Die Wêreld Waarin ons Leef


Hoofstuk 3: Die buurt waarin ons woon: Afrika



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə11/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   7   8   9   10   11   12   13   14   ...   86

Hoofstuk 3: Die buurt waarin ons woon: Afrika





Inleiding:

Afrika


Bevolking (miljoen): 646.8 (2000) wêreldbevolking)

Groei (% per jaar) 3

Digtheid (Mense per vk km): 21.6

Samestelling:

Inboorlinge : 97%

Wêsterlinge : 1.3%

Meer as 1995 bekende tale en 3000 etno-linguistiese groepe




Huidige situasie in Afrika

Afrika is die hartseer kontinent van die wêreld. Afrika bevat tegelyk die verborge beloftes van ontsaglike rykdomme in terme van olie, diamante en ander minerale, maar tesame daarmee ook die grootste ellendes denkbaar in terme van natuurrampe en oorloë. En die grootste tragiek hiervan is dat Afrika en sy omstandighede nie werklik meer saak maak vir die wêreld nie – Afrika is onbeduidend in wêreldterme en Afrika se menselewens is feitlik niks werd vir die ontwikkelde Weste nie, veral sedert die einde van die Koue Oorlog. Afrika is in baie gevalle net ‘n skatkis wat deur internasionale maatskappye beroof word in samewerking met gewetenslose, selfverrykende, magsbehepte regeringsleiers. In baie Afrika state is die regering, wat die bevolking se beskermer moet wees, eerder die mense se grootste bedreiging en onderdrukker, en die veiligheidsmagte is net daar om die regime te beskerm en in die saal te hou.
Die bostaande omstandighede het daartoe gelei dat Afrika deurspek is met internasionale belange wat minerale op ‘n hoogs winsgewende basis herwin, en dit aanhou doen deur die lojaliteit van die betrokke regerings te koop. Weinig of geen van die rykdom kom die gewone mense toe, of word in die verbetering van die land ingeploeg nie. Oor die algemeen is Afrika in ‘n staat van verval. Ten einde hulleself te beskerm, huur die maatskappye privaat sekerheidsmaatskappye en sommige Afrika regerings het al dieselfde gedoen deur huurtroepe te bekom vir hul eie sekuriteit. Gevolglik het Afrika, benewens die verskillende state en leërs, ook nog ‘n rykdom van private sekerheidsbelange wat in sekere sleutel-areas belangrike invloed uitoefen. Hierdie dinge, asook die heersende armoede, het baie van Afrika se state op die rand van ineenstorting gebring. Van die state bestaan eintlik net effektief in en rondom die stede en die grense is poreus en laat heen-en-weer beweging van mense en goedere onbeheerd toe. Van die wêreld se 40 armste nasies is 32 in Afrika, en die hele Afrika lewer maar ongeveer 2% van die wêreld se ekonomiese produksie.





Faktore wat toestande in Afrika benadeel, is die groot bevolkingsgroei (3%), wanadministrasie, selfbevoordeling deur die elite, lae investering in die landbou (bestaansboerdery), geweldige buitelandse skuldlaste en die einde van die Koue Oorlog – wat die waarde van die Afrika stem in die internasionale forums van die wêreld laat afneem het. Vir meer as 100 jaar het koloniale heerskappy relatiewe vrede, opvoeding, gesondheidsdienste en ekonomiese ontwikkeling na Afrika gebring. Sedert 1957 het al die state van Swart Afrika hul onafhanklikheid gekry met die demokratiese verkiesings in Suid-Afrika in 1994 as die laaste groot mylpaal, met baie groot implikasies vir Afrika.





Hoewel Suid-Afrika ekonomies die sterkste land in die kontinent is, word Suid-Afrika se leierskap nie sonder meer in Afrika aanvaar nie. Minstens twee ander lande in Afrika streef na die leierskapsposisie, naamlik Egipte en Nigerië. In Oos-Afrika is Kenia die mees beduidende land. Selfs in die streek van suidelike Afrika is dit bekend dat iemand soos President Mugabe nie wil aanvaar dat Suid-Afrika die leiding neem nie.





Talle van die Afrika lande het nog oorblyfsels van hul vorige koloniale verlede. Daarom word state geklassifiseer as Franssprekende Afrika (“Francophone Africa”), Portugees- sprekende Afrika (“Lucophone Africa”), en Engelssprekende Afrika (“Anglophone Africa”), afhangende daarvan of dit onder die heerskappy van Frankryk, Portugal of Engeland was. Dit wil voorkom of die state wat onder Franse heerskappy uitkom, beter verhoudings handhaaf met Frankryk as wat die ander state het met hulle vorige koloniale moondhede. In groot getalle van vandag se swart politici se siening was kolonialisme ‘n baie negatiewe era, aangesien hulle dit byna sinoniem sien met slawerny, maar tog nie erkenning wil gee aan die voordele wat kolonialisme na Afrika gebring het nie.




Dit blyk asof die Verenigde Nasies toenemend vrede wil probeer bewerkstellig deur streeksorganisasies. Derhalwe is die Organisasie vir Afrika Eenheid belangrik, asook streeksorganisasies soos SAOG (SADC) en ECOWASS (in Sentraal-Wes Afrika).





Hierdie streeksorganisies kan egter nie behoorlik funksioneer wanneer daar nie goeie onderlinge verhoudinge is nie, maar vrede en stabiliteit in ‘n konfliksituasie kan nie van buite verseker word nie – daar moet werklike versoening tussen die verskillende partye wees.



Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   7   8   9   10   11   12   13   14   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin