(v) Art36(1)(d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan (p182)
Daar moet ‘n goeie rede vir die beperking wees, en daar moet ‘n verband tussen die nadeel van die beperking en die voordeel van die doel wees. Die reg moet die doel waarvoor dit uitgeroep is dien, anders is die beperking onregverdigbaar.
S v Makwanyana - Volgens die staat is die doodstraf ontwerp om die doel van afskrikking en voorkoming van geweldadige misdade te dien. Albei hierdie doelstellings is deur hof beskou as regverdigbaar. Hof moes toe besluit of daar rasionele verhouding tussen die resultaat van voorkoming en afskrikking en die manier waarop dit bereik word. MAW het die beperking die doel bereik? Om te besluit of ‘n beperking van regte regverdigbaar is , is ‘n feitelike vraag. As die staat wil aanvoer dat die doodstraf geweldadige misdaad afskrik moet dit bewyse voorlê wat dit bewys. KH sê geen bevredigende beywse is aangebied om ‘n verband tussen die doodstraf en die bereiking van die doelstelling van afskrikking aan te toon nie.
(vi) Art36(1)(e) ’n minder beperkende wyse om die doel te bereik.
Die voordele van die beperking moet in verhouding tot die nadele verbonde aan die beperking wees. Daar sou nie proporsionaliteit wees as ‘n ander minder beperkende metode gevind kon word om dieselfde resultaat/doel te bereik nie. Bv deur glad nie regte te beperk, of deur regte op mindere mate te beperk. Om die effektiewiteit van ‘n beperking te bepaal word ‘n mate van diskresie aan die staat gegee. Die hof kan nie die wysheid van beleidsoorwegings van wetgewers in twyfel trek nie.
S v Makwanyana - Die doel van die doodstraf is voorkoming en afskrikking (en vergelding – wat reeds deur die hof verwerp is). Om dit te bereik bring die doodstraf ernstige beperking op menseregte van vryheid, lewe en menswaardigheid.. Is daar ander maniere om dieselfde resultaat te bereik, wat nie dieselfde hoë koste dra nie? Hof bevind dat lang gevangenisstraf dieselfde resultaat op minder beperkende manier sal bereik. Gegewe die drastiese effek van die doodstraf moet ‘n minder beperkende metode verkies word, indien dit beskikbaar is, soos lewenslange gevangenisstraf.
Alhoewel die proporsionaliteits ontleding op al die faktore toegepas word is dit op faktor ‘e’ wat meeste argumente staan of faal. Wetgewing moet “narrowly tailored” en nie “die net te wyd span nie”. Bv
-
om die gevaarlike nagevolge van drankmisbruik te voorkom, is dit nie nodig om te bepaal dat iemand wat nie behoorlik geklee is te verhoed om vermaak te verskaf op ‘n perseel waar drank bedien word nie. (ontklee-klubs v teater optredes)
-
Om die mark in gevaarlike dwelms te kontrolleer is daar ‘n oorhoofse verbod op besit van dagga. Hierdie verbod raak die geloofsvryhede van Rastafarians, en sou oorboord wees as ‘n uitsondering op die verbod prakties moontlik was.
-
Om ‘n gedissiplineerde en onpartydige veiligheidsdiens te bereik is dit nodig dat alle veiligheidsdiens personeel nie mag deelneem aan publieke optogte. Die bepaling is so wyd dat dit ‘n verbod op vryheid van spraak plaas.
(c) Artikel 36(1) - Opsommend
-
Nadat daar bepaal is dat ‘n HvR geskend of beperk is, moet die staat (of ander persoon) bewys dat die beperking regmatig is.
-
Regte is nie absoluut nie.
-
Regte mag beperk word as daar ‘n goeie rede is
-
‘n Oortuigende goeie rede is dat die beperking ‘n doel dien wat regmatig beskou word deur alle redelike burgers in ‘n oop en demokratiese samelewing gebaseer op waardes van menswaardigheid, vryheid en gelykheid.
-
Die beperking moet nie nadeel inhou wat nie proporsioneel tot die voordeel is nie.
-
Dit sal die geval wees waar regte wat van hoë waarde is vir die GW bedeling, beperk word vir ‘n minder belangrike doel.
-
Ook waar die reg onnodig skade aanrig aan fundamentele regte, wat voorkom kon word deur minder beperkende metodes
7.3 3 Die bepeking van regte deur ander bepalings in die Grondwet (p185)
Art36(2) bepaal dat slegs wette wat voldoen aan die toets van art36(1) kan regte beperk. Maar regte kan regverdigbaar beperk word deur enige ander bepaling van die GW.
AZAPO v President of RSA – Die saak het gehandel oor amnestie aan oortreders van menseregteskendings gepleeg met ‘n politiese objektief. Die applikante het aangevoer dat ‘n bepaling in die Wet op Bevordering van Nasionale Eenheid en Rekonsiliasie ongrondwetlik was omdat dit die reg op toegang tot howe beperk. Die KH het gesê dit sou die geval wees, as die GW nie spesifiek in die naskrif voorsiening gemaak het vir die betrokke wetgewing en die bepaling nie. (dit was tov die interim GW). Dit het die beperking op die reg tot toegang tot howe dus gemagtig.
In die algemeen sal howe traag wees om te vind dat bepalings in die GW self teenstrydig is, en sal hulle eerder so uitlê om harmonie tussen die betrokke bepalings te bewerkstellig.
S v Rens - argument dat die prosedure van aansoek om verlof tot appèl strydig is met art 25 van die tussentydse GW – reg op toegang tot howe. Diè art25 was strydig met ‘n ander GW artikel 102 wat spesifiek verlof tot appèl prosedure gemagtig het. Hof vind dat art102 slegs verwys na appèlle in die KH en dat dit slegs magtigend en nie verpligtend(aanwysend) was nie.
7.4 Die afbakening van regte en spesiale beperkingsklousules (p186)
Sommige van die regte vervat in die Handves van Regte word tekstueel gekwalifiseer. Bv, artikel 9(3) waarborg die reg om nie onbillik teen gediskrimineer te word nie, terwyl artikel 17 die reg beskerm om vreedsaam en ongewapen, te vergader, te betoog, 'n betooglinie te vorm en petisies voor te lê.
Die terme "onbillik" en "vreedsaam en ongewapen" omskryf die omvang van die betrokke regte. Dit is duidelik dat artikel 9(3) nie billike diskriminasie verbied nie en dat die beskerming wat artikel 17 bied nie geld ten aansien van vergaderings of betogings wat gewelddadig is, of waar deelnemers gewapen is nie. Dit is voorbeelde van "afbakenings" of "interne bepalers", wat die omvang van 'n reg afbaken deur dit duidelik te stel dat sekere aktiwiteite of aansprake buite die omskrywing van die reg val.
Afbakenings vind plaas in die eerste fase van die ontleding van regte en beperkinge; waar bepaal word of die applikant se aansprake binne die afgebakende gebied van die reg val. (Die applikant moet wys dat die vergadering ‘vreedsaam en ongewapen’ was.)
Art 11 – almal het reg op lewe – ongekwalifiseerd. Nie beperk nie – mag slegs beperk word itv die art36 beperkingsklousule.
Art 16 - Elkeen het reg op vryheid van spraak, maar die reg in subartikel (1) omvat nie –(a) propaganda vir oorlog nie; (b) die aanstigting van dreigende geweld nie; of (c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.
Art31 - Die reg op kultuur, godsdiens en taalgemeenskappe - (2) Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op ’n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
Art32 - Reg op toegang tot inligting (2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan voorsiening maak vir redelike maatreëls om die administratiewe en finansiële las op die staat te verlig.
In teenstelling hiermee magtig 'n spesiale beperkingsklousule die staat om wetgewing te maak, of om betrokke te raak by 'n aktiwiteit wat 'n uitwerking kan hê op die betrokke reg. Bv, artikel 22 waarborg die reg van elke landburger om vrylik 'n bedryf, beroep of professie te kies. In die volgende sin staan egter: "Die beoefening van 'n bedryf, beroep of professie kan deur die reg gereguleer word." Dit is 'n spesiale beperkingsklousule wat die staat toelaat om, byvoorbeeld, die prokureursberoep te reguleer, onder andere deur toelatingsvereistes te stel en te vereis dat net 'n persoon met 'n LLB-graad as prokureur toegelaat word.
As die respondent wil steun op die bestaan van ‘n spesiale beperkingklousule, doen hy dit in die 2de fase. Hy moet wys dat die beperking regverdigbaar is deur óf na ‘n spesiale beperkingsklousule te verwys, óf na die algemene kriteria van art 36.
Spesiale beperkingklousules in die finale GW:
-
Art15(3) – wat wetgewing tov huwelike en persoonlike en familieregstelsel toelaat;
-
Art22 - regulering van ‘n handel of professie;
-
Art 23 - wat regulering van kollektiewe onderhandeling toelaat;
-
Art29 - wat staatssubsidies vir onafhanklike skole toelaat
-
Art33 - Wat wetgewing vereis om gevolg te gee aan die rge op regverdige admin optrede (PAJA)
Hiedie is spesiale beperkingsklousules omdat dit verband hou met die staat se optrede en nie met die omvang van die individu se regte nie. Die onus rus steeds op die staat om te wys dat die wetgewing of optrede regverdigbaar is.
Ondeskei beperkingsklousules van die opheffingsklousule (art 37) wat slegs geld in tye van noodtoestand, terwyl die beperkingsklousules altyd geld, selfs tydens ‘n noodtoestand tov van daardie regte wat nie reeds tydelik opgehef is nie.
Bestudeer bladsy 186 tot 188 in die handboek.
AKTIWITEIT
(1) Waarom word soms gesê dat die beperkingsklousule die belangrikste bepaling in die HvR is? (4)
Die afwesigheid van 'n beperkingsklousule plaas enorme druk op howe om die geskikte grense vir, of afbakening van, elke reg te vind, omdat die basiese beginsel dat alle regte onderworpe is aan verskillende soorte beperkings, universeel erken word.
U sal selde, indien ooit, 'n saak oor fundamentele regte teëkom waarin beperking nie ter sprake kom nie. Die rede hiervoor is eenvoudig dat mense hulle tot die hof wend omdat hulle meen dat daar op hul regte inbreuk gemaak is. Hul opponente meen óf dat geen reg geskend is nie, óf dat die skending (dws beperking) van die betrokke reg, geregverdig is. Sien 7.3.1 hierbo.
(2) Wat is die tweefase-benadering tot die beperking van fundamentele regte? Waarom gebruik ons howe hierdie benadering? (2)
Sien bladsy 165 tot 168. Die eerste fase behels ‘n ontleding van die reg (om te bepaal of ‘n fundamentele reg inderdaad geskend is) en die tweede fase bestaan uit 'n beperkingsontleding (om te bepaal of die inbreukmaking, aantasting of beperking bestaanbaar is met die Grondwet).
(3) Kan die algemene beperkingsklousule in artikel 36 op alle regte vervat in die Handves van Regte toegepas word?
Alhoewel dit voorkom asof artikel 36 ten aansien van alle regte in die Handves van Regte geld, wys Currie ea (bladsy 165 voetnoot 5) tereg daarop dat dit moeilik sou wees om die artikel betekenisvol toe te pas op bepalings soos artikels 9(3), 22, 25, 26(2), 27(2) en 33(1).
Die probleem is dat hierdie artikels interne afbakenings bevat wat "... repeat the phrasing of s 36 or that make use of similar criteria". Byvoorbeeld, dit is moeilik voorstelbaar dat 'n hof ingevolge artikel 33(1) administratiewe optrede onregmatig of onredelik sou bevind, maar dat die optrede desnieteenstaande ingevolge artikel 36 redelik en regverdigbaar sou wees. Bestudeer voetnoot 5 in Currie ea.
(4) Skryf artikel 36(1) van die Grondwet in u eie woorde oor, lys elkeen van die kriteria vir geldige beperking, en verduidelik dit kortliks. (10)
U behoort hierdie vraag op u eie te kan beantwoord.
(5) Wat beteken die frase "algemeen geldende regsvoorskrif'? (10)
Sien bladsy 168 tot 176. Die betekenis van die frase "algemeen geldende regsvoorskrif' is nie so voor die hand liggend as wat dit moontlik lyk nie. Eerstens, hoewel dit kan voorkom asof dit klaarblyklik is, moet u nie vergeet dat dit uit twee elemente bestaan nie, naamlik "die reg" en "algemeen geldend".
(a) "Reg" sluit die volgende in: die Grondwet; alle parlementere wetgewing; alle provinsiale wetgewing; alle munisipale verordeninge; alle ondergeskikte wetgewing uitgevaardig deur die uitvoerende gesag (bv presidensiële proklamasies, ministeriële regulasies en regulasies ingevolge wetgewing, soos die Verdedigingswet 42, 2002). Verder sluit dit reëls in soos Unisa se dissiplinêre kode, die reëls wat 'n skool se beheerraad aanneem, ensovoorts. Laastens moet die gemenereg en gewoontereg (die gemeenregtelike reëls wat deliktuele aanspreeklikheid beheer, soos weerspieël in die uitsprake van ons howe, die reëls van die inheemse reg, ens) nie vergeet word nie.
(b) "AIgemeen geldend" is nie so voor die hand liggend nie (sien bladsy 169-174 van die handboek). Ons kan verklaar dat hierdie vereiste oor die algemeen nagekom word wanneer 'n reël
(i) toeganklik is,
(ii) duidelik/presies is en
(iii) nie arbitrêr, of op 'n wyse wat onbillik tussen persone of groepe persone diskrimineer, toegepas word nie.
Laasgenoemde maatstaf beteken nie dat die reël van toepassing moet wees op elke enkele individu in die land nie. Wetgewing wat dus tav alle regsgeleerdes of mediese praktisyns geld, sou nie noodwendig die toets faal nie, mits die onderwerp waaroor die wetgewing handel nie sodanig is dat dit spesifiek relevant is vir regsgeleerdes en dokters nie (soos wetgewing wat kwalifikasies en opleiding reël). 'n Ietwat lawwe voorbeeld hiervan sou die volgende wees: 'n munisipale verordening wat regsgeleerdes verbied om openbare swembaddens te benut, is duidelik nie 'n algemeen geldende regsvoorskrif nie, afgesien daarvan dat dit ook nie voldoen aan die ander vereistes ingevolge artikel 36 nie. Soos altyd moet die spesifieke konteks ook in ag geneem word. Daarom sal 'n skoolreël wat net op meisies van toepassing is, kwalifiseer as algemeen geldende regsvoorskrif as dit handel oor toelaatbare haarstyle, die lengte van skoolrokke, ensovoorts, maar nie as dit byvoorbeeld handel oor toegang tot die biblioteek nie.
(Moenie vergeet dat "algemeen geldende regsvoorskrif” net die eerste struikelblok is wat 'n beperking moet oorkom nie. Daarom kan daar nie bloot gesê word dat, omdat die Srrafproseswet 51, 1977 'n bepaling bevat ingevolge waarvan 'n fundamentele reg beperk word, dit die einde van die storie is nie. 'n Beperking wat voldoen aan die vereiste dat dit 'n algemeen geldende regsvoorskrif moet wees, kan steeds by die tweede hindernis struikel, as dit onredelik of nie regverdigbaar is nie. Wanneer u met 'n beperkingsprobleem te kampe het, moet u nie die hele probleem in die "algemeen geldende regsvoorskrif” -vorm probeer indwing nie - hanteer een beperkingselement op 'n keer. Dit geld selfs wanneer 'n beperking so klaarblyklik ongrondwetlik is dat dit absoluut elke toets druip.)
(6) Kwalifiseer die volgende voorbeelde as algemeen geldende regsvoorskrifte? Verskaf redes vir u antwoorde.
(a) 'n besluit deur die president van Suid-Afrika om alle vrouegevangenes wat die moeders is van kinders jonger as twaalf jaar, vry te laat (2)
Natuurlik, hierdie vraag is gebaseer op die feite in die Hugo-saak. Bestudeer die bespreking van die debat in Hugo tussen Kriegler R en Mokgoro R op bladsy 171 tot 174.
(b) 'n besluit deur die Onafhanklike Verkiesingskomitee dat gevangenes nie toegelaat gaan word om in die komende verkiesing te stem nie. (2)
Hierdie beslissing kwalifiseer nie as “reg" nie, soos in die August-saak beslis is. Bestudeer die kort bespreking van August in die handboek op bladsy 168 tot 169.
(c) 'n wetsbepaling ingevolge waarvan alle mediese dokters (maar nie die lede van enige ander professie nie) gemeenskapsdiens moet doen (2)
Die blote feit dat 'n wet tussen verskillende professies onderskei, beteken nie dat dit nie 'n algemeen geldende regsvoorskrif is nie. Dit sou net die toets faal as die differensiasie arbitrêr is.
(d) 'n besluit deur die lughawebestuur dat geen openbare vergadering toegelaat gaan word op lughawegrondgebied nie, waar so 'n besluit nog nie gepubliseer is nie (2)
Om te kwalifiseer as 'n algemeen geldende regsvoorskrif, moet dit toeganklik wees. Omdat die beslissing nog nie gepubliseer is nie, sou dit waarskynlik nie hierdie toets slaag nie.
(7) Verduidelik in u eie woorde die Konstitusionele Hof se benadering tot proporsionaliteit in Makwanyane. (10)
Bestudeer die verwysings na Makwanyane op bladsy 176 tot 185 van die handboek en som die benadering van die Konstitusionele Hof in u eie woorde op. Die Makwanyane-beslissing is om drie redes belangrik:
(a) die hof gee 'n uiteensetting van sy algemene benadering tot beperkingsontleding, wat gegrond word op balansering en proporsionaliteitsontleding;
(b) die hof identifiseer die vyf faktore wat in ag geneem moet word (hierdie faktore word later vervat in artikel 36 van die 1996-Grondwet); en
(c) die hof interpreteer hierdie faktore en pas elkeen daarvan toe. In u antwoord moet u
(i) die hof se algemene benadering tot beperkingsontleding in Makwanyane (sien die aanhaling op bl 176-177 van die handboek), en
(ii) die hof se uitleg en toepassing van elkeen van die vyf faktore (sien bladsy 178-184) bespreek.
(8) Is die volgende oogmerke belangrik genoeg om die beperking van konstitusionele regte te regverdig? Gee redes vir u antwoorde.
(a) die doel van 'n verbod op die besit van pornografie – die beskerming van Christelike waardes (2)
(b) die doel van 'n besluit om nie toe te laat dat gevangenes stem nie - om koste te bespaar (2)
(c) die doel van die instel van die oortreding "minagting van die hof' - om die integriteit van die regbank te beskerm (2)
(8)(a) In National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice is beslis dat die afdwinging van die persoonlike moraliteit van ‘n gedeelte van die bevolking nie 'n geldige en belangrike oogmerk uitmaak, wat die beperking van ‘n grondwetike reg kan regverdig nie. Sien bladsy 180, 185 (voetnota 91) van die handboek. Om Christelike waardes te wil beskerm, kwalifiseer dus nie as 'n geldige oogmerk nie.
(b) Dit is betwisbaar of kostebesparing as 'n geregverdigde en belangrike oogmerk beskou sou word. In die meeste gevalle sou dit waarskynlik nie die geval wees nie. As die regering grondwetike regte kon ignoreer bloot omdat dit duur sou wees om daaraan te voldoen, sou die Handves van Regte nie veel beteken nie. In die NICRO saak (hierbo na verwys) bevind die Konstitusionele Hof dat 'n soortgelyke bepaling ongrondwetlik is.
(c) Die Konstitusionele Hof bevind in verskeie gevalle dat die beskerming van die howe se integriteit 'n verdienstelike en belangrike oogmerk is. In S v Mamabolo (E TV, Business Day and the Freedom of Expression Institute Intervening), waarin die grondwetlikheid van die misdryf, belastering van die hof, oorweeg is, bevind die hof dat "there is a vital public interest in maintaining the integrity of the judiciary" .
(9) Ronnie Rebel is 'n (wit) leerling by 'n staatshoërskool. Hy word uit die skool geskors omdat hy daarop aandring om sy hare in dreadlocks te dra (in stryd met die skoolreëls) en omdat hy dagga rook. Hy hou vol dat hy, as 'n Rastafarier, nie verbied kan word om sogenaamde sagte dwelms te gebruik nie. Pas artikel 36(1) op Ronnie se geval toe en verduidelik die volgende:
(a) hoe die tweefase-ondersoek gaan plaasvind
(b) hoe elkeen van die beperkingskriteria op die haarstyl- en daggavraagstuk toegepas moet word (15)
Dit is belangrik om die probleem deeglik deur te lees en al die sleutelkwessies te identifiseer. Ons verskaf 'n paar leidrade oor hoe om dit te doen deur die probleem in twee dele te verdeel. Let daarop dat ons nie soveel daarin belangstel of u antwoord reg of verkeerd is nie (dws of u besluit die beperking is grondwedik of nie), maar dat ons wil weet hoe u by daardie antwoord uitgekom het.
(a) Eerstens moet u verduidelik hoe die tweefase-ondersoek gaan plaasvind. U sal onthou dat in die eerste fase bepaal word watter fundamentele regte ter sprake is. Die beste manier om dit te doen, sou moontlik wees om van artikel 9 tot by artikel 35 (insluitende die regte wat u net breedweg hoef te bestudeer en selfs die regte wat u glad nie hoef te bestudeer nie) deur die Handves van Regte te lees. U kan moontlik argumenteer dar die reël potensieël kan inbreuk maak op die student se reg daarop dat daar nie op grond van godsdiens, gewete, geloof of kultuur teen hom of haar gediskrimineer word nie. (Dit is onnodig om uitvoerig te bespreek of Rastafarierisme as 'n godsdiens kwalifiseer of nie - noem net die aangeleentheid sodat ons kan sien dat u aan al die moontlikhede aandag geskenk het.) Hoewel dit moontlik is dat die reg op menswaardigheid geskend is, is dit 'n taamlik vae moontlikheid; privaatheid (artikel 14), godsdiens, denke en oortuiging en mening (artikel 15 en vryheid van uitdrukking (artikel 16(1) is meer belowend, asook onderwys (artikel 29, aangesien die student geskors is) en taal en kultuur (artikel 30). Alhoewel ons nie in hierdie module die reg op billke administratiewe optrede behandel nie, sal dit in 'n geval soos hierdie van belang wees (die skoolreëls moet daarvoor voorsiening maak dat 'n student 'n billike verhoor kry voordat hy of sy geskors word, ens).
(b) Vervolgens moet u die toepassing van die beperkingsklousule behandel. Ons stel voor dat u die kwessie van dreadlocks en daggarokery afsonderlik bespreek, omdat u moontlik nie dieselfde bevinding daaroor sal hê nie. Ondersoek dan die kriteria vervat in artikel 36(1) een na die ander: Is dit 'n algemeen geldende regsvoorskrif? Ja, waarskynlik. (Moet nie begin soek na moontlikhede buite die bestek van die vraag nie, want dan kan dit gebeur dat u die wesenlike punte rniskyk.)
Volgende: Is die beperking redelik en regverdigbaar? Neem (a) tot (e), asook vanselfsprekend, enige ander relevante faktor in ag
(i) Eerstens, wat is die aard van die betrokke reg(te)? Hou in gedagte dat menswaardigheid, gelykheid en vryheid regdeur die Grondwet beklemtoon word.
(ii) Hoe belangrik is die doel van die beperking? Dit is duidelik dat die doel van ‘n verbod op die dra van dreadlocks minder belangrik is as ‘n verbod op die gebruik van dwelmmiddels. Bepaal wat die doel is en dui aan hoe belangrik dit is (gee redes vir u antwoord).
(iii) Wat is die aard en omvang van die beperking? Stel in albei gevalle vas op watter wyse die betrokke fundamentele regte deur die beperking geaffekteer word. Verduidelik daarna in watter mate dit geskied. Is dit 'n taamlik geringe beperking? Kan daar steeds gesê word dat die persoon in die meeste opsigte die volle voordeel van die spesifieke reg geniet?
(iv) Wat is die verhouding tussen die beperking en die doel van die beperking? Is daar ‘n rasionele verband tussen die beperking en sy doel? Kan die beperking werklik veroorsaak dat die doel bereik word? Is die beperking in verhouding tot die doel? (Hierdie laaste vraag hou verband met maatstaf (e), hieronder.)
(v) Kan die doel op minder beperkende wyses bereik word? Kan dieselfde doel gedien word deur ‘n ander maatreël wat 'n geringer uitwerking het op die individu se regte?
Met ander woorde, selfs al word die doel as belangrik beskou, kan gevra word of die middele aangewend om dit te bereik, in verhouding is tot die negatiewe uitwerking van die beperking van die betrokke reg.
(10) Verduidelik die belang van artikel 36(2) van die Grondwet kortliks? (3)
Sien bladsy 185 tot 186 en som artikel 36(2) op. Omdat artikel 36(1) so 'n belangrike plek in die Handves van Regte beklee, kan die ander bepalings van die Grondwet maklik oor die hoof gesien word.
(11) Wat is "afbakenings" (of "interne bepalers") en "spesiale beperkings" en waarom is hulle belangrik? Gee twee voorbeelde van interne bepalers wat afbakening daarstel en twee voorbeelde van spesiale beperkings. (6)
Sien bladsy 186 tot 188. "Afbakenings" (of interne "kwalifiseerders" of "bepalers") en spesifieke beperkings kan nogal moeilik wees en daarom moet u die bespreking in die handboek baie deeglik bestudeer om seker te maak dat u weet watter probleme opgelewer word deur interne kwalifiseerders of bepalers en spesifieke beperkings.
(Hou in gedagte dat interne kwalifiseerders of bepalers die betrokke reg eerder afbaken as beperk, en dat dit gevolglik in die eerste fase van die tweefase-benadering tuishoort. Verder, spesifieke beperkings ontstaan gewoonlik in die tweede fase van 'n fundamenteelregtelike ondersoek.)
Hierdie vraagstuk is belangrik omdat dit die onus of bewyslas affekteer: u sal onthou dat die applikant inbreukmaking op die reg moet bewys. Byvoorbeeld, as die reg om te vergader ter sprake is, moet die applikant aantoon dat hy of sy "vreedsaam en ongewapen" vergader het. Artikel 9(5) is 'n uitsondering op hierdie algemene reël deurdat dit in sekere gevalle 'n vermoede van onbillikheid skep. As hierdie bepaling nie bestaan het nie, sou ‘n applikant nie net moes bewys het dat daar op ‘n spesifieke grond onbillik teen horn of haar gediskrimineer is nie, maar ook dar die diskriminasie onbillik was.
Die vermoede plaas nou die onus om te bewys dat die disksriminasie inderdaad billik was, op die respondent of verweerder. Dit is nie altyd maklik om te bepaal of 'n bepaling 'n interne bepaler is (wat die grense of omvang van die reg self bepaal nie) of 'n spesifieke beperking (wat net soos die algemene beperkingsklousule werk, afgesien daarvan dat dit net ten aansien van die betrokke reg geld) nie. Oor die algemeen kan 'n mens saamstem met Currie ea dat die meeste van die interne beperkings en kwalifiseerders in die 1996-Grondwet, die omvang afbaken. Dit kan egter in die praktyk belangrike gevolge hê. Kyk byvoorbeeld na die reg op onderwys in die taal van 'n persoon se keuse (artikel 29(2), waar die redelik uitvoerbaar is. As hierdie frase 'n interne bepaler is, moet die applikant bewys dat sulke onderwys inderdaad redelikerwys uitvoerbaar is. As dit 'n spesifieke beperking is, moet die respondent (gewoonlik die staat) bewys dat sulke onderwys nie redelikerwys uitvoerbaar is nie. 'n Taamlik ernstige verskil wat die partye betref!
Ons howe het nog nie al die vraagstukke opgeklaar nie en dit is nie altyd seker wat die verhouding is tussen sulke bepalers en beperkings aan die een kant, en die algemene beperkingsklousule aan die ander kant nie. Byvoorbeeld, as die hof moet bepaal of 'n spesifieke beperking (wat nie die afbakening of omvang van die reg affekteer nie) grondwedik is, kan gevra word of die hof die kriteria vervat in artikel 36(1) sal toepas?
7.6 SELF-ASSESSERINGSOEFENING: Pas die vereistes vir geldige beperking op die volgende stel feite toe:
Hugh Crooke is 'n gevangene in 'n maksimumsekuriteit-afdeling van die Happy Days Staatsgevangenis. Hy is baie ongelukkig oor die gevangenisreëls wat die volgende bepaal:
-
Alle langtermyngevangenes se hare word weens higieniese vereistes kort geskeer. (Hy is 'n Rastafarier met dreadlocks.)
-
Geen ruimte word gelaat vir spesiale dieëtvoorkeure nie (hy is vegetarier).
-
Alle gevangenes moet op Sondae kerkparade bywoon. Soos ons reeds gesê het, is Hugh 'n Rasrafarier. (Die gevangenisowerheid erken nie sy geloof nie.)
-
Alle inkomende en uitgaande korrespondensie word gesensor.
-
Daar is geen private toiletfasiliteite beskikbaar vir maksimumsekuriteit-gevangenes nie, en 'n 150 watt-lig brand 24 uur per dag in sy sel.
Adviseer Hugh oor die volgende:
(a) Word enige van sy grondwetlike regte geskend? (5)
(b) Kan sulke beperkings ingevolge die algemene beperkingsklousule in artikel 36 gered word? (15)
Riglyne vir hierdie oefening - Sien die terugvoering oor vraag (9) van die oefening hierbo, vir ‘n voorbeeld van hoe om so 'n probleemvraag te beantwoord.
Dostları ilə paylaş: |