INLEIDING
Sosio-ekonomiese regte word bespreek vanweë 'n aantal redes: eerstens, hul historiese belang; tweedens omdat hulle voorbeelde is van regte wat 'n positiewe plig op die staat plaas (anders as die sg "klassieke" fundamentele regte, wat as suiwer negatiewe of defensiewe regte beskou is); en derdens omdat hulle spesifieke probleme na vore bring betreffende die skeidslyn tussen beginsel (waaroor die howe moet beslis) en beleid (die prerogatief van die uitvoerende gesag).
Die uitdaging waarvoor die Suid-Afrikaanse samelewing konstant te staan kom, is om die lewensgehalte van alle lands burgers te verbeter en die meerderheid van uiterste armoede te bevry. Die Konstitusionele Hof stel dit soos volg in die Soobramoney-saak:
“Millions of people are living in deplorable conditions and great poverty. There is a high level of unemployment) inadequate social security and many do not have access to clean water or to adequate health care services. These conditions already existed when the constitution was adopted and a commitment to address them, and to transform our society into one in which there will be human dignity, lies at the heart of our new constitutional order. For as long as these conditions continue to exist that aspiration will have a hollow ring.” (par 9 van uitspraak)
Die Grondwet erken die noodsaak om lewensomstandighede te verbeter deur voorsiening te maak vir die beskerming van sosio-ekonomiese regte. Hierdie regte sluit in:
Toegangsregte
-
die reg op basiese onderwys, met inbegrip van volwasse basiese onderwys, ingevolge artikel 29(1),
-
die reg om nie mediese noodbehandeling geweier te word nie, ingevolge artikel 27(3),
-
en die reg van 'n kind op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste, ingevolge artikel 28(1)(c).
-
Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising, ingevolge artikel 26(1)
-
Op gesondheidsorgdienste, voldoende voedsel en water en maatskaplike sekerheid, ingevolge artikel 27( 1).
Ten einde volle beskerming van hierdie sogenaamde toegangsregte te verseker, rus daar ' n positiewe verpligting op die staat om redelike wetgewende en ander maatreëls te tref, binne sy beskikbare middele, om hierdie reg toenemend te verwesenlik. Hierdie verpligting word op die staat geplaas ingevolge:
-
artikel 25(5) (die verpligting om burgers in staat te stel om op 'n billike grondslag toegang tot grond te verkry),
-
artikel 26(2) (die verpligting om die reg op toegang tot geskikte behuising te realiseer)
-
en artikel 27(2) (die verpligting om die reg op toegang tot gesondheidsorgdienste, voedsel en water, en maatskaplike sekerheid te realiseer).
26.1 DIE ONDERSKEID TUSSEN EERSTE EN TWEEDE GENERASIE REGTE (p567)
Eerste generasieregte
|
Tweede generasieregte
| -
Tradisionele liberale regte of die sg siviele en politieke regte.
-
Hulle word negatiewe regte genoem omdat hulle die staat 'n plig oplê om op sekere maniere op te tree.
-
(neem mag weg van die staat, deur ‘n plig op te lê om nie op ‘n sekere manier op te tree nie)
-
Bv reg op gelykheid, persoonlike vryheid, vryheid van spraak, vergadering en assosiasie.
| -
Die sosio-ekonomiese regte wat as positiewe regte bekend staan.
-
Hulle lê 'n plig op die staat om te verseker dat alle burgers toegang verkry tot basiese sosiale goedere en dat basiese behoeftes vervul word.
-
Bv reg op onderwys, gesondheidsorg, voedsel, water, skuiling, toegang tot grond en behuising.
-
Verseker dat alle lede vd gemeenskap kan deelneem aan die regte van assosiasie, gelykheid, politiese deelname, uitdrukking, ens.
|
Daar is ‘n aantal sosio-ekonomiese regtig in die HvR, waarvan art 26 en 27 die prominentste is. Dit verskans die reg van “almal” se “reg op toegang” tot die gelyste regte. Hierdie artikels vereis dat die staat “redelike wetgewende en ander maatreëls” tref, “binne sy beskikbare middele” om hierdie regte progressief te verwesenlik.
26.2 Die beregbaarheid van sosio-ekonomiese regte (p568)
-
Die probleme by beregting van sosio-ekonomiese eise
Beregbaarheid verwys na die mate waarin sosio-ekonomiese regte deur 'n hof afgedwing kan en moet word. By die Eerste Sertifiseringsbeslissing was daar twee belangrike besware teen die insluiting van sosio-ekonomiese regte in die Grondwet, oor die leerstuk van skeiding van magte en die kwessie van polisentrisiteit.
Oor die leerstuk van skeiding van magte voer die staat aan dat die howe die bevoegdheid sal hê om die regering leiding te gee oor die distribusie van staatsmiddele en dat dit inbreuk maak op die magte van die uitvoerende en wetgewende vertakking van die regering. Die regbank sou in werklikheid die omvang van sy geregtelike funksie oorskry. Daar is aangevoer dat dit die uitvoerende gesag se verantwoordelikheid was om die toekenning van openbare middele aan individue, groepe en gemeenskappe in die samelewing te administreer.
Die argumente oor polisentrisiteit het basies verband gehou met begrotingsbeperkinge en hoe gekompliseerd dit sou wees as 'n hof oor die toekenning van middele sou beslis. As gevolg van finansiële beperkinge is die uitvoering van die regering se plig in hierdie verband afhanklik van die beskikbaarheid van middele. lndien die hof dus fondse sou toeken, sou enorme probleme ontstaan.
Die hof se reaksie op bogenoemde besware was dat die insluiting van hierdie regte nie die leerstuk van skeiding van magte skend of verswak deur op die magte van die wetgewende en uitvoerende vertakkinge van die regering inbreuk te maak nie. Die positiewe aspek van die regte vereis dat die staat redelike maatreëls aanneem om sy grondwetlike verpligting na te kom. Alhoewel 'n ruim mate van diskresie aan die staat verleen word, is dit die howe se plig om die redelikheid van sulke maatreëls te bevraagteken en kontroleer.
Die Konstitusionele Hof het bevestig dat sosio-ekonomiese regte beregbaar is en dat dit, bykomend by die positiewe dimensie daarvan, ook negatief beskerm kan word teen onbehoorlike vermyding deur die uitvoerende en wetgewende gesag.
(Lees die bespreking van die beslissing op bladsy 569-571.)
First Certification-saak – Die insluiting van sosio-ekonomiese regte mag tot gevolg hê dat howe bevele uitreik wat direkte implikasies inhou vir begrotingsaangeleenthede. Baie van die siviele en politieke regte verskans in die GW het sal ook soortegelyke begrotingsimplikasies hê, sonder dat hul beregbaarheid onder verdenking gebring word. Die feit dat sosio-ekonomiese regte waarskynlik sulke gevolge inhou plaas nie ‘n verbod op hul beregbaarheid nie. As ‘n absolute minimum moet sosio-ekonomiese regte negatief beskerm word teen onbehoorlike skending.
Die hof het twee punte gemaak – Eerstens bevraagteken die hof die onbuigsame onderskeid tussen sosio-ekonomiese regte en siviele en politieke regte, op die basis dat eersgenoemde positiewe pligte op die staat plaas en laasgenoemde nie. ‘n Hof wat siviele en politieke regte afdwing, kan op geleentheid positiewe pligte op die staat plaas, wat aansienllike gevolge op die verdeling van openbare middele kan hê. Tweedens bevestig die KH dat sosio-ekonomiese regte beregbaar is, om ten minste negatief beskerm te word teen onbehoorlike skending.
-
Negatiewe verpligtinge (p572)
'n Negatiewe verpligting beteken dat die staat nie moet inmeng wanneer 'n persoon 'n grondwetlik beskermde reg uitoefen nie. (Negatiewe beskerming is die vorm van regsbeskerming wat gewoonlik aan siviele en politieke regte gegee word. Bv die reg om te vergader.)
Negatiewe beskerming beteken dat die hof die staat kan keer om op maniere op te tree wat regstreeks op sosio-ekonomiese regte inbreuk maak. Regte tot behuising, ens moet dus nie dmv opsetlik agteruitgaande maatreëls onderwerp word nie. So ‘n maatreël sal tot gevolg hê dat individue hul reg van toegang ontken word.
‘n Regsvoorskrif wat bv die aankoop of gebruik van antiretrovirale medikasie deur MIV-positiewe persone verbied, sal ‘n direkte negatiewe skending op die reg tot gesondheidsorg wees. ‘n Regsvoorskrif of optrede wat bv lei tot ‘n agteruitgang ipv progressiewe verbetering in behuisingsomstandighede sal ‘n skending van die negatiewe aspek van sosio-ekonomiese regte wees en kan dan ongeldig verklaar word. Terwyl die positiewe verpligtinge wat deur sosio-ekonomiese regte opgelê word onderhewig is aan progressiewe verwerkliking, is dit nie dieselfde met negatiewe verpligtinge nie. Die beskikbaarheid van staatsmiddele is nie ‘n kwessie nie.
Daar is ook ‘n positiewe aspek tot negatiewe verpligting – die staat word verbied om in te meng met mense se pogings om hul sosio-ekonomiese regte uit te oefen EN die staat moet ook stappe neem om te verhoed dat private individue inmeng.
Voorbeelde van negatiewe skendings van ’n reg op behuising is geweldadige uitsetting wat plaasvind sonder ‘n hofbevel, of die veroorsaking van haweloosheid deur uitsetting van plakkers sonder om alternatiewe akkomodasie te verskaf. Hierdie reg word uitdruklik beskerm in art 26(3).
Jaftha – Die hof beïndruk dat die 3 subartikels van art 26 as geheel gelees moet word. Art 26 is ‘n pakket van positiewe en negatiewe verpligtinge. Die vernedering van uitsetting moet vervang word met ‘n sisteem waarin die staat streef om toegang te voorsien na geskikte behuising vir almal en sover moontlik uitsetting te vermy tensy dit regverdigbaar is.
Government of the Republic of South Africa v Grootboom – Die geldigheid van uitsetting van ‘n groep plakkers is oorweeg; wel volgens ‘n hofbevel, maar een dag vroeër en in omstandighede waar die huise platgestoot is en baie van die eiendom opsetlik vernietig is. Hierdie was ‘n skending van die negatiewe verpligting in art 26(1).
Residents of Bon Vista Mansions v Southern Metropolitan Local Council – Die diskonneksie van water-toevoer is ‘n beperking op die reg op water in art 27. Die staat is verplig om die regte in die HvR te respekteer en so ‘n stap moet dus geregverdig word.
First Certification – negatiewe handhawing is die minimum peil van beregbaarheid, maar nie die enigste wyse waarin sosio-ekonomiese regte beregbaar is nie. Die positiewe elemente van ‘n reg moet ook afdwingbaar wees.
-
Positiewe verpligtinge (p574)
Die International Covenant on Economic, Social, and Cultural Rights (ICESCR) is die belangrikste internasionale instrument tov sosio-ekonomiese regte. Die verdrag is deur 130 state onderteken en erken die volgende regte: Die reg om te werk, die reg op regverdige en gunstige werksomstandighede, reg op rus en ontspanning, om ‘n werkersunie te vorm of by een aan te sluit, sosiale sekuriteit, spesiale beskerming vir die familie, moeders en kinders, reg op geskikte lewenstandaard, kos, klere, gesondheidssorg, ens.
Die verdrag plaas ‘n positiewe plig op sy lede om stappe te neem tot die maksimum van hul beskikbare hulpbronne, om die verwerkliking van die regte daarin te bewerkstellig. Daar moet so vlugtig en effektief as moontlik opgetree word om die gelyste oogmerke te bereik. In ooreenstemming met negatiewe beskerming teen onbehoorlike indringing moet, opsetlike agteruitgaande maatreëls versigtig oorweeg word en ten volle geregverdig word.
Die afdwinging van die verdrag lê by die VN komitee. Lidstate moet periodieke verslae indien oor stappe geneem en vordering behaal tov die verpligtinge. Die Sosio-ekonomiese regte in ons Grondwet is gebaseer op die regte in die verdrag, en daarom bied die verslae aan die komitee belangrike leiding vir die SA Howe.
Volgens die Komitee eindig die staat se plig nie by nie-inmenging met regte nie, maar is daar ook ‘n addisionele positiewe dimensie wat plig op hom plaas om positiewe stappe te neem om regte te vervul.
Die positiewe dimensie van die reg setel in die feit dat die staat al die nodige stappe moet doen om die volle genieting van hierdie reg te verseker. Daar word dus twee stappe van die staat vereis:
(1) die opstel en inwerkingtreding van redelike wetgewende en ander maatreëls, binne die staat se beskikbare middele
(2) die toenemende realisering van hierdie regte deur middel van bogenoemde maatreëls
Die positiewe dimensie word gekwalifiseer deur die frase “tot maksimum van beskikbare hulpbronne”. Die staat het dus ‘n mate van diskresie oor hoe hy die regte progressief gaan verwesenlik. Die volgende beginsels geld:
-
Die feit dat volle verwesenliking van regte slegs progressief bereik kan word, verander nie die verpligting op die staat om daardie stappe wat onmiddelik binne sy magte is te neem, en ander stappe so gou as moontlik te neem nie.
-
Die vereiste dat die staat “gepaste” stappe moet neem ter verwerkliking van die regte gee ‘n aansienlike mate van diskresie aan die staat, maar die staat moet steeds die stappe wat hy neem kan regverdig.
-
Hulpbron skaarste verlig nie staat van minimum verpligtinge nie. Versuim om aan selfs aan die minimum verpligtinge te voldoen kom neer op ‘n skending van regte. Selfs wanneer hulpbronne skaars is, moet die staat streef om die wydste moontlike genietinge van die regte te verseker, onder die heersende omstandighede.
-
Daar moet onderskeid getref word tussen onwilligheid en onvermoë om aan verpligtinge te voldoen. Die las rus op die staat om te bewys dat hy nie in staat was om die verpligting na te kom nie, agv ‘n tekort aan middele.
-
Grootboom'>Positiewe verpligtinge in die 1996 Grondwet (p576)
In Grootboom het die KH die omvang van die staat se verpligtinge tov sosio-ekonomiese regte itv art 26(2) oorweeg. Die reg op toegang tot geskikte behuising vereis van die staat om redelike wetgewende en ander maatreëls te skep om die vervulling van die reg in ‘n reg in toenemende mate te verwesenlik, en word gekwalifiseer deur die frase “binne sy beskikbare middele”.
Die reg op toegang is nie ‘n selfstandige positiewe aanspraak op ‘n diens nie, maar slegs ‘n reg op toegang tot dienste wat reeds deur die staat verskaf is in vervulling van sy verpligtinge. Die staat se verpligtinge word op drie maniere gekwalifiseer: (i) “redelike wetgewende en ander maatreëls”; (ii) om “progressiewe ralisiasie” van die reg te bereik; en (iii) “binne die beskikbare hulpbronne”. Die eerste kwalifikasie is die belangrikste vanuit die geregtelike afdwinging se oogpunt.
-
Redelike wetgewing en ander maatreëls (p577)
Die staat moet 'n regsraamwerk skep wat aan individue die regstatus, regte en voorregte toeken wat hulle in staat sal stel om hul regte te realiseer. Verder word van die staat vereis om ander maatreëls en programme in werking te stel met die oog daarop om mense te help om hul regte te realiseer.
Die hof kan die redelikheid van hierdie maatreëls toets deur:
-
te vereis dat die staat rekenskap gee van sy keuse van maatreëls wat tav bogenoemde verpligting gekies is
-
en inligting gee oor hoe die implementering van die maatreëls vorder.
Volgens die KH is die standaard van redelikheid die kern van die beregbaarheid van sosio-ekonomiese regte.
Grootboom – Die wetgewer en uitvoerende gesag moet verseker dat die maatreëls wat hulle aanneem redelik is. In enige geskil gebasseer op art 26, sal die vraag wees of die maatreëls van die staat redelik was. Die hof sal nie ondersoek instel of daar beter maatreëls beskikbaar was en of die openbare fondse beter bestee kon wees nie – slegs of die maatreëls redelik was.
Verder word vereis om beide wetgewing en ander maatreëls te neem – redelikheid kan dus op beide die wetgewende program en die implimentasie daarvan ondersoek word.
Die staat moet sy keuse van maatreëls en middele teenoor die publiek regverdig. Die redes moet die meerderheid van mense bevredig selfs al stem hulle nie met die keuse saam nie.
Die KH het nie ‘n standaard vasgestel vir redelikheid nie. Die standaard is konteks-sensitief op ‘n saak-tot-saak basis. Redelikheid moet vasgestel word op die feite van elke besondere saak. Die redelikheidsvereiste by sosio-ekonomiese regte is van ‘n hoër standaard as die van art 9(1).
‘n Karaktertrek van regstandaard is dat aansienlike interpretasie diskresie aan die beoordeelaar gegee word en geen uitkoms voorspel word nie. Standaarde verskil op ‘n geval-tot-geval basis. Met tyd kan howe egter riglyne en faktore vir toekomstige toepassing daarstel.
Grootboom – Die groep mense was uitgesit en haweloos gelaat. Die oorsprong van hul probleme was die onaanvaarbare toestande waaonder hulle was terwyl hulle wag vir toewysing van lae-koste behuising. Die staat het gefaal in sy voorsiening vir tydelike skuiling en dit was onredelik. Hierdie versuim het die reg op menswaardigheid en gelykheid geskend. Redelikheid moet verstaan word in konteks met die HvR as geheel. Die reg op toegang tot behuising spruit uit die erkening van basiese menslike behoeftes. Indien die maatreëls statisties slaag, maar nie die behoeftiges dien nie, dan faal dit die toets.
Treatment Action Campaign – Die saak het gehandel oor die staat se beleid tov die voorkoming van moeder-tot-kind oordrag van MIV. Die sleutel tot die hof se beslissing was onredelikheid en daar is beslis dat die staat sy verpligtinge onder art 26(2) gefaal het. Die staat het ‘n aantal redes gehad hoekom hy nog nie die middel beskikbaar gestel het nie (oa dat die veiligheid, doeltreffendheid en newe-effekte daarvan nog ge-evalueer word), maar al hierdie is deur die hof verwerp. Die hof sê die regverdiging van die staat was ontoereikend/onvoldoende. Die moontlike nadele word deur die voordele oorskadu. ‘n Program vir die verwerkliking van sosio-ekonomiese regte moet gebalanseer en buigsaam wees om voldoende voorsiening te maak vir kort-, medium- en langtermyn behoeftes. ‘n Program wat ‘n aansienlike deel van die gemeenskap uitsluit, kan nie redelik wees nie.
Khosa - KH beklemtoon die interaksie tussen regte in die HvR en beslis dat die impak van die maatreël op ander regte, ‘n faktor is in die bepaling van redelikheid van die maatreël. Die toekenning van voordele van die Maatskaplike Sekerheid stelsel slegs aan burgers, skend die gelykheidsregte van permanente inwoners, wat andersins sou kwalifiseer vir voordele. Die uitsluiting van permanente inwoners diskrimineer onbillik teen ‘n kwesbare groep in die gemeenskap en dit het ‘n stigmatiserende gevolg. Permanente inwoners dra ook by tot die maatskaplike stelsel deur betaling van belastings. Uitsluiting skep die indruk dat permanente inwoners ondergeskik is aan burgers en nie waardig is om maatskaplike bystand te kry nie.
-
Progresiewe realisasie (p582)
Daar word van die staat verwag om 'n reg progressief (dws voortdurend en in toenemende mate) te verwesenlik, omdat aanvaar word dat die staat nie alle nodige stappe binne sy bevoegdheid onmiddellik kan doen nie. Die staat moet egter kan aantoon dat daar gevorder word met die verwesenliking van 'n reg.
Soobramoney – Die verpligting op die staat om toegang tot behuising, gesondheidsorg, voedsel, water, ens te voorsien hang af van die hulpbronne / middele beskikbaar vir die doel. Die regte word beperk deur ‘n tekort aan middele.
Dit impliseer dat positiewe verpligtinge van sosio-ekonomiese regte oor ‘n tydperk vervul word. Dit verander egter nie die vepligting wat op die staat rus om die stappe te neem wat onmiddelik beskikbaar is nie en die ander stappe so gou as moontlik. Die las rus op die staat om te wys dat dit vordering maak in die vervulling van die regte.
Grootboom – Die feit dat vervulling van die regte oor ‘n tydperk plaasvind, moet nie gemisinterpreteer word om die verpligting van inhoud te beroof nie. Progressie is ‘n noodsaaklike, buigsame middel wat die realiteit van die werklike wêreld reflekteer, maar die staat moet so vlugtig en effektief as moontlik volle verwerkliking van die regte bewerkstellig. Opsetlike agteruitgaande maatreëls moet uiters versigtig oorweeg word en moet ten volle regverdig word.
-
“binne die beskikbare hulpbronne” (p583)
Sosio-ekonomiese regte word verder beperk deur die kwalifikasie dat hulle slegs beskikbaar is vir sover die beskikbare hulpbronne toelaat.
Indien die staat nie sy verpligting kan vervul nie omdat daar geen of te min middele tot sy beskikking is, kom dit nie neer op 'n skending van die reg nie. Die verwesenliking van hierdie regte is dus afhanklik van die middele wat daarvoor beskikbaar is. Indien die nodige middele wel later beskikbaar word, moet dit aangewend word ter verwesenliking van hierdie reg. Dit plaas 'n verpligting op die staat om sy gebruik van openbare middele toereikend aan sy burgers te verantwoord. Die staat kan dus nie eenvoudig self oor die toekenning van openbare fondse besluit nie - dit is verplig om ten minste die basiese minimum verpligting (core minimum obligation) na te kom. Indien die staat dit nie kan doen nie, moet hy verduidelik waarom sy middele ontoereikend is.
Lees die Grootboom- en Treatment Action Campaign-beslissing en die beslissing van die Konstitusionele Hof in Soobramoney om te verstaan hoe die hof bogenoemde beginsel toepas.
Soobramoney – Die Departement van Gesondheid het nie oor voldoende fondse beskik om die koste te dek vir dienslewering aan die publiek nie. Dit is ‘n landswye probleem. Riglyne is neergelê om die keuses te vergemaklik van wie behandeling verkry en wie nie. In hierdie geval is die uitkoms daarop gemik om pasiënte te genees, nie slegs te onderhou nie (slegs pasiënte wat kandidate was vir oorplantings het dialise-behandeling ontvang), en is daarom meer voordelig geag. Die hof sal traag wees om in te meng in rasionele besluite wat bona fide geneem is deur gesag wat verantwoordelik is vir die aangeleentheid.
Die ‘beskikbare middele’ kwalifikasie word ook deur die ICESCR toegepas om aan die staat ‘n mate van diskresie te gee by die keuse van maatreëls. Skaarsheid van middele neem nie die verpligting van die staat weg om die ‘kern minimum verpligtinge’ te vervul nie. Selfs wanneer hulpbronne skaars is, moet die staat daarna streef om die wydste moontlike genieting van regte onder die heersende omstandighede te verseker.
Grootboom - Die KH het nie ‘n riglyn vir die kern minimum verpligting van toegang tot behuising daargestel nie. Die hof het gemeen dat die ‘werklike vraag’ was of die standaard van redelikheid nagekom is. Dit is nie moontlik om ‘n drempel vereiste vas te stel vir die progressiewe verwerkliking van die reg op toegang tot behuising, sonder om eers die behoeftes en geleenthede te identifiseer vir die benutting van die reg nie. Dit sal wissel volgens die faktore van elke geval, bv die inkomste, werkloosheid, beskikbaarheid van grond, ens. Die hof het dat die respondente nie ‘n onmiddelike selfstandige eis gehad het op skuiling of behuising nie.
Treatment Action Campaign – Ook hier het die KH nie ‘n kern minimum vir die reg op gesondheidsorg bepaal nie. Die reg is geïmplementeer deur die staat wat redelike maatreëls op progressiewe wyse geneem het. Die hof se rol was beperk daartoe om te verseker dat redelike wetgewende en ander maatreëls geneem word.
Dostları ilə paylaş: |