Fundamentele regte – fur201f studie-eenheid 1 (p1 gids): Inleiding tot die Grondwet en die Handves van Regte



Yüklə 0,58 Mb.
səhifə9/15
tarix01.08.2018
ölçüsü0,58 Mb.
#64796
1   ...   5   6   7   8   9   10   11   12   ...   15

(1) Tussentydse interdikte:

  • Die doel van tussentydse regshulp is om die status quo te behou, hangende die beregting van die geskil.

  • As ‘n algemene reël pas die howe die gemeenregtelike kriteria toe wat betrekking het op die toestaan van tussentydse interdikte (‘n prima facie reg, vooruitsig van onherstelbare skade, geen ander remedie beskikbaar en gerieflikheidshalwe).

  • Die KH het nog nie beslis oor die vraag of ‘n hof die werking van ‘n Parlementswet mag opskort met ‘n tussentydse interdik nie.

  • In President of the RSA v UDM – waar optrede ingevolge wetgesing wat dreigend is en waarskynlik ernstige en onherstelbare nadeel sal veroorsaak kan tussentydse remedies aangewend word om die nadeel te voorkom, hangende die beslissing van die hof.

(2) Finale interdikte:

  • Finale interdikte sluit die verbiedende interdik en die mandamus (of bevelskrif) in.

  • Hier geld die gemeenregelike beginsels (duidelike reg, werklike nadeel gely of redelikerwys voorsienbaar en geen ander beskikbare remedie).

  • Art 6 en 8 van PAJA voorsien vir spesiale bepalings rakende die mandamus waar onregmatige administratiewe optrede bestaan uit die versuim om ‘n besluit te neem.

(3) Strukturele interdikte:

  • ‘n Strukturele interdik gebied die skender om die skending van fundamentele regte onder hoftoesig reg te stel.

  • Hierdie interdik bestaan uit 5 elemente:

  1. die hof verklaar in watter mate die staatsoptrede tekortskiet met sy grondwetlike verpligting

  2. die hof maak ‘n bevel dat die regering die verpligting moet nakom

  3. die hof maak ‘n bevel dat die regering (gewoonlik onder eed) verslag moet doen binne ‘n spesifieke tydperk oor die stappe wat geneem is en toekomstige stappe

  4. die applikant kry die geleentheid om te reageer op die verslag

  5. die saak word op die rol geplaas vir ‘n verhoor en, indien bevredigend, word die verslag ‘n bevel van die hof

  • Versuim om aan die verpligtinge te voldoen sal dan minagting van die hof wees.

  • Die Hoë Hof het al struktuele interdikte toegestaan in sommiges sosio-ekonomiese regte aangeleenthede en soortgelyke regte wat ‘n positiewe verpligting op die staat plaas.

  • Die KH het beperkte vorme van struktuele interdikte toegestaan in die gevangenes se stemreg sake.

  • Die struktuele interdik is moontlik die enigste werklik effektiewe remedie in sosio-ekonomiese regte sake en is veral toepaslik in ‘n gemeenskapsgeoriënteerde staat wat die waardes van verantwoordbaarheid, reaksie en openlikheid voorstaan.

  • Enige streng poging om toesighouding te implimenteer kan veroorsaak dat die howe verstrengel raak in dag-tot-dag regeringsake, waarvoor dit nie toegerus is nie.

  • Dit mag ook bots met die skeiding van magte – leerstuk.

  • Dit is daarom belangrik dat die terme van die interdik buigbaar moet wees om te voorkom dat die toesig die onderskeid tussen uitvoerende en regsprekende funksies skaad.


(d) Grondwetlike skadevergoeding (p219)

Die Grondwet bevat nie 'n bepaling wat 'n hof verbied om skadevergoeding toe te ken as ‘n remedie vir die inbreukmaking op fundamentele regte nie - om die slagoffer van die skending te vergoed en die skender te straf.

So 'n remedie is noodsaaklik in 'n aantal gevalle waar ander remedies min sou beteken, veral waar geen ander vorm van regshulp doeltreffend of gepas blyk te wees nie. Dit moedig ook die slagoffer aan om na vore te kom en te litigeer; wat help om die GW af te handhaaf en verdere skendings te voorkom.

(aa) Algemene beginsels: (p220)

Die algemene benadering tot grondwetlike skadevergoeding is deur die KH uiteengesit in Fose v Minister of Safety and Security, wat in Carmichele v Minister of Safety and Security nagevolg is.

In Fose het die eiser die Minister van Veiligheid en Sekuriteit gedagvaar vir skade gely agv 'n beweerde aanranding en marteling deur lede van die polisiemag. Afgesien van gemeenregtelike deliktuele skadevergoeding, het die eiser 'n eis ingestel vir grondwetlike skadevergoeding weens die inbreukmaking op sy grondwetlike reg op menswaardigheid en die reg om nie gemartel te word nie.

Die oogmerke van die aksie om grondwetlike vergoeding is:



  1. Handhawing van die fundamentele reg en bevordering van die waardes van ‘n oop en demokratiese samelewing gebaseer op vryheid, gelykheid en respek vir menseregte.

  2. Afskrikking en voorkoming van toekomstige skendings van fundamentele regte deur die wetgewer en staatsorgane op alle regeringsvlakke.

  3. Bestraffing van staatsorgane wie se amptenare fundamentele regte skend op ongehoorde wyse.

In hierdie saak is beslis dat die deliktuele skadevergoeding voldoende was en dat daar nie genoegsame oortuiging bestaan dat die toekenning van grondwetlike skadevergoeding die polisie sal afskrik daarvan om beskuldigdes te martel nie. In ‘n land waar groot eise aan die skaars publieke hulpbronne gestel word, is dit onvanpas om die fondse te gebruik om skadevergoeding te betaal aan eisers wat reeds deliktuele skadevergoeding ontvang het.

In Fose is die volgende algemene beginsels neergelê:



  1. In gevalle waar die skending van grondwetlike regte die pleeg van ‘n delik behels, word selde bykomende skadevergoeding toegeken (dws wat bykomend is by die skadevergoeding wat ingevolge die gemenereg beskikbaar is).

  2. Selfs in omstandighede waar deliktuele skadevergoeding nie beskikbaar is nie, word grondwetlike skadevergoeding nie noodwendig toegeken vir 'n skending van menseregte nie. Die hof beslis dat die Suid-Afrikaanse deliktereg soepel is en, in die meeste gevalle, ruim genoeg om alle regshulp te verskaf wat gepas sou wees vir 'n skending van grondwetlike regte. Slegs in Carmichele het die Konstitusionele Hof die belofte om die bestaande deliktuele remedies te ontwikkel, gestand gedoen.

(bb) Onregstreekse toepassing en die ontwikkeling van nuwe skadevergoeding eise (p222)

Art 12 vd GW – die reg op vryheid en sekerheid van die persoon en die ontwikkeling van die gemenereg het oa tot gevolg dat byna enige nalatige staatsoptrede of versuim wat persoonlike besering veroorsaak, tot aanspreeklikheid lei.

‘n Meer behoedsame benadering word gevolg in eise wat suiwer ekonomies van aard is.

PAJA laat ‘n hof toe om by hersiening in uitsonderlike gevalle vergoeding toe te staan deur die adminsitrateur of enige party.



(cc) Skadevergoeding ontleen direk uit die Grondwet (p223)

Twee tipes vergoedingseise ontleen direk uit die Grondwet.

In die Modderklip sake het ‘n groot groep mense onwettig ‘n deel van ‘n plaas geokkupeer. Teen die tyd dat die eienaar ‘n uitsettingsbevel verkry het, het die aantal gegroei tot 36 000. Die Balju het ‘n deposito van R1,8 miljoen geeïs omdat hy private kontrakteurs sou moes gebruik. Die staat het geweier om daartoe by te dra. Die Hoë Hof het ‘n struktuele interdik toegestaan waarvolgens die staat ‘n plan moes voorlê om die onwettige besetting te beïndig en alternatiewe blyplek moes vind vir die plakkers. Die HHA het weer bevind dat albei partye se regte geskend is en dat die eienaar geregtig is op grondwetlike skadevergoeding vir verlies van gebruik van die land.

In die maatskaplike bystand sake het die regering gepoog om korrupsie te verminder deur die opskorting van alle toelae, sodat herregistrasie moes plaasvind. In Permanent Secretary, Department of Welfare, Eastern Cape v Ngxuza is hierdie optrede aangeveg omdat hulle nie ‘n verhoor gegun is voor opskorting nie. Howe het begin om self toelaes goed te keur – dit is gekritiseer in Jayiya.



    1. ANDER VORME VAN RESHULP (p224)

(a) Minagting van die hof

Oor die algemeen kan nakoming van gebiedende hofbevele afgedwing word deur die hof te vra om 'n bevel uit te reik ingevolge waarvan respondente (insluitende regeringsamptenare) hulle skuldig maak aan minagting van die hof en gevange geset word.

In sulke gevalle is dit gebruiklik om eers 'n bevel nisi uit te reik ( ‘n bevel wat die objek van die bevel geleentheid bied om redes aan te voer waarom hy of sy hul nie aan minagting van die hof skuldig maak nie), voordat 'n bevel vir gevangesetting toegestaan word.

Jayiya v Member of Executive Council for Welfare, Eastern Cape – Die HHA het beslis dat die hof nie ‘n terugwerkende misdryf kan skep nie en dat dit onregverdig sal wees om staatsamptenare skuldig te vind aan minagting van die hof vir versuim om die staat se skuld te betaal, terwyl dieselfde persoon nie vir sy persoonlike skuld van minagting aanspreeklik gehou kan word nie. Die situasie is nog onseker. Regter Froneman meen dat hierdie beslissing die staat bo die reg verhef omdat daar dan geen manier is om die staat te verplig om ‘n betaling na te kom nie.

(b) Uitsluiting van getuienis (p226)

By baie sake, sowel siviel- as strafregtelik, stel die uitsluiting van getuienis wat op grond van 'n skending van fundamentele regte verkry is, gepaste regshulp daar.



(c) Administratief- en arbeidsregtelike remedies

Remedies waarvoor die Promotion of Administrative Justice Act 3, 2000 voorsiening maak (soos die tersydestellling van beslissings, die vervanging van beslissing en vergoeding in uitsonderlike gevalle), geld ook by grondwetlike sake as ander vorme van regshulp. Dieselfde geld ten aansien van arbeidsregtelike remedies, soos heraanstelling (reinstatement).



8.8 Remedies vir private inbreukmakings opregte

Artikel 8(3) skryf riglyne voor wat die howe moet toepas wanneer die Handves van Regte regstreeks op private optrede toegepas word, maar skryf nie enige spesifieke tipe regshulp voor vir private skendings van fundamentele regte nie. Ingevolge hierdie artikel moet die hof bestaande wetgewing en die gemenereg oorweeg om remedies te vind vir die private skending van fundamentele regte, of om ander te ontwikkel wat die betrokke inbreukmakings voldoende regstel, as daar niks in die gewone statutêre reg of die bestaande gemenereg gevind word nie. Die hof mag ook reëls van die gemenereg ontwikkel om ‘n reg te beperk, solank dit aan die vereistes in art 36 voldoen.

Art 8(3) voorveronderstel dat die moontlikhede om gewone regshulp te verkry reeds uitgeput is, in ooreenstemming met die vermydingsbeginsel.

Wanneer die hof grondwetlike remedies toestaan, moet hy bewus bly daarvan dat daardie gedeelte van die wet, die bestaande gemenereg of die ontwikkeling daarvan, as 't ware grondwetlik gemaak word.



AKTIWITEIT

  1. Verduidelik wat die doel van grondwetlike remedies is. (10) Sien bladsy 193 tot 194.




  1. Verduidelik die verhouding tussen remedies en verskyningsbevoegdheid aan die een kant en jurisdiksie aan die ander kant. (12) Sien bladsy 191.

(3) Bespreek ‘n landdroshof se bevoegdheid om ongrondwetlike wette of provinsiale wetgewing ongeldig te verklaar. (10) Sien bladsy 191. Verwys na ontwikkelinge ingevolge die Promotion of Equality and Prohibition of Unfair Discrimination Act 4, 2000.

(4) Onderskei tussen ongeldigverklarings en ander tipes grondwetlike remedies. (10) Sien bladsy 193 tot 194; 199 tot 223.

(5) Is reading down 'n grondwetlike remedie? Hoe verskil dit van skeiding en inlees? Noem beslissings. (14) Sien bladsy 200 tot 206.

(6) Wat is gepaste regshulp as 'n remedie vir 'n inbreukmaking op fundamentele regte? (10) Sien bladsye 195 tot 196.

(7) Gee 'n uiteensetting van die soepelheid van die Suid-Afrikaanse howe se benadering tot grondwetlike remedies vir skendings van fundamentele regte. (12) Sien bladsy 195.

(8) Gee ‘n uiteensetting van die remedies vir private skendings van regte. (10) Sien bladsy 226 tot 228.

(9) Wat is die belang van Fose en Carmichele onderskeidelik betreffende grondwetlike skadevergoeding? (12) Sien bladsy 195,219 tot 222.

In Fose en Carmichele bespreek die Konstitusionele Hof die idee van gepaste regshulp. Die hof ontwikkel verder 'n algemene benadering tot grondwetlike skadevergoeding en ontwikkel bestaande deliktuele remedies deur die Handves van Regteonregstreeks toe te pas.



SELF-ASSESSERINGSOEFENING

Verduidelik wat bedoel word met "gepaste regshulp" en die Konstitusionele Hof se soepel benadering tot grondwetlike remedies. (20)

Riglyne vir hierdie oefening - Sien bladsy 195 van die handboek en raadpleeg die Konstitusionele Hof se benadering in Fose om hierdie vraag te beantwoord.

SAKELYS

- Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (KH)

- Sanderson v Attorney-General, Eastern Cape 1998 (2) SA 38 (KH)

- fT Publishing v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 514 (KH

- President of the Republic of South Africa v Hugo 1997 (4) SA 1 (KH)

- Rail Committers' Action Group v Transnet Ltd tla Metrorail 2005 (2) SA 359 (KH)

- Minister of Health v Treatment Action Campaign (2) 2002 (5) SA 721 (KH)

- Mistry v Interim National Medical and Dental Council ofSottth Africa 1998 (4) SA 1127 (KH)

- National Coalition for Gay and Lesbian Eqttality v Minister offttstice 1999 (1) SA 6 (KH)

- Executive Council of the western Cape Legislature v President of the RSA 1995 (4) SA 877 (KH)

- S v Niemand 2002 (1) SA 21 (KH)

- S v Manamela 2000 (3) SA 1 (KH)

- Dawood v Minister of Home Affairs 2000 (1) SA 997 (K)

- Coetzee v Minister of Safety and Security 2003 (3) SA 368 (LC)

- Coetzee v Government of the Republic of South Africa 1995 (4) SA 631 (KH)

- Perreira v Levin NO 1996 (1) SA 984 (KH)

- Case v Minister of Safety and Security 1996 (3) SA 617 (KH)

- National Coalition for Gay and Lesbian Equality v Minister of Home Affairs 2000 (2) SA 1 (KH)

- Hoffmann v South African Airways 2001 (1) SA 1 (KH)

- City Council of Pretoria v Walker 1998 (2) SA 363 (KH)

- President of the Republic of South Africa v United Democratic Movement 2003 (1) SA 472 (KH)

- Carmichele v Minister of Safety & Security (Centre for Applied Legal Studies Intervening) 2001 (4) SA 938 (KH)

- Permanent Secretary, Department of welfare, Eastern Cape v Ngxuza 2001 (2) SA 609 (OK)

STUDIE-EENHEID 9: Gelykheid (p229HB)

Die reg op gelykheid moet binne die konteks van die SA Grondwet geïnterpreteer word omdat dit eie is aan SA se historiese agtergrond. Voor Suid-Afrika se nuwe demokratiese bedeling het die apartheidsbeleid die samelewing verarm. Dit het landsburgers se menswaardigheid geskend: rassevoorkeur het 'n rol gespeel by die toekenning van hulpbronne; segregasiemaatreëls het ongelykheid in die werkplek, tersiêre instellling en die ekonomie veroorsaak.

Die nuwe grondwetlike bedeling fokus op 'n verbintenis tot substantiewe gelykheid, wat beoog om die skade van die verlede reg te stel en die gaping in 'n verdeelde samelewing te oorbrug. Artikel 9 - die eerste substantiewe reg in die Grondwet - beskerm die reg op gelykheid voor die reg, waarborg dat die reg mense sal beskerm en in gelyke mate sal bevoordeel, en verbied onbillike diskriminasie.

SLEUTELKONSEPTE


  • Differensiasie

Dit gebeur wanneer mense in dieselfde posisie verskillend behandel word. Differensiasie is geldig mits dit 'n regmatige doe! het waarmee dit rasioneel verband hou. Indien dit nie die geval is nie, maak die betrokke reg of optrede inbreuk op artikel 9(1).

  • Diskriminasie

Diskriminasie word in twee kategoriee geplaas: Die eerste kategorie is diskriminasie op 'n gelyste grond en die tweede is diskriminasie op 'n grond wat soortgelyk is aan die gelyste gronde. In Prinsloo omskryf die hof diskriminasie as "treating people differently in a way which impairs their fundamental dignity as human beings".

  • Onbillike diskriminasie

Let daarop dat die verbod in artikel 9(3) teen onbillike diskriminasie is. Artikel 9(5) bepaal dat, nadat diskriminasie op 'n gelyste grond bepaal is, dit as onbillik beskou word.

  • Regstreekse (direkte) en onregstreekse (indirekte) diskriminasie

Terwyl regstreekse diskriminasie openlik in regsvoorskrifte of optrede voorkom, is onregstreekse diskriminasie oënskynlik neutraal en niediskriminerend, maar dit het 'n onbillike, diskriminerende uitwerking of gevolg. Om onregstreekse diskriminasie te kan identifiseer, moet ons dus die impak of uitwerking van die differensiasie ondersoek. Enige wet wat 'n onbillike uitwerking het, kan op verbode diskriminasie neerkom. Die vermoede van onbillikheid vervat in artikel 9(5) is op sowel regstreekse as onregstreekse diskriminasie van toepassing. Indien 'n applikant op onregstreekse diskriminasie probeer steun, moet getuienis voorgelê word om aan te toon dat 'n spesifieke regsvoorskrif of optrede ' n diskriminerende uitwerking het, of op 'n diskriminerende wyse uitgevoer word. Die belang daarvan om onregstreekse diskriminasie te verbied, word in die volgende sake geïllustreer:

- Pretoria City Council v Walker KH) (bladsy 221 van die handboek), - Democratic Party v Minister of Home Affairs (KH) (bladsy 222 van die handboek), - Beukes v Krugersdorp Transitional Local Council (W) - (bladsy 220-221 van die handboek)

In die Beukes-saak het die raad 'n vaste tarief gehef vir dienste gelewer in woongebiede soos Kagiso en Munsieville, terwyl inwoners in Krugersdorp 'n hoër, gebruikergebaseerde heffing vir dienste betaal het. Lg groep het aangevoer dat daar op grond van ras teen hulle gediskrimineer word. Die Plaaslike Oorgangsraad (Transitional Local Council - TLC) argumenteer dat die onderskeid nie op kleur gebaseer word nie, maar op praktiese oorwegings. Die hof beslis dat, hoewel die TLC nie uitdruklik vir wit inwoners hoër tariewe gehef het nie, dit wel onregstreeks die geval was. Weens die feit dat woongebiede histories op grond van kleur verdeel was, was die mense in die townships feilik almal swart en die inwoners van Krugersdorp feitlik almal wit. Die verskillende heffings het gevolglik onregstreeks 'n rassegevolg gehad. Die hof beslis egter dat die diskriminasie nie onbillik was nie omdat dit 'n tydelike tussentydse maatreël was op grond van praktiese redes, soos ontoereikende meterfasiliteite en die langdurige boikot deur Township-inwoners.



9.1 DIE GRONDWETLIKE VERBINTENIS TOT GELYKHEID (p230HB)

9. (1) Elkeen is gelyk voor die reg en het die reg op gelyke beskerming en voordeel van die reg.

(2) Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is.

(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

(4) Geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie. Nasionale wetgewing moet verorden word om onbillike diskriminasie te voorkom of te belet.

(5) Diskriminasie op een of meer van die gronde in subartikel (3) vermeld, is onbillik, tensy daar vasgestel word dat die diskriminasie billik is.



9.1.(a) Die idee van gelykheid

Gelykheid beteken dat persone wat in relevante wyse soortgelyke posisie / omstandighede is, soortgelyk behandel moet word. Hier die begrip is voor die hand liggend, maar die onderliggende idees lewer probleme op:



  1. Wat is relevant? Is dit relevant dat mans fisies sterker as vrouens is?

  2. Wat is soortgelyke behandeling? By bv blinde kinders het ook ‘n reg op onderrig – beteken dit hulle het ‘n reg op onderrig in gewone skole, of in spesiale skole?

Die GW verbind die staat aan ‘n doelstelling van gelykheid. Die tipe gemeenskap wat die GW beoog is een gebou op waardes van gelykheid, menswaardigheid en vryheid. Art9 in die HvR beskerm die reg op gelykheid. Dit waarborg gelyke beskerming deur die reg, gelyke voordeel van die reg, verbod op onbillike diskriminering.

9.1.(b) Die historiese en sosiale konteks van die reg op gelykheid

Die reg op gelykheid moet kontekstueel uitgelê word, met begrip vir die tipe gemeenskap wat SA was en waarteen die nuwe GW staan. Die politieke- en regstelsel van apartheid was gegrond op ongelykheid en dikriminasie.

Die letsels van dekades se rasse diskriminasie word gesien in die kwaliteit van lewe in SA. Wittes is beter af as swartes, ryker, gesonder, beter opgevoed, laer sterftes onder pasgeborenes, langer lewensverwagting. Dit, gekombineer met die inheemse kultuur van patriargie het verseker dat swart vroue heel onder aan die sosio-ekonomiese leer is.

Agv hierdie nalatenskap van ongelykheid kan die GW hom nie slegs toespits op die bereiking van formele gelykheid nie. Dit sal nie deug om net diskriminerende wetgewing te verwyder nie. Die erfenis van ongelykheid moet aangespreek word:



  • Art9(2) maak voorsiening vir stappe wat daarop gemik is om persone uit voorheen benadeelde groepe te beskerm en op te lig.

  • GW beskerm sosio-ekonomiese regte wat staat belas om maatreëls te implimenteer wat voorsien vir die basiese behoeftes tov behuising, gesondheidsorg, kos, water, sosiale veiligheid, onderrig, mediese noodbehandeling, basiese voeding van kinders, skuiling, en sosiale dienste.

  • Staat moet maatreëls implimenteer om wanverdeling van grond sedert die koloniale tydperk aan te spreek.

9.1.(c) Formele en substantiewe gelykheid

FORMELE GELYKHEID

SUBSTANTIEWE GELYKHEID

Formele gelykheid verwys na dieselfde behandeling. Dit beteken dat die reg individue dieselfde moet behandel, ongeag hul omstandighede, omdat alle persone gelyk is, en dat die werklike sosiale en ekonomiese verskille tussen groepe en individue nie in ag geneem word nie.


Substantiewe gelykheid aan die ander kant, vereis 'n ondersoek van die werklike sosiale en ekonomiese toestande van groepe en individue om te bepaal of die Grondwet se verbintenis tot gelykheid gehandhaaf word. Ten einde substantiewe gelykheid te bereik, moet die gevolge en die uitwerking van 'n spesifieke reël (en nie net die vorm daarvan nie) ondersoek word.

dieselfde/soortgelyke behandeling vir persone in dieselfde/ soortgelyke omstandighede

die reg moet gelykheid van resultate verseker, en sal ongelyke behandeling aanvaar/oorsien, as dit sal lei tot gelyke resultate

Almal is gelyke draers van regte




Neem nie sosiale of ekonomiese status in ag nie

Verg ondersoek na die ekonomiese en sosiale toestand, om te bepaal of GW se verpligting tot gelykheid vervul word.

Ignoreer die historiese las van ongelykheid

Herstellende gelykheid

Negeer die GW se verbintenis tot gelykheid

Ondersteun GW waardes – doelgerigte benadering beteken dat art 9 geïnterpreteer moet word as gegrond op substantiewe gelykheid.

Herstellende gelykheid word aan transformasie gekoppel. Alhoewel die term nie uitdruklik in die GW gebruik word nie, sê die KH dat die GW implisiet sy verbintenis tot transformasie verklaar. Die GW beoog ‘n gemeenskap gebaseer op gelykheid.

Bato Star Fishing v Minister of Enviromental Affairs – Transformasie is ‘n proses. Die stappe wat transformasie meebring sal noodwendig sommige lede van die gemeenskap benadeel. Dit mag wees dat sekere oorwegings moet terugstaan ten gunste van die oogmerk van die GW.

Yüklə 0,58 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   5   6   7   8   9   10   11   12   ...   15




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin