde aksie sal wees. Die hof het bevind dat aksie teen die versuimende vennoot ingestel moet word deur die ander vennote, met die bede dat die verskuldigde bedrag in die vennootskapsfonds gestort moet word. Die korrekte metode is dus dat nie A, B en C teen A aksie moet instel nie, maar slegs B en C.
Die gevolg is dus dat indien een vennoot, wat daartoe gemagtig is deur sommige of al die ander vennote, behalwe die vennoot wat verweerder is, namens elkeen van die ander vennote afsonderlik aksie instel teen die verwerende vennoot vir die nakoming van sy verpligtinge teenoor die vennootskap, die aksie behoort toegelaat te word. Indien die vennoot wat aksie instel egter daartoe gemagtig is deur al die vennote in die vennootskap, behoort die aksie vir eksepsie vatbaar te wees.
SEKWESTRASIE VAN DIE VENNOOTSKAPSBOEDEL
Volgens Muller v Pienaar8 en Michelow v Premier Milling Co9 word 'n vennootskap vir doeleindes van die Insolvensiewet 24 van 1936 as 'n afsonderlike entiteit geskeie van sy lede behandel. In Gardee v Dhanmanta Holdings10 is byvoorbeeld ook beslis dat die skuldenaar die vennootskap is en die vennootskap alleen.
Alhoewel 'n vennootskap nie 'n regspersoon is nie, is die uitgangspunt van die Insolvensiewet 1936 dat alle vennootskapsbates ter betaling van die skuldeisers van die vennootskap aangewend moet word, terwyl die private skuldeisers aangewys is op die bates in die afsonderlike boedels van die vennote. Derhalwe is skuldeisers van die vennote nie geregtig om vorderings teen die vennotskapsboedel te bewys nie en skuldeisers van die vennootskap nie geregtig om eise teen die afsonderlike boedels van die vennote te bewys nie. Indien daar 'n balans oorbly in een van die afsonderlike boedels van die vennote nadat al die skuldeisers bevredig is, is die balans vir die kurator van die insolvente vennootskapsboedel beskikbaar vir sover dit vir die vereffening van die skulde van die vennootskap nodig mag wees. Bly daar 'n balans oor in die vennootskapsboedel nadat al die skuldeisers bevredig is, is die kurator van die insolvente boedel van 'n vennoot geregtig op dieselfde gedeelte daarvan, as waarop die vennoot geregtig sou gewees het indien sy boedel nie gesekwestreer was nie.
Artikel 92(5) van die Insolvensiewet 1936 bepaal dat aparte likwidasie- en distribusierekenings opgestel moet word ten opsigte van die vennootskapsboedel en die boedel van elke vennoot.
Om te bepaal of die aansoek van 'n vennoot om sy rehabilitasie, toegestaan behoort te word, al dan nie, word slegs die eise teen sy private boedel ingedien in aanmerking geneem en nie ook die eise teen die boedel van 'n vennootskap waarvan hy lid was nie, alhoewel die hof egter wel die optrede van die vennoot met betrekking tot vennootskapsaangeleenthede in aanmerking kan neem.11
ANDER UITSONDERINGS
Sien Strydom v Protea Eiendomsagente12, en gevalle en gesag na verwys.
DIE GELDIGHEID VAN DIE KONTRAK
In beginsel kan 'n vennootskap slegs 'n party tot 'n kontrak wees indien dit 'n regspersoon is. Die geldigheid van die kontrak, aldan nie, behoort dus af te hang van die regsaard van 'n vennootskap. In Potchefstroom Dairies v Standard Milk Supply Co.13
"....it makes little difference whether we regard a partnership as a persona or whether we regard it as a contractual compound of several personae. In the one case the firm name if properly signed is the signature of the persona, in the other case it is the signature of the contractual compound. And the difference between the two seems more academic than substantial...."
In Muller en 'n ander v Pienaar14 is egter onomwonde verklaar dat:
"Alhoewel vir sommige doeleindes soos bv. insolvensie 'n vennootskap beskou word as sou dit 'n aparte entiteit wees, is dit inderdaad nie met regspersoonlikheid beklee nie. 'n Vennootskap het regtens geen bestaan apart van die vennote soos bv. 'n maatskappy nie."
Studente mag moontlik verwar word deur die twee op die oog af teenstrydige uitsprake. Suid-Afrikaanse skrywers aanvaar as algemene uitgangspunt dat 'n vennootskap nie 'n regspersoon is nie, hoewel sekere uitsonderings bestaan.15 Vir huidige doeleindes word diè aspek egter die beste uiteengesit deur 'n Engelse skrywer Lindley:16
"THE MERCANTILE AND LEGAL NOTION OF A FIRM
The Mercantile View
Partners are called collectively a firm. Merchants and lawyers have different notions respecting the nature of a firm. Commercial men and accountants are apt to look upon a firm in the light in which lawyers look upon a corporation, ie as a body distinct from the members composing it, and having rights and obligations distinct from those of members.
Hence, in keeping partnership accounts, the firm is made debtor to each partner for what he brings into the common stock, and each partner is made debtor to the firm for all he takes out of that stock. In the mercantile view, partners are never indebted to each other in respect of partnership transactions but are debtors and creditors of the firm...
The Legal View
But this is not the legal notion of a firm. The firm is not recognised by lawyers as distinct from the members composing it. (T)he law, ignoring the firm, looks to the partners composing it, ..... what is called the property of the firm is their property, and what are called the debts and liabilities of the firm are their debts and liabilities. In point of law, a partner may be the debtor and creditor of his co-partners, but he cannot be a debtor or creditor of the firm of which he is himself a member....This non-recognition of the firm...is one of the most marked differences between partnerships and incorporated companies."
Alhoewel veel te sê is vir die erkenning van die vennootskap as 'n regspersoon en daar aanduidings bestaan dat 'n vennootskap (maatchap, sociëteit, compagnieschap) in die Romeins-Hollandse reg wel as 'n"corpus mysticium, een verbeeld lilchaem, of een lichaem op zich zelven" beskou is, het ons howe hier die Engelse reg nagevolg en vir huidige doeleindes moet dus as uitgangspunt aanvaar word dat 'n vennootskap nie 'n regspersoon is nie.17
Die algemene reël is dus dat 'n vennootskap nie 'n party tot 'n kontrak kan wees nie; alhoewel in bepaalde omstandighede moontlik uitsonderings mag bestaan:
"Implicit in this decision (Silbert) is the recognition of the underlying contract between two partnerships. (I)t seems to me that....where as here there was no proof that the plaintiff and Winskoop Belegging were being separately conducted ...their attempt to contract with each other was, seeing they were the same persona, stillborn."18
In die Shingadia-saak is aanvaar dat die onderhawige kontrak wel geldig is, steunende op Engelse gesag en Whitaker v Whitaker & Rowe:19
"The contract sued on, a lease by one partner to a partnership firm, appears to embody a somewhat anomalous relationship, but its validity according to our law is admitted..."
Die standpunt lyk nie logies nie en is reeds betwyfel
"It is submitted that an agreement whereby a person purports to let property to, or hire property from, a partnership of which he is a partner is not a lease because a party to a lease cannot be both lessor and lessee which, since a partnership is not a legal persona, would be the position if such an agreement were to be recognised...."20
Dit is egter duidelik dat regter Clayden in die Shingadia-saak self nie met die standpunt tevrede was nie, want hy laat hom soos volg uit oor die aard van die onderhawige kontrak:21
"It may well be that in a true analysis such a contract is in effect a contract by which the other partners allow the partner who leases the property to use their interests in the partnership property in consideration of an undertaking by him to pay the rent into the partnership funds....On such an analysis the obligation of the defendant to pay the rent is an obligation owed not to the partnership but to his partners, but it is an obligation not to pay money to them but to pay it into the partnership funds."
Die konstruksie van regter Clayden lyk korrek. Hiervolgens is die posisie dus dat W en X deur Y en Z verplig kan word om die huurgeld in die vennootskapsfonds te stort ten spyte van die feit dat die kontrak in naam van die vennootskap met W en X gesluit is.22 W en X se eerste verweer sal dus nie slaag nie (eienaardig genoeg).
DIE AKSIE
Die aspek word onder par 2 hierbo vermeld en word in die Shingadia-saak besprek. Word die slotsom in die Shingadia-saak hier toegepas, moet die aksie ingestel word deur Y en Z en nie deur al die vennote gesamentlik nie. Aangesien 'n aksie ingestel in naam van die vennootskap in werklikheid 'n aksie is wat ingestel word deur al die vennote gesamentlik23 vind dieselfde beginsel ook in die onderhawige geval aanwending en behoort W en X se tweede verweer dus te slaag.
In werklikheid het ons met 'n geding tussen vennote te maak en omdat 'n vennootskap nie 'n regspersoon is nie, kan dit nie as eiser of verweerder in 'n geding teen vennote optree nie24. In die Engelse reg mag 'n vennootskap as gevolg van uitdruklike statutêre voorsiening25 wel aksie in eie naam teen 'n vennoot instel.
Volgens die Engelse skrywer Lindley26 "....an action in name of the firm may be maintained by or against one of its own members...." Sodanige statutêre reëling bestaan nie in die Suid-Afrikaanse reg nie. Word dié verskil tussen die Engelse en Suid-Afrikaanse reg in gedagte gehou, is die gevolgtrekking weer eens noodwendig dat W en X se tweede verweer behoort te slaag.
P DE V REKLAME (EDMS) BPK V GESAMENTLIKE ONDERNEMING VAN SA NUMISMATIESE BURO (EDMS) BPK EN VITAWARE (EDMS) BPK 1985 4 sa 876 (K)
INLEIDING
Hoewel 'n vennootskap nie 'n regspersoon is nie, word in die Insolvensiewet 24 van 1936 as uitgangspunt aanvaar dat die vennootskapsbates ter betaling van die skuldeisers van die vennootskap aangewend moet word, terwyl die bates in die afsonderlike boedels van die vennote tot beskikking van die private skuldeisers gestel word. Die skema van die Insolvensiewet het tot gevolg dat die gemeenregtelike regte van die skuldeisers van die vennootskap ingekort word aangesien hul nie geregtig is om hul vorderings ook teen die boedels van die vennote te bewys nie, maar slegs teen die vennootskapsboedel. Omgekeerd is die skuldeisers van 'n vennoot nie geregtig om hul vorderings teen die boedel van die vennootskap te bewys nie. Die skema van die Insolvensiewet kan slegs toegepas word indien die boedels van die vennootskap en die vennote gelyktydig gesekwestreer kan word soos voorsien deur artikel 13(1) van die Insolvensiewet. Die bepalings van atikel 13(1) is gebiedend. Na die mening van regter Van den Heever is die keuse tussen óf die skema van uitwinning wat die Insolvensiewet bepaal óf die gebruiklike uitwinning ooreenkomstig die gemenereg. Die skema van die Insolvensiewet kan nie maar net halfpad toegepas word deur die boedel van die vennootskap te sekwestreer en nie die boedels van die vennote nie. Indien die boedels van een of meer van die vennote nie gesekwestreer kan word nie (bv omdat die vennoot deur 'n statutêre moratorium beskerm word of omdat die vennote regspersone, soos maatskappye, is wat slegs ingevolge die bepalings van die Maatskappywet 61 van 1973 gelikwideer kan word) kan die vennootskap nie in terme van die Insolvensiewet gesekwestreer word nie, maar moet die gemeenregtelike metode van uitwinning gevolg word. Volgens regter Van den Heever is dit ook duidelik dat die Insolvensiewet as sodanig nooit gemik was op 'n situasie waar die enigste lede van die vennootskap twee ingelyfde maatskappye is nie en waar daar derhalwe nie 'n enkele natuurlike persoon is "wat 'n vennoot is of die vennotskap as sulks kan verteenwoordig nie".
Die "gebruiklike uitwinning ooreenkomstig die gemenereg" is soos volg in Michalow v Premier Milling Co. Ltd.27 beskryf:
"In the absence of special rules of procedure, a creditor 'of the partnership' would be entitled to sue any individual partner for payment of the whole debt and failing satisfaction sue the other partners one by one. Any partner unable to meet the claim would be liable to have his estate sequestrated, and his trustee would be entitled to sue the other partners for pro rata payments of the debts of the solvent member. Some of them may as a result become insolvent and the trustees in those estates would be entitled to claim their return of payments resulting in undue or voidable preferences. The chain reaction and counter action of insolvency and litigation would go on until all the creditors are paid in full or until all the classes of creditors have found equitable dividend levels."
In the Michalow-saak is beklemtoon dat:
"Such a process of liquidation and distribution is so cumbersome and costly that the Legislature substituted for it a practicable, though wholly artificial, scheme for dealing with joint (partnership) debtors who are unable to meet their liabilities. Such a scheme is embodied in the Insolvency Act."28
VENNOOTSKAP, MORATORIUM EN INSOLVENSIE
In geval waar een of meer van die vennote geregtig is op 'n statutêre moratorium (byvoorbeeld ingevolge die Moratoriumwet 25 van 1963) en die vennootskapskuld betaalbaar word voor enigeen van die vennote diens doen, is die tydstip van die instel van die aksie of geding deurslaggewend.
Indien geeneen van die vennote ten tye van die instel van die aksie of geding militêre diens verrig nie kan normaalweg met die aksie of geding voortgegaan word. Die hof waarin die aksie of geding ingestel is, mag dit egter opskort op sodanige voorwaardes as wat die hof goedvind.
Word vonnis in die aksie of geding teen die vennootskap verleen, moet tenuitvoerlegging daarvan allereers teen die vennootskapsbates geskied.29
Indien die vennootskapsbates nie voldoende is om die vonnisskuld te bevredig nie kan ter bevrediging van die restant van die vonnisskuld slegs die bates in die afsonderlike boedel van die vennote wat nie militêre diens verrig nie, uitgewin word aangesien die afsonderlike boedel van die vennoot op militêre diens steeds deur artikel 2(1)(b) beskerm word.30 Na verstryking van sy beskerming sal egter ook sy afsonderlike boedel uitgewin kan word en kan sy vennote ook hul regresreg, indien enige, teen hom uitoefen.
Net so sal in 'n aansoek om die verpligte sekwestrasie van die vennootskap slegs die boedels van die vennootskap en die van die nie-diensdoende vennote gelyktydig daarmee gesekwestreer word maar nie die boedels van die vennote op militêre diens nie. Dié benadering is soos volg verwoord in Partridge v A and R Harrison:31
"The position thus is that there are cases where sequestration of a partnership does not necessarily involve sequestration of the private estates, that the estates when sequestrated are separately administered, and that there seems to be no reason why the legislature should have wished to withhold this protection from the partner on active service."
Die dictum is uitdruklik onderskryf deur regter Van den Heever in Dunlop (SA) Ltd v Olivier:32
"From the provisions of sec 5(5)(b)(i) it seems to me inevitably to follow that the proper course was adopted in the case of Partridge v Harris33 (1940 WLD 265) and, that is, to sequestrate the partnership estate together with the private estate of the member of the partnership not on active service is within the court's jurisdiction."34
Hierdie benadering wat konsekwent in 'n reeks beslissings toegepas is wat oor 'n tydperk van meer as veertig jaar strek,35 is egter onlangs betwyfel in P de V Reklame (Edms) Bpk & Gesamentlike Onderneming van SA Numismatiese Buro (Edms) Bpk en Vitaware (Edms) Bpk.36 Regter Van den Heever bevind dat die bepalings van artikel 13(1) van die Insolvensiewet 24 van 1936 gebiedend is. Indien die boedel van een van die vennote nie gesekwestreer kan word nie, byvoorbeeld omdat die vennoot 'n regspersoon is of 'n moratorium geniet, kan die vennootskap hoegenaamd nie in terme van die Insolvensiewet gesekwestreer word nie, maar moet die metode van gemeenregtelike uitwinning ingevolge die burgerlike prosesreg gevolg word.
Op sy beurt is die eindeffek van hierdie beslissing, met die grootste respek, egter ook nie goedskiks bo alle kritiek verhewe nie37 aangesien 'n concursus creditorum, veral sover dit die aanspraak van vennootskapskuldeisers op die vennootskapsbates betref, onmoontlik gemaak word. Die gemeenregtelike voorkeurreg van vennootskapskuldeisers op vennootskapsbates ingevolge die stelreël ut creditores unius societatis negotationis in eiusdem bonis et creditis praeferantur creditoribus alterius mercaturae38 word ook deur die bevinding in gedrang gebring. Daarbenewens is dit onlogies om die beskikbaarheid van sekwestrasie en die toepaslikheid van die voorskrifte en remedies van die Insolvensiewet afhanklik te maak van 'n blote toevalligheid soos die samestelling van die lidmaatskap van die betrokke vennootskap. Die posisie word vererger deurdat bepalings waarvolgens sekere vennootskappe in terme van die Maatskappywet 46 van 1926 as ongeregistreerde maatskappye gelikwideer kon word, nie opgeneem is in die Maatskappywet 61 van 1973 nie. Soortgelyke bepalings kon egter wel aangetref word in die Britse Companies Act 194839 en die Companies Act 1985.40 Dit verskyn steeds in die Insolvency Act 1986.41 'n Haalbare oplossing vir die "onsekwestreerbare" en "onlikwideerbare" vennootskap sal gevind moet word.42
NB: SIEN OOK Commissioner, South African Revenue Services v Hawkers Air Services 2006 4 SA 292 SCA.
TEMA 7: BESLOTE KORPORASIEREG
AGTERGROND EN BEGRIP; OPRIGTING EN OMSKEPPING
Dostları ilə paylaş: |