R
Die afdwinging van sosio-ekonomiese regte is afhanklik van die volgende:
egverdigbaarheid van sosio-ekonomiese regte:
Die neem van redelike en ander wetgewende maatreëls
om die progressiewe verwesenliking van hierdie reg te verseker
met die beskikbare hulpmiddele
-
Positiewe verpligtinge verleen magtiging vir staatsoptrede (p585)
In die afwesigheid van magtigende wetgewing, dien die positiewe verpligtinge van sosio-ekonomiese regte as indirekte magtiging vir staatsoptrede. In Minister of Works v Kyalami Ridge Environmental Association het private grondeienaars ‘n regeringsbesluit om 300 vloed slagoffers op staatsgrond te vestig, aangeveg. Daar is aangevoer dat die staat opgetree het sonder wetgewende magtiging. Die KH het belis dat die verskaffing van ondersteuning aan slagoffers van ‘n natuurramp ‘n onontbeerlike rol van die regering is in ‘n demokratiese staat. Die regering se optrede word regverdig deur sy grondwetlike verpligting om redelike wetgewende en ander maatreëls te neem in die progressiewe verwesenliking van die reg op geskikte behuising.
26.3 MONITERING VAN DIE IMPLIMENTASIE VAN SOSIO-EKONOMIESE REGTE (p585)
-
Die howe is nie die enigste instansies wat die uitvoering van sosio-ekonomiese regte verseker nie.
-
ICESCR het ‘n Komitee wat hierdie pligte monitor dmv verslae.
-
Die Grondwet het ook voorsiening gemaak vir die Menseregtekommissie om vordering te monitor. Art 184(3) bepaal dat jaarlikse verslae aan die Mensregtekommissie voorgelê moet word met inligting oor die stappe wat geneem is om die regte in die HvR te verwesenlik. Ook in Grootboom is hierdie kommissie aangewys om die implementasie van die hofbevel te monitor.
26.4 BEHUISING (p586)
-
Toegang tot behuising
Art 26(1) voorsien die reg op toegang tot geskikte behuising. Hierdie is nie ‘n ongekwalifiseerde reg nie. Die reg is op “toegang” tot behuising.
Grootboom – Behuising behels meer as bakstene en pleister. Dit vereis beskikbare grond, dienste soos water en riool, finansiering van die dienste, en die bou van die huise self. Die plig rus nie net op die staat nie; maar ook op ander agente in die gemeenskap, insluitend die individue self. Die staat moet verseker dat die geleentheid bestaan vir toegang tot behuising. Dit beteken dat die staat se plig verskil volgens die ekonomiese middele beskikbaar vir verskillende dele van die bevolking. Die staat moet konsentreer op die persone wat nie oor voldoende middele beskik nie.
-
Redelike maatreëls om progresiewe realisasie van die reg te bereik (p587)
Art 26(2) bepaal dat die staat redelike wetgewende en ander maatreëls moet tref, binne die beskikbare hulpbronne, om progressiewe verwerkliking van die reg te bereik. Redelikheid is die maatstaf waarteen die maatreëls getoets moet word. In ooreenstemming met die verdeling van funksies onder die Grondwet, moet wetgewende en administratiewe maatreëls geneem word op nasionale, provinsiale en plaaslike regerings vlakke.
-
Beskerming teen onregmatige en arbitrêre uitsetting of sloping van ‘n woning (p257)
Art 26(3) Sonder ’n hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toegestaan is, mag niemand uit hul woning gesit word en mag niemand se woning gesloop word nie. Geen wetgewing mag arbitrêre uitsettings veroorloof nie.
Hierdie reg verbied egter nie uitsettings nie – maar dit moet geskied met ‘n hofbevel, wat uitgereik is nadat die hof alle relevante omstandighede oorweeg het; dit is die prosedurele aspek van art 26(3).
Die aard van die woning en die regsbasis van okkupasie word nie gedefinieër of gekwalifiseer nie. Om as “woning” te kwalifiseer, moet daar waarskynlik ‘n bedoeling wees om die woning permanent of vir ‘n aansienlike tydperk te okkupeer vir bewoningsdoeleindes. Die aard van die woning kan insluit – akkomodasie wat gehuur word, behuising wat voorsien word vir plaasarbeiders , tradisionele wonings, ‘n plakkershut of ander informele wonings.
“Uitsetting” is die permanente of tydelike verwydering (teen hulle wil) van individue, families of gemeenskappe uit hul wonings of vanaf die grond wat hulle okkupeer.
Uitsetting en sloping van wonings mag nie plaasvind op grond van ‘n administratiewe besluit alleen nie, maar slegs met die magtiging van ’n hofbevel nadat alle relevante omstandighede oorweeg is.
Art 3B van die Prevention of Illegal Squatting Act 52 van 1951 wat grondeienaars toegelaat het om geboue en strukture op hul grond sonder ‘n hofbevel te sloop, was duidelik in konflik met die reg van art 26(3).
Volgens die gemenereg was die prosedures in ‘n aksie vir uitsetting in die guns van eienaarsregte. Die klaer moes bloot beweer dat hy die eienaar van die eiendom is en dat die verweerder dit okkupeer. Die onus was dan op die verweerder om ‘n kontraktuele reg om te okkupeer te bewys.
In Brisley v Drotsky het die huurder geargumenteer dat die ‘relevante omstandighede’ onvoldoende oorweeg is en dat dit in konflik was met art 26(3). Die argument het ook ingesluit dat die uitsetting nie bloot op grond van eienaarskap van die verhuurder en onregmatige okkupasie deur die huurder mag wees nie. Die hof het nie saamgestem nie. Volgens die hof is ‘relevante omstandighede’ slegs omstandighede wat regtens relevant is. Art 26(3) laat die hof nie toe om uitsetting te weier waar die eienaar andersins (kragtens gemenereg of statutêre reg) geregtig is op die bevel nie. Dus – tensy die uitgesettene ‘n gemeenregtelike of statutêre reg op okkupasie het, moet ‘n uitsettingsbevel toegestaan word.
Dit beteken dat dit in die wetgewer se hande is om art 26 se oogmerk om haweloosheid te voorkom, te bevorder. Daar is twee statute met hierdie doelwit:
-
ESTA (Extension of Security of Tenure Act 62 of 1997)
-
PIE Act (The Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land Act 19 of 1998
ESTA
|
PIE
| -
Voorsien verskeie vorme van beskerming teen uitsetting van ‘okkupeerders’ van landelike of stedelike grond, wat ‘n vorm van toestemming het om te okkupeer.
| -
Beskerm onregmatige okkupeerders van landelike of stedelike grond (buiten ESTA okkupeerders) teen uitsetting.
| -
Is toepaslik op persone wat op grond “woon” – hulle moet dit dus as hul “woning” ag.
| -
Is beperk tot uitsetting van ‘n “woning” en nie van ‘n perseel vir ander doeleindes as bewoning of skuiling nie.
| | -
Ndlovu v Ngcobo – die korrekte interpretasie van hierdie wet is dat dit, buiten plakkers, ook volhoudende okkupasie van huurpersele in oortreding van die huurkontrak of verbandhouers dek.
-
Dit impliseer nie dat die eienaar nie op ‘n uitsettingsbevel geregtig is nie; slegs dat die prosedures in PIE gevolg moet word.
-
Hierdie beslissing laat min ruimte vir die gemeenregtelike uitsettingsprosedures wat in Brisley goedgekeur is.
|
Albei hierdie statute:
-
Vereis dat verskeie omstandighede oorweeg moet word voordat ‘n uitsettingsbevel toegestaan word.
-
Gee ‘n wye diskresie aan die hof om uitsetting te weier op grond van geregtigheid en gelykheid.
Die gemenereg reël steeds uitsettings vanaf ‘n perseel wat geokkupeer word vir redes wat nie bewoning insluit nie. Buiten nie-residensiële uitsetting val alle uitsetting onder die dekking van ESTA of PIE of ander eiendomsreg statute.
26.5 GESONDHEIDSORG, VOEDSEL, WATER EN MAATSKAPLIKE DIENSTE (p591)
-
Die inhoud van die reg (p591)
Art 27 – Almal het die reg op gesondheidsorgdienste, voldoende voedsel en water; en maatskaplike sekerheid. Die aard van hierdie verpligtinge op die staat is dieselfde as art 26(1) en (2). Ook hier mag die regte nie direk geskend word deur teruggaande maatreëls nie en redelike wetgewende en implimenterende stappe word vereis vir die progressiewe verwerkliking van die regte.
Treatment Action Campaign – Die hof vermy se algemene benadering tot die positiewe omvang van die sosio-ekonomiese regte is om minimale inhoud aan die regte te gee sodat die redelikheid-maatstaf die stappe van die staat oordeel.
Maatskaplike sekuriteit verwys na versekeringskemas waarin werknemers en –gewers bydra tot pensioen, medies en werkloosheidversekering. Maatskaplike bystand verwys na bystand van behoeftiges wat uit opbenbare fondse gefinansier word. Art 27(1)(c) dek albei hierdie aspekte, maar mense het slegs die reg op maatskaplike bystand as hulle nie in staat is om hulself te onderhou nie.
-
Nood mediese behandeling (p592)
Art 27(3) bepaal dat niemand mediese noodbehandeling geweier mag word nie. Hierdie is ‘n negatiewe afmeting van die reg op gesondheidsorg. Dit verseker dat behandeling gegee word in ‘n noodgeval sonder om gefrustreer te word deur burokratiese vereistes en formaliteite.
Die reg word gekwalifiseer deur beskikbaarheid van nooddienste en die vermoë om dit te voorsien. Dit is dus ‘n reg om nie arbitrêr uitgesluit te word van dit wat bestaan en beskikbaar is nie.
Soobramoney – behandeling vir ‘n kroniese siekte kwalifiseer nie as noodbehandeling nie.
Die reg kan nie uitgebrei word na roetine mediese behandeling nie en waarborg nie gratis behandeling nie. Noodbehandeling mag nie geweier word agv ‘n tekort aan fondse nie, maar betaling mag na die tyd geeïs word.
Art 35(2)(e) – Die reg van aangehoudenes op “toereikende mediese behandeling” word nie gekwalifiseer deur ‘progressiewe verwerkliking’ of ‘beskikbare middele’ nie. In Van Biljon v Minister of Correctional Services is dit wel ingelees. In hierdie saak het MIV-positiewe gevangenes aansoek gedoen om ‘n verklarende bevel dat hulle geregtig is op die verskaffing van duur anti-virale medikasie. Die Minister het geargumenteer dat die staat slegs dieselfde standaard van sorg hoef te voorsien wat by staatshospitale verkrygbaar is – waar die gebruik van die medisyne beperk was. Die hof het beslis dat daar by bepaling van “toereikende mediese behandeling” moet oorweeg word wat die staat kan bekostig om te voorsien. As dit ‘n onregverdige las op die staat sou plaas, mag die hof beslis dat die minder effektiewe mediese behandeling wat bekostigbaar is vir die staat, as “toereikend” aanvaar word. Die Grondwet het nie optimale mediese behandeling vereis nie; slegs toereikende behandeling. In hierdie saak het die staat nie bewys dat dit nie die behandeling kan bekostig nie.
26.6 BEPERKINGE OP SOSIO-EKONOMIESE REGTE (p594)
In Grootboom en TAC het die KH geen verwysing gemaak na die beperkingsklousule nie. Die rede hiervoor is dat die sake nie die gebruik van reg gebruik maak wat van algemene toepassing is vir die beperking van regte nie.
In Grootboom was daar juis ‘n afwesigheid van wetgewende of ander maatreëls en in TAC het die staat ook gefaal om ‘n program te ontwikkel vir die verskaffing van Nevirapine.
Omdat die meeste sosio-ekonomiese regte positiewe verpligtinge op die staat plaas, sal die skending daarvan waarskynlik in die vorm van versuim wees. Die vereiste van algemene toepassing beteken dat die beperkingsklousule eintlik net op negatiewe skending van die sosio-ekonomiese regte kan geld. Dit is onwaarskynlik dat ‘n skending van die positiewe verpligtinge geregverdig kan word, omdat dit baie moeilik sal wees om die ‘twee-fase’ ontleding van ‘n reg en beperking toe te pas op art 25(5), 26 en 27. Een van die hoofkriteria by regverdiging van ‘n beperking is redelikheid; wat ingesluit is in die afbakening van hierdie regte. Toepassing van die beperkingsklousule sal dan beteken dat die hof probeer om dit wat reeds as onredelik bevind is, as redelik te regverdig.
26.7 REMEDIES (p595)
By die ongrondwetlike skending van negatiewe sosio-ekonomiese regte sal die remedie in die meeste gevalle eenvoudig ‘n ongeldigverklaring van die regvoorskrif of optrede wees.
By die skending van positiewe verpligtinge van sosio-ekonomiese regte kan die hof meer skeppende remedies ontwikkel. Tot dusver is twee remedies toegepas:
-
Die struktuele interdik (wat ‘n oortreder beveel om stappe te neem ter herstel van die skending, onder die hof se toesig)
-
Verklarende bevel.
August v Electoral Commission – ‘n goeie voorbeeld van die struktuele interdik, alhoewel dit nie met sosio-ekonomiese regte gehandel het nie. Die saak het gehandel oor die positiewe aspek van stemreg vir gevangenes. Die hof het die Verkiesingskommissie beveel om stappe te neem sodat die gevangenes kan registreer as kiesers. Die kommissie moes ‘n verklaring voorlê wat die maatreëls uiteensit.
Strydom v Minister of Correctional Services – ‘n Soortgelyke bevel is gegee as in August. Die staat se elektrisiteitsvoorsiening was ontoereikend vir die reg op menswaardigheid van gevangenes. Die gevangenis moes verslag doen in ‘n verklaring oor die opgradering daarvan. Hierdie bevel is toepaslik waar die respondent traag is om homself te verbind tot ‘n datum vir uitvoering.
Grootboom – Hierdie is die mees omvattende gebruik van ‘n struktuele interdik om ‘n positiewe verpligting af te dwing. Die Hoë Hof het bevind dat die toestande waarin die plakkers geleef het inbreuk maak op die kinders se reg op skuiling itv art 28(1)(c). Die hof het beveel dat die respondent ‘n verklaring moet voorlê as verslag vir die implimentering van die hof se bevel om skuiling te voorsien.
Die KH het beslis dat die Hoë Hof se interpretasie van art 28(1)(c) verkeerd was. Die artikel plaas nie ‘n verpligting op die staat om skuiling aan die kinders en hul ouers te voorsien nie. Dit sou neerkom op begunstiging van die applikante teenoor persone wat in dieselfde posisie is, maar nie partye van die litigasie is nie. Die KH het ‘n verklarende bevel uitgereik waarin die staat se tekortkominge tov die behuisingsbeleid uiteengesit is en dat die staat stappe moet neem om die gebrek reg te stel.
Die hof verklaar dat:
-
Art 26(2) vereis dat die staat beskikbare middele progressief moet aanwend om die reg op toegang tot behuising te verwesenlik.
-
Daar moet redelike maatreëls getref word om verligting te voorsien vir mense wat geen toegang het tot grond en geen dak oor hul koppe het nie.
-
Die staat het tekortgeskied met hierdie vereiste.
Die Menseregtekommissie is aangestel om implimentering van hierdie hofbevel te monitor.
Treatment Action Campaign – Die aard van die reg wat geskend is en die aard van die skending sal ‘n riglyn verskaf tov die geskikte remedie vir die besondere saak. Dit mag beide die uitreiking van ‘n mandamus en toesighoudende jurisdiksie insluit. In hierdie geval is daar nie ‘n struktuele interdik toegestaan nie, omdat daar geen rede was om te glo dat die regering nie die hof se bevel sal respekteer nie. ‘n Verklarende bevel is uitgereik, gekombineer met bevele wat bestaande beperkings op die beskikbaarheid van Nevirapine op te hef.
Saakbesprekings (p105 gids)
Die Konstitusionele Hof het by drie geleenthede aansprake op sosio-ekonomiese regte oorweeg. Elkeen van hierdie sake demonstreer dat die staat 'n grondwetlike verpligting het om re voldoen aan die positiewe plig wat ingevolge artikel 26(2) en 27(2) van die Grondwet daarop geplaas word. Hierdie subartikels bevat die voorwaardes vir die nakoming van hierdie verpligting: die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls binne sy beskikbare middele aanwend om hierdie reg te verwesenlik.
Soobramoney v Minister of Health, KwaZulu-Natal 1998 (1) SA 756 (KH):
In hierdie saak moes die Konstitusionele Hof eerstens vasstel of daar inbreuk gemaak is op die reg vervat in artikel 27(1) (die reg op toegang tot gesondheidsorg, voedsel en water) en tweedens moes bepaal word waarop mediese noodbehandeling ingevolge artikel 27(3) neerkom. Derdens moes besluit word watter kriteria gebruik moet word wanneer die beskikbaarheid van middele vasgestel word.
Die hof beslis dat 'n persoon wat aan kroniese nierversaking lei en wat twee tot drie keer per week dialise moet kry om aan die lewe te bly, nie 'n noodgeval is wat onmiddellike remediërende behandeling vereis nie. Dit is ‘n voortdurende of kroniese toestand as gevolg van 'n onbehandelbare agteruitgang van die applikant se nierfunksie. So 'n persoon kan gevolglik nie ingevolge artikel 27(3) aanspraak maak op 'n reg om toegelaat te word tot die dialiseprogram van 'n staatshospitaal nie. (Sien paragraaf 21 van die uitspraak).
Die deurslaggewende kwessie was die omvang van die middele wat vir die verwesenliking van hierdie regte beskikbaar was. lndien die Suid-Afrikaanse ekonomie beduidend begin verbeter, sal die staat verbeterde middele tot sy beskikking hê vir die finansiering van sosio-ekonomiese regte. Daar sal egter altyd die nodige bestuursdeskundigheid vereis word om te verseker dat die middele optimaal benut word. (Lees bladsy 448-451 van die handboek.)
Government of the Republic of South Africa v Grootboom 2002 (11) BCLR 1169 (KH):
Hierdie saak het gefokus op artikel 26 van die Grondwet wat bepaal dat elkeen die reg het op toegang tot geskikte behuising. Ingevolge artikel 26(2) word die staat verplig om in hierdie verband redelike wetgewende en ander maatreëls, binne sy beskikbare middele, te tref. Boonop mag niemand, ingevolge artikel 26(3), uit hul woning gesit word en mag niemand se woning gesloop word sonder 'n hofbevel wat na oorweging van al die tersaaklike omstandighede toegestaan is nie. Let daarop dat artikel 26 “'n reg op toegang tot geskikte behuising" het, in teenstelling met “'n reg op geskikte behuising". Hierdie onderskeid toon duidelik dat daar geen ongekwalifiseerde verpligting op die staat rus om op aanvraag vry behuising aan alle lede van die publiek te verskaf nie.
In hierdie saak beslis die Konstitusionele Hof dat die regering se maatreëls vir die verskaffing van behuising onredelik was omdat daar geen voorsiening gemaak is vir tydelike onderdak vir hawelose mense nie. Hierdie versuim was onredelik aangesien dit diegene wat in die meeste nood verkeer het, geïgnoreer het. (Sien pararagraaf 44.) Die Konstitusionele Hof het die standaard van redelikheid aanvaar en verklaar dat die maatreëls wat hulle aanvaar redelik moet wees. Redelikheid is dus die maatstaf vir die evaluering van die wetgewende program en die toepassing daarvan. Hieroor beslis die Konstitusionele Hof:
Legislative resources by themselves are not likely to constitute constitutional compliance. The state is obliged to achieve the intended result and the legislative measures will invariably have to be supported by appropriate, well directed policies and programmes implemented by the Executive. The policies and programmes must be reasonable both in their conception and implementation. The formulation of the programme is only the first stage in the meeting of the State's obligations. The programme must also be reasonably implemented. An otherwise reasonable programme that was not implemented reasonably will not constitute compliance with the state's obligations. (paragraaf 42)
Dit beteken dat die hof kan vereis dat die staat 'n omvattende verduideliking verskaf van die maatreëls wat aanvaar is om die betrokke sosio-ekonomiese regte te realiseer. (Lees bladsy 577-579 van die handboek.)
Minister of Health and Others v Treatment Action- Campaign and Others (2) 2002 (10) BCLR 1075 KH (die TAC-saak)
Die TAC-saak is die mees onlangse en belangrikste beslissing van die Konstitusionele Hof oor sosio-ekonomiese regte. Dit handel oor die kwessie van die regering se plig om die antiretrovirale middel, nevirapine, aan MIV-positiewe swanger vroue te verskaf om die risiko van moeder-tot-kind- oordrag van die virus tydens die geboorteproses te verminder.
Artikel 27(1) van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het op toegang tot gesondheidsorgdienste (met inbegrip van reproduktiewe gesondheidsorg), voldoende voedsel en water, en maatskaplike sekerheid. Elkeen het ook die reg op toegang tot gepaste maatskaplike bystand indien hy of sy die in staat is om hom- of haarself en hul afhanklikes te onderhou nie. Ingevolge artikel 27(2) is die staat verplig om redelike wetgewende en ander maatreëls, binne sy beskikbare middele, te tref om hierdie regte in toenemende mate te realiseer. Laastens bepaal artikel 27(3) dat niemand mediese noodbehandeling geweier mag word nie.
In hierdie saak het die respondente versoek dat die middel, nevirapine, nie net by navorsing- en opleidingsinstellings beskikbaar moet wees nie, maar ook by openbare hospitale en klinieke.
Die Konstitusionele Hof bevind dat die staat se beleid in hierdie opsig ongrondwetlik is omdat dit nie die gesondheidsorg- en ander waarborge wat in die Handves van Regte bepaal word, nakom nie. Die hof verwerp ook die staat se argument dat die howe inbreuk maak op die beginsels van skeiding van magte en verklaar dat hofbevele wat beleid verander, deel vorm van die hof se verpligting wanneer daar op die Grondwet inbreuk gemaak word. Die hof kom tot die gevolgtrekking dat die staat nie sy grondwetlike verpligtinge nagekom het nie en beveel die staat om die beperkings wat verhoed dat nevirapine by openbare hospitale en klinieke beskikbaar gestel word, op te hef. Die hof bevind dat daar geen rede bestaan waarom die staat nie kan voortgaan om data oor nevirapine in te samel en die gebruik daarvan by uitgesoekte instellings deeglik te moniteer nie. Laasgenoemde moet egter nie verhoed dat die staat die middel beskikbaar stel by ander geboorteklinieke, waar die fasiliteite daarvoor bestaan, nie. Verder word die staat beveel om redelike maatreëls te tref om toetsing en berading regdeur die openbare gesondheidsorgsektor uit te brei om die gebruik van nevirapine te vergemaklik, aangesien daar dringend verseker moes word dat lewensverlies verhoed word. (Lees bladsy 580-581 van die handboek.)
AKTIWITEIT
(1) (a) Wat is die grondslag van die onderskeid tussen sosio-ekonomiese regte en burgerlike en politieke regte? (3)
TradisioneeI word burgerlike en poIitieke regte beskou as eerste generasie- of "bIou" regte en sosio-ekonomiese regte as tweede generasie- of "rooi" regte. Hierdie etikette is ietwat arbitrêr, soos ook die tradisionele onderskeid tussen negatiewe en positiewe regte. Sosio-ekonomiese regte het in die afgelope tyd na vore gekom: die Amerikaanse grondwet is 'n goeie voorbeeld van 'n grondwet wat gebaseer is op die idee van die kIassieke individuele regte wat teen onbehoorlike inmenging deur die staat beskerm word, maar wat nie enige positiewe plig op die staat pIaas nie. In werklikheid is aI hierdie kategorieë deurlaatbaar (permeable). Al wat mens kan sê, is dat sosio-ekonomiese regte fokus op die maatskaplike verpligting van die staat om in die basiese behoeftes van sy burgers te voorsien. (Lees bladsy 567-568 van die handboek.)
Dostları ilə paylaş: |