Dear Client



Yüklə 129,67 Kb.
səhifə2/3
tarix01.08.2018
ölçüsü129,67 Kb.
#64797
1   2   3
Lutzville geland.
Groete mariana carosini cassie.caros@gmail.com

Hallo Theuns

 

Stuur asb. as die tyd daar is, inligting oor "Skoon Buurt"Dit sal waardeer word.Woonagtig in Kaapstad in Goodwood area.Baie dankie gert steenkamp gertsteenkamp65@gmail.com


Hallo TheunsOns hier op Edenburg in die Vrystaat, is tans besig om ook n veldtog te loods om dieselfde ding te doen as julle.Ek is aangese om bietjie by jou kers op te steek oor hoe julle die ding bedryf, bv. waar julle fondse kry, waar jy begin en waarnatoe jy werk.Ek sal baie bly wees as jy dalk net vir my ‘n paar idees en planne kan gee. Van die idees wat ons het, is om met die magistraat te gaan praat, en te vra om nie boetes en tronkstraf vir klein misdade soos bv. aanranding ens te gee nie, maar om liewer gemeenskapsdiens te gee, en dan sulke mense te gebruik om bv. te help met ons projek.Vriendelike groete. James Thomson (JD) thomsojd@telkom.co.za

Theuns,  Ek  lees  die  goed  wat  jy  vir  Marita Visser  stuur, Ken  of  nie – BAIE  GELUK  met  jul  projek – dit  is  merkwaardig  wat  julle  op  Bonnievale  regkry.  Sulke  sukses  is  werklik  soos  ‘n  droom  wat  waarheid  word,  juis  omdat  sulke  gemeenskap  samewerking  ongekend  is.   Die  meeste  gemeenskap  werkers  sal  so  ‘n  projek  nie  eers  oorweeg  nie  eenvoudig  omdat  samewerking  nie  realiseer  nie.  Vandag  se  politiek  is  een  van  die  hindernisse.Ons  poog  huidig  op  Theunissen  om  iets  van  die  grond  te  kry,  en  as  ons  net  10%  van  jul  sukses  kry  sal  ek  oor  die  maan  spring.  Dankie  vir  jul  info  en  meer  sukses  nog  toegewens. Mooi  dag  vir  jou, Manus Putter manusput@mweb.co.za




Beste Theuns,Ek het van jou praatjies op RSg gehoor van die werk wat julle doen. Ons is tans besig om iets soortgelyks te beplan vir ons dorp, Griekwastad. Dit is tans ‘n baie vervalle dorpie maar ons het besluit om te doen wat ons kan in die verwagting dat dit net better kan gaan as wat nou die geval is.Tydens een van jou praatjies het jy genome dat jy ‘n “projekplan” of so iets opgestel het om die mense te motiveer en hoop te gee. Ek wil graag hoor of dit moontlik sal wees om dit aan my te stuur as ‘n voorbeeld aangesien ek dieselfde idée het. Dit kan my baie help en jou moeite sal oprteg waardeer word. Baie sterkte en seenwense vir julle met die wonderlike werk wat julle doen. Hoor graag van jou.Groete Piet Otto pietotto@lantic.net

Hallo,Ek sal graag inligting wil kry oor julle Droom vir Bonnievale projek.  Ek weet nie of julle dalk soos ‘n nuusbrief het nie. DURBANVILLEDankie Cecile admin@machoyrsa.com

Geagte Mnr Theuns Coetzee Ek woon in Deneysville in die Vrystaat (by die wal van die Vaaldam). Deneysville is ‘n dorpie met sowat 1200 huise waarvan sowat 25% vakansiehuise is. Dit is ook ‘n toeriste / naweek bestemming waar veel besoekers oor naweke kom uitkamp, visvang, bootry, skie en aan regattas deelneem. U gesprek oor die radio oor Bonnyvale waarna  ek geluister het, het my geïnteresseerd gemaak om meer te weet van die filosofie wat julle in Bonnyvale toepas.Ek weet nou dat Bonnyvale in die Oos-Kaap is, in die Karoo (naby Molteno), alhoewel ek nie ‘n duidelike prentjie kan kry op Google Earth nie.Meer oor Deneysville se dilemma:

         Deneysville skakelin by die Metsimaholo Munisipaliteit (Sasolburg en omgewing) en swak dienslewering en verwaarlosing is aan die orde van die dag.

         Ons het ‘n belastingbetalers vereniging (DRAC) wat probeer om die samewerking met die munisipaliteit te verkry om beter dienslewering te bewerkstellig. Oor die jare was daar ‘n geringe verbetering maar VêR van voldoende.

         Ons dorpie gaan met rasse skrede agteruit en ons vorder nie veel met hulle nie. Dieselfde probleem soos in meeste van die munisipaliteite, dat die aanwending van die fondse totaal onbepland en onbeheerd is en dat daar nooit fondse is vir die nodige kapitaal benodigdhede en instandhouding nie. Ondernemings en beloftes word nie nagekom nie en dinge word toegelaat om tot gaos te verval.

         Ons het al oorweeg om belastinggelde te weerhou deur dit in ‘n trustfonds te betaal, maar dis nie ‘n oplossing nie, dit polariseer en marginaliseer meer as wat dit help. Dit bly ook steeds teen die wet.

         Wat ek van u praatjies oor die radio gehoor het is dat julle ‘n ander filosofie het waarby almal betrek word en waar die hele gemeenskap gemobiliseer word om eienaarskap te aanvaar vir die wel en weë van die dorp.



Vrae

         Om die munisipale dienste oor te neem kos geld.  Waar kry julle fondse?

         Tot watter mate het Nasionale Belastingbetalers Unie (NBU) julle kon bystaan?

         Wat is die houding van die munispaliteit aangesien julle nou hulle taak oorneem en hulle as’t ware uitskakel?

         Sien julle kans om hiermee voort te gaan sonder dat fondse uit die begroting beskikbaar gemaak word?

         Sal volgens julle vooruitskatting, die munisipaliteit uiteindelik hulle normale funksies wil oorneem as ‘n gevolg van die aksies deur julle ?

         Verwag julle dat dienslewering deur die munisipaliteit weer uiteindelik op “standaard” sal kom? 

Kan u my meer inligting gee oor julle filosofie en waar dit julle in die toekoms sal bring. Ek wil graag genoeg inligting hê om dit voor die Drac-komitee te lê vir bespreking.Die uwe Chris Henning chrishen@telkomsa.net



Goeie dag Theuns.Ek wil graag 'n verskil in my omgewing maak. Soos by bv. die park naby my opknap en skoon hou vir misdaad bekamping ens.Ek bly in Clubview Centurion.Hoor graag van jou Baie dankie Dawie Lamprecht dawie@tensile.co.za













Dag sé, Theuns, Dink jy besonderse mens met jou veldtog om ons dorpe weer mooi te maak, en torts op ons mense!

Dit pla my al jare, dat daar waar HOP-huisies gebou word als gestroop is van enige groenigheid.



Kan daar nie n veldtog begin word, dat voor n hop-huis se sleutels aan die nuwe eienaar gegee, daar n boom geplant word nie, en dan iemand in daai familie bemagtig om die Boom te versorg? Maar net gedink. Voorspoed met jou onderneminge.Linette Verster linetteverster@telkomsa.net

Hi Mnr Coetzee 'n Pal van my het my gese^ om te gaan kyk wat gaan in Bonnievale aan omdat julle besig is om iets reg te kry op plaaslike regerings vlak. Maar ek kry niks op die net nie. Nou hoor ek jou op rsg. Is daar erens op die internet dat ek kan gaan lees wat julle aanvang. Anders wat is die kanse van 'n gesprek. Ek haar hoe ons dorpie Ficksburg in die Oos Vrystaat lyk en wil graag iets daaraan doen. 

Groetnis Robbie Scholtz rmscholtz@gmail.com


Goeie Dag Theuns en dankie vir die mooiwerk daar in Bonnievale.Het U dalk fotos van u huidige en vorige projekte?

Ek sal graag die vordering in Bonnievale wil sien.DankieEdward Jacobs Jacobs, Edward ejacobs@plascon.co.za



Theuns Weer eens dankie vir die breedvorige inligting wat ons ontvang het. Ons sal beslis van die inligting en riglyne kan toepas. Dit wil egter vir my voorkom  of julle op ‘n redelik kompakte geheel kan fokus terwyl ons  munisipale substansie-eenheid erg gediversifiseerd is, dit is: Heilbron munisipalegebied soos dit voorheen bestuur is, het tans die volgende inwonersgetalle nl. wittes: 2, 000; Kleurlinge 2, 000 en swartes 60, 000. Heilbron word deur die munisipaliteit van Parys bestuur met omtrent mense-getalle  ekwivalent aan die Heilbrongebied, verder word twee ander kleiner dorpsgebiede nl. Koppies en Edenville ook ingesluit in Parys se bestuur. Gedurende die afgelope jaar het ‘n oudit verklaar dat die munisipaliteitby die bankrotpunt geland het. In terme van opgradering is ook tot op hede duidelik dat indien ‘n regrukaksie suksesvol uitgevoer wil word dit wel van onder gedryf sal moet word, dat dit nie‘n kort termynstorie sal wees nie en dit het ook prominente  tentakels wat obstruktief in die pad staan.Groete JH Lewis lewisj@skysat.co.za

Theuns Ek het vroeer vanoggend telefonies met jou gesels. Dankie vir jou geduld om raad te gee en hierdie mail te antwoord...Ek self was en is verskeie jare al betrokke by Toerisme en het al honderde bome geplant... steeds is ons dorp warm en kaal! Mense breek eenvoudig dit af wat ons plant en die natmaak van die bome is ‘n probleem.*Vantevore het ons Munisipaliteit bome geskenk met boomstutte, maar die stutte word gebreek, gesteel, gebuig. Het jy ‘n plan hiervoor!?!*Besighede moes bome aanneem buite hul geboue en dit water gee. Sommige doen, baie vergeet of is moedeloos (hulle hol al met emmers as ek aankom!!!). Het jy raad?*Die Munisipaliteit is weer bereid om bome te skenk, maar dit is die maklike deel. Hoe oortuig ons hulle anders of hoe raak hulle betrokke? *Opvoeding!!! Hoe leer jy mense om bome te respekteer!?!* Ons Cederberg Munisipaliteit sluit in Citrusdal, Clanwilliam, Lambertsbaai, Elandsbaai en Graafwater. Die kantoor is op Clanwilliam en hulle fondse en betrokkenheid is sigbaar daar. Hoe anders kan Clanwilliam ‘n dorp van die jaar wees en Aspoestertjie Citrusdal verval so. Ons strate is vol potholes, ons sypaadjies verwaardloos.Ek stem heeltemal met jou saam dat mense self verantwoordelikheid moet aanvaar vir hulle direkte omgewing. Ons het egter ‘n plan nodig om mense betrokke te kry. Hierin lê die groot uitdaging, want daar is ‘n Verfraaiingskomitee  en ‘n Estetiese komitee  en  ‘n Leefstylklub, ens. Gee asb raad hoe om hierdie groepe te trou.Lekker dag Mariet SmitBoschkloof FarmCitrusdal boschkloof@kingsley.co.za

Hi TheunsWil darem net se jy is 'n inspirasie vir enige ou wat iets wil doen .Ek is self 'n pastoor by 'n klein gemeente in Potchefstroom.  Ek het ook onlangs begin met 'n projek om ons kerk en pastorie op te knap, en besef self hoe traag meeste mense is om te help. Al bly ek nie in jou dorp nie is ek skoon lus om ons onmiddelike omgewing te omskep
Sterkte Cassie Esterhuizen Cassie cassieesterhuizen@gmail.com

    Beste Theuns,   Ek luister met belangstelling na julle harde werk! Tydens die inbelprogram op RSG was daar baie skerp kritiek op Bloemfontein, so ek wil net vir jou vertel 'ons is darem nie almal so nie'! In die woonbuurt Universitas het ’n klompie inwoners 6 jaar gelede eienaarskap geneem van ’n speelparkie, wat oor etlike jare verval het tot ’n rommelhoop. Ek stuur vir jou ’n 'voor' foto, nadat ons reeds die rommel opgeruim het, en die res van die foto's is die 'daarna's'.Ons het met die samewerking van Omgewingsake ’n bewarea gestig. Hulle het ook vir ons baie plante, ens. geskenk. Ons plaaslike munisipaliteit (Mangaung) o.l.v. Dawie Coetsee van Parke, lewer ook ’n reuse bydrae. Hulle het aanvanklik vir ons 25 bome geskenk, ’n besproeiingstelsel aangelê, en diens ook gereeld die vullisdromme. Tans is sowat 20 huisgesinne ingeskakel. Elkeen gee maandeliks ’n klein


finansiele bydrae, ons hou 4 keer per jaar vergadering en eenkeer per jaar ’n 'parkiepiekniek' op ’n Sondagmiddag ( Sien ook foto.) Ons ruim daagliks die parkie op, en eenkeer per week betaal ons ’n gereelde tuinwerker vir die tuinwerk. Hy doen ook baie waardevolle skakelwerk deur die werkers wat daagliks deur die parkie beweeg te vertel wat ons doen, en gedurende die
somer deel hy plantjies uit aan almal wat belangstel. Van die werkers, wat aanvanklik baie apaties en agterdogtig was, het nou uit eie beweging 'eienaarskap' van die parkie begin neem, en help ook opruim wanneer hulle sien dis nodig. Drie jaar gelede het ons, a.g.v. die baie herwinbare rommel wat ons daagliks in die parkie optel, begin met ’n klein herwinningsinisiatief, as ’n diens
aan die buurt. Eenkeer per week bring die mense hulle herwinbare rommel na die parkie, waar dit gesorteer en opgelaai word deur ’n plaaslike herwinningsbesigheid. Sterkte met julle goeie werk, dis verseker nie elke dag maanskyn en rose !
Groete van Veronica Verwey, sekretaresse, Kwartspark bewarea.Cleggsingel 1 , Universitas, Bloemfontein. Tel. 051 5223067 Marthinus Verwey verweymv@gmail.com

Goeie dag Theuns Ek het jou berig oor “Droom vir Bonnievale” in Sondag se koerant met oorgawe gelees en dit het my weereens laat besef hoe belangrik dit is om werklik betrokke te raak in jou eie gemeenskap.Ons mense in Suid Afrika het eintlik lui geword en verwag te veel van die regering en munisipaliteite maar aan die anderkant is ons ook bewus in watter chaos sekere munisipaliteite verkeer.Ek is ‘n boorling van Elim,’n pragtige sendingstasie van die Morawiese kerk is SA. Ek is intens betrokke en baie aktief in ons gemeenskap en dien nou reeds my derde termyn van drie jaar elk as voorsitter b=van ons plaaslike Opsienersraad – wat eintlik alle munisipale dienste aan ons inwoners lewer. Ons is gelee binne die grense van die Kaap Agulhas Muinisipaliteit maar oor die jare heen ,vir meer as 180 jaar, lewer die plaaslike raad alle dienste aan die gemeenskap.Ons oorweeg dit om direk onder die munisipaliteit in te skakel maar aan die anderkant wil ons ook self versorgend bly as ons lees en sien in watter toestand ander gemeenskappe onder munisipaliteite verkeer.Ons het nou so 4 maande gelede begin om daadwerlik te begin werk aan die voorkoms van ons dorp. Ons het reeds 100 bome op die werve geplant en hier staan nou weer 200 wat geplant moet word.Ek is ingestel om ons dorp meer aantreklik te maak aangesien ons dorp ook baie bied aan die toeris.Vir my is dit belangrik om te weet daar in ander mense met dieselfde passie by wie ons kan kom kers opsteek asook om net te praat oor al die moontlikhede in ons dorpe. Jy ondervind ook seker wat ek baie en elke dag ondervind – die negatiewe dinge van die negatiewe inwoners wat nie ‘n voet of hand verroer nie.Ek sal dit waardeer indien ons miskien in die nabye toekoms kan ontmoet want ek wil by jou weet wat jy gedoen het en wat jy nog beoog om veral meer inwoners betrokke te kry.Ek kan jou daarvan verseker dat die moontlikhede in Elim baie wyd is.Baie geluk en sterkte met jou visie en werk binne jou dorp en gemeenskap. Paul Swart pjswart63@gmail.com

Hallo Theuns, Jong jy maak waves hier in die Vrystaat!  Ek  sê vir almal om op jou poslys te kom, selfs verlede week op 'n AHI vergadering in Bloemfontein het hulle van jou gepraat. Wys jou net hoe nodig almal iets positiefs het, en hoe hulle daarby wil inkoop.Sterkte,Marieta marietav@telkomsa.net

Goeie dag Theuns,Ek het na jou gesprek met Amoré op RSG geluister en dit insiggewend gevind.Jy word seker oorval met e-pos boodskappe en nou pla ek ook nog.Ek loop ook al lank met die gedagte om ook hier op my tuisdorp die omgewing te verbeter en mense betrokke te kry(alle gemeenskappe).Die dorp is baie skoon ,maar daar is ruimte vir verbetering.Ek wil graag weet of julle ‘n konstitusie ,missie verklaring of so iets opgestel het voor julle begin het? Indien wel, sal jy bereid wees om dit met my te deel?Baie dankie vir jou tyd in die besige program.Groete en sterkte met julle dorp.Ben Coetzee.B R Coetzee Ben Coetzee Prokureurs | Attorneys  benc@igen.co.za

Geagte Meneer Coetzee,Ek het van u tehore gekom tydens ‘n strategie werkswinkel vir die Riviersonderend gemeenskap.Ons, as plaaslike besigheids- en gemeenskapsleiers is in die proses om die vooruitgang van Riviersonderend te dryf deur samewerking.Ons beplanning sluit o.a. in die herwinning van trots op ons dorpie. Indien u bereid is om u ondervinding en kennis met ons te deel uit die ontwikkelling van Bonnievale /Ashton sal ons dit opreg waardeer.Groete… sonderendAlta de Wet Professional Accountant (SA) Alta de Wet info@rivier.co.za

Theuns Waardering vir die omvattende inligting wat reeds hierheen deurgekom het.Dit klink baie logies en ook bevatlik vir toepassing. Dit is baie voordelig om van die begin af aan inligting te kry uit die oord van ‘n wenresep. Dit kan moontlik uitskakel dat ons nie self van vooraf ook weer die wiel moet uitvind nie.Jou aktiewe belangstelling word op prys gestel!Groete Jan lewisj@skysat.co.za

Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mense wat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaar, sodat jy `n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap kan verander.En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glo dat jy `n verskil kan maak in hierdie wêreld, sodat jy dinge kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie.  Amen (`n Ou Fraciskaanse seën) Elmine
Hi Theuns! Het na jou praaitjie op RSG geluister. Dis lekker om te hoor dat iemand initiatief neem en Bonnievale se potentiaal ontwikkel as toeriste attraksie en dorp. Well done aan jou en almal wat betrokke
is. Dink ek praat namens alle oud Bonnievalers. Groete Carel carelmalherbe@gmail.com
Liewe, liewe Theuns en almal op Bonnievale,Ek wil julle kloon en oral op die wêreld sit!!!BAie, baie dankie vir wat julle doen, en veral dat jy Theuns gaan sit en dit neerskryf sodat ons daarin kan deel.Hou so aan!Droomgroete,MArieta

Theuns, Dit is wonderlik om die vordering so te volg .Dit is so sigbaar dat jy dit kan aanraak want julle klein getal se werk word verseker geseen As ek n gedagte mag deurgee kan vrugte draende bome in versierings groepering aangeplant word ,drink net aan die bloeisels , geur van blome en dan die werklik vrugte ja dit is en bly die vrug van die arbeid en met voeding en gesondheids waarde Genade vir julle mag meer dorpe begin om julle te volg   Daar is natuurlik ook nog die groente  _door size --- al wat nodig is  en vrugte aanplantings op elke bewoonde erf te

 Groete  waardeer terugvoering Plettenbergbaai Pierre Botha pierre@pabotha.co.za

 

Baie dankie vir die fotos!!  Dis wonderlik en wat `n inspirasie!! Wou ook net sê dat ek `n paar saadjies geplant het by `n paar raakvat-vat geen nonsens- vrouens!!  Moet erken dat ek soveel hooi op my vurk het, dat ek nie weet hoe, wanneer en waar nie, maar dit is hoog tyd dat ons weer trots kan raak op ons dorp en hul mense.  My Ma het Woensdag kom kuier - sy bly nou in die Noord Kaap en weet jy, elke keer as sy hier kom dan praat sy net van hoe alles agteruit gegaan het.  Ons kom dit nie meer agter nie, want ons word stelselmatig aan dit blootgestel.  Jy praat ook van Wendy huise - by ons is dit hierdie liederlike oprol garage deure en die Zimbabwears wat op die sypaadjie hulle klere, gadgets en nonsens uitpak.  My maag sit meestal in my keel en voel meer na weghardloop, hoor!!   Gelukkig is die einde in sig en kan ons weer asemhaal! 



Mooi naweek!

Beste TheunsEk het oor die radio gehoor van julle sukses met Bonnievale. Hier by Heilbron in die Vrystaat is daar tekens van so ‘n inisiatief. Die basis van sukses sal egter wees of daar funksionele samewerking net die munisipale amptenare bewerkstellig kan word.Of dit in die Vrystaat moontlik is, is twyfelagtig. Daar bestaan tans egter nie ‘n ander werkbare opsie nie. U was suksesvol en indien U ‘n werkbare logistiek aangeken het, kan dit moontlik en hopelik in sommige opsigte nagevolg word.Beste wenseHoe lyk dit! Jan lewis   lewisj@skysat.co.za

Dankie vir jou terugvoer op my skrywe sowel as die e-pos oor die DROOM VIR BONNIEVALE. Dit is regtig bemoedigend. Dit gee my nuwe moed en met julle inspirasie sien ek kans vir die KERK in BEAUFORT-WES. gerritmassyn@vodamail.co.za

Hallo mnr Coetzee Jy't my so geinspireer. Ons het tot vier jaar terug op Calitzdorp gewoon, waar die polisiestasie vir baie jare die prys vir die netjiesste tuin voor ander weggeraap het. Nou hoor ek is julle die trotse titelhouers.  Hoe dit vandag daar lyk, weet ek nie, maar ek onthou hoe Sandy Alpert ('n "inkommer" soos ek) sommer op die sypaadjie rotstuin gebou het, en hoe die munisipaliteit haar wou verplig om dit af te breek.'n Vriendin, Briëtte Barry, het die een na die ander lieflike projek aangepak en al haar vriendinne saamgesleep om die dorp te verfraai. As VLV het ons elke liewe jaar in September twee of meer bome by verskeie skole geplant - baie van hulle is vandag groot koelte- of eksemplaarbome. Ek onthou hoe ons soms gereedskap ten duurste moes huur om deur die dorbank te breek. Ons het wyle Christo Pienaar vir 'n dag daar gehad om te hoor wat ons waar kan plant: Jan Hagen het gereeld kom raadgee... tog jammer die jongeres neem nie met dieselfde geesdrif oor by ons nie. 

Daar staan nou nog (voor die munisipale gebou) 'n reuse palmboom wat ek ter viering van die geboorte van ons vierde kind geplant het. Ek wens dikwels ek het die geld gehad om sommer 10 te plant, want dan sou die dorp nou, 23 jaar later, baie groener gewees het. Die woongebied buite die dorp was 'n belewenis:  'n klomp vuil, grys strate, dan een waar elkeen probeer om meer te pronk as die ander. So mooi jy wil trane in jou oge kry.Ag, ek het nie eintlik 'n vraag of positiewe bydrae nie, want vandag woon ek in die Oos-Kaap, werk ek my oor 'n mik, en het ek nie tyd of energie om so betrokke te raak nie. Ek wil net vir jou en jou dorp sê bravo! Wanneer ek oor twee weke Kaap toe ry, gaan ek vir seker deur Bonnievale ry.

Groetnis


Goeie middag Theuns,Ek het ongelukkig bietjie laat ingeskakel en kon nie van al jou goeie dade hoor nie.Dit is vir my wonderlik om te weet daar is mense met soveel “GUTS” .Dit steek my dwars in die krop om te sien hoe ons dorp agteruit gaan.Ek wil al so lankal iets probeer doen om dinge te verander.Ek sal graag van jou idees wil kry om dieselfde in ons dorp te doen. Ek bly in Kriel, naby Secunda, Witbank en Bethal.Baie voorspoed vir jou wonderlike idees.Hoor graag van jou.Lekker dag. Môre Theuns,Baie dankie vir jou terugvoer, ek het darm al begin maar wil nou die swart gemeenskap betrek. Hulle is die mense wat met die grootste probleme sit.Ek het die stadsraad mal gemaak oor gate in die paaie en drains waar die staal deksels gesteel is. Ek het so tekere gegaan en op die ou end met `n blanke man gepraat wat eers die foon in my ore neergegooi het maar toe na my huis gekom het nadat ek hom terug gebel het en gesê het niemand gooi die foon in my ore neer nie.Ek besef hulle dilemma, my suster werk ook vir die stadsraad en hulle hande is afgekap.Hy en ek is nou eintlik vriende want die volgende dag het hy die teerpaaie wat nou grond paaie is reggemaak waar dit die ergste was. Ek sal dit waardeer as jy die inligting kan aanstuur, ek ondersteun jou volkome. Ons het meer mense soos jy nodig.Lekker dag,Rina

Hi Martina, Theuns en Carina! 

Martina, dankie dat jy deurgekom het na die partytjie – dit was heerlik om jou te sien!! 

Aangeheg is inligting wat ek voorlopig afgetrek het van die web en ook kontakbesonderhede.  Ek het kontak gemaak met Green Gardian asook met Carina – hulle is almal baie behulpsaam en vriendelik! Carina stuur gereeld hul nuusbrief en ook hulle aktiwiteite vir my deur – dit is ongelooflik wat hulle vermag.  Gelukkig is julle naby aan Jbay, Martina – julle kan gaan kyk wat hulle doen!!  Theuns, sal jy dalk vir Martina ook `n paar eposse stuur van julle `Droom vir Bonnievale` – jy is so `n groot inspirasie vir ons!  Wens jy kan kom kuier en ons kom moed inpraat!!! Ek mis jou nuusbriewe – jy het nou stil geraak!! 

Ons poog om iets soortgelyks te doen.  Ons wil nou vir eers `n paar bome plant en probeer om ons dorpie op te `zhoosh` – ons het ons trots verloor en wil graag `n spanpoging aanwend om dit terug te kry.  Ons noem dit ons


Yüklə 129,67 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin