Fundamentele regte – fur201f studie-eenheid 1 (p1 gids): Inleiding tot die Grondwet en die Handves van Regte


(b) Wat is die belangrikste besware teen die insluiting van sosio-ekonomiese regte in die Handves van Regte? (LW: hierdie vraag en die vorige vraag oorvleuel.) (3)



Yüklə 0,58 Mb.
səhifə15/15
tarix01.08.2018
ölçüsü0,58 Mb.
#64796
1   ...   7   8   9   10   11   12   13   14   15

(b) Wat is die belangrikste besware teen die insluiting van sosio-ekonomiese regte in die Handves van Regte? (LW: hierdie vraag en die vorige vraag oorvleuel.) (3)

Sien die bespreking van die regverdigbaarheid van sosio-ekonomiese regte in 11.3.1 hierbo. Die belangrikste besware het verband gehou met die Ieerstuk van skeiding van magte en die kwessie van polisentrisiteit. Die staat het aangevoer dat die uitvoerende en wetgewende gesag die beste in staat was om sosio-ekonomiese regte te hanteer. (Lees bladsy 568-571 in die handboek.)



(c) Hoe het die Konstitusionele Hof in die Certification-beslissing op hierdie besware gereageer? (3)

Sien 11.3.1 hierbo. Die Konstitusionele Hof het albei hierdie besware verwerp en bevind dat dit die howe se plig is om te verseker dat die uitvoerende en wetgewende gesag nie onbehoorlik op sosio-ekonomiese regte inbreuk maak nie. Die hof skryf nie aan die uitvoerende gesag voor hoe om openbare fondse te adminisrreer nie, maar verseker dat die regering rekenskap gee van die maarreëls wat hy aanvaar en die programme wat hy implementeer, deurdat hy aan die hof moet verduidelik hoe sy middele bestee word. Verwys na hofbeslissings en lees bladsy 571 van die handboek.



(2) U is 'n regsadviseur by die Pretoria Stadsraad. Die stadsraad beplan om 'n aantal plakkers te verwyder van grond war aan die sradsraad behoort. Daar word beplan om 'n behuisingsprojek daarop te bou. Adviseer die stadsraad oor die volgende:

(a) of hulle die plakkers mag uisit en hul wonings afbreek

Ja, hulle mag die plakkers uitsit, maar hulle is verplig om die prosedures kragtens artikel 26(3) te volg sodat grondwetlike regte nie geskend word nie.



(b) die prosedure wat gevolg moet word om dit te doen

Wesenlik word net administratiewe optrede vereis, insluitende billike prosedure wat op 'n hofbevel uitloop. Artikel 26(3) beteken nie dat die uitsetting van onwettige okkupeerders nooit wettig sal wees nie - dit vereis bloot dat behoorlike stappe gedoen word en verbied partye wat okkupeerders wil uitsit, om die reg in eie hande te neem. Uitsettings kan net plaasvind nadat 'n hofbevel, wat al die relevante omstandighede in ag neem, toegestaan is. Uitsettings en die afbreek van huise kan nie op grond van 'n administratiewe besluit plaasvind nie; dit kan alleen kragtens 'n hofbevel geskied.



(3) Mag ‘n privaat hospitaal mediese noodbehandeling weier vir 'n pasiënt ernstig beseer is in 'n motorongeluk, op grond daarvan dat die pasiënt nie die middele het om vir sulke behandeling te betaal nie? U moet aandui wat mediese noodbehandeling ingevolge artikel 27(3) behels. (5)

Artikel 27(3) is sowel horisontaal as vertikaal van toepassing. Sou die privaat hospitaal hom dus wegwys op grond van onvoldoende fondse, sou dit neerkorn op 'n skending van 'n grondwetlike reg.

In S v Soobramoney verduidelik die hof wat mediese noodbehandeling ingevolge artikel 27(3) behels: Die doel van die behandeling moet voordelig wees deurdat pasiënte gesond gemaak word en dit moet onmiddellike remediërende of lewensreddende behandeling wees. Mediese noodbehandeling is nie van toepassing op pasiënte wat aan 'n ongeneeslike siekte ly nie. Die vraag is of hierdie pasiënt so ernstig beseer was dat hy lewensreddende behandeling moes kry. (Lees bladsy 592-594 van die handboek.)

(4) Die Gauteng Department van Gesondheid besluit om die behandeling vir vigs-pasiente met tuberkulose, te verminder weens 'n tekort aan fondse en die departement se onvermoë om te voldoen aan die eise wat daaraan gestel word. Pynstillende en kalmerende middels word egter steeds beskikbaar gestel. Is hierdie besIissing grondwetlik? Staaf u antwoord deur na hofbesIissings te verwys. (10)

Pas weer eens artikel 27(1), (2) en (3) en die beginsels in Soobramoney op die feite toe. Die feite is soortgelyk aan die in bogenoemde saak. Daar kan aangevoer word dat die verminderde behandeling vir vigspasiente wat tuberkulose opgedoen het op 'n skending van die reg op mediese noodbehandeling neerkom, aangesien hulle in 'n lewensbedreigende situasie is. Om 'n skending van artikel 27(3) te bewys, moet daar egter aangetoon word dat hulle behandeling vereis wat noodsaaklik en lewensreddend is. U moet verder die kwessie van beskikbaarheid van middele bespreek, ten einde te bepaal of die staat sy verpligting ingevolge artikel 27(2) nakom. Kan die Gauteng Department van Gesondheid die vermindering in medikasie regverdig op grond daarvan dat daar nie middele beskikbaar is om medikasie aan beide vigspasiënte en vigspasiënte wat tuberkulose opgedoen het, te verskaf nie? Die Departement sou moes aantoon op watter kriteria hul beslissing gegrond word. Raadpleeg hieroor die Konstitusionele Hof se beslissing in die Soobramoney-, Grootboom- en die TAC-saak. (Lees bladsy 577-585 en 591-594 van die die handboek.)



SELF-ASSESSERINGSOEFENING

(1) Gaan die regte in die Handves van Regre deeglik deur en Iys daardie regte wat met sosio-ekonomiese regte verband hou.

(2) Is daar regte wat nie in hoofstuk 26 behandel word nie, maar wat ook as sosio-ekonomiese regte geklassifiseer kan word?

Riglyne vir hierdie oefening:

(1) U behoort hierdie oefening maklik te kan doen. Raadpleeg die Grondwet en hoofstuk 26 van u handboek.

(2) Onthou dat sosio-ekonomiese regte tweede generasieregte is en dat hulle sowel 'n positiewe as 'n negatiewe verpligting oplê. Oorweeg daarna die feit dat hierdie verpiigtinge in toenemende mate nagekom word en afhanklik is van die beskikbaarheid van middele.



SAKELYS

Die beregbaarheid van sosio-ekonomiese regte, die leerstuk van skeiding van magte, redelike wetgewende en ander maatreëls en die beskikbaarheid van middele.

- In re Certification van die Grondwet of the Republic of South Africa Constitution Act, 1996 1996 (10) BCLR 1253 (KH)

- Soobramoney v Minister of Health, Kwa Zulu-NataI 1998 (1) SA 756 (KH)

- Government of the Republic of South Africa v Grootboom 200 (11) BCLR 1169 (KH)

- Minister of Health and Others v Treatment Action Campaign and Others (2) 2002 (l0) BCLR 1075 KH (die TAC-saak)

Artikels 26(2) en 26(3) - Redelike maatreëls om die toenemende verwesenliking van die reg te bereik, en beskerming teen uitsetting of die afbreek van 'n woning.

- Government of the Republic of South Africa v Grootboom 2000 (11) BCLR 1169 (KH)

- Ross v South Penninsula Municipality 2000 (1) SA 589 (K)

- Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (HHA)



Artikel 27 - Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid.

- Soobramoney v Minister of Health, Kwa-Zulu-Natal 1998 (1) SA 756 (KH)



- Minister of Health and Others v Treatment Action Campaign and Others (2) 2002 (10) BCLR 1075 KH (die TAC-saak)

Page of


Yüklə 0,58 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   7   8   9   10   11   12   13   14   15




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin