Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə79/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   75   76   77   78   79   80   81   82   ...   86
Wêreldspelers:
Hierdie verloop van wêreldomstandighede het ons gebring waar ons vandag is, en het die volgende belangrike spelers op die wêreldtoneel gebring. Ons wêreld het in 1999 die kerf van 6 miljard bewoners verbygesteek. Meer as 57% van die wêreld se mense woon in Asië, 19% in Afrika, 9% in Latyns-Amerika, 6% in Europa en 4% in Noord-Amerika.
Die VSA is vandag die enigste hipermoondheid in die wêreld, en in staat om effektief mag na enige deel van die wêreld te projekteer. Ekonomies gesproke verdwerg dit alle ander lande in die wêreld en die VSA se ekonomie is 50% groter as dié van die naaste teenstander, Japan. Die land se mense is baie welvarend, hoewel die land se rykdom skeef verdeel is. Hulle algemene onderwysstandaard is nie hoog nie, en die land sit ook met 'n hoë misdaadpeil. Die land oefen 'n dominerende invloed uit op haas alle fasette van die internasionale lewe, soms tot groot frustrasie van ander lande.
Die Europese Unie, tans bestaande uit 15 state, is die volgende grootste magskonglomeraat. Ten spyte van die katastrofiese eerste helfte van die vorige eeu in Europa, het die lande nader aan mekaar begin beweeg, veral onder leiding van Duitsland en Frankryk, en hulle begin al hoe meer as Europese Unie gemeenskaplike beleide t.o.v. buitelandse, binnelandse en ekonomiese aangeleenthede aanneem. Sowat 40% van Suid-Afrika se buitelandse handel is met dié gebied, wat ook die grootste verskaffer van ontwikkelingshulp in die wêreld is.
Sentraal- en Oos-Europa en Sentraal-Asië, waarby Rusland en die ander state van die vorige Sowjetunie en die Balkan lande ingesluit is, bestaan uit sowat 25 lande met 475 miljoen mense. Die streek het veral groot onstabiliteit beleef na die ineenstorting van die Russiese magsblok.
Suid- en Suidoos-Asië en Australasië word gedomineer deur Indië en Australië. Indië en Pakistan is in 'n langdurige stryd gewikkel. Die derduisende eilande speel ook 'n belangrike rol as deel van die opkomende wêreld.
Oos-Asië se ekonomiese reus is Japan, en wat bevolkingsgetalle betref is dit China. Ander belangrike lande is Taiwan en die Koreas. Japan het 'n baie groot ras-eenvormigheid en handhaaf baie hoë opvoedingstandaarde, en die tegnologiese vermoëns van die Japanese industrie is baie hoog. Van China se 1.2 miljard mense is 800 miljoen kleinboere, waarvan sowat 200 miljoen geen of nie behoorlike werk het nie. Die 60 miljoen Chinese wat buite China woon, produseer meer as die res van die Chinese tesame, wat dui op die swak prestasie van die Chinese ekonomiese stelsel.
Die Midde-Ooste is 'n belangrike streek met 200 miljoen mense wat op die koppelpunt tussen drie kontinente lê. Meer as 55% van die mense is Arabies-sprekend en dit is die bakermat van die Moslemgeloof, wat 68/22% Sunni/ Shiities verdeel is. Die streek het sterk onderlinge konflikte, veral tov Israel.
Latyns-Amerika is 'n streek in die wêreld wat relatief agteruitgegaan het. Daar is baie diktatorskappe, stryd en groot skuldlaste. Baie van die wêreld se groot dwelmprobleme vind hul ontstaan in hierdie streek.


Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   75   76   77   78   79   80   81   82   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin