Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə81/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   78   79   80   81   82   83   84   85   86
Wêreldtendense:
Veranderinge in die wêreld word sigbaar in sekere tendense, wat elk tot 'n meerdere of mindere mate 'n invloed op ons alledaagse lewens het. Die mees dominante faktor is die toename in die wêreldbevolking, wat so pas in 1999 die 6 miljard kerf verbygesteek het. Dit is op sigself erg, maar die probleem is dat die oorgrootste deel van die aanwas plaasvind in dele van die wêreld wat dit die minste kan bekostig, naamlik Asië en veral Afrika. Dit voorspel grootskaalse gebrek en hongersnood en ondervoeding in dié dele van die wêreld, wat op sigself weer aanleiding kan gee tot siektetoestande en plaaslike konflikte, veral as dit vererger word deur groot natuurrampe soos droogtes of vloede. Godsdienstige konflikte, magsbeheptheid, korrupsie en selfverryking is ook faktore wat spanning in streke kan laat oplaai en konflikte kan laat ontbrand.
Die vinnige globalisering van die ontwikkelde wêreld, veral gedrywe deur die snelle ontwikkeling van inligtingstegnologie, en op die rug daarvan die elektroniese handel, maak dat ontwikkeling in sekere wêrelddele selfs vinniger voortgaan. Dit vergroot die sogenoemde Noord-Suid probleem, waar die oorgrote deel van die wêreld se rykdom in die hande van die noordelike halfrond is, en die armoede in die suide. Globalisering sal hierdie polarisasie vererger. Die vrye vloei van inligting deur die wêreld het 'n verdere belangrike invloed, in die sin dat dit die denkprosesse van mense sal rig en beïnvloed en die vermoë van konserwatiewe regerings om hul mense se denke te probeer beperk, in die wiele ry. Die media sal in dieselfde proses ook aangewend kan word om nie net die individu 'n groter hunkering te gee na liberalisering nie, maar ook etniese en godsdienstige groepe wat graag hul eie identiteit soek in terme van politieke identiteit. Helaas is die media ook baie geskik vir aanwending deur internasionale misdaadsindikate, en internasionale terreurgroepe, en hul aktiwiteite sal ongelukkig ook daardeur 'n magsvermenigvuldiging kan ondergaan. Internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies, Wêreld Gesondheidsorganisasie, Internasionale Monetêre Fonds en multinasionale besigheidsbelange sal ook toenemend invloedryke rolle speel.

Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   78   79   80   81   82   83   84   85   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin