Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die historiese ontwikkeling van die beslote korporasie as ondernemingsvorm bondig te kan verduidelik;
2. Kortliks die oogmerke met beslote korporasies te noem;
3. Die onderskeidende kenmerke van die beslote korporasie te kan noem;
4. Die beslote korporasie met ander ondernemingsvorme te kan vergelyk;
5. Die wyse waarop beslote korporasie opgerig was, te kan verduidelik;
-
Die samestellende dokumente van 'n beslote korporasie te kan bespreek;
-
Omskeppings van beslote korporasies na maatskappye te kan bespreek en die gevolge daarvan te verduidelik; en
-
Die impak van die Maatskappyewet 71 van 2008 op beslote korporasies.
Bestudeer:
1. Hoofstuk 33 "Die Beslote Korporasie: Agtergrond en Begrip" pp574-581 in Korporatiewe Reg.
2. Hoofstuk 34 "Oprigting en Omskeppings" pp584-593 in Korporatiewe Reg.
3. Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa2; 12-27.
4. Die Dros (Pty) Ltd v Telefon Beverages 2003 4 SA 207 C.
Doel van voorgeskrewe material
Die Dros (Pty) Ltd v Telefon Beverages 2003 4 SA 207 C: In hierdie uitspraak word verskeie aspekte rakende die regspersoonlikheid van die beslote korporasie aangeraak.
Woordelys:
Beslote korporasie: _________________________________________________
__________________________________________________________________
Samestellende dokumente: __________________________________________
__________________________________________________________________
Stigtingsverklaring: _________________________________________________
__________________________________________________________________
Hersieningsvrae:
1. Lys die belangrikste oogmerke vir die instelling van die beslote korporasie. (5)
2. Lys die onderskeidende kenmerke van die beslote korporasie. (11)
3. Noem die registrasievereistes van ‘n beslote korporasie. (10)
4. Hoe was ‘n beslote korporasie opgerig? Verduidelik. (10)
5. Wat is die samestellende dokumente van ‘n beslote korporasie? (2)
6. Maak ‘n lys van die inhoud van die stigtingsverklaring. (8)
7. Verduidelik die vereistes met betrekking tot die naam van die beslote korporasie. (10)
Kontrole:
Hoofstuk 33
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Hoofstuk 34
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa2; 12-27.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Maatskappyewet 71 van 2008
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Die Dros (Pty) Ltd v Telefon Beverages 2003 4 SA 207 C
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
TEMA 8: BESLOTE KORPORASIEREG
LIDMAATSKAP EN LEDEBELANG
Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die lidmaatskap van beslote korporasies te volledig kan bespreek;
2. Die vereistes vir lidmaatskap van 'n beslote korporasie te kan verduidelik;
3. Die beëindiging van lidmaatskap van 'n beslote korporasie te kan verduidelik;
4. Die ledebelang van 'n beslote korporasie volledig te kan bespreek;
5. Die aard van 'n ledebelang in 'n beslote korporasie volledig te kan verduidelik;
6. Die verkryging van 'n ledebelang in 'n beslote korporasie volledig te kan verduidelik; en
7. Die oordrag van 'n ledebelang in 'n beslote korporasie volledig te kan verduidelik.
Bestudeer:
1. Hoofstuk 35 "Lidmaatskap en Ledebelang" pp596-607 in Korporatiewe Reg.
2. Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa28-41.
3. Kanakia v Ritzhelf 1004CC t/a Passage to India 2003 (2) SA 39 D.
4. Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA.
Doel van voorgeskrewe materiaal
Kanakia v Ritzhelf 1004CC t/a Passage to India 2003 (2) SA 39 D: Handel oor die beëindiging van lidmaatskap.
Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA: Handel oor ledebelang in ‘n beslote korporasie.
Woordelys:
Ledebelang: ________________________________________________________
___________________________________________________________________
Trust intervivos: ______________________________________________________
___________________________________________________________________
Nomine officii: _______________________________________________________
___________________________________________________________________
Lederegister: ________________________________________________________
___________________________________________________________________
Hersieningsvrae:
1. Kan ‘n regspersoon lid van ‘n beslote korporasie word? (1)
2. Mag ‘n beslote korporasie meer as 10 lede hê? (1)
3. Wat is die vereistes vir lidmaatskap van ‘n beslote korporasie? (2)
4. Wanneer kwalifiseer ‘n regspersoon vir lidmaatskap van ‘n beslote korporasie? (2)
5. Hoe word lidmaatskap van ‘n beslote korporasie beëindig? (10)
6. Wat is ‘n ledebelang? (5)
7. Wat is die aard van ‘n ledebelang? (5)
8. Hoe word ‘n ledebelang verkry? (3)
Kontrole:
Hoofstuk 35
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa28-41.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Kanakia v Ritzhelf 1004CC t/a Passage to India 2003 (2) SA 39 D.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
TEMA 9: BESLOTE KORPORASIEREG
INTERNE VERHOUDINGS
Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die vertrouens- en sorgsaamheidsverpligtinge van lede van 'n beslote korporasie te kan bespreek;
2. Die samewerkingsooreenkoms volledig te kan bespreek;
3. Die samewerkingsooreenkoms se doel en funksie te kan verduidelik;
4. Die inhoud van die samewerkingsooreenkoms te kan verduidelik;
5. Die bestuur van die beslote korporasie te kan bespreek;
6. Die omstandighede te kan bespreek waaronder die lede van 'n beslote korporasie regshulp by die hof kan aanvra;
7. Gedinge teen medelede te kan bespreek;
-
Te kan verduidelik wanneer betalings aan lede gemaak mag word;
-
Die verbod op lenings en sekuriteit in terme van a52 te kan verduidelik.
Bestudeer:
1. Hoofstuk 36 "Interne Verhoudings" pp610-623 in Korporatiewe Reg.
2. Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa42-52.
3. De Franca v Exhaust Pro CC 1996 All SALR 503 C.
4. Geaney v Portion 117 Kalkheuwel Properties CC 1998(1) SA622 (T)
5. Gatenby v Gatenby 1996 3 SA 118 E.
6. Hanekom v Builders Market Klerksdorp (Pty) Ltd 2007 3 SA 95 SCA.
7. Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA.
Doel van voorgeskrewe materiaal
De Franca v Exhaust Pro CC 1996 All SALR 503 C: Handel oor trouverhouding en beëindiging van die BK op grond van verbreking van die trouverhouding.
Geaney v Portion 117 Kalkheuwel Properties CC 1998(1) SA622 (T): Handel oor trouverhouding en beëindiging van die BK op grond van verbreking van die trouverhouding.
Hanekom v Builders Market Klerksdorp (Pty) Ltd 2007 3 SA 95 SCA: Handel oor borgstelling en art 52.
Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA: Let op die belang van die samewerkingsooreenkoms.
Woordelys:
Samewerkingsooreenkoms:_____________________________________________
___________________________________________________________________
Wysigbare klousules: __________________________________________________
___________________________________________________________________
Nie-wysigbare klousules: ______________________________________________
___________________________________________________________________
Hersieningsvrae:
1. Wat is die doel van ‘n samewerkingsooreenkoms? (3)
2. Noem die algemene beginsels van toepassing in die afwesigheid van ‘n samewerkingsooreenkoms. (6)
3. Wat is die funksie van ‘n samewerkingsooreenkoms? (3)
Kontrole:
Hoofstuk 36 "Interne Verhoudings" pp610-623 in Korporatiewe Reg.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa42-52.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
De Franca v Exhaust Pro CC 1996 All SALR 503 C.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Geaney v Portion 117 Kalkheuwel Properties CC 1998(1) SA622 (T)
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Gatenby v Gatenby 1996 3 SA 118 E.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Hanekom v Builders Market Klerksdorp (Pty) Ltd 2007 3 SA 95 SCA.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA.
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
TEMA 10: BESLOTE KORPORASIEREG
EKSTERNE VERHOUDINGS
Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
-
Voorinlywingskontrakte van beslote korporasies te kan bespreek;
-
Alternatiewe metodes as voorinlywingskontrakte van beslote korporasies te kan bespreek;
-
Die vermoë en verteenwoordiging van die beslote korporasie volledig te kan bespreek;
-
Die lede van die beslote korporasie as verteenwoordigers van die beslote korporasie volledig te kan bespreek;
-
Nie-lede as verteenwoordigers van die beslote korporasie volledig te kan bespreek;
-
Kortliks die werking van artikel 55 van die Wet op Beslote Korporasies te verduidelik.
Bestudeer:
-
Hoofstuk 37 "Eksterne Verhoudings" p626-636 in Korporatiewe Reg.
-
Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa53-55.
-
Die Dros (Pty) Ltd v Telefon Beverages 2003 4 SA 207 C.
-
Klaas v Summers 2008 4 SA 187 C.
Doel van voorgeskrewe materiaal
Die Dros (Pty) Ltd v Telefon Beverages 2003 4 SA 207 C: Let op die gedeelte in die uitspraak wat handel oor sluiting van ‘n kontrak namens die beslote korporasie.
Klaas v Summers 2008 4 SA 187 C: Hierdie uitspraak handel oor die bevoegdheid om die beslote korporasie te bind.
Hersieningsvrae:
1. Noem die vereistes in terme van artikel 53 van die Wet op Beslote Korporasies met verwysing na voorinlywingskontrakte. (3)
2. Verduidelik kortliks die vermoë en bevoegdhede van ‘n beslote korporasie. (5)
3. Waar staan die beslote korporasie betreffende die leerstuk van toegerekende kennis en die ultra vires reël met betrekking tot verteenwoordiging? (4)
4. Wie kan die beslote korporasie verteenwoordig? (3)
5. Wat is die posisie ten opsigte van aanspreeklikheid van die beslote korporasie waar ‘n transaksie binne die besigheidskring van die beslote korporasie is waar die lid se volmag in die samewerkingsooreenkoms uitgesluit is? (8)
6. Wat is die posisie ten opsigte van aanspreeklikheid van die beslote korporasie waar ‘n transaksie buite die besigheidskring/werkkring van die beslote korporasie is? (5)
7. Verduidelik die werking van artikel 54 van die Wet op Beslote Korporasies. (5)
8. Wat is die omvang van artikel 54 van die Wet op Beslote Korporasies? (4)
Kontrole:
Hoofstuk 37
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa53-55
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Die Dros (Pty) Ltd v Telefon Beverages 2003 4 SA 207 C
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Klaas v Summers 2008 4 SA 187 C
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
TEMA 11: BESLOTE KORPORASIEREG
AANSPREEKLIKHEID van lede; ONTBINDING EN DEREGISTRASIE
Studiedoelwitte:
Nadat u hierdie lesing voltooi het, moet u in staat wees om:
1. Die persoonlike aanspreeklikheid van 'n lid van 'n beslote korporasie as 'n sanksie te kan verduidelik;
2. Die aanspreeklikheid van 'n lid vir die skulde van 'n beslote korporasie te kan verduidelik;
3. Die aanspreeklikheid van 'n lid vir roekelose of bedrieglike bedryf van die besigheid van die beslote korporasie volledig te kan bespreek;
4. Die gevalle van persoonlike aanspreeklikheid van 'n lid van 'n beslote korporasie te kan opnoem;
5. Die gevolge van misbruik van die korporatiewe regspersoon te kan verduidelik;
6. Die strafregtelike aanspreeklikheid van 'n lid van 'n beslote korporasie te kan verduidelik;
7. Die misdrywe geskep deur die Wet op Beslote Korporasies te kan noem;
8. Die administratiewe sanksie in terme van a15 te kan verduidelik.
9. Die likwidasie, akkoord, deregistrasie en ontbinding van ‘n beslote korporasie te bespreek.
Bestudeer:
1. Hoofstuk 38 "Persoonlike Aanspreeklikheid ingevolge die Wet" pp637-646 in Korporatiewe Reg.
2. Wet op Beslote Korporasies 69 van 1984 aa63-65, 15, 26 en 82.
3. Airport Cold Storage Ltd v Ebrahim 2008 2 SA 303 C.
4. G&C Construction v De Beer 2000 2 SA 378 T.
5. L&P Plant Hire v Bosch 2002 2 SA 662 SCA.
6. Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA.
Doel van voorgeskrewe materiaal
Airport Cold Storage Ltd v Ebrahim 2008 2 SA 303 C: Hierdie uitspraak handel oor persoonlike aanspreeklikheid van lede van ‘n bk.
G&C Construction v De Beer 2000 2 SA 378 T: Aanspreeklikheid ingevolge art 63(a) word bespreek.
L&P Plant Hire v Bosch 2002 2 SA 662 SCA: Aanspreeklikheid van lede ingevolge art 64.
Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA: By dood van lid van beslote korporasie moet ledebelang ingevolge bepalings van die samewerkingsooreenkoms mee gehandel word.
Kontrole:
Hoofstuk 38
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Airport Cold Storage Ltd v Ebrahim 2008 2 SA 303 C
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
G&C Construction v De Beer 2000 2 SA 378 T
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
L&P Plant Hire v Bosch 2002 2 SA 662 SCA
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
Schwartz v Pike 2008 3 SA 431 SCA
|
Gelees
|
Opgesom
|
Geleer
|
TEMA 12 EN13 STOKVELS
Definisie en regsaard van ‘n stokvel
Nadat u hierdie module bestudeer het, moet u in staat wees om:
1. Kortliks die historiese ontwikkeling van stokvels te verduidelik;
2. Te verstaan en te kan verduidelik wat ‘n stokvel is;
3. Te kan onderskei tussen die verskillende soorte stokvels;
4. Te kan verduidelik wat die voordele en die nadele van stokvels is;
5 Te kan verduidelik of ‘n stokvel ‘n vennootskap is;
6. Die stokvel met ander ondernemingsvorme te kan vergelyk;
7. Die waarde van die stokvels as ondernemingsvorm te kan bepaal.
Bestudeer:
Die koerantberigte hierby aangeheg asook u eie klasnotas.
U kan ook die volgende lees indien u meer oor stokvels wil weet: “Die stokvel. ‘n Ondernemingsregtelike studie.” DHC van der Merwe Transactions of the Centre for Business Law No 26. 1996. Bloemfontein: UVS
Die stokvel
Geskiedkundige agtergrond
Die term "stokvel" het gedurende die vroeë 1800’s in die Kaap ontstaan tydens die roterende beesveilings (stock fairs) van die Engelse setlaars. Gedurende hierdie veilings het ʼn groep mense ʼn kudde beeste gekoop en dit dan onder mekaar verdeel.
Na die ontdekking van goud op die hoofrif van die Witwatersrand, het ʼn goudstormloop baie mense van regoor die wêreld na die Witwatersrand gelok. Baie van die mense wat na die Rand gestroom het, was manlike werkers uit die Kaap en hulle het die stokvelkonsep saamgebring. Die slegte omstandighede waaronder hierdie mense moes werk en lewe, het baie mense aan cholera, waterpokkies, tuberkulose en maagkoors laat sterf. Begrafnisse is baie belangrik in swart samelewings en werkers het begin om begrafnisverenigings te stig. Dit was 'n soort stokvel om hulle te help om die groot uitgawes van die begrafnisse te hanteer. Die moderne stokvelbeweging dateer dus terug uit die middel van die 19de eeu en het oorspronklik uit die begrafnisverenigings gegroei wat deur migrantewerkers uit Afrika gevorm is.
Die stokvel is steeds aan die Suid-Afrikaanse samelewing bekend en word in verskeie vorms gevind. Die Nasionale Stokvel Assosiasie van Suid-Afrika (NASASA) is in 1988 gevorm en het ʼn ledetal van 11 500 groepe met ongeveer 150 000 individue wat aan hierdie groepe behoort. Daar is ongeveer 8 000 lede in die NASASA Begrafnisskema. Integrated Market Research het in 1994 bevind dat 26% van die Suid-Afrikaanse bevolking lede van stokvel- of begrafnisverenigings is; die gemiddelde inkomste van lede was R450 00 per maand en die omset van stokvels in Suid-Afrika was R200 miljoen per maand. In 1997 was daar ten minste 800 000 aktiewe stokvels in Suid-Afrika, met 'n totale ledetal van ongeveer 10 miljoen mense, wat 'n formidabele ekonomiese mag verteenwoordig.
Die enorme groei van die stokvelbeweging het gelei na die vorming van ʼn ‘super-stokvel’, die Nasionale Stokvelassosiasie van Suid-Afrika (NASASA). Dit is geregistreer as ʼn ‘assosiasie sonder winsbejag," verteenwoordig die belange van die beweging landswyd, onderhandel voordele vir sy lede by banke, versekeringsmaatskappye en handelsfirmas, en poog om sy eie finansiële instellings te vestig. Dit bestuur ook 'n begrafnisskema. Lede betaal jaarliks ʼn R30 fooi.
Dit het met ʼn groot Suid-Afrikaanse bank die People's Benefit Scheme (PBS) gereël om 'n stokvel of ‘groep’ te help om sy eie fondse doeltreffend te bestuur en om ʼn finansiële prestasierekord te verkry. Die skema dek spaarrekeninge en vaste deposito’s, bied groepleenfasiliteite aan en beskik oor sy eie eenheidtrustmaatskappy.
Wat is ʼn stokvel
ʼn Stokvel is gebaseer op tradisionele Afrikakonsepte van selfhelp en onderlinge ondersteuning, en bestaan uit ʼn groep mense wat gevorm is om hulle te verbind om gereelde bydraes te maak in ʼn gemeenskaplike fonds waaruit elke lid onttrekkings kan maak, gewoonlik vir ʼn spesifieke doel. In baie stokvels word die geld in die poel om die beurt aan elke lid toegeken om hom of haar in staat te stel om groot kontantaankope te maak.
ʼn Stokvel is ʼn soort krediet-unie waaraan 'n groep mense behoort en hulle verbind tot 'n ooreenkoms om weekliks, tweeweekliks of maandeliks ʼn vaste bedrag geld in ʼn gemeenskaplike poel te deponeer.
Stokvels is dus klubs of sindikate wat in Suid-Afrika as roterende krediet-unies funksioneer, waar lede vaste bedrae geld op ʼn weeklikse, tweeweeklikse of maandelikse basis bydra. Elke maand ontvang ʼn ander lid die geld in die fonds wat gedurende daardie periode ingesamel is, en niemand bly ooit in gebreke om sy bydrae te lewer nie. Die lede kan dan die ingesamelde fonds vir eie gebruik aanwend, as 'n betaling, of vir beleggingsdoeleindes. Hierdie stokvels is vir verskeie beleggingsfirmas in Suid-Afrika ʼn teiken, Hulle hoop om hierdie informele spaarskemas in die hoofstroom van die finansiële wêreld in te trek. Desondanks is die stokvels steeds grotendeels deel van swart Suid-Afrikaanse gemeenskappe en dit sal waarskynlik vir ʼn hele aantal jare so bly. (http://en.wikipedia.org/wiki/Stokvel 11/9/2010)
Die volgende is variasies van die woord “stokvel” of ander name wat in Suid-Afrika vir hierdie soort onderneming gebruik word: Stockfel; Stockfair; Gooi-gooi; Mahodisana; Mohodisana; Kuholisana; Umgalelo; Chita; Chitu; Istoki.
Die meeste outeurs beskryf ʼn stokvel as ʼn roterende krediet-unie wat deur 'n groep deelnemers gevorm is en wat ooreengekom het om weekliks, tweeweekliks of maandeliks gereelde bydraes tot ʼn gemeenskaplike poel te maak. Geld uit daardie poel word dan ten volle of gedeeltelike aan elke deelnemer betaal. Dit word op ʼn roterende basis of tydens finansiële nood uitbetaal.
Die samestelling van ʼn roterende krediet-unie kan in vereenvoudigde terme soos volg verduidelik word: ʼn Aantal mense kom ooreen om op ʼn gereelde basis byeen te kom en tydens die gebeurtenisse ʼn bydrae te maak. Die bydraes word dan aan ʼn sekere lid van daardie groep gemaak. Tydens die volgende byeenkoms word weer bydraes gemaak, maar dit word aan ʼn ander lid van die groep gedoen. Hierdie prosedure word herhaal tot dat elkeen in daardie groep ʼn betaling ontvang het. Veronderstel dat daar 10 mense in die groep is wat maandeliks vergader en ʼn bydrae van R100 word gemaak. Oor verloop van 10 maande sal elke lid van daardie groep ʼn bedrag van R1000 (10 x R100) bygedra het, om die bedrag van R1000 te ontvang.
Party mense beskou ʼn stokvel as ʼn spaar-assosiasie, en ander beskryf ʼn stokvel in terme van sy maatskaplike funksie.
Die Bankwet, nr. 94 van 1990, definieer ʼn stokvel deur aan te dui dat “stokvel-aksies” nie beskou word as aksies wat binne die bestek van handeldryf van 'n bank val nie, alhoewel dit lyk asof party van die definisies van 'n stokvel wel in staat is om onder die "finansieel georiënteerde stokvels" onder die voorwaardes van afdeling11 van die Wet op Banke te sorteer. Verwys na die definisies in GN 2173, gepubliseer in GG 16167 van 14/12/1994.
Die mening word tans gehuldig dat stokvels nie die insameling van geld en die stoor daarvan in spaarrekeninge en vaste deposito’s is nie. Stokvels moet moderne handelseienskappe gebruik en dit versmelt met hul eie tradisionele Afrika waardestelsels. Stokvels loop baie winsgewende SEB onderhandelings mis. Die Nasionale Bemagtigingsfonds word gebombardeer deur maatskappye wat hul aandele aan breedgebaseerde groepe wil verkoop, maar hulle kan dit nie opspoor nie.
Sekere organisasies wat daarop roem dat hulle stokvels is, kan in werklikheid besig wees met onwettige, word-gou-ryk ‘piramiede-skemas’ wat buitengewone hoë rente op beleggings aanbied, maar betalings uit lede se lopende bydraes maak sonder om genoeg kapitaal in reserwe te hou. In 1996 het ʼn organisasie ʼn wins van 300 persent aan sy 53 000 lede gewaarborg en sy fondse is deur die Registrateur van Banke gevries. Dis het gebeur toe die Registrateur bevind het dat die ongeveer R50 miljoen besit het – R40 miljoen meer as die R9.9.miljoen limiet vir stokvels, soos deur die Bankwet bepaal word.
Dostları ilə paylaş: |