In die besonder, kan -
(b) 'n versekeringsmaatskappy aanspraak maak op die reg op lewe? (2)
Dit is onwaarskynlik dat 'n maatskappy ingevolge artikel 8(4) kan aanspraak maak op die reg op lewe, omdat die aard van die reg sodanig is dat die na menslike lewe verwys en nie die bestaan van 'n maatskappy omvat nie.
(c) 'n vakbond horn beroep op die reg om kollektief te beding?(2)
Met inagneming van die aard van die reg en die aard van die regspersoon, is die antwoord klaarblyklik "ja", omdat dit is waarom daar vakbonde bestaan.
(d) 'n beslote korporasie hom beroep op toegang tot inligting?(2)
Ja, die aard van die reg op toegang tot inligting is sodanig dat dit in beginsel deur 'n regspersoon soos 'n beslote korporasie uitgeoefen kan word.
(e) die SABC horn beroep op die reg op vryheid van spraak? (2)
Die aard van die reg is sodanig dat dit deur 'n regspersoon uitgeoefen kan word. Boonop is vryheid van uitdrukking 'n wesenlike aspek van die SABC se aktiwiteite. Die SABC is derhalwe geregtig op hierdie reg, al is dit 'n staatsorgaan. Sien bladsy 38 HB.
(f) die Gauteng provinsiale regering aanspraak maak op die reg op gelykheid? (2)
Waarskynlik nie, omdat die Gauteng provinsiale regering uiteraard 'n staatsorgaan is.
(3) ABC Supermark word aangekla van 'n skending van die Drankwet, deurdat dit op 'n Sondag drank verkoop het. In sy verweer voer ABC aan dat die Wet' n ongrondwedike godsdiensvryheid skend. Adviseer ABC oor die volgende vraagstukke:
(a) Is ABC geregtig op godsdiensvryheid? (3)
Nee, in die lig van die aard van die reg op godsdiensvryheid en die aard van die regspersoon, kan 'n regspersoon soos 'n supermark nie aanspraak maak op godsdiensvryheid nie. Gn mens sou kon argumenteer dat 'n kerkvereniging – hoewel ook 'n regspersoon - inderdaad op hierdie reg sou kon aanspraak maak.
(b) Indien nie, kan dit nogtans aanspraak maak op godsdiensvryheid, ten einde die grondwetlikheid van die Drankwet te bevraagteken? (2)
Ons is van mening dat die antwoord "ja" behoort te wees. Alhoewel die supermark nie op godsdiensvryheid geregtig is nie, sou dit locus standi he aangesien dit voldoende belang het by die saak se bevinding. Sien bladsy 38 tot 39 van die handboek.
Wie word deur die Handves van Regte gebind?
(4) Onderskei tussen regstreekse en onregstreekse toepassing van die Handves van Regte en gee 'n voorbeeld van elk. Waarom is dit belangrik om 'n onderskeid te maak? (8)
Die onderskeid word op bladsy 32 in die handboek verduidelik. Die belang van die onderskeid is geleë in hoe die Handves van Regte toegepas word en in die feit dat die oogmerk en uitwerking van regstreekse toepassing van die van onregstreekse toepassing verskil. Dit word op bladsy 73 tot 75 uiteengesit. Som dit in u eie woorde op om seker te maak dat u dit verstaan.
Regstreeksetoepassillg
(5) Ingevolge artikel 8(1), is die Handves van Regte van toepassing op die totale reg, en bind dit die wetgewende - , die uitvoerende - en , die regsprekende gesag en alle staatsorgane. (5)
(6) Waarna verwys die optrede van "staatsorgane"? (4) – art 239 en bl 49 – 50 HB
(7) Is die Handves van Regte van toepassing op die volgende? Gee redes vir u antwoorde.
(a) 'n parlementswet – Ja omdat die HvR op alle reg van toepassing is en die wetgewer bind.
(b) 'n munisipale verordening – Ja omdat die HvR op alle reg van toepassing is en die wetgewer bind.
(c) 'n hofbevel – Ja, omdat die HvR die regterlike gesag bind.
(d) die oplegging van 'n boete deur 'n verkeersbeampte – Ja omdat ‘n verkeersbeampte wat ‘n amptelike plig uitvoer, is ‘n lid van ‘n staatsorgaan en gevolglik sou sy of haar gedrag die van ‘n staatsorgaan wwes – art239(a)
(e) 'n beslissing deur Unisa om 'n student te skors - Die maklike antwoord is dat 'n universiteit gebonde is omdat dit ingevolge artikel 239(b)(ii) 'n staatsorgaan is. Lees self hierdie artikel. Maar as dit nie die geval was nie, kan aangevoer word dat artikel 8(2) ten aansien van die betrokke geval sou geld.
(f) die uitoefening van die president se bevoegdheid om oortreders te begenadig - Die President is 'n lid van die uitvoerende gesag (inderdaad die hoof daarvan) en alles wat hy of sy kragtens sy amp doen, is onderworpe aan die grondwedike bepalings. Sien die bespreking van die Hltgo-saak op bladsy 51 van die handboek.
(8) Wanneer bind 'n bepaling van die Handves van Regte ingevolge artikel 8(2) 'n natuurlike of regspersoon? Hoe behoort hierdie bepaling geïnterpreteer te word? (10) – Som die bepalings van artikel 8(2) op. Sien artikel 39(2) en die bespreking op bladsy 55 tot 57 oor die toepaslike manier om artikel 8(2) te interpreteer. Som self die vyf punte op wat in die handboek gegee word.
(9) Is die Handves van Regte van toepassing op die volgende optrede? Gee redes vir u antwoorde.
(a) ‘n Gastehuis stel dit duidelik dat gay en lesbiese pare nie daar welkom is nie.
Ja, die aard van die reg daarop om nie onbillik teen gediskrimineer te word nie en die plig wat daardeur opgelê word, is sodanig dat die reg op natuurlike en regspersone opgelê kan word. Bowendien verklaar artikel 9(4) duidelik dat daar teen geen persoon onbillik gediskrimineer mag word nie.
(b)'n Plaaseienaar weier om behuising aan 'n groep plakkers te verleen.
Die reg wat hier ter sprake is, is die reg op behuising, ingevolge artikel 26(2). Dit is onwaarskynklik dat beslis sou word dat private persone ingevolge artikel 26(2) 'n plig sou hê, gegewe die aard van die plig en die feit dat artikel 26(2) net na die staat se verpligting om behuising te verskaf, verwys.
(c)'n Privaat hospitaal weier alle pasiente wat nie kan betaal vir behandeling nie, selfs in noodgevalle. (6)
Op bladsy 53 van die handboek voer die outeurs oortuigend aan dat, hoewel 'n private hospitaal nie ingevolge artikel 27(2) gebind word nie, dit ingevolge artikeI27(3) gebind word (die reg daarop om nie nood- mediese behandeling geweier te word nie).
Onregstreekse toepassing
(10) In watter omstandighede kan 'n hof vermy dat wetgewing konstitusioneel ongeldig verklaar word deur dit in ooreenstemming met die Grondwet uit te le? (8)
Hierdie vraag word op bladsy 64 tot 67 van die handboek bespreek. Maak u eie opsomming daarvan.
(11) Bespreek die howe se verpligting om die gemenereg te ontwikkel om die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte te bevorder (12)
Hierdie vraag word op bladsy 67 tot 72 in die handboek bespreek. Maak weereens u eie opsomming.
(12) U is Van Leeuwen R 'n regter van die Hoe Hof, se klerk. Die regter is die voorsittende regter by ‘n saak waarin die grondwetlikheid van 'n parlementswet bevraagteken word. Die regter vra u om oor die volgende vrae ' n kort opinie te skryf:
(a) Watter verskille is daar tussen regstreekse en onregstreekse toepassing? (6)
Sien in hierdie verband 3.3.1 hierbo en bladsy 32 en 73 tot 75 in die handboek.
(b) Wanneer behoort 'n hof die Handves van Regte regstreeks op wetgewing toe te pas, en wanneer behoort dit eerder die wetgewing in ooreenstemming met die Handves van Regte uit te lê interpreteer? (6)
Hierdie vraag en vraag (1) hierbo oorvleuel. Onregstreekse toepassing op wetgewing word op bladsy 64 tot 67 in die handboek bespreek, terwyl die verhouding tussen regstreekse en onregstreekse toepassing op bladsy 72 tot 78 bespreek word. Die volgende feite is hier belangrik:
-
‘n Hof moet altyd eers onregstreekse toepassing op ,n wetsbepaling oorweeg deur dit in ooreenstemming met die Handves van Regte uit te le, voordat dit die Handves van Regte regstreeks op die bepaling toepas.
-
Daar bestaan egter perke aan die bevoegdheid van die howe om die Handves van Regte onregstreeks toe te pas. Die Hoogste Hof van Appel en die Konstitusionele Hof het beklemtoon dat dit redelik moontlik moet wees om die wetsbepaling ooreenkomstig die Handves van Regte uit te le, en dat die interpretasie nie (onnodig geforseerd) moet wees nie. As die bepaling nie redelikerwys so uitgele kan word nie, moet die hof die Handves van Regte regstreeks toepas en die bepaling ongeldig verklaar.
(13) Van Leeuwen R is ook die voorsittende regter by ‘n saak waanin aangevoer word dat die gemeenregtelike lasterreg onbestaanbaar met die Handves van Regte is, aangesien dit nie genoegsame beskerming verleen aan vryheid van uitdrukking nie. Sy vra u om 'n kort opinie oor die volgende vrae te skryf:
(a) Is daar gevalle waar 'n hof eenvoudig 'n gemeenregtelike reel ongeldig mag verklaar omdat dit onbestaanbaar met die Grondwet is? (4)
In ' n paar gevalle het die Konstitusionele Hof eenvoudig ,n gemeenregtelike reel ongeldig verklaar omdat dit onbestaanbaar met die Handves van Regte is. Byvoorbeeld: in National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Justice verklaar die hof die gemeenregtelike oortreding, sodomie, ongeldig. In hierdie geval was dit onmoontlik om die gemenereg te ontwikkel - die vraag wat voor die hof gedien het, was eenvoudig of die oortreding in ooreenstemming met die regte op gelykheid, menswaardigheid en privaatheid was. Eweneens verklaar die Konstitusionele Hof in Bhe v Magistrate, Khayelitsha die gewoonteregtelike reel van manlike eersgeboortereg, ingevolge waarvan vroue en dogters uitgesluit word om te erf van die boedel van' n swart persoon wat gesterf het sonder dat 'n testament opgestel is, ongeldig. Die meerderheid van die Konstitusionele Hof gevind dat hierdie reel, wat neerkom op onbillike diskriminasie op grond van geslag en wat die regte van vroue skaad, nie ooreenkomstig artikel 39(2) ontwikkel kan word nie, en dat dit as onkonstitusioneel verwyder moet word. Ngcobo R bevind egter, in sy afwykende uitspraak, dat die reel ontwikkel kan word, en moet word, om die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte te bevorder.) Daar moet egter beklemtoon word dat bogenoemde geval die uitsondering eerder as die reel is. Selfs by gevalle van regstreekse horisontale toepassing, stel artikel 8(3) dit duidelik dat daar van' n hoë verwag word om, waar nodig, die gemenereg te ontwikkel om gevolg re gee aan die reg waarop inbreuk gemaak word.
(b) Wanneer behoort 'n hof die Handves van Regte regstreeks toe te pas op ‘n horisontale dispuut wat ingevolge artikel 8(2) deur die gemenereg gereel word, en wanneer behoort dit ingevolge artikel 39(2) onregstreekse toepassing voor te staan? (6)
Dit is 'n moeilike en betwisbare aangeleentheid. Sien bladsy 50 tot 55 (regsrreekse horisontale toepassing), bladsy 67 tot 72 (onregstreekse toepassing op geskille wat deur die gemenereg gereel word) en bladsy 72 tot 78 (die verhouding tussen regsrreekse en onregsrreekse toepassing). Die volgende punte is veral belangrik:
(i) Regstreekse toepassing is natuurlik net moondik "indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg" (artikel 8(2». Indien regstreekse toepassing nie toepasbaar is nie, is onregstreekse toepassing steeds moontlik.
(ii) Daar is perke aan onregstreekse toepassing. Eerstens is daar die feit dat die gemenereg net inkrementeel (dws verhogend) toegepas mag word, en dat elke geval afsonderlik oorweeg moet word (sien bladsy 69). Tweedens, die gemenereg mag nie ontwikkel word as dit tot 'n botsing met vorige beslissings van hoer howe sou lei nie (sien bladsy 69-72).
-
In baie sake is sowel regstreekse as onregsrreekse horisontale toepassing moontlik. Currie en De Waal voer aan dat onregstreekse toepassing in sulke sake weens die beginsel van vermyding altyd voor regstreekse toepassing oorweeg moet word (sien bladsy 75-78). Ingevolge hierdie beginsel moet ' n hof sover moontlik gewone reg toepas en ontwikkel voordat die Handves van Regte regstreeks op 'n geskil toegepas word.
-
Nie almal stem saam met die siening van Currie en De Waal nie. Sommige skrywers meen dat regstreekse horisontale toepassing meer dikwels gebruik moet word. Sien ook die verwysing na Khulalo v Holomisa op bladsy 51 tot 52, waar die Konstitusionele Hof van regsrreekse horisontale toepassing gebruik gemaak het.
(c) Watter howe beskik oor jurisdiksie om die gemenereg in ooreenstemming met die Handves van Regte te ontwikkel?(2)
Artikel 39(2) verwys na "elke hof, tribunaal of forum". Dit beteken dat die verpligting om die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte deur middel van onregsrreekse toepassing te bevorder, ook die howe (bv landdroshowe) en rribunale insluit wat nie oor die bevoegdheid beskik om die Handves van Regte regstreeks toe te pas nie.
====================================================================================
STUDIE-EENHEID 4: Verskyningsbevoegdheid {locusstandi} (p79HB)
SLEUTELKONSEPTE
Die Konstitusionele Hof hoor net sake aan wat wesenlik is tov die beskerming van grondwetlike regte, waarvan die beslissings daarna afdwingbare reg vorm. 'n Vraagstuk word as beregbaar beskou as die hof in staat is om die geskil deur middel van die toepassing van regsreels en -beginsels op te los (p 79 HB).
-
Verskyningsbevoegdheid/ locus standi
Dit verwys na die litigant se bevoegdheid om in die hof te verskyn en op regshulp aanspraak te maak. Die applikant of litigant moet die geskikte persoon wees om die saak vir beregting na die hof te bring.
Dit is afkomstig vd beginsel van vermyding en beteken basies dat 'n hof nie 'n aangeleentheid moet bereg wat nie gereed is vir beregting nie. Die verhoed dat die hof te gou oor 'n aangeleentheid beslis, wanneer die eerder dmv 'n straf- of siviele saak beslis kon word en nie 'n konstitusionele aangeleentheid is nie.
Dit is wanneer 'n vraagstuk nie meer betwisbaar is nie en nie meer 'n uitwerking het op die belange vd betrokke partye nie. 'n Saak sou moot wees as dit bloot abstrak, van akademiese belang, of hipoteties is.
4.1 Beperkings op Beregbaarheid (79HB)
-
Die beginsel van beregbaarheid
-
Die reëls en beginsels van jurisdiksie
-
Die belangrikste reëls en beginsels onder ‘beregbaarheid’:
-
locus standi
-
rypheid
-
“mootness”
Afdwinging van regte
38. Iemand in hierdie artikel genoem, het die reg om ’n bevoegde hof te nader en aan te voer dat daar op ’n reg in die Handves van Regte inbreuk gemaak is of dat so ’n inbreukmaking dreig, en die hof kan gepaste regshulp verleen, met inbegrip van ’n verklaring van regte. Die persone wat ’n hof kan nader, is –
(a) iemand wat in eie belang optree;
(b) iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie;
(c) iemand wat as ’n lid van, of in die belang van, ’n groep of klas persone optree;
(d) iemand wat in die openbare belang optree; en
(e) ’n vereniging wat in die belang van sy lede optree.
4.2. a) Die breë benadering tot verskyningsbevoegdheid
Die gemeenregtelike benadering tot verskyningsbevoegdheid was beperkend en strak. Hiervolgens moes 'n persoon wat die hof vir regshulp nader ‘n persoonlike belang by die aangeleentheid hê en gevolglik persoonlik negatief deur die beweerde onregmatigheid geraak word. Dit het beteken dat die applikant se eie regte aangetas moes wees en nie die regte van iemand anders nie.
Die konstitusionele benadering tot verskyningsbevoegdheid ingevolge artikel 38 is meer buigbaar.
In Ferriera v Levin, is 'n breër benadering tot verskyningsbevoegdheid voorgestaan en beklemtoon dat dit belangrik is om te verseker dat alle applikante die volle beskerming van die Grondwet geniet.
Artikel 38 van die Grondwet bevat vyf kategoriee ten opsigte waarvan 'n litigant vir doeleindes van Hoofstuk 2 van die Grondwet verskyningsbevoegdheid sal hê.
In hierdie gevalle is die gemeenregelike locus standi en wetteregtelike vereistes irrelevant.
Art 38 is slegs van toepassing waar ‘n litigant beweer dat ‘n reg vd HvR geskend of bedreig is;
-
nie op grondwetlike bepalings buite die HvR nie
-
en nie waar die HvR onregsteeks in terme van art 39(2) opgeroep word om die gemenereg te ontwikkel of vir “reading down” van wetgewing nie.
Die breë benadering tot verskyningsbevoegdheid word steeds beperk.
4.2. b) Die leerstuk van objektief konstitusionele ongeldigheid (p82)
In Ferreira v Levin moes die KH beslis of die ondersoeker in ‘n likwidasie ondersoek ‘n bepaling kon betwis wat gegrond was op regverdige verhoor vir ‘beskuldigde persone’. Die meerderheid van die regters het beslis dat ‘n breër benadering tot verskyningsbevoegdheid gevolg moet word in grondwetlike aangeleenthede. ‘Voldoende belang’ is nie beperk tot die applikant se grondwetlike regte nie. Die litigant hoef nie meer 'n persoonlike belang by die beweerde onregmatigdheid te hê of persoonlik daardeur geraak te word nie. Volgens die KH moet die applikant net die volgende doen om verskyningsbevoegdheid te hê:
-
Te beweer dat 'n reg van die Handves van Regte geskend is of bedreig word.
-
Aan te toon, met verwysing na die kategorieë gelys in artikel 38 (a) tot (e), dat daar voldoende belang is daarby om die remedie waarom versoek word, te verkry.
Die beweerde skending of bedreiging hoef slegs objektief gesproke ‘n reg van die HvR te skend / bedreig. Dit hoef nie ‘n spesifieke persoon se regte te wees nie, maar daar moet ‘n verband wees tussen die ‘voldoende belang’ en een van die gelyste kategorieë.
4.2. c) Die bewering dat ‘n fundamentele reg geskend of bedreig is (p85HB)
-
“Bedreig” dui daarop dat ‘n interdik ook aangevra mag word om toekomstige skending te voorkom.
-
Daar hoef slegs ‘n bewering te wees. Dit hoef nog nie bewys te word nie. Die basis waarop die bewering gemaak word, moet egter duidelik uiteengesit word. Hierdeur word verseker dat dit wel betrekking het op ‘n reg van die HvR. (art 38 is slegs van toepassing op fundamentele regte)
-
Regsgeleerdes sal ook locus standi hê as hulle ‘n bewering maak en voldoende belang het.
4.2 d) Voldoende belang en die kategorieë persone
Geen toets is neergelê om voldoende belang te bepaal nie. Volgens Currie moet die applikant (of die persoon of groep namens wie hy optree) minstens regstreeks geraak word deur ‘n reg of optrede voordat hy verskyningsbevoegdheid sal hê om dit te betwis.
Voldoende belang is gekoppel aan die kategorieë van persone gelys in art 38 en moet ‘n belang wees in die remedie wat verlang word.
In Prior v Battle het die applikant mariale mag betwis, in eie belang sowel as openbare belang. Daar was egter nie genoeg bewyse voorgelê vir laasgenoemde nie, maar niks verhoed ‘n applikant om ‘n bewering met meer as een kategorie te steun nie.
-
Persone wat in hul eie belang optree
-
Die hof sal in hierdie geval ‘voldoende belang’ toegeeflik oordeel.
-
Sou die applikant die hof namens hom- of haarself nader, moet die persoon self 'n voldoende belang daarby hê.
-
Voorbeeld: In Janse van Rensburg v Minister van Handel en Nywerheid is beslis dat dit sinneloos is om van die applikante te verwag om te wag vir toepassing van individuele bepalings op hulle en dan ‘n reeks aparte aanvalle op daardie bepalings te rig. Dit was ook nie nodig om eers die beskikbare interne remedies uit te put nie, omdat dit nie alternatiewe verligting gebied het nie. Die applikante kon dus bepalings in die betrokke wet betwis nadat hulle kennisgewing ontvang het van voornemende ondersoeke van hul besigheid.
-
Persone wat optree namens iemand anders
-
Hier tree ‘n persoon op namens iemand wat nie self in eie naam kan optree nie
-
Die verteenwoordigde persoon moet daartoe toestem, of dit moet duidelik wees dat hy sou toestem
-
Die verteenwoordigde persoon moet genoegsame belang hê by die remedie wat versoek word.
-
Persone wat optree as lid van ‘n klas of groep persone
-
Die belangrikste kenmerk van hierdie ‘class action’ litigasie is dat die ander lede ook voordeel trek of gebind is deur die uitkoms; tensy hulle voorgeskrewe prosedures volg om daaruit te onttrek.
-
Die applikant moet die klas of groep persone identifiseer.
-
Voorbeeld: Ngxuza v Permanent Secretary, Department of Welfare, Eastern Cape - die opskorting van maatskaplike toelaes is betwis. Hoewel die applikante nie die persone kon identifiseer nie, kon die respondent wel op grond van regering rekords. Die applikante moes inligting deurgee dmv die gedrukte en radio media en kennisgewings by pensioenbetaalpunte, om diegene wat geaffekteer word die geleentheid te gee om te onttrek daarvan.
-
Die HHA het beslis dat die klas persone so groot is dat die samevoeging van al die lede onprakties is, die eise vd applikante is kenmerkend van die eise van die res en die belange van die klas sal regverdig en voldoende beskerm word deur die applikante se regsverteenwoordigers.
-
Die gebiedsjurisdiksie van die hof is uitgebrei om die hele klas in te sluit. Die gemeenregtelike leerstuk van continentia causae is aangewend, in die belang van geregtigheid en gerief.
-
Persone wat optree in openbare belang
-
Daar moet aangetoon word dat die persoon in openbare belang optree.
-
Daar moet aangetoon word dat die ‘publiek’ ‘n genoegsame belang het in die verlangde remedie.
-
In Ferreira v Levin het die hof relevante faktore geïdentifiseer om te bepaal of ‘n persoon in openbare belang optree:
-
is daar ‘n ander redelike en effektiewe manier om die aanvegting teweeg te bring?
-
die aard van die verlangde remedie
-
die strekking van algemene en voornemende toepassing
-
die verskillende persone of groepe wat regstreeks of onregstreeks geraak sal word deur enige bevel
-
die geleentheid wat daardie persone of groepe het om bewyse en argumente voor die hof te bring
-
die graad en kwesbaarheid van die geaffekteerde persone
-
die aard van die beweerde geskende / bedreigde reg
-
die gevolge van die skending vd reg
-
By die bepaling van ‘genoegsame belang’ is tydsberekening belangrik en daar moet genoeg getuienis en argumente voor die hof gebring word.
-
Verenigings wat namens hul lede optree
-
Daar moet aangetoon word dat die lede ‘n genoegsame belang het in die remedie wat verlang word.
-
Dit is nie nodig om aan te toon dat die gemeenregtelike vereistes nagekom is nie, bv dat die vereniging gemagtig is om te dagvaar, dat die vereniging voortdurende bestaan het, ‘n aparte identiteit het of eiendom besit en regte en verpligting mag bekom nie.
Dostları ilə paylaş: |