Fundamentele regte – fur201f studie-eenheid 1 (p1 gids): Inleiding tot die Grondwet en die Handves van Regte



Yüklə 0,58 Mb.
səhifə5/15
tarix01.08.2018
ölçüsü0,58 Mb.
#64796
1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   15

4.3 Rypheid (p91HB)

In die VSA geld die leerstuk van rypheid om howe te verhoed om abstrakte geskille te bereg. ‘n Hof behoort egte geskille te besleg, nie hipotetiese geskille nie. Daarom moet daar werklike of dreigende skade wees.

Hierdie leerstuk vorm ook deel van die SA grondwetlike reg. Volgens Regter Ackermann stam dit uit die beginsel van vermyding van grondwetlike aangeleenthede. ‘Waar dit moontlik is om ‘n geskil (siviel of straf-) te bereg sonder grondwetlike geskil, moet dit gevolg word.’

Die tydsbepaling moet opgeweeg word teen die gevolge van vertraging op die partye. Vermyding vereis dat gewone reg en remedies eers oorweeg moet word. ‘n Grondwetlike aangeleentheid is eers ryp nadat onregstreekse toepassing en nie-grondwetlike remedies oorweeg is.

Wanneer gewone regsremedies min vooruitsigte het op suskes of die applikant sal ernstige en onherstelbare skade ly is dit egter nie nodig om grondwetlike toepassing onredelik uit te stel nie. ‘n Wet of regulasie mag aangeveg word voor uitreiking daarvan indien dit ‘n werklike bedreiging inhou. Dit is ook nie nodig om die voorgeskrewe interne appèl van ‘n magtigende wet uit te put nie.

Rypheid en verskyningsbevoegdheid oorvleuel gereeld. In S v A is die misdaad van sodomie betwis. Die hof het geweier om ‘n ‘teoretiese en akademiese’ geskil te besleg; die saak was nie ryp vir geregtelike beslissing nie. Waar ‘n persoon egter vervolg kan word vir ‘n misdaad, sal hy gewoonlik wel genoegsame belang hê.

Die belang wat die applikant in die bepaalde remedie het, kan ook rypheid bepaal. In Tobacco Institute of SA v Minister of Health het die applikant toegang tot inligting versoek rakende die Tabakbeheer Wet; die wet was nog nie in werking nie en die regte van die applikant sou eers na inwerkingtreding geraak word. Die hof het beslis dat die saak nie ryp was nie.

4.4 “Mootness” (p94HB)

“Mootness” verhoed die hof om te beslis oor ‘n saak wanneer dit reeds te laat is. Die saak het dus nie meer ‘n bestaande betwispunt nie en is bloot abstrak, hipoteties of akademies en raak nie meer die belange van die partye nie.

In JT Publishing v Minister of Safety and Security wou die applikant ‘n verklarende bevel verkry rakende bepalings van die betrokke Publikasie wet. Die hof het beslis dat dit ‘n diskresionêre remedie van die hof is en dat howe nie abstrakte, akademiese of hipotetiese sake moet beslis nie. Die wet was reeds herroep en vervang – niemand sou voordeel trek uit die bevel nie.

Die KH bepaal “mootness” met verwysing na die datum van die verhoor voor die KH.

Selfs al is ‘n saak “moot” tussen partye plaas dit nie ‘n absolute verbod op sy beregbaarheid nie. Die hof het ‘n diskresie om dit te oorweeg of nie. In Independent Electoral Commission v Langeberg Municipality het die hof genoem dat die diskresie uitgeoefen moet word in ooreenstemming met die belang van geregtigheid. As voorbehoud moet die bevel ‘n mate van praktiese gevolg op die partye of iemand anders hê. Die belang van die saak en die kompleksiteit daarvan kan ook oorweeg word. In groep litigasie of litigasie van openbare belang sal die hof sal die hof minder geneig wees om te bevind dat ‘n saak “moot” is.

AKTlWITEIT

(1) Wie het ingevolge artikel 38 verskyningsbevoegdheid om die hof te nader weens 'n skending van 'n fundamentele reg? (5)

(1) Ingevolge artikel 38 van die Grondwet mag die volgende persone die hof nader:

(a) iemand wat in eie belang optree

(b) iemand wat optree namens iemand anders wat nie in eie naam kan optree nie

(c) iemand wat as 'n lid van, of in die belang van, 'n groep of klas persone optree

(d) iemand wat in die openbare belang optree

(e) 'n vereniging wat in die belang van sy lede optree

(2) Is die volgende stelling waar of vals? Gee redes vir u antwoord. "Die Konstitusionele Hof staan 'n eng benadering tot verskyningsbevoegdheid voor, eerder as die bree benadering." (10)

(2) Vals. Ingevolge artikel 38 (a) tot (e) word 'n breë benadering gevolg. Die eng benadering ingevolge die gemenereg is verwerp as synde te onbuigbaar omdat dit 'n persoonlike belang by die aangeleentheid vereis. Deurdat die Grondwet 'n breë lys van kategorieë verskaf, bevestig dit buigsaamheid en waarborg in werklikheid die volle beskerming van die Handves van Regte. (Lees bladsy 80-82.)



(3) Verduidelik Chaskalson P se benadering tot verskyningsbevoegdheid. Bespreek die kriteria waarmee vasgestel kan word of 'n applikant regsbevoegdheid het al dan nie. (l0)

(3) Chaskalson P aanvaar 'n breë benadering ten einde behoorlike toegang tot die KH en die volle beskerming van die Grondwet te verseker. Hy verwerp die vereiste dat ' n persoon 'n persoonlike belang by die saak moet hê en persoonlik negatief daardeur beïnvloed moet word. Chaskalson formuleer die volgende krireria vir verskyningsbevoegdheid:

(i) ‘n bewering van inbreukmaking op ‘n reg vervat in die Handves van Regte

(ii) 'n voldoende belang ingevolge artikel 38(a) tot (e). (Lees bladsy 83-85.)



(4) Veronderstel die parlement vaardig 'n wet uit ingevolge waarvan geen staatsdienswerknemer 'n lid van 'n geheime organisasie mag wees nie. Sou die volgende persone verskyningsbevoegdheid hê om die grondwedikheid van die wet in 'n geregshof te bevraagteken? Gee redes vir u antwoorde:

(a) A, 'n staatsdienswerknemer, wat aangesê word om sy of haar lidmaatskap van' n geheime organisasie te laat vaar (2)

(b) 'n geheime organisasie, namens sy lede (2)

(c) B, 'n lid van die geheime organisasie, wat nie 'n staatsdienswerknemer is nie, namens al die lede van die organisasie wat moontlik deur die wet benadeel kan word (2)

(d) "Free to be We", 'n menseregte-organisasie, wat 'n veldtog voer tgv meer erkenning van die reg op vrye assosiasie.(2)

(e) Die munisipaliteit van Secretcity, namens sy werknemers. (2)

(4) (a) artikel 38(a)

(b) artikel 8(e), (b) of miskien (c)

(c) artikel 8(e), of miskien (b)

(d) artikel 38(d)

(e) artikel 38(e)



4.6 SELF-ASSESSERINGSOEFENING

Kort nadat mnr Plum Pie aangestel is as hoof- uitvoerende beampte (CEO) van Hot Property ('n eiendomsagentskap), word hy afgedank omdat hy sy MIV-positiewe status openbaar het. Daarna sluit hy aan by 'n organisasie met die naam, Treating All Patients (TAP), wat gestig is met die doel om die regte van MIV-positiewe te bevorder. TAP wil namens mnr Plum Pie 'n aksie instel in die Konstitusionele Hof. Adviseer sowel TAP as mnr Plum Pie oor die volgende:

(1) Het mnr Plum Pie verskyningsbevoegdheid om die hof re nader? Indien wel, op watter gronde? (5)

(2) Het TAP verskyningsbevoegdheid om die hof te nader? Noem hofbeslissings ter stawing van u antwoord. (10)

Riglyne vir hierdie oefening: (1) Bespreek die belangrike veranderinge wat artikel 38(a) tot (e) teweeggebring het.

(2) Verwys na Ferreira v Levin.

(3) Pas die kriteria vir die bepaling van verskyningsbevoegdheid toe war Chaskalson P uireengesit het.



4.7 SAKELYS

- Ferreira v Levin NO 1996 (1) SA 984 (KH) par 44. Sien bladsy 30 van die handboek.

- Lawyers for Human Rights v Minister of Home Affairs 2004 (4) SA 125 (KH)

STUDIE-EENHEID 5: Jurisdiksie en Handves van Regte-litigasie

Sien studiegids p40



STUDIE-EENHEID 6: Uitleg van die Handves van Regte (p145HB)

INLEIDING

Agv politieke kompromieë, is baie grondwetlike bepalings doelbewus vaag of oop (open-ended) gelaat. Ander bepalings, veral die in die Handves van Regte is in algemene en abstrakte terme geformuleer. Die toepassing van, bv, die bepalings oor die regte op lewe en menswaardigheid op spesifieke situasies en omstandighede is gewoonlik kontroversieel en betwisbaar.

Artikel 39 van die Grondwet reël die uitleg van die Handves van Regte. Die uitlegklousule verskaf riglyne vir die uitlegproses, maar hierdie riglyne is self so abstrak dat dit heelwat uitleg verg. Omdat uitleg nie volledig deur die teks van die Grondwet gereël word nie, het die KH riglyne neergelê oor hoe die Grondwet in die algemeen en die Handves van Regte in die besonder uitgelê moet word.

SLEUTELKONSEPTE


  • Uitleg

Uitleg is die proses waardeur die betekenis van 'n konstitusionele bepaling bepaal word.

  • Uitlegfases

Die is die uitlegstappe in die uitlegproses

  • Doeldienende uitleg

Doeldienende uitleg is uitleg wat die fundamentele waardes ten beste ondersteun en beskerm

  • Ruim (generous) uitleg

Ruim uitleg is uitleg ten gunste van regte en gekant teen die beperking van regte

  • Uitlegklousule

Die uitlegklousule is die konstitusionele bepaling wat riglyne verskaf vir die uitlegproses

6.1 Die uitleg proses

Die oogmerk van die uitleg van die HvR is om seker te maak van die betekenis van 'n bepaling vervat in die Handves van Regte, ten einde te bepaal of enige wet of optrede onbestaanbaar met daardie bepaling is.

Die uitleg van die Handves van Regte behels die volgende twee ondersoeke, of fases:


  1. In die eerste fase word die betekenis of omvang van 'n reg vasgestel en daar word gekyk of enige betwiste regsvoorskrif of optrede daarop inbreuk gemaak het.

  2. In die tweede fase word bepaal of die betwiste wet of optrede in stryd is met die Handves van Regte en of dit ingevolge die beperkingsklousule gered kan word. Slegs wanneer 'n beperking van 'n reg wat in die Handves van Regte verskans word, nie gered kan word nie, is die slagoffer geregtig op 'n remedie.

Die bepalings van die HvR beskerm sekere soorte aktiwiteite (plaas ‘n negatiewe verpligting op partye) of vereis die vervulling van sekere oogmerke (positiewe verpligting). By eerstegenoemde behels interpretasie ‘Wat is die reg wat beskerm word?’ en by laasgenoemde ‘Wat vereis die reg van iemand?’

Interpretasie van die HvR:

Soos by gewone taal, sal die betekenis van ‘n bepaling afhang van die manier waarop dit gebruik is; die konteks waarin die bepaling gebruik is. Bepalings is soms die gevolg van politiese kompromieë gedurende die opstelproses, wat doelbewus vaag en oop gelaat is en in algemene en abstrakte terme geformuleer is. Toepassing hiervan sal onvermydelik beredenering en twispunte teweegbring.



6.2 Uitlegmetodes

Die uitlegmetode wat voorkeur geniet, is 'n ruim en doeldienende uitleg wat aan die onderliggende waardes vervat in die Grondwet gevolg gee.

Daar bestaan egter verskeie benaderings tot die uitleg van die Handves van Regte:

6.2.1 Tekstueleuitleg

In die eerste ondersoekfase begin die tekstuele uitleg vd HvR by die teks self. Daar word na die teks gekyk om die betekenis van 'n bepaling van die Handves van Regte te vind.

In die heel eerste uitspraak van die Konstitusionele Hof, S v Zuma, waarsku Kentridge AR teen onderskatting van die belang van die teks. ‘Die GW beteken nie wat ons wil hê dit moet nie. Die teks van die GW moet gerespekteer word. Die interpretasie is gegrond in die teks self en die teks stel die perke. ’

Konstitusionele geskille kan egter selde opgelos word deur na die letterlike betekenis van die grondwetike bepalings te kyk, veral aangesien heelwat van die formulering in die Grondwet abstrak en oop is. Regte soos die op gelykheid, lewe en menswaardigheid, het nie 'n presiese, vasgestelde, betekenis in die Handves van Regte nie. Konstitusionele uitleg behels dus meer as net die bepaling van die letterlike betekenis van spesifieke bepalingings om die betekenis en omvang van sommige konstitusionele bepalings vas te stel.

In S v Makwanyane beslis die KH soos volg: "terwyl daar respek betoon moet word aan die teks van die GW, moet ‘n interpretasie van die HvR ruim en doeldienend wees en gevolg gee aan die onderliggende waardes van die GW.". In 'n aantal gevalle het die hof ruim (generous) en doeldienende (purposive) uitleg verkies bo teenstrydige uitleg wat op die letterlike betekenis van 'n bepaling gebaseer word.

6.2.2 Doeldienende uitleg (p148HB)

Doeldienende uitleg is die uitleg van 'n bepaling wat die kernwaardes wat 'n oop en demokratiese samelewing, gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, onderlê, die beste ondersteun.

In Zuma aanvaar die KH die benadering wat deur die Canadian Supreme Court in R v Big M Drug Mart Ltd gevolg word. Ingevolge hierdie saak moet die doel van 'n reg vervat in die HvR 1) eers geïdentifiseer word, 2) dan moet die waarde wat daardeur beskerm word, gevind word en 3) daarna moet die omvang daarvan bepaal word.

Die doeldienende benadering vereis onvermydelik dat 'n waarde-oordeel gevel moet word oor watter doelwitte belangrik is en deur die Grondwet beskerm word en watter nie. Hierdie waarde-oordeel word egter nie op grond van 'n regter se persoonlike waardes gevel nie. Dit moet objektief vasgestel word deur die norme, verwagtinge en gevoelens/sensitiwiteite van die mense in ag te neem. Verder, in Makwanyane beklemtoon die KH dat dit nie afgelei mag word van, of gelykgestel mag word met, openbare opinie nie. (Anders sou die beskerming van die minderheid en verstotelinge ondermyn word.) Alhoewel 'n doeldienende uitleg 'n waarde-oordeel verg, word daar nie voorgeskryf hoe die oordeel gevorm moet word nie.



6.2.3 Ruim uitleg (p150HB)

Ruim uitleg is uitleg tgv regte en teen hul beperking. Daarvolgens word die grense van regte so wyd getrek as wat die taal waarin dit opgestel is en die konteks waarin dit gebruik word, dit moontlik maak.

Die KH het in Zuma 'n ruim uitleg toegepas om aan individue die volle beskerming van fundamentele regte en vryhede te gee.

In S v Mhlungu is 'n ruim uitleg beslissend benut om aan persone wat betrokke was in sake hangende die inwerkingtreding van die GW, die beskerming van die tussentydse HvR te gee. Dit was ten spyte van die oënskynlik duidelike bedoeling van die bepaling (a241(8) tussentydse GW). ‘n Minderheidsuitspraak was ten gunste van die gewone letterlike betekenis – ‘wanneer die teks duidelik is, moet daaraan gevolg gegee word’. Die meerderheid het egter beslis dat waar die teks dit redelikerwys toelaat, ‘n breë interpretasie verkies word as die eng interpretasie persone die voordele van die HvR sal ontneem.

Die gebruik van ruim interpretasie kan soms lei tot afwatering van die teks of teenstrydig wees met doeldienende uitleg. 'n Hof kan voor 'n moeilike toets te staan kom wanneer daar 'n botsing is tussen ruim en doeldienende uitleg.

6.2.4 Konteksfuele en sistematiese uitleg (p153HB)

Die betekenis van woorde is afhanklik van die konteks waarin dit gebruik word. Die grondwetlike bepalings moet dus in konteks gelees word om hul doel te bepaal.

Die eng betekenis van konteks word voorsien deur die teks van die Grondwet self, terwyl die wyer betekenis in die historiese en politieke konteks van die Grondwet gevind word.


  1. Historiese konteks

Suid-Afrika se politieke geskiedenis speel 'n belangrike rol by die uitleg van die Grondwet. Die Grondwet is 'n gevolg van en 'n reaksie op Suid- Afrika se afgelope geskiedenis. By 'n doeldienende uitleg word hierdie geskiedenis en die mense se wens dat dit nie herhaal moet word nie, in ag geneem.

In Mhlungu is genoem dat die GW ‘n wegbraak is van die verlede en dat gestreef word na wat regverdigbaar is in ‘n oop en demokratiese samelewing, gebasseer op vryheid en gelykheid en ‘n kultuur van verantwoordingspligtigheid en deursigtigheid.

In Brink v Kitshoff gebruik die KH historiese uitleg (agtergrond van apartheid) om die belang van gelykheid te beklemtoon.

In Makwanyane word die agtergrondinligting, insluitende die verslae van verskillende tegniese komitees, as belangrik beskou om te bepaal waarom sommige bepalings by die Grondwet ingesluit is, en ander nie.

Agtergrond getuienis is selde deurslaggewend.


  1. Politieke konteks

Regte moet ook in hul politieke konteks verstaan word. Die politieke ontwikkelinge, faktore en die klimaat wat ten tye van die opstel van die Grondwet bestaan het, moet nie misken word nie, aangesien dit daartoe bydra om die betekenis van die grondwetlike bepalings, vas te stel.

Breedweg verrolk, sluit kontekstuele uitleg sistematiese uitleg in. Volgens sistematiese uitleg is die Grondwet 'n geheel en moet dit nie uitgelê word asof dit bestaan uit 'n reeks individuele bepalings wat afsonderlik gelees word nie. Daarom moet die howe die ander bepalings van die Grondwet en die Handves van Regte gebruik om 'n breër konteks vir die uitleg van individuele bepalings van die Handves van Regte te verskaf.

In S v Makwanyane, Ferreira v Levin, en Gauteng School Education Bill maak die Konstitusionele Hof omvangryk en beslissend gebruik van kontekstuele uitleg.

S v Makwanyane: die hof gebruik die reg op lewe, gelykheid en waardigheid saam om betekenis te gee aan die verbod op wrede, onmenslike en vernederende behandeling of straf.

Ferreira v Levin: die hof heg groot waarde daaraan dat die reg op vryheid van persoon saam met die verbod op aanhouding sonder verhoor; marteling; wrede, onmenslike en vernederende behandeling gegroepeer word en kom tot die gevolg dat die oogmerk van die reg is om fisiese vryheid te beskerm.

Gauteng School Education Bill: die hof beslis dat daar ‘n reg op basiese onderrig op staatsonkoste in die GW is, asook ‘n reg om in die taal van jou keuse ondderrig te word en beslis dat daar nie ‘n herhaling daarvan sal wees in die volgende subparagraaf nie. Die vryheid wat daardeur beskerm word is belangrik in die lig van ons geskiedenis.

In Soobramoney het die KH geweier om ‘n positiewe verpligting op die staat te plaas om mediese behandeling aan ‘n persoon in kritieke toestand; op grond van die reg op lewe. Die reg op mediese behandeling word uitdruklik in ‘n ander bepaling van die GW genoem en die hof kan dus nie die reg op lewe so interpreteer om ook addisionele pligte op te lê wat bots met die ander bepaling nie.

Hoewel kontekstuele uitleg nuttig is, moet dit met oorleg toegepas word. Die eerste gevaar is wanneer konteks gebruik word om regte te beperk, in plaas van om dit uit te lê. Die tweede gevaar is dat kontekstueke uitleg gebruik kan word as 'n kortpad om sogenaamde irrelevante fundamentele regte uit te skakel.

6.3. Die uitlegklousule (p159HB)

Uitleg van Handves van Regte

39. (1) By die uitleg van die Handves van Regte –

(a) moet ’n hof, tribunaal of forum die waardes wat ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê, bevorder;

(b) moet ’n hof, tribunaal of forum die volkereg in ag neem; en

(c) kan ’n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.

(2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder.

(3) Die Handves van Regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemene reg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is.

Artikel 39, die uitlegklousule, verg 'n uitleg wat die waardes bevorder waarop ‘n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid gebaseer is.



Artikel 39(1) verwys na die gebruik van volkereg en buitelandse reg. In Makwanyane maak die Konstitusionele Hof dikwels in verband met uitlegdoeleindes melding van volkereg en buitelandse reg.

Artikel 39(2) fokus nie op die uitleg van die Grondwet nie - dit handel oor wetsuitleg en die ontwikkeling van die gemenereg en gewoontereg. Hierdie artikel moet saamgelees word met artikel 8, omdat dit vir onregstreekse toepassing voorsien.

Artikel 39(3) bepaal dat die Handves van Regte nie verhoed dat 'n persoon mag steun op regte wat statutêr, gemeenregtelik of ingevolge die gewoontereg toegeken word nie. Maar omdat die Handves van Regte deel vorm van die Grondwet, wat die hoogste reg is, mag sulke regte nie onbestaanbaar met die Grondwet wees nie.

Die Aanhef mag gebruik word om die substantiewe bepalings van die Handves van Regte uit te lê. AIgemene bepalings in Hoofstuk 14 en artikel 240 wat bepaal dat die Engelse teks voorkeur geniet oor ander tekste, kan ook relevant wees by die uitleg van die Handves van Regte.

AKTIWITEIT

(1) Verduidelik die oogmerk van die uitleg van die Handves van Regte en die oogmerk van die twee uitlegfases met behulp van 'n voorbeeld. (10)

Lees bladsy 145 tot 147 van die handboek.



(2) Speel die teks hoegenaamd 'n rol by die uitleg van die Grondwet of die Handves van Regte? Is tekstuele (letterlike of grammatikale) uitleg voldoende of beslissend? Beantwoord hierdie vraag deur na relevante hofbeslissings te verwys. (10)

Sien bladsy 147 tot 148 van die handboek. Verwys na Zuma en Makwanyane.



(3) Gee 'n uiteensetting van die rol wat openbare opinie speel by die uitleg van die Handves van Regte en verwys na relevante regspraak. (10)

Sien bladsy 149 tot 150. Verwys na Makwanyane.



(4) Identifiseer die benadering(s) rot uitleg waaraan die Grondwet en die Konstitusionele Hof voorkeur heg. ( )

Sien bladsy 148 tot 153.



(5) Wat is die betekenis van "konteks" by grondwetlike uitleg? (8)

Konteks kan wyd en eng wees. Die wyer konteks is die historiese en politieke omgewing van die Grondwet. Die eng konteks word in die grondwetlike teks self gevind.



(6) Wat is "sistematiese" uitleg en hoe het die Konstitusionele Hof dit gebruik om sommige bepalings van die Handves van Regte uit te lê? (12)

Sistematiese uitleg is kontekstuele uitleg waarvolgens die Grondwet beskou word as ‘n dokument in sy geheel. Spesifieke bepalings word dus nie in isolasie gelees nie, maar in hul tekstuele omgewing, waar dit met ander bepalings verband hou. Sien Makwanyalle, Ferreira en Gauteng SchoolEducation

Sien bladsy 156 tot 158.

(7) Waarom moet kontekstuele uitleg omsigtig toegepas word? Verduidelik die twee gevare wat kontekstuele uitleg inhou. (10)

Sien bladsy 158.

Kontekstuele uitleg moet met omsigtigheid aangewend word. Die eerste gevaar is dat die konteks gebruik kan word om regte te beperk, eerder as om dit uit te lê. Die tweede gevaar is dat dit gebruik kan word as 'n kortpad om sommige regte uit te skakel.

(8) Wat is die belang van volkereg en buitelandse reg onderskeidelik by die uitleg van die Handves van Regte en hoe ver het die Konstitusionele Hof gegaan om dit by die uitleg van die Handves van Regte aan te wend? (10)

Sien bladsy 159 tot 161

Die uitlegklousule skryf voor dat 'n hof, tribunaal of forum volkereg "moet" oorweeg, maar buitelandse reg "kan" oorweeg wanneer die Handves van Regte vertolk word. Dit beteken dat voIkereg in hierdie opsig meer gewig dra as buitelandse reg. In Makwanyane verwys die Konstitusionele Hof na sowel voIkereg as buitelandse reg.


Yüklə 0,58 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   15




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin