SAKELYS
- S v Makwanyane 1995 (3) SA 391 (KH) (algemeen geldenderegsvoorskrif, proporsionaliteitsontleding, beeekenis van die vyffaktore)
- President of the RSA v Hugo 1997 (4) SA 1 (KH) (algemeen geldende regsvoorskrif)
- Altgltst v Electoral Commission 1999 (3) SA 1 (KH) (algemeen geldende regsvoorskrif)
- Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (3) SA 936 (KH) (algemeen geldende regsvoorskrif)
- Minister of Home Affairs v National Institltte for Crime Prevention and the Re-integration of Offenders
- S v Bhulwana 1996 (1) SA 388 (KH) (proporsionaliteitsontleding)
- National Coalition for Gay and Lesbian Eqtlality v Minister ofltlstice 1999 (1) SA 6 (KH) (belang van doel)
- S v Mamabolo (E T~ Business Day and the Freedom of Expression Institute Intervening) 2001 (5)BCLR 449 (KH) (belang van doel)
- S v Manamela (Director-Generalo/Jtlstice Intervening) 2000 (5) BCLR 491
STUDIE-EENHEID 8: Remedies (p191HB)
1 INLEIDING
'n Beperking wat onbestaanbaar is met die beperkingsklousule veroorsaak dat die slagoffer(s) daarop geregtig is om 'n bevoegde hof vir toepaslike regshulp of 'n remedie te nader.
SLEUTELKONSEPTE
Verskyningsbevoegdheid/locus standi is die bevoegdheid om as 'n party of litigant in die hof te verskyn.
Jurisdiksie dui op die hof se bevoegdheid om 'n spesifieke regsaangeleentheid te verhoor.
Dit verwys na die proses waardeur 'n grondwetlike bepaling se betekenis vasgestel word.
Inbreukmaking of skending van ‘n reg.
'n Verklaring van ongeldigheid of 'n ongeldigheidsbevel maak reg of optrede ongeldig omdat dit 'n fundamentele reg skend.
'n Verklaring of bevel wat 'n fundamentele reg - wat bedreig of geskend is - bevestig.
Interdikte is maatreëls wat spesifieke optrede voorskryf om 'n fundamentele reg te beskerm
-
Grondwetlike skadevergoeding
Grondwetlike skadevergoeding is regshulp wat deur 'n hof toegestaan word aan 'n persoon wie se fundamentele regte geskend is.
Toepassing
8. ...
(3) By die toepassing van ’n bepaling van die Handves van Regte op ’n natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2) –
(a) moet ’n hof, ten einde gevolg te gee aan ’n reg in die Handves, die gemene reg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en
(b) kan ’n hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met artikel 36(1) is.
Afdwinging van regte
38. Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om ’n bevoegde hof te nader en aan te voer dat daar op ’n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so ’n inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van ’n verklaring van regte...
Uitleg van Handves van Regte
39. ...
(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder.
Bevoegdhede van howe in grondwetlike aangeleenthede
172. (1) Wanneer ’n hof ’n grondwetlike aangeleentheid binne sy bevoegdheid beslis –
(a) moet die hof verklaar dat enige regsvoorskrif of optrede wat met die Grondwet onbestaanbaar is, ongeldig is in die mate waarin dit onbestaanbaar is; en
(b) kan die hof enige bevel gee wat regverdig en billik is, met inbegrip van –
(i) ’n bevel wat die terugwerkendheid van die ongeldigverklaring beperk; en
(ii) ’n bevel wat die ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige voorwaardes opskort ten einde die bevoegde gesag toe te laat om die gebrek reg te stel.
8.1 GRONDWETLIKE REMEDIES
8.1.a) Grondwetlike remedies en die toepassing van die Handves van Regte (p190)
Grondwetlike remedies is 'n uitvloeisel van 'n regstreekse toepassing van die Handves van Regte. Artikel 38 handel oor remedies by gevalle van regstreekse toepassing van die Handves van Regte. Hierdie remedies moet onderskei word van gewone regsremedies wat hul oorsprong het in 'n onregstreekse toepassing van die Handves van Regte. Oor die algemeen moet gewone regsremedies eers uitgeput wees voordat grondwetlike regshulp gevra word – grondwetlike aangeleenthede moet vermy word. Aan die ander kant moet oorweeg word om die Handves van Regte onregstreeks toe te pas voordat regstreekse toepassing oorweeg word.
8.1.(b) Remedies en verskyningsbevoegdheid
Daar is 'n nou verband tussen die feit om aansoek te doen om 'n grondwetlike remedie en locus standi. 'n Grondwetike remedie kan net toegestaan word aan 'n persoon met locus standi.
Ten einde grondwetlike remedies te eis, moet die applikant aanvoer:
-
dat sy of haar fundamentele reg geskend is of dat dit bedreig word
-
en dat hy of sy locus standi het om voor 'n bevoegde hof te verskyn, of dat hy of sy een van die persone is wat in artikel 38 gelys word.
Om locus standi te hê, moet applikante genoeg belang hê by 'n remedie. Of die belang voldoende is, word bepaal deur die belang in verband te bring met die remedie wat gevra word. Die howe het egter 'n breë benadering tot locus standi aanvaar en in die praktyk was die vereiste van voldoende belang blykbaar nog nie vir applikante 'n beduidende struikelblok nie.
8.1.c) Remedies en jurisdiksie
Grondwetlike remedies kan net toegestaan word deur howe wat ingevolge die Grondwet gemagtig word om dit te doen. Die toestaan van grondwetlike remedies is gevolglik 'n kwessie van jurisdiksie. Die Grondwet beperk sommige howe se bevoegdheid ten opsigte van die tipe sake en die remedies wat hulle mag toestaan. Nie alle howe mag alle remedies toestaan nie. Remedies wat in artikel 172 van die Grondwet gelys word, soos ongeldigverklarings van nasionale en provinsiale wette, kan net deur sommige howe toegestaan word.
8.1.d) Remedies, interpretasie en beperking (p192)
Soos reeds aangedui, het remedies te make met dit wat gedoen kan word om 'n ongeregverdigde skending van regte reg te stel. Die hof wat oor grondwetlike remedies moet beslis, moet noodwendig die Handves van Regte interpreteer. Eers moet die hof beslis of 'n reg vervat in die Handves van Regte beperk is of nie en of sodanige beperking in ‘n oop en demokratiese samelewing regverdigbaar is of nie. Die uitleg- en beperkingsklousules moet dus ondersoek word voordat 'n remedie toegestaan word.
Sanderson v Attorney-General, Eastern Cape – Omdat SA howe ‘n wye diskresie het om “gepaste regshulp” te verleen is hulle minder geneig om weg te skram van ‘n bevinding dat ‘n reg geskend is.
-
Toepassing handel oor wanneer en hoe ‘n reg in die HvR toegepas word in regsgeskille.
-
Interpretasie of bepaling van die regte in die HvR behels die vasstel van wat die reg beteken in ‘n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menseregte, gelykheid en vryheid.
-
Beperking van regte gaan oor die bepaling of afwyking van die standaarde wat deur die HvR vir die reg en optrede gestel word, regverdigbaar is in die betrokke omstandighede.
-
Remedies handel oor wat gedoen kan word wanneer ‘n onregverdigbare skending van regte plaasgevind het.
Die ongeldigheid van ongrondwetlike reg of optrede en grondwetlike remedies:
8.2 Die verskil tussen die ongeldigheid van grondwetlike reg of optrede en grondwetlike remedies (p193)
Fose v Minister of Safety and Security - Ingevolge die klousule wat bepaal dat die Grondwet die oppermagtige of hoogste reg van die RSA is, is enige regsvoorskrif of optrede wat daarmee onbestaanbaar is outomaties ongeldig en nietig. Art 172(1) bepaal dat ‘n hof sodanige regsvoorskrif of optrede ongeldig moet verklaar, in die mate wat dit onbestaanbaar is (nie ‘n diskresionele remedie nie). Wanneer daar 'n geskil ontstaan tussen sodanige reg of optrede, verklaar die bevoegde hof dus hierdie reg of optrede ongeldig.
Deur 'n betwiste reg of optrede ongrondwetlik en ongeldig te verklaar, staan die hof reeds 'n remedie toe. 'n Ongeldigverklaring is egter nie die enigste remedie wat 'n hof mag toestaan nie.
-
Artikel 172 bepaal dat, bykomend by die verklaring van ongeldigheid, 'n hof enige bevel mag uitreik wat "regverdig en billik" is.
-
Waar fundamentele regte geskend is, maak artikel 38 vir "gepaste regshulp" voorsiening.
Ongeldigverklaring volg dus uit die feit van onbestaanbaarheid. ‘n Remedie word deur ‘n hof toegeken om ‘n dispuut tussen partye te besleg.
Howe poog om die werklike wêreld in ooreenstemming te bring met die ideale grondwetlike wêreld wat die oppermagklousule beoog. Hier is ongeldigverklaring soms nie voldoende nie en word positiewe optrede verlang in die vorm van ‘n mandamus of struktuele interdik.
By private skendings van fundamentele regte sal ongeldigverklaring dikwels doelloos en onvanpas wees. In sulke gevalle bepaal art 8(3) dat die howe eerstens moet soek na ‘n addisionele remedie in wetgewing; daarna in die gemenereg; en as daar geen beskikbaar is nie, moet die howe ‘n gepaste remedie ontwikkel om gevolg te gee aan die HvR. (dieselfde geld by ander skendings – soek eers die gepaste remedie in die bestaande reg voordat ‘n grondwetlike remedie geskep word)
Wanneer die teiken van ‘n remedie private of staat optrede is, sal die bron van die remedie gewoonlik die gewone reg wees. Wanneer ‘n regsvoorskrif betwis word, sal die remedie uit die Grondwet spruit. Dit is omdat die geldigheid van optrede teen wetgewing getoets kan word, maar ‘n regsvoorskrif kan slegs deur die GW getroef word.
Daar is drie soorte grondwetlike remedies: (1) ongeldigverklaring; (2) verbiedende en verpligtende interdikte en (3) toekenning van grondwetlike skadevergoeding.
8.3 "Gepaste regshulp" en die buigbare benadering tot grondwetlike remedies (p195)
Omdat die howe grondwetlik verplig word om in enige geval van skending van die Handves van Regte (artikel 38) “gepaste regshulp” toe te staan, het hulle 'n buigbare of soepel benadering tot grondwetlike remedies ontwikkel.
In die Fose-saak beslis die hof dat dit aan die howe oorgelaat word om te besluit wat in enige spesifieke omstandigheid gepaste regshulp sou wees, aangesien die Grondwet nie 'n gepaste remedie aandui nie.
Alhoewel artikel 38 'n buigsame benadering tot remedies voorstaan, bevat artikel 172 'n paar instruksies oor die ongeldigverklaring van reg of staatsoptrede. Bykomend by die ongeldigverklaring, mag 'n billike en regverdige bevel toegestaan word. In hierdie stadium mag die hof ook die belange van die partye voor die hof oorweeg. Artikel 172 laat skeidings- en inleesbevele toe, wat die terugwerkende uitwerking van bevele beperk en wat selfs ongeldigverklarings opskort. Artikel 8(3) bevat verdere riglyne vir die toestaan van remedies wanneer die Handves van Regte regstreeks op private optrede toegepas word.
Sanderson v Attorney-General, Eastern Cape – art 38 magtig ‘n buigbare benadering tot remedies.
8.4 Die doel van grondwetlike remedies (p195)
Grondwetlike regte en remedies is aanvullend. Die aard van die grondwetlike remedie word bepaal deur sy doel. Die skade wat veroorsaak word wanneer daar op grondwetlike regte inbreuk gemaak word, benadeel nie net 'n individuele applikant nie, maar benadeel die samelewing as 'n geheel: dit belemmer die verwesenliking van die grondwetlike doel, wat daarop gerig is om 'n billike en demokratiese samelewing te skep.
Die doel van 'n grondwetlike remedie is dus:
-
om die Grondwet te handhaaf en
-
om verdere skendings te verhoed.
Howe poog om die werklike wêreld in ooreenstemming te bring met die ideale grondwetlike wêreld wat die oppermagklousule beoog. Grondwetlike remedies is dus toekomsgerig, gemeenskapsgeoriënteerd en struktureel.
Metrorail – Privaatregtelike remedies is geneig om terugskouend te wees – om skade wat gely is reg te stel ipv om toekomstige skade te voorkom. Die gebruik hiervan kan swaar finansiële laste op die staat plaas.
8.5 Ander faktore wat relevant is vir die toestaan van grondwetlike remedies (p196)
'n Hof mag enige hoeveelheid faktore oorweeg by die toestaan van grondwetlike regshulp. Hierdie faktore is onder andere die volgende:
-
doeltreffendheid van remedies of regshulp, soos die KH in Hoffmann beklemtoon
-
doeltreffende regshulp, nie net aan die suksesvolle litigant nie, maar ook aan alle mense in dieselfde situasie, soos die hof in National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Home Affairs beslis het
-
skeiding van magte – die hof moet nie die funksie van die wetgewer oorneem nie
-
identiteit van die skender, wat 'n privaat- of openbare persoon kan wees
-
aard van die skendings, wat sistemiese skendings (wat strukturele remedies verg), of geïsoleerde skendings kan wees – ‘n late vereis ‘n ander remedie as ‘n positiewe optrede
-
gevolge vir of impak van die skendings op die slagoffer (gevangenesetting van die slagoffer is ontoelaatbaar, selfs al is dit tydelik; opskorting is nie ‘n opsie in so ‘n geval nie)
-
slagofferverantwoordelikheid (Sanderson – as die beskuldigde self vir vertraging van die verhoor verantwoordelik is, kan hy nie kla nie)
-
moontlikheid van ‘n suksesvolle uitvoering van die hofbevel (begroting-implikasies, hoeveelheid tyd toegestaan om aan die bevel te voldoen, moontlikheid van weerstand of ontduiking) Die remedie moet nie vaag wees nie.
In Hoffman v SAA het die hof ‘n bevel gemaak vir die aanstelling van ’n persoon wat MIV positief is en op grond daarvan afgekeur is vir indiensname. Die hof het beslis dat dit ‘n doeltreffende remedie was, wat die oorsprong van die onbillike diskriminasie aanval. Dit is ook in ooreenstemming met die reël dat ‘n persoon wat benadeel is in dieselfde posisie geplaas moet word wat hy sou wees sonder die benadeling.
8.6 Grondwetlike remedies en ander vorme van regshulp (p199)
Afgesien van 'n ongeldigverklaring en 'n verklaring van regte, verskaf die Grondwet baie min riglyne oor grondwetlike remedies, aangesien artikel 38 bloot "gepaste regshulp" noem en nie spesifiek die soorte regshulp noem wat beskikbaar is vir die skending of bedreiging van ‘n reg vervat in die Handves van Regte nie.
Remedies kan hul oorsprong in wetgewing, die gemenereg en die Grondwet self hê. Buiten die remedies wat ingevolge die Grondwet bestaan, is daar ander vorme van regshulp wat 'n hof mag toestaan:
GRONDWETLIKE REMEDIES:
Die ongeldigverklarings, verbiedende en gebiedende interdikte, en die toestaan van grondwetlike skadevergoeding is drie belangrike tipes grondwetlike remedies.
(a) Ongeldigverklaring (p199)
In Fose beslis die KH dat die oppergesagklousule outomaties enige ongrondwetlike reg of optrede nietig maak. Die gevolg van grondwetlike oppergesag is dus dat sulke wette of optrede ongeldig is.
Ongeldigheid is 'n regsgevolg van enige reg of optrede wat onbestaanbaar is met die Grondwet of die Handves van Regte. 'n Ongeldigverklaring is 'n grondwetlike remedie. Dit verskil van ander grondwetlike remedies wat die howe toestaan om geskille tussen die partye voor die hof te besleg. 'n Ongeldigverklaring het te make met ‘n regsvoorskrif of staatsoptrede en die uitwerking daarvan is erga omnes, terwyl ander grondwetlike remedies se uitwerking erga partes is. Enige party by litigasie mag motivering aanbied vir die toestaan van ‘n ander remedie.
-
AIgemene beginsel:
Nadat 'n wet of 'n wetsbepaling onbestaanbaar met die Grondwet bevind is, is die remedie om dit ongeldig te verklaar in die mate waarin dit met die Grondwet onbestaanbaar is. Die ongeldigverklaring raak net daardie bepalings in die wet wat ongrondwetlik is.
Die Hoë Hof, HHA en KH mag alle vorme van wetgewing en optrede ongeldig verklaar. Die KH moet egter enige ongeldigverklaring van ‘n Parlementswet, ‘n provisiale wet en optrede van die President deur die ander howe bekragtig voordat dit enige regskrag kan hê. Terwyl die bekragtiging hangende is, mag tydelike regshulp toegestaan word.
Howe wat die geldigheid van ‘n regsvoorskrif en optrede ondersoek moet die riglyne in art 172(1) oorweeg.
National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Home Affairs – Wanneer ‘n hof wetgewing skrap of woorde inlees, is die bevel nie noodwendig finaal nie. ‘n Wetgewer mag reageer deur die wetgewing te wysig en mag selfs (binne GW perke) ‘n hofbevel ongedaan maak. (p200HB) ‘n Hof se rol behoort beperk te word tot die eliminasie van ongrondwetlike opsies en nie alternatiewe voorskryf wat hy as grondwetlik ag nie. Om hierdie rede verkies howe eng uitsprake in grondwetlike aangeleenthede en word die bevinding beperk tot die feite van die saak.
-
Beheer van 'n ongeldigverklaring se uitwerking:
'n Ongeldigverklaring kan op die volgende maniere beheer word:
(aa) Skeiding:
-
Artikel 172(1)(a) bepaal dat 'n wet of optrede ongeldig verklaar moet word in die mate waarin dit met die Grondwet onbestaanbaar is. Dit beteken dat 'n hof 'n spesifieke artikel of subartikel van ‘n wet ongeldig moet verklaar en dit skrap, en die res van die wet onveranderd moet laat.
-
Soms behels dit dat ongrondwetlike bepalings uit 'n artikel of subartikel uitgehaal word en dat die oorblywende gedeelte onveranderd gelaat word.
-
Die fondament vir skeiding is gelê in Coetzee v Government of the Republic of South Africa. – as die goeie nie afhanklik is van die slegte nie, en daarvan geskei kan word, moet daar aan die goeie gevolg gegee word, wat na skeiding oorbly, indien dit steeds aan die oogmerk van die wetgewing voldoen.
-
Skeiding kan net plaasvind as die volgende twee vereistes nagekom kan word:
-
eerstens moet dit moontlik wees om die ongrondwetlike gedeelte los te maak van die res, soos die Konstitusionele Hof in Ferreira v Levin NO gedoen het;
-
tweedens moet die oorblywende gedeelte steeds gevolg gee aan die oogmerk of doel van die wet.
Daar is twee soorte skeiding – (1) Werklike skeiding en (2) Begrip skeiding (“notional”). Laasgenoemde behou die teks van die bepaling maar plaas dit onderhewig aan ‘n voorwaarde van behoorlike toepassing. ‘n Voorbeeld hiervan is Ferreira v Levin. Die gewraakte woorde is nie uit die subartikel geskrap nie, maar ‘n verklaring is gemaak daaromtrent. Die hof het beslis dat die woorde “in die mate wat dit onbestaanbaar is” van art 172(1)(a) aan die hof ‘n mate van speling gee. Hierdie tipe bevel illustreer die mate waarin ‘n hof ‘n wetgewende bepaling kan wysig as deel van sy skeidingsbevoegdheid.
-
Die oorblywende gedeelte moet steeds gevolg gee aan die oogmerk vd wet:
Die oogmerk van die bepaling word bepaal deur na die wet as geheel te kyk.
In Case v Minister of Safety and Security het die hof bevind dat die ongrondwetlikheid die hele teks deurdring het en dat skeiding nie ‘n opsie is nie. Die hof moet daarteen waak om nie die wetgewer se funksies oor te neem nie.
In Coetzee is ‘n kombinasie van skeiding en “reading down” aangewend om te verseker dat die oorblywende deel steeds aan die oogmerk van die wet voldoen. As dit egter tot gevolg het dat die res van die wet deur wysigings gered moet word, moet algehele ongeldigheid van die wet eerder oorweeg word.
(bb) lnlees: (p204)
-
Om woorde by 'n wetsbepaling in te lees, verskil van wanneer 'n wet ooreenkomstig die Grondwet uitgelê word. (Lg word dikwels "reading down" genoem. "Reading down" is 'n metode van wetsuitleg wat ten doel het om onbestaanbaarheid tussen die wet en die Grondwet te vermy.)
-
Daarenteen is inlees 'n grondwetlike remedie wat deur 'n hof toegestaan word nadat dit 'n wet ongrondwetlik en ongeldig bevind het. Dit word bykomend by die remedie van afskeiding gebruik.
-
Skeiding word gebruik wanneer dit nodig is om onaanvaarbare (dws ongrondwetlike) gedeeltes van ‘n wetsbepaling te verwyder.
-
lnlees word hoofsaaklik gebruik wanneer die onbestaanbaarheid deur 'n weglating veroorsaak word en dit nodig is om woorde by die wetsbepaling te voeg om dit reg te stel.
-
lngevolge artikel 172 van die Grondwet is albei metodes toelaatbaar.
-
Die hof moet poog om soveel moontlik by die wet se oogmerk te hou, binne die perke van die GW.
-
Inlees moet vermy word waar dit ontoelaatbare begrotingslaste sal veroorsaak.
-
Dawood v Minister of Home Affairs – Inlees moet vermy word by die regstel van ‘n weglating in wetgewing, agv die beginsel van skeiding van magte.
-
In die National Coalition saak het die Konstitusionele Hof die eerste keer inlees as 'n remedie aangewend (om “gade” uit te brei na lewensmetgeselle van dieselfde geslag), en in S v Manamela (om die strekking van ‘n bepaling af te skaal – die omgekeerde bewyslas van vermoede is vervang)en S v Niemand (die inlees van ‘n maksimum vonnis het die ongrondwetlikheid van ‘n onbepaalde tydperk van aanhouding reggestel) is dit voortgesit.
(cc) Terugwerkende uitwerking van ongeldigheidverklarings: (p206)
-
In beginsel het ongeldigverklaring 'n terugwerkende uitwerking, dws van die oomblik wat die wetgewing en enige optrede ingevolge daarvan in werking getree het.
-
Omdat die terugwerkende ongeldigverklaring van handelinge wat te goeder trou ingevolge oënskynlik geldige wetgewing onderneem is tot chaos kan lei, kan die KH egter volgens art 172(b)(i) die terugwerkende werking van ‘n ongeldigverklaring, met inagneming van verskeie faktore, beperk, soos in National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice gebeur het.
-
Die las is op die party wat die gevolge van die terugwerking wil beperk, om die nodige inligting en redes aan die hof voor te lê waarom die beperking regverdig en billik sal wees.
-
Die ontwrigtende gevolge van terugwerking moet opgeweeg word teen die belang van onmiddelike regshulp aan die applikant en persone in ‘n soortgelyke situasie.
(dd) Opskorting van ongeldigverklarings: (p209)
-
Ingevolge artikel 172(1)(b)(ii) mag 'n hof die uitwerking van ‘n ongeldigverklaring in die belang van billikheid en regverdigheid tydelik opskort.
-
Hierdeur word geleentheid gegee aan die Parlement om die gebrek reg te stel binne ‘n voorgeskrewe tydperk. As die gebrek reggestel is, val die ongeldigverklaring weg.
-
Die wetgewer is nie verplig om die gebrek te herstel nie – ongeldigheid tree in werking op die vasgestelde datum.
-
Die effek van opskorting is dat die wetgewing van krag bly vir daardie periode. Die hof kan tussentydse regshulp toestaan hangende die regstel van die gebrek. (Doeltreffende regshulp beteken ook onmiddelike regshulp.)
-
Kan die opskortende tydperk verleng word? Minister of Justice v Ntuli – daar moet ‘n einde aan litigasie wees en so ‘n verlenging sal spaarsamig aangewend word. In hierdie saak is ‘n verlening geweier omdat die vertraging agv die nalatigheid van amptenare was.
-
Partye moet aantoon dat die tydperk substansiële benadeling sal veroorsaak.
-
Die hof sal slegs opskorting van ongeldigverklaring oorweeg as die partye kan aantoon dat dit in belang van geregtigheid en billikheid is.
-
Die tydperk sal daarvan afhang of die Parlement die gebrek moet regstel, en of ministeriële regulasies voldoende sal wees.
-
Mistry v Interim National Medical and Dental Council of SA – Die partye wat opskorting aanvra moet betroubare getuienis voorlê om dit te regverdig. Dit sluit in inligting oor die aard van die reg en die aard van die gebrek.
-
Die KH het bepaal dat ‘n opskortingsbevel gepas sal wees in gevalle waar skrapping / skeiding ‘n leemte sal laat.
-
Wanneer sal ‘n opskorting nie gegee word nie? Indien die ongeldigverklaring geen of minimale benadeling inhou; wanneer die gebrekkige bepaling nie nodig is vir die bevordering van die oogmerk van die wet nie; indien die wet nie afhanklik is van die ongrondwetlike bepaling vir geldigheid nie; indien dit onredelik sou wees om die ongeldige reg te behou; indien dit so duidelik strydig is met ‘n fundamentele reg en totaal onregverdigbaar is.
-
Moseneke v The Master – opskorting van ‘n ongeldigverklaring is aangewend om oorgang van die ou na die nuwe grondwetlike bedeling te fasiliteer.
(b) Verklaring van regte (p213)
Artikel 38 van die Grondwet maak voorsiening vir 'n verklaring van regte. Dit verskil op die volgende twee gronde van 'n ongeldigverklaring:
(1) 'n Verklaring van regte kan toegestaan word selfs waar geen wet of optrede as onbestaanbaar met die Handves van Regte bevind word nie, terwyl 'n ongeldigverklaring voortvloei uit 'n bevinding dat die wet of optrede onbestaanbaar met die Grondwet is.
(2) 'n Ongeldigverklaring is bindend op almal, terwyl 'n verklaring van regte ten doel het om 'n geskil tussen spesifieke partye te besleg.
JT Publishing v Minister of Safety and Security – ‘n Verklarende bevel is ‘n diskresionêre remedie.
In Hugo is bevind dat die verklaring van regte die mees gepaste vorm van beskikbare regshulp was, maar dit is beslis nie die enigste opsie nie wanneer 'n hof bevind dat sosio-ekonomiese regte of soortgelyke positiewe verpligtinge geskend is, soos die Konstitusionele Hof in die Treatment Action Campaign-saak bevind het.
Hugo – die meerderheid van die hof het beslis dat ‘n Presidensiële begenadiging nie die gelykheidsklousule skend nie. Regter Kriegler het egter gemeen dat gelykheid wel geskend is deur manlike gevangenes met jong kinders uit te sluit van begenadiging. Om die begenadiging ongeldig te verklaar sou geen effek hê nie. Die regter het voorgestel dat ‘n verklaring gemaak word dat die optrede die GW skend.
Metrorail – ‘n verklarende bevel is buigbaar en waardevol in ‘n grondwetlike demokrasie, omdat dit die hof toelaat om die reg te verklaar.
(c) Regshulp deur middel van ‘n Interdik (p216)
Beide positiewe en negatiewe interdikte is gerig op toekomstige gebeure. In verskeie sake (oa in City Council of Pretoria v Walker – die hof het beslis dat die skending van die reg op gelykheid nie absolusie van die instansie regverdig het nie en dat ‘n verklaring van regte of ‘n mandamus meer geskik is), het die Konstitusionele Hof 'n interdik as 'n grondwetlike remedie gebruik.
Ons noem vervolgens die drie soorte interdikte wat gebruik kan word:
Dostları ilə paylaş: |