Demokratiese Republiek van die Kongo (tevore Zaïre)
Bevolking (miljoen): 49 (2000)
Groei (% per jaar) 3.24
Digtheid (Mense per vk km): 20.9
Die Demokratiese Republiek van die Kongo (tevore: Zaïre) is ‘n uitgestrekte gebied wat ‘n groot deel van Afrika se reënwoude bevat, met swaar reënval en uitgebreide rivierstelsels. Die land het ontsaglike minerale rykdomme en groot landboupotensiaal, maar chaos sedert onafhanklikheid, wanadministrasie en korrupsie het die elite verryk en die nasie verarm. Die vervoerstelsel werk nie en die land kan homself nie met voedsel voorsien nie.