Fundamentele regte – fur201f studie-eenheid 1 (p1 gids): Inleiding tot die Grondwet en die Handves van Regte



Yüklə 0,58 Mb.
səhifə2/15
tarix01.08.2018
ölçüsü0,58 Mb.
#64796
1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   15

Wet 96 van 2005 wat met dieselfde meerderheid in die Parlement en die NRVP aanvaar is, stel parlementêre soewereiniteit in, ipv die grondwetlike oppergesag wat in artikel 1 van die Grondwet bepaal word. (5)

Ongeldig – art 74 GW

Artikel 1 en hierdie subartikel kan gewysig word deur ’n Wetsontwerp wat aangeneem word deur –

(a) die Nasionale Vergadering, met ’n ondersteunende stem van minstens 75 persent van sy lede; en

(b) die Nasionale Raad van Provinsies, met ’n ondersteunende stem van minstens ses provinsies.


Die oppergesag van die Grondwet kan dus nie herroep word deur ‘n 1/3 meerderheid nie.


  1. Verduidelik grondwetlikheid, die rule of law, demokrasie en toerekenbaarheid, skeiding van magte, en wigte en teenwigte. Waarom word dit beskou as grondbeginsels van die nuwe grondwetlike orde? Verwys na die relevante grondwetlike bepalings, hofbeslissings en regsliteratuur. (20)

h1 vd HB, hofbeslissings p8 – 18, 1.1 – 1.3, GW

STUDIE-EENHEID 2 (p11 gids): Struktuur van die Handves van Regte

Die HvR vereis dat die staat sy bevoegdhede so gebruik dat dit nie inbreuk maak op fundamentele regte nie, en daardie regte bevorder. Versuim om aan die vereistes te voldoen sal ongrondwetlik wees en die wetgewing of optrede sal ongeldig wees. Die HvR plaas ook verpligtinge op private individue.



Maxim ubi ius ubi remedium – waar daar ‘n reg is, is daar ‘n remedie. Dit beteken dat die bestaan van ‘n regsreël die bestaan van ‘n gesag impliseer wat die bevoegdheid het om ‘n remedie te verskaf as die reël oortree word.

Handves van Regte-litigasie bestaan uit 3 afsonderlike fases:

  1. die prosedurele fase

  2. die substantiewe fase – waarin oorweging geskenk word aan die wesenlike geskilpunt/e

  3. die remedie stadium – waarin die hof bepaal wat die geskikte remedie is indien ‘n fundamentele reg geskend is.

By elke fase moet die hof oorweeg of die bewyslas op die applikant of die respondent rus.
DIE FASES VAN HANDVES VAN REGTE LITIGASIE:


  1. Die prosessuele kwessies is soos volg:

  1. Toepassing

  1. Is die Handves van Regte van toepassing op die geskil tussen die partye?

Hier moet vasgestel word of die respondent gebonde is aan die Handves van Regte en of die applikant in die omstandighede deur die Handves beskerm word.

Die applikant moet vasstel watter reg in die GW haar in die spesifieke omstandighede van die saak beskerm.

ii) Hoe is die HvR van toepassing in die geskil?

Hier moet vasgestel word of dit direk of indirek van toepassing is. Die hof volg die algemene reël dat die HvR eers onregstreeks toegepas moet word voordat oorweeg word om dit regstreeks toe te pas.




  1. Beregbaarheid

  1. Is die saak beregbaar?

Die aangeleentheid moet ryp wees vir beslissing deur die hof en moet nie betwisbaar of akademies wees nie.

ii) en het die applikant verskyningsbevoegdheid tav die regshulp wat versoek word?

Die applikant moet die geskikte persoon wees om die aangeleentheid voor die hof te bring vir beregting.


  1. Jurisdiksie

  1. Het die hof jurisdiksie om die saak te bereg?

Net die Hoë Hof, HHA en KH beskik oor jurisdiksie om grondwetlike aangeleenthede te bereg.
Wanneer die geskilpunte in hierdie fase vasgestel is, beweeg die hof na die substantiewe fase.


  1. Die substantiewe kwessies is soos volg:

  1. Uitleg

  1. Het die regsvoorskrif of die respondent se optrede inbreuk gemaak op ‘n fundamentele reg van die applikant?

Hier word gefokus op die werklike skending van ‘n reg. Die hof moet vasstel of die respondent se optrede of die betrokke regsvoorskrif inbreuk maak op die regte van die applikant. (Dit word gedoen nadat die hof die bepalings van die GW in die algemeen en die HvR in die besonder geïnterpreteer of uitgelê het. )

  • Indien wel, moet die hof vasstel of die inbreukmaking redelik en regverdigbaar ingevolge artikel 36 is.




  1. Beperking

  1. Is die skending ‘n regverdigbare beperking van die betrokke reg, ingevolgde die kriteria van art 36?

  • Indien wel, is die respondent se optrede nie strydig met die Grondwet nie.

  • Indien nie, is dit grondwetlik onbestaanbaar en moet ’n gepaste remedie toegestaan word.

Die hof beweeg dan na die remedie fase.




  1. Moontlike remedies

Grondwetlike remedies is slegs beskikbaar wanneer die HvR direk toegepas word. By indirekte toepassing geld gewone regsremedies om effek te gee aan die fundamentele waardes van die HvR.


  1. Bewyslas

  1. Tydens die prosedurele fase rus die bewyslas op die applikant.

  2. Tydens die substantiewe fase rus die bewyslas op die applikant om aan te toon dat daar op sy of haar regte inbreuk gemaak is.

  3. Die bewyslas rus dan op die respondent om aan te toon dat die beperking ingevolge artikel 36 geregverdig is.

p24HB - Prosedurele kwessie – Toepassing - Die vraag of die HvR van toepassing is behels:

        1. wie word bevoordeel deur die HvR? (bevoordeeldes)

        2. Wie word gebind deur die HvR? (verpligtinge)

        3. Is die HvR van toepassing op sake wat reeds ontstaan het voor sy inwerkingtreding? (tyd)

        4. Het die HvR ook ekstraterritoriale toepassing? (gebied)

Hoe is die HvR van toepassing? Wat is die verband tussen die HvR en die gewone regsreëls?


HvR het direkte toepassing [oorheers alle reg wat nie daarmee ooreenstem nie, en genereer sy eie remedies] – waar die wetgewing of optrede nie ooreenkomstig die HvR is nie.

en indirekte toepassing [bevat waardes wat gerespekteer moet word wanneer die gemene reg en wetgewing geïnterpreteer, ontwikkel of toegepas moet word. Hierdie toepassing streef na harmonie tussen HvR en gemenereg. By indirekte toepassing oorheers die HvR nie die gewone reg nie en skep nie sy eie remedies nie. Gemenereg en wetgewing moet so geïnterpreteer word dat dit bestaanbaar is met die GW en waardes in die HvR. Die HvR respekteer ook die reëls van die gewone reg terwyl dit steeds bevordering van die HvR waardes vereis].

Indirekte toepassing geskied voor direkte toepassing, in ooreenstemming met die beginsel dat grondwetlike kwessies vermy moet word waar moontlik. Dus howe moet eers gewone regsreëls toepas om ‘n dispuut op te los, deur bv wetgewing in lyn met die HvR te interpreteer eerder as om dit omver te werp. Daarom geld spesiale reëls oor beregbaarheid en jurisdiksie eers as gewone reëls nie gevolg kan word nie. Om te bepaal of die HvR direk of indirek toegepas moet word, moet hof eers bepaal wat die effek van die HvR bepaling is.

p25HB – Beregbaarheid:



  • Locus standi kan afwesig wees

  • Die saak kan betwisbaar of akademies wees

  • Die saak kan dalk nog nie ryp wees vir beregting deur ‘n hof nie

  • Spesiale reëls geld by direkte toepassing van die HvR, wat ‘n wye benadering tot locus standi vereis.

  • By indirekte toepassing geld die gewone regsreëls.

p27HB - 2.3 BEWYSLAS

Ferreira v Levin

KH verdeel die substantiewe fase van Menseregte-litigasie in 2 dele wanneer die onus bepaal moet word: Die uitleg & die beperking.

Die taak om die HvR berus by die howe, maar die applikant moet bewys lewer van die feite waarop hulle steun in hulle eis vir skending/beperking van hulle fundamentele regte.

In die tweede deel moet die respondent, of die party wat aanvoer dat die berperking regverdig was, om dit te bewys. Die respondent moet dus bewys dat die berperking regverdigbaar was ingevolge art36 van die GW.

In die prosedurele fase dra die applikant ook die onus om te bewys dat die HvR toegepas moet word op die dispuut, dat die kwessie beregbaar is, dat sy locus standi het, en dat sy in die regte forum(hof) is om haar aansoek te bring.

Wie dra die onus by die besluit oor watter remedie om te volg?


  • Wanneer HvR indirek toegepas word, word gewone regsremedies gevolg, en geld die gewone bepalings tov die bewyslas.

  • Wanneer die HvR direk toegepas word, is die remedie dat die hof die bepaling/wet/optrede ongeldig verklaar kragtens art 172. As ‘n party versoek dat ‘n ander remedie gevolg moet word, dra daardie party die onus om te bewys hoekom daar afgewyk moet word.

Die hof kan die gevolge van die verklaring van ongeldigheid beperk of ophef. Die party wat enige verandering aan hierdie vorm van regshulp wil aanbring, moet sy versoek regverdig.

Die hof kan ook bykomend tot die ongeldigverklaring, verdere remedies toepas, bv ‘n interdik of grondwetlike skadevergoeding.

=====================================================================================

Opsomming van fases:


  1. Die prosessuele fase:

  1. Toepassing

Is die Handves van Regte van toepassing op die geskil tussen die partye?

Hoe is die HvR van toepassing in die geskil?




  1. Beregbaarheid

Is die saak beregbaar?

en het die applikant verskyningsbevoegdheid tav die regshulp wat versoek word?




  1. Jurisdiksie

Het die hof jurisdiksie om die saak te bereg?


  1. Die substantiewe fase:

  1. Uitleg

Het die regsvoorskrif of die respondent se optrede inbreuk gemaak op ‘n fundamentele reg van die applikant?

  • Indien wel, moet die hof vasstel of die inbreukmaking redelik en regverdigbaar ingevolge artikel 36 is.




  1. Beperking

Is die skending ‘n regverdigbare beperking van die betrokke reg, ingevolgde die kriteria van art 36?

  • Indien wel, is die respondent se optrede nie strydig met die Grondwet nie.

  • Indien nie, is dit grondwetlik onbestaanbaar en moet ’n gepaste remedie toegestaan word.




  1. Remedies:

Watter remedie is gepas in die saak?
=====================================================================================

STUDIE-EENHEID 3: Toepassing van die Handves van Regte (HB 31 – 75)

Toepassing

8. (1) Die Handves van Regte is van toepassing op die totale reg en bind die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane.

(2) ’n Bepaling van die Handves van Regte bind ’n natuurlike of ’n regspersoon indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê.

(3) By die toepassing van ’n bepaling van die Handves van Regte op ’n natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2) –

(a) moet ’n hof, ten einde gevolg te gee aan ’n reg in die Handves, die gemene reg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en

(b) kan ’n hof reëls van die gemene reg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met artikel 36(1) is.

(4) ’n Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.

Uitleg van Handves van Regte

39. (1) By die uitleg van die Handves van Regte –

(a) moet ’n hof, tribunaal of forum die waardes wat ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê, bevorder;

(b) moet ’n hof, tribunaal of forum die volkereg in ag neem; en

(c) kan ’n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.

(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder.

(3) Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemene reg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.

3.1 Inleiding – Toepassing & Die verskil tussen Regstreekse en Onregstreekse toepassing

Die HvR vind met regstreekse toepassing plaas wanneer:


  1. daar inbreuk gemaak word op die reg van ‘n bevoordeelde van die HvR

  2. deur ‘n persoon / entiteit waarop die HvR ‘n verpligting geplaas het om nie op die reg inbreuk te maak nie

  3. gedurende die tydperk van werking van die HvR

  4. in die nasionale gebied

Onregstreekse toepassing: [bevat waardes wat gerespekteer moet word wanneer die gemene reg en wetgewing geïnterpreteer, ontwikkel of toegepas moet word. By indirekte toepassing oorheers die HvR nie die gewone reg nie en skep nie sy eie remedies nie. Gemenereg en wetgewing moet so geïnterpreteer word dat dit bestaanbaar is met die GW en waardes in die HvR. Die HvR respekteer ook die reëls van die gewone reg terwyl dit steeds bevordering van die HvR waardes vereis].

Regstreekse toepassing: [oorheers gewone reg en enige optrede wat wat strydig is met die HvR, en genereer sy eie remedies] – waar die wetgewing of optrede nie ooreenkomstig die HvR is nie. (‘n Verpligting word opgelê – verbreking daarvan is skending van ‘n grondwetlike reg.)

3.2 Toepassing: 1993 GW in vergelyking met 1996 GW

Heelwat regspraak wat hou verband met die toepassing van die HvR op die gemenereg is onder die tussentydse GW beslis. Die HvR kan beskryf word as ‘n handves van negatiewe vryhede – dit is bedoel om die individu teen staatsmag te beskerm deur ‘n lys van regte op te stel wat nie deur die staat (deur wetgewing of optrede) geskend mag word nie. Dit is ‘n vertikale verhouding.

In Du Plessis v De Klerk is besluit dat die HvR in die tussentydse GW geen direkte horisontale toepassing, op geskille tussen private individue gereël deur die gemenereg, gehad het nie. (In hierdie saak het ‘n individu ‘n koerant gedagvaar vir laster, kragtens die gemeenregtelike actio iniuriarum.) Die HvR het wel indirekte toepassing gehad op alle reg. Die howe moes dus wetgewing uitlê en gemenereg ontwikkel om die regte in die HvR te erken en te beskerm. Die hof het ook die belang van jurisdiksie erken rakende grondwetlike aangeleenthede.

Om vir horisontale toepassing te voorsien, het die 1996 GW twee tekstuele wysigings aangebring.



  1. art 8(1) – “regsprekende gesag” is ingesluit

  2. art 8(2) – die individu is ingesluit (natuurlike en regspersone)

Die 1996 GW het ook aan die Hoë Hof, HHA en KH jurisdiksie gegee tov grondwetlike aangeleenthede.

In Pharmaceutical Manufacturers is gesê dat daar nie twee regstelsels is nie, maar slegs een – gevorm deur die Grondwet wat die hoogste reg is en dat alle reg (ook gemenereg) hul mag ontleen aan die GW en onderhewig is aan grondwetlike beheer.

Die howe moet die HvR ook indirek toepas – art 39(2): (2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder.

3.3 Regstreekse toepassing van die HvR – 4 Elemente:

a) Bevoordeeldes

Regte is ‘n wederkerige verhouding – een party het ‘n reg op iets; die ander party het ‘n verpligting om die reg te handhaaf.



  1. Natuurlike persone

  • “Elkeen” en “niemand” dui op universele regte wat aan alle natuurlike persone in die Republiek verleen word.

  • “Elke burger” of “Elke volwasse burger” is voorbeelde wat dui op ‘n kategorie bevoordeeldes en het ‘n meer beperkte werking; wat interpretasie moeiliker kan maak. Persone wat uitgesluit is, sal nie beskerming geniet nie.



  1. Regspersone

Art 8(4) - (4) ’n Regspersoon is geregtig op die regte in die Handves van Regte in die mate waarin die aard van die regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.

  • Die Eerste Sertifisering-saak het gehandel oor ‘n beswaar teen die uitbreiding van die beskerming van fundamentele regte na regspersone. Die hof het egter beslis dat baie universeel aanvaarde fundamentele regte slegs ten volle erken kan word indien dit aan beide natuurlike en regspersone verleen word. Bv vryheid van spraak – ook aan die media. Art 8(4) erken die belang daarvan dat die aard van die regspersoon oorweeg moet word wanneer vasgestel word of ‘n bepaalde reg beskikbaar is vir die persoon of nie.

  • Die aktiwiteite van ‘n regspersoon val dus nie altyd binne die trefwydte van die HvR nie.

  • Twee faktore moet oorweeg word: die aard van die fundamentele reg en die aard van die regspersoon.

  • Regte wat afstam van die beskerming van menswaardigheid (bv privaatheid) sal in ‘n verminderde mate geld vir ‘n regspersoon.

  • Die aard van die regspersoon plaas groter beperkinge op die beskikbaarheid van menseregte vir regspersone.

  • Die aard van staatsorgane maak hulle ongeskik om voordeel te trek uit fundamentele regte.

  • By private regspersone is die verhouding tussen die aktiwiteite van die regspersoon en die fundamentele regte van die natuurlike persoon wat agter die regspersoon staan, van belang. Bv waar die regspersoon deur die natuurlike persoon aangewend word om sy fundamentele regte uit te oefen.

  • Art 8(4) beoog dat daar ‘n verband moet wees tussen die beskerming van die aktiwiteit van die regspersoon en die beskerming vd natuurlike persoon daaragter.

  • ‘n Persoon het locus standi om die grondwetlikheid van wetgewing of optrede te bevraagteken indien hy beweer dat ‘n fundamentele reg geskend of bedreig is, en hy in terme van art 38 ‘n voldoende belang het.

  • Dit is voldoende om te bewys dat ‘n reg in die HvR geskend is. Dit is nie nodig om te bewys dat die reg van die applikant geskend is nie.



  1. Afstand doen van bevoordeling deur die HvR

  • Vind plaas wanneer ‘n persoon ooreenkom om nie aanspraak te maak op die voordeel van ‘n fundamentele reg nie.

  • Dit is nie dieselfde as ‘n besluit om nie ‘n fundamentele reg uit te oefen nie.

  • Mag iemand verplig word om so ‘n onderneming gestand te doen?

  • Afstanddoening kan nie ongrondwetlike wetgewing of optrede geldig maak nie.

  • ‘n Persoon kan nie geldig onderneem om ongrondwetlik op te tree nie.

  • ‘n Persoon kan nie afstand doen van indirekte toepassing van die HvR nie.

  • ‘n Persoon kan slegs afstand doen van die reg om ‘n fundamentele reg uit te oefen.

  • Die effek sal afhang van van die aard en doel van die betrokke fundamentele reg.

  • Afstand moet duidelik en vrylik geskied.

  • ‘n Persoon kan nie afstand doen vd reg op menswaardigheid, lewe of teen diskriminasie nie.

  • Afstand kan ook van belang wees by die bepaling van die remedie.

b) Verpligtinge onder die Handves van Regte (p43HB)

i) Regstreekse horisontale en vertikale toepassing:

- Die staat is het baie meer mag as enige individu.

- Die HvR beskerm individue deur ‘n plig op al die takke van die regering te plaas om sy bepalings te respekteer. (vertikaal)

- Regstreekse horisontale toepassing beskerm individue teen private skending van menseregte.

- Regstreekse toepassing word gereël deur art 8:


  • art 8(1) – direkte vertikale toepassing – wanneer wetgewing en optrede in stryd met die HvR betwis mag word.

  • art 8(2) – direkte horisontale toepassing – wanneer die optrede van private individue wat die HvR skend aangeveg mag word.

  • art 8(3) – gee aan die howe bevoegdheid om remedies toe te staan vir skendings.

- Onregstreekse toepassing beteken dat regte en pligte deur die gemenereg of wetgewing afgedwing word; maar die ontwikkeling en interpretasie daarvan word deur die HvR beïnvloed.

  1. Regstreekse vertikale toepassing – pligte van die staat

  • art 8(1) bepaal dat die wetgewende gesag, uitvoerende gesag, regsprekende gesag en alle staatsorgane deur die HvR gebind is.

(aa) Die wetgewers

- Parlement, provinsiale wetgewers, munisipale rade

- Die HvR is van toepassing op alle reg

De Lille v Speaker of National Assembly:

‘Die Nasionale Vergadering is onderhewig aan die Grondwet. Dit is ‘n staatsorgaan en gebonde aan die HvR. Alle besluite en optredes daarvan is onderhewig aan die GW en HvR. Die Parlement is nie meer oppermagtig nie. Die aard en uitoefening van parlementêre privilegie moet in ooreenstemming met die GW wees en is nie immuun teen geregtelike hersiening nie. ‘n Benadeelde party kan by die hof aansoek doen om bystand wanneer parlementêre privilegie in stryd met ‘n grondwetlike bepaling uitgeoefen is.’

Die NV het De Lille geskors na haar uitlating dat sommige lede spioene van die apartheidsregering was. Die hof het beslis dat die optrede verskeie grondwetlike bepalings geskend het.


  • Verteenwoordigende demokrasie - Die skorsing het ook die party en kiesers bestraf, wat die reg het om proporsioneel verteenwoordig te word in die NV.

  • Reg op regverdige administratiewe optrede – De Lille het nie ‘n behoorlike verhoor gehad nie.

  • Regverdige verhoor – Die ad hoc kommitee was gedomineer deur die meerderheid party en dus bevooroordeeld; die verhoor was nie onafhanklik en onpartydig nie. (art 34)

  • Vryheid van spraak – geskend.

  • Hierdie skendings kon nie as regverdigbaar verklaar word in terme van die beperkingsklousule nie, omdat dit nie algemeen geldend was nie.

(bb) Die uitvoerende gesag

- Die optrede van die uitvoerende gesag en alle staatsorgane kan getoets word teen enige van die bepalings in die HvR, met uitsondering van art 33 – wat slegs op administratiewe optrede betrekking het.

- Alle gedelegeerde wetgewing kan ook getoets word teen die HvR (van toepassing op alle reg)

- Die uitvoerende gesag sluit die regering op alle vlakke in (nasionaal, provinsiaal en plaaslik). Bv op nasionale vlak – die President, Adjunk-President, Ministers en Adjunk-Ministers.

- Die spesifieke verwysing na die uitvoerende gesag in art 8(1) verhoed dat howe die “political question doctrine” volg, (sien p45 HB) en sodoende besluite oor politieke optredes vermy.

Ferreira v Levin: ‘’n Politieke vraagstuk val in die gebied van die wetgewer - nie die hof nie. Die hof mag nie beslis oor die goedkeuring of afkeuring van sulke beleid nie. Die hof moet verseker dat die implimentering van enige politieke besluite om die beleid te onderneem, in ooreenstemming is met die GW. ‘

- Dieselfde redenasie behoort te geld ten opsigte van die uitvoerende gesag; veral tov die grondwetlik verskanste bevoegdhede van die President en Kabinet. Beleid word ontwikkel deur die Kabinet, kragtens art 85(2) en mag nie strydig wees met die HvR nie.

- Daar is geen rede waarom ‘n hof nie ‘n mandamus mag toestaan om die regering te verplig om die reg toe te pas nie.

SARFU: Die KH het beklemtoon dat die uitoefening van die President se bevoegdhede as Staatshoof beduidend beperk word . (die aanwysing van ‘n kommissie van ondersoek is bevraagteken in die saak)

Pharmaceutical Manufacturers: (het gehandel oor die bevoegdheid om ‘n wet in werking te stel). Die besluit van voortydige inwerkingstelling van die wet deur die President is omvergewerp, omdat dit die oppergesag van die reg geskend het. ‘n Rasionele verband moet bestaan tussen die besluit en die doel waarvoor die bevoegdheid verleen is, anders is dit arbitrêr en in stryd met die GW.

- Solank ‘n politieke besluit objektief rasioneel is, sal ‘n hof nie inmeng nie.



Yüklə 0,58 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   15




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin