Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə14/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   10   11   12   13   14   15   16   17   ...   86

Kenia


Bevolking (miljoen): 37.9 (2000)

Groei (% per jaar) 4.2

Digtheid (mense per vk km): 65

Samestelling:

Meer as 117 etniese groepe: Bantoe 66.6%

Niloties 28.1%

Kusities 3.6%



Geletterdheid (%): 59

Godsdiens

Christen 82.1%

Moslem 6%

Tradisionele gelowe 10%




Kenia, die mees dominate staat in Oos-Afrika, lê weerskante van die ewenaar, en uitstaande landmerke is Berg Kenia, die groot Rif-vallei en die Viktoriameer. Dit is ‘n relatief stabiele staat in ‘n onstabiele streek en het honderdduisend vlugtelinge uit Somalië. Die land se vorige naam was Brits-Oos-Afrika en het reeds in 1895 ‘n Britse protektoraat geword. Die aanvanklike belangstelling van Brittanje in Kenia was omrede die Nylrivier sy oorsprong daar het. In 1914 was daar gewapende opstand teen die Britte en sedert 1920 het sterk politieke bedrywighede onder die plaaslike inwoners begin. Jomo Kenyatta word vanaf 1947 die leier, en in 1952 – 1956 vind die berugte Mau-Mau aksies plaas. In 1960 is ‘n oorgangskonstitusie ingestel, in 1961 is algemene verkiesings gehou en in 1964 het Kenia ‘n onafhanklike republiek geword. In 1982 het Kenia ‘n eenpartystaat geword en in 1997 is opposisiepartye weer toegelaat om te registreer, maar hulle is so versplinter dat hulle geen indruk sal kan maak nie.

Die land het interne etniese konflikte en ook gespanne verhoudinge met die buurland Uganda. Verhoudinge met Westerse lande is ook nie goed nie vanweë swak menseregterekords. Die land se infrastruktuur is in ‘n staat van verval en die land het ook ‘n groot buitelandse skuldlas.


Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   10   11   12   13   14   15   16   17   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin