Fundamentele regte – fur201f studie-eenheid 1 (p1 gids): Inleiding tot die Grondwet en die Handves van Regte



Yüklə 0,58 Mb.
səhifə3/15
tarix01.08.2018
ölçüsü0,58 Mb.
#64796
1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   15

(cc) Staatsorgane (p47HB)

239. “staatsorgaan” –

(a) enige staatsdepartement of administrasie in die nasionale, provinsiale of plaaslike regeringsfeer; of

(b) enige ander funksionaris of instelling –

(i) wat ingevolge die Grondwet of ’n provinsiale grondwet ’n bevoegdheid uitoefen of ’n funksie verrig; of

(ii) ingevolge wetgewing ’n openbare bevoegdheid uitoefen of ’n openbare funksie verrig, maar nie ook ’n hof of ’n regterlike beampte nie;



(dd) Die regsprekende gesag

- Wanneer regters en landdroste in hul regsprekende hoedanigheid optree, moet hul gedrag voldoen aan die HvR.

- Elke hofbeslissing kan beskou word as deel van die gemenereg en dra by tot die gemenereg.

- Gemenereg reëls en beginsels kan alleenlik direk getoets word teen die HvR vir sover op hulle gesteun word deur die partye wat direk gebind is deur die HvR. By direkte toepassing oorheers die HvR die gemenereg as dit bots met die HvR.



(ee) Opsomming

Die HvR is regstreeks van toepassing:



  1. op die gemenereg en wetgewing van die nasionale, provinsiale en plaaslike regering wetgewers, sowel as nie-wetgewende optrede van hierdie wetgewers

  2. op administratiewe optrede wat bykomend aan die vereistes an regverdige administratiewe optrede in art 33 en PAJA moet voldoen

  3. op optrede van staatsorgane soos omskryf in art 239

  4. op optrede van die uitvoerende gesag (behalwe beleid en bevoegdhede uitgeoefen deur die President as die Staatshoof)

  5. op nie-wetgewende optrede van die regsprekende gesag (beregting van geskille, administratiewe optrede)



  1. Regstreekse horisontale toepassing: pligte van die private partye



  1. Regstreekse horisontale toepassing – amper oorbodig:

  • Art 8(2) maak voorsiening vir regstreekse horisontale toepassing, en art 39(2) vir onregstreekse horisontale toepassing.

  • In Du Plessis het die regter genoem dat die onderskeid tussen vertikale en horisontale toepassing eintlik irrelevant is.

  • Onregstreekse toepassing was en is steeds verkieslik bo regstreekse toepassing, in ooreenstemming met die beginsel van vermyding.

  • ‘n Voorbeeld van die min gevalle waar regstreekse toepassing op die gemenereg meer logies is, is wanneer gemenereg oortredings of reëls aangeveg word met die doel omdit ongeldig te verklaar.

  • Nog ‘n voordeel van regstreekse toepassing is die ruim benadering tot locus standi. Gemenereg behoort egter ontwikkel te word om verskyningsbevoegdheid in ooreenstemming te bring met locus standi van HvR sake.

  • Grondwetlike remedies is onaantreklik vir litigante, behalwe waar wetgewing en staatsoptrede betwis word.

  • Gemeenregtlike remedies skyn buigbaar genoeg te wees vir horisontale skending van die HvR.

  • Die skeiding van grondwetlike jurisdiksie van gewone jurisdiksie waarna die regter in Du Plessis verwys het, is deur die 1996 GW gewysig. SA tref nie meer hierdie onderskeid nie. Pharmaceutical Manufactureres - Daar is slegs een stelsel van reg.

Khumalo v Holomisa:

  • Tot dusver die eerste en enigste regstreekse horisontale toepassing.

  • Die HvR moet regstreeks op die gemenereg toegepas word wanneer dit toepaslik is.

  • Die hof het beslis dat die aard van die reg en die moontlikheid dat dit geskend kan word deur persone anders as die staat is belangrike aanduidings vir regstreekse horisontale toepassing in hierdie laster-saak.

  • Die saak het gehandel oor die reg op vryheid van uitdrukking deur die media; wat ‘n belangrike rol speel in demokrasie.

  1. Interpretasie van art 8(2):

(2) ’n Bepaling van die Handves van Regte bind ’n natuurlike of ’n regspersoon indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê.

- Slegs “in die mate waarin dit toepasbaar is” “met inagneming vd aard vd reg en die aard vd plig”

- Vyf algemene oorwegings moet in gedagte gehou word:

1. ‘n “Bepaling” mag dalk van toepassing wees op private optrede – nie ‘n “reg” nie. Dit is dus moontlik dat sommige bepalings wel van toepassing is en ander nie. Bv die reg op toegang tot gesondheidsorg – nie horisontaal; die reg om nie noodbehandeling geweier te word nie – wel horisontaal.

2. Kwessies rondom horisontale toepassing kan nie a priori en abstrak bepaal word nie – die omstandighede van elke geval moet oorweeg word. Bv die reg om te vergader – waarskynlik nie om te demonstreer voor of in iemand se privaatwoning nie. Die konteks of omstandighede moet egter nie misbruik word om die bedoeling van die GW opstellers te frustreer nie. Growwe veralgemening moet vermy word.

3. Die doel van die bepaling is ‘n belangrike oorweging om vas te stel of dit toepaslik is op private optrede of nie.

4. Die aard van enige plig wat opgelê word moet oorweeg word. Die staat is veronderstel om gemotiveerd te wees deur die welstand van die gemeenskap as ‘n geheel. Aangesien private optrede uit hul eie sak gefinansier word, kan dieselfde pligte nie op hulle afgedwing word as op die staat, wat op publieke fondse staatmaak, nie.

5. Die HvR mag soms self indikasies gee of die betrokke reg toepaslik is op private optrede of nie. Bv art 9(4) – ‘geen persoon mag regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op een of meer gronde ingevolge subartikel (3) diskrimineer nie’. Die staat word reeds in art 9(3) verbied om te diskrimineer.

Regte wat NIE op private optrede toepaslik is nie:


  • Burgerlike regte: art 20 en 21(3), (4)

  • Die reg op regverdige administratiewe optrede: art 33

  • Regte van aangehoudenes, gearresteerdes, beskuldigdes: art 35

  • Ook positiewe pligte soos

  • die reg op beskerming van die omgewing

  • reg op behuising

  • reg op gesondheidsorg, kos, water en maatskaplike sekerheid

  • en die reg op basiese onderwys - sal gewoonlik nie op private optrede toepaslik wees nie.



  1. Temporele toepassing vd HvR (p55 – 63 HB – Lees)

  • Alle wetgewing en optrede strydig met die GW is ongeldig – ‘n hofbevel is slegs ‘n verklaring van wat reeds ongeldig is.

  • Die beginsel van Objektiewe grondwetlike ongeldigheid gee aan die applikant ‘n keuse tussen die tussentydse GW en die 1996 GW wanneer wetgewing voor-1994 betwis word.

  • Nie die tussentydse of die finale GW is terugwerkend nie.

  • ‘n Litigant kan slegs aanspraak maak op menseregte skending as dit na die inwerkingtreding van die GW geskied het.

  • S v Makwanyane – uitsondering, omdat die inbreuk op sy regte (lewe, menswaardigheid, ens) eers na die inwerkingtreding geskend sou word. Doodstraf dus ongrondwetlik bevind.

  • Aangeleenthede wat hangende was voor die inwerkingtreding vd GW moet afgehandel word asof die GW nie inwerking getree het nie, tensy die belang van geregtigheid anders vereis.

  • ‘n Litigant moet die voordeel van die regte verkry – dus as toepassing sy posisie verbeter, bv S v Naidoo – onwettig verkryde getuienis mag nie gebruik word as dit ‘n onregverdige verhoor tot gevolg sal hê nie.



  1. Territoriale toepassing van die HvR (p63HB – Lees)

Kaunda v President of the RSA – Die GW het geen toepassing buite die nasionale grense nie – geen ekstraterritoriale werking.

3.4 Onregstreekse toepassing van die HvR (p64HB)

Hier word die invloed van die HvR deur ander reg toegepas – wetgewing en gemenereg.



Waar moontlik moet ‘n regsgeskil beslis word deur bestaande beginsels of reëls van gewone reg, wat geïnterpreteer of ontwikkel is in ooreenstemming met die HvR, voordat regstreekse toepassing oorweeg word. ‘n Hof moet dus eers probeer om wetgewing en die gemenereg so uit te lê of te ontwikkel dat dit ooreenstem met die HvR voordat ongeldigverklaring oorweeg word.

  1. Onregstreekse toepassing op wetgewing – “reading down”

  • Art 39(2) plaas ‘n algemene verpligting op enige hof, tribunaal of forum om die gees, strekking en oogmerke van die HvR en GW te bevorder wanneer wetgewing uitgelê word.

  • Waar ‘n wetsbepaling vatbaar is vir meer as een interpretasie, moet die meer beperkte een gevolg word wat in ooreenstemming met die HvR en GW is.

  • Governder v Minister of Safety and Security: Die HHA het ‘n standaard formule uiteengesit om met grondwetlike vraagstukke met wetgewing te handel: ‘n Regter of Lanndros moet:

  1. die oogmerk en strekking van die Wet of bepaling oorweeg

  2. die strekking en bedoeling van die beskermde reg oorweeg

  3. oorweeg of dit redelik moontlik is om die Wet of bepaling in ooreenstemming met die GW te interpreteer

  4. as so ‘n interpretasie moontlik is, moet daaraan gevolg gegee word

  5. indien nie, moet stappe geneem word om dit ongeldig te verklaar

  • Hierdie bevoegdheid is nie onbeperk nie. Dit moet ‘redelik moontlik’ wees.

  • Hyundai Motor Distributors: die interpretasie moet nie ‘oormatig geforseerd’ wees nie.

  • Dit moet ‘aanneemlik’ wees.

  • Soms moet die wetgewing ruim geïnterpreteer word om konflik te vermy.

  • Art 39(2) is nie van toepassing op die interpretasie van die GW of HvR nie – slegs wetsuitleg.



  1. Onregstreekse toepassing op geskille gereël deur die gemenereg

  1. Die verpligting om die gemenereg te ontwikkel:

  • S v Thebus: Wanneer wetgewing ongeldig verklaar is, moet die wetgewer die ongeldigheid regstel. Gemenereg moet egter deur die hof reggestel word. Dit is die reg van die hof. Die hof het altyd die inherente mag gehad om die gemenereg te hervorm of ontwikkel; die bevoegdheid is nou grondwetlik gemagtig.

  • Die behoefte om die gemenereg te ontwikkel onder art 39(2) ontstaan in 2 gevalle – (1) wanneer die gemeenregtelike reël bots met ‘n grondwetlike bepaling en (2) wanneer die gemenereg nie voldoen aan die gees, strekking en oogmerk van die HvR nie.

  • Die gemenereg moet dan aangepas word om in harmonie te wees met die ‘objektiewe normatiewe waarde sisteem’ van die GW.

  • As drumpel ontleding moet die hof bepaal of ‘n verskansde reg beperk word; en of die beperking redelik en regverdigbaar is. Indien nie, moet die hof die gemenereg aanpas of ontwikkel om harmonie te bewerk.

  • Carmichele: Hierdie ontwikkeling van die gemenereg is nie ‘n diskresie nie, maar ‘n algemene verpligting, wat geld in beide straf- en siviele aangeleenthede.



  1. Die metodologie van onregstreekse toepassing:


Metodes van onregstreekse toepassing:

  1. Om verandering in die bestaande gemeenregtelike beginsels te bepleit om beter gevolg te gee aan die HvR

  2. Om die gemenereg toe te pas in ooreenstemming met die HvR

  3. Om Grondwetlike inhoud aan gemeenregtelike beginsels te gee, bv die beginsels van openbare beleid en contra bonos mores en onregmatigheid.



De Klerk v du Plessis

Wanneer daar geleentheid vir uitleg van die gemenereg is, moet dit gedoen word met inagneming van die HvR. Die waardesisteem van die GW plaas dus ‘n beperking op die gemenereg en openbare beleid.



  1. Beperkings op onregstreekse toepassing van die gemenereg

Howe het wye bevoegdheid om gemenreg te ontwikkel, maar daar is beperkings:


  1. Gemenereg moet stapsgewys, saak-tot-saak ontwikkel word. Kan nie abstrak ontwikkel. Moet toegepas word op saak voor hande.


Shabalala v Attorney-General, Tvl

Hof gebruik dieselfde benadering in regstreekse toepassing. Die hof moet ‘n balans handhaaf tussen die behoefte om leiding te gee en die gevaar om voorskrywend te wees – daar moet ruimte gelaat word vir ontwikkeling op ‘n saak tot saak basis.



  1. Leerstuk van Stare Decisis



  1. Stare decises en onregstreekse toepassing (p70HB)


Govender v Minister of Safety & Security

Appèlhof gebruik “reading down” om art49 vd Strafproseswet (oor gebruik van geweld by arrestasie) van ongrondwetlik-verklaring te gered.



S v Walters

Hoë Hof sê hy is nie gebonde aan die appèlhof beslissing van Govender nie. Argument: Hoër en Appèlhowe dra dieselfde gewig tov grondwetlike kwessies. Albei se beslissings moet eers deur die Konstitusionele Hof bekragtig word voordat dit bindend is.


Konstitusionele Hof beslis: Hoër howe is wel gebonde aan die Appèlhof se beslissing in Govender, ongeag wat die aard van die dispuut (Grondwetlik of andersins). Hierdie beslissing word egter net toegepas op uitsprake van hoër howe wat gelewer is na die aanvangs van die GW en onderworpe aan art 39 vd GW.
TOV die bindende effek van die pre-konstitusionele gesag van die Appèlhof:

  1. Regstreekse toepassing van die gemenereg As die Hoë oortuig is dat die gemenereg is in stryd met die GW, dan word dit nie gebind deur pre-konstitusionele gesag nie.

  2. Pre-konstitusionele beslissings van die appèlhof tov boni mores of openbare belang beginselsHoë hof kan afwyk van vorige gesag as hy oortuig is dat die beslissing nie meer die boni mores reflekteer nie (maw veranderende omstandighede en GW invloed)

  3. By onregstreekse toepassing van die GW op die gemenereg dmv art39(2)selfs al is die hof seker dat die reël ontwikkel moet word om die gees van die HvR te bevorder, kan hy nie afwyk van pre-konstitusionele gesag van die Appèlhof nie.

AS MENS DAN DIE UITSPRAKE IN Walters en Govender bymekaar bring:



  1. Post-konstitusionele gesag van Hoë Howe is bindend, ongeag of dit oor GW kwessies handel of nie.

  2. Pre-konstitusionele gesag van Hoë Howe tov die gemenereg is bindend behalwe:

    1. in sake van direkte konflik met die GW en

    2. in sake wat handel oor standaarde/beginsels soos boni mores



Afrox

  • Hof sê art39(2) magtig nie afwyking van hoër gesag pre- of post-konstitusioneel nie.

  • Art39 moet saam met art173 gelees word – Hoë Hof oefen sy inherente bevoegdheid om gemenereg te ontwikkel uit wanneer hy gemenereg ontwikkel in lyn met die GW.

  • Die bevoegdheid was nog altyd (en is steeds) beperk deur die leerstuk van stare decises.

  • Post-Afrox hoë howe het steeds die jurisdiksie om af te wyk van pre-konstitusionele wetsuitleg van die Appèlhof.


3.5 Die toepassing van die HvR in regsdispute (p72HB)
a. Geldigheid van die onderskeid tussen regstreekse en onregstreekse toepassing


  • Onder die 1996 GW is daar slegs een regsisteem. (Pharmaceutical Manufacturers)

  • Die GW is van toepassing op alle reg

  • Die parallele sisteem vd grondwetlike en nie-grondwetlike reg wat onder die tussentydse GW bestaan het, is afgeskaf.

  • Die onderskeid tussen regstreekse en onregstreekse toepassing metodes van die GW op die reg bestaan steeds, veral mbt die gemenereg.


b. Jurisdiksie


  • Die tussentydse GW het onderskei tussen grondwetlike aangeleenthede en ander aangeleenthede en het bepaal dat die KH slegs eersgenoemde kon beslis en die Appèlhof slegs laasgenoemde.

  • In Du Plessis het die hof beslis dat toepassing van die HvR op die gemenereg nie ‘n grondwetlike aangeleentheid was nie en dus binne die Appèlhof se jurisdiksie val. Die hooftaak van die KH was om die geldigheid van wetgewing en staatsoptrede te toets teen die GW. Om jurisdiksie van die KH dus in werking te stel, was dit nodig om te wys dat die HvR regstreeks van toepassing was op die gewraakte wetgewing of optrede.

  • Onder die unitêre regsisteem wat die 1996 GW tot stand gebring het, beskik alle hoër howe oor die bevoegdheid om die GW regstreeks en onregstreeks toe te pas op die gemenereg. Vir gemeenregtelike geskille is die onderskeid tussen regstreekse en onregstreekse toepassing dus nie meer belangrik mbt jurisdiksie nie.

  • Besluite van die Hoë Hof en die HHA oor ongeldigverklaring van wetgewing moet egter deur die KH bekragtig word – hier bly die onderskeid van belang vir jurisdiksie; word die wetgewing regstreeks teen die HvR getoets, of bloot in ooreenstemming met die HvR uitgelê?


c. Die HvR is nie altyd regstreeks van toepassing op horisontale dispute nie


  • In Du Plessis v De Klerk het die KH beslis dat, in ‘n dispuut tussen private individue wat deur die gemenereg gereël word, die HvR van die tussentydse GW slegs onregstreeks toegepas kan word. Dit was alleenlik regstreeks toepasbaar op gemeenregtelike geskille waar die staat ‘n party was, omdat private individue nie gebonde was deur die tussentydse HvR nie.

  • (Bogenoemde argument geld steeds in gevalle waar die private persone nie in terme van art 8(2) deur die HvR gebind is nie.)

  • In Khumalo v Holomisa – dit is nodig om te onderskei tussen regstreekse en onregstreekse toepassing, omdat die HvR nie altyd regstreeks van toepassing is op die gemenereg in regsgeskille nie.


d. Die doel en gevolg van regstreekse toepassing verskil van onregstreekse toepassing





Regstreeks:

Onregstreeks:

Doel:

Om met deeglike interpretasie te bepaal of die reg en die HvR in ooreenstemming is met mekaar.

Om te bepaal of dit moontlik is om onbestaanbaarheid tussen die reg en die HvR te vermy, deur behoorlike interpretasie van beide.




Genereer ‘n grondwetlike remedie.

Genereer nie ‘n grondwetlike remedie nie, maar gewone remedies word toegepas.




Het ten doel om onbestaanbaarheid tussen die reg of optrede en die HvR te ontbloot.







Indien daar onbestaanbaarheid is, verklaar die hof die reg of optrede as grondwetlik ongeldig.







Die effek van die verklaring beperk die wetgewer se opsies in wysiging van die reg of uitreiking van ‘n soortgelyke reg.







Elimineer sekere moontlikhede as grondwetlik ontoelaatbaar. Wanneer ‘n reg of optrede ongeldig verklaar is, mag dit nie meer deel van die reg vorm nie.

Stel bloot voor dat die reg in ooreenstemming met die GW opgestel word.




  • Daar word voorkeur gegee aan eng beslissings wat beperk word tot die feite voorhande. Sodoende word ruimte gelaat vir die wetgewer om die gemenereg te hervorm.

  • Regstreekse en onregstreekse toepassing van die HvR op die gemenereg kom tot dieselfde gevolg – die behoefte om die gemenereg in ooreenstemming met die HvR te ontwikkel.



e. Die beginsel van vermyding: onregstreekse toepassing moet oorweeg word voor regstreekse toepassing.

  • S v Mhlungu: As algemene reël moet enige siviele- of strafregtelike saak sover moontlik bereg word sonder om ‘n grondwetlike beslissing te maak.

  • Zantsi v Council of State, Ciskei: Keur bogenoemde reël goed. Verwys na die VSA se “salutary rule” – om nooit ‘n grondwetlike vraagstuk te antisipeer voordat dit nodig is nie en om nooit ‘n reël van grondwetlike reg wyer te formuleer as wat nodig is op die bepaalde feite waarop dit toegepas moet word nie. ‘n Hof moet liefs nie ‘n abstrakte beslissing maak nie en die reg moet toegelaat word om toenemend te ontwikkel.

  • Volgens die beginsel van regmatigheid moet howe nie sake met ‘n geskilpunt (‘moot’) of sake wat nie ryp is vir geregtelike beslissing bereg nie.

  • Daar moet ruimte gelaat word vir die wetgewer om met veranderende omstandighede tred te hou.

  • Die wetgewer behoort die geleentheid te kry om ‘n aangeleentheid aan te spreek voordat die hof daaroor beslis.

  • Die beskikbaarheid van regstreekse toepassing word gekwalifiseer deur die beginsel dat die HvR nie regstreeks toegepas moet word tensy dit noodsaaklik is nie. Hierdie beginsel het belangrike gevolge:

  1. Selfs wanneer die HvR regstreeks van toegepassing is, moet ‘n hof die gewone regsbeginsels toepas om die geskil op te los. Indien nodig, moet die reg ruim geïnterpreteer word om gevolg te gee aan die HvR; voordat regstreekse toepassing oorweeg word.

  2. Wanneer die HvR regstreeks toegepas word op geskille wat deur wetgewing gereël word, moet optrede betwis word voor die reg. Die interpretasie van die wetgewing moet dus betwis word voor die bepalings van die wetgewing self.

  • Die beginsel dat grondwetlike aangeleenthede vermy moet word is egter nie absoluut nie. Dit vereis nie dat litigante hulle slegs as laaste uitweg op die GW mag beroep nie. Dit sal afhang van die omstandighede van elke saak.

  • Wanneer die skending van die GW duidelik en regstreeks relevant is op die aangeleentheid en daar geen alternatiewe vorm van verligting is nie, is dit onnodig om tyd te mors om ‘n nie-grondwetlike oplossing te soek.

3.4 AKTIWITEIT: Beantwoord die volgende vrae en vergelyk daarna u antwoorde met die terugvoering:



Wie is geregtig op die regte vervat in die Handves van Regte?

(1) Franco Phile, 'n Franse sokkerspeler, het 'n eenjaarkontrak om vir 'n SA klub te speel. Is Franco geregtig op die volgende konstitusionele regte? Verduidelik u antwoord kortliks.

(a) die reg op lewe – elkeen art11

(b) die reg op regverdige regspleging – elkeen art33

(c) die reg om in algemene verkiesings te stem – elke burger art19

(2) (a) Wanneer kan 'n regspersoon op die beskerming van die Handves van Regte reken? (3)

Art8(4) ’n Regspersoon is geregtig op die regte in die HvR in die mate waarin die aard vd regte en die aard van daardie regspersoon dit vereis.

In die Eerste Sertifiseringssaak moes die hof besluit oor die uitbreiding van beskerming deur die HvR aan regspersone. KH vind:- sommige universele fundamentele regte kan slegs te volle erken word indien dit ook aan regspersone toegeken word. Bv Vrydheid van spraak, kry ware effek wanneer dit aan die media gegee word. Daar is sommige regte wat nie toepaslik is vir regspersone nie, en art8(4) gee erkenning hieraan. GW bepaal ook dat die aard van die regspersoon oorweeg mag word, om te bepaal of ‘n spesifieke reg aan dit toegeken kan word of nie. Dus kyk na aard van reg en aard van regspersoon.


Yüklə 0,58 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   15




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin