Inhoudsopgawe


MDIV [KERKLIKE BEDIENING/CHRISTELIKE LEIERSKAP] 888



Yüklə 471,7 Kb.
səhifə2/11
tarix04.01.2019
ölçüsü471,7 Kb.
#90488
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11


MDIV [KERKLIKE BEDIENING/CHRISTELIKE LEIERSKAP] 888

[120 kr]

KLASROOSTER & KWARTAAL INDELING 2007



Eerste Kwartaal

(15 Jan – 30 Mrt)

Tweede kwartaal


(10 Apr – 15 Junie)

Derde kwartaal


(23 Jul – 7 Sept)



Vierde kwartaal

(17 Sept –16 Des)


1

Inl tot MDiv:

Prakties-teologiese Ekkles. [2kr]

Hendriks

15-19 Jan


Christelike Leierskap: [3kr] Hendriks

[Handig navorsings-

voorstel op 10 April in]

10-16 Apr



Ekumene [3kr]

Simon 23-30 Jul



[Konsep skripsie word ingehandig op 23 Julie]

[Handig skripsies in op 17 September]. Sieke- & Hospitaal-pastoraat (Hospitaal-supervisie): [2kr] MacMaster. 17-24 Sept


2

Kerkreg & Kerk-regering:. [2kr]

Coertzen, Vosloo

22-26 Jan


Gemeentebou & gemeenskapsanalise: [3kr] Hendriks 17-23 April

Jeugsorg & Morele Vorming [3kr]

Hugenote Kollege & Koopman 31 Jul – 6 Aug



Vervolg: (VIGS) [2kr] MacMaster

24 Sept -1 Okt




3

Spiritualiteit: [2kr]

Ackermann

29 Jan – 2 Feb


Liturgiek & Homiletiek: [2kr]

Cilliers

24-30 Apr


Kerk, Samelewing en Mark: Swart 3 kr

7-13 Aug


Vervolg: (VIGS) [2kr]

MacMaster 1-8 Okt





4

Navorsingsmeto-dologie: Louw

Skripsies tel [36kr]

5 – 12 Feb


Homiletiek & OT: [2kr]

Cilliers


1 - 7 Mei

Bediening van Ver­soen­­ing & geregtigheid I: [3 kr]. Simon 14-20 Aug

Vervolg: (VIGS) [2kr]

MacMaster 9-15 Okt




5

Kerkreg & Kerk-regering: [2 kr] (vervolg)Coertzen, Vosloo

13-19 Feb



Homiletiek & NT: [2kr]

Cilliers, Jonker

8 - 14 Mei


Bediening van Versoening & geregtigheid II : [3kr]

Simon


21-27 Aug

Kinder& Jeugkultuur: [3kr] Hugenote Kollege

16-22 Okt [Skripsies by US Bindery]




6

Sistematiese Ekklesiologie: [2kr] Vosloo.

20 - 26 Feb



Homiletiek,OT & NT: [2kr]

Cilliers, Punt.

15-21 Mei.


Kerk in Afrika [3kr]

Simon


28 Aug-3 Sept

Geloofsontwikkeling & Vorming: [3kr]. Hugenote Kollege.

23-29 Okt




7

Simboliek: [2kr]

Geloofsbelydenisse & Belydenis­skrifte: Vosloo. 27 Feb- 05 Mrt


Preekpraktika:


Cilliers, Jonker, Punt [2kr]

22-28 Mei


Afronding van Skripsies
4-7 Sept

Kinder & Jeugbediening:[3kr] Hugenote Kollege

30 Okt – 5 Nov




8

Simboliek [2kr]

vervolg: Vosloo

06 - 12 Mrt


Preekpraktika: [2kr]

Cilliers, Jonker, Punt

29 Mei – 4 Junie





Voorkomingspasto- raat [3kr]

Huwelik / Gesin:

MacMaster. 6-12 Nov




9

Simboliek: [2kr]

R Vosloo

13-19 Mrt



Kultuur, gender & godsdiens: [3kr]. Ackermann

5 - 11 Junie






48 uur Oopboekeksamen oor ‘n gevallestudie

14-16 Nov




10

SA Kerkgesk

1652-2005: [4kr] Vosloo

20-26 Mrt



Die kerk en die publieke morele diskoers: [3kr]. Koopman

12 - 15 Junie







Ontmoeting van Dosente, Studente & Mentors vir 2008 Lisensiaat Program

18 Nov



11

Konflikhantering [2kr] Hendriks / Onwunta.

27 - 30 Mrt












Verwelkoming
Beste kollegas studente en dosente
Ons MDiv kursus het die afgelope ses jaar baie ontwikkel hoofsaaklik as gevolg van goeie kommunikasie tussen al die betrokkenes en die vermoë om konflik positief te benut! Die inkleding en organisasie van die program, soos die inhoud van hierdie uitgebreide studiegids van getuig, word gereeld aangepas.
Die M Div jaar is ‘n geleentheid om in geloofsvolwassenheid, kennis en vaardighede te groei. Die groei kan egter net plaasvind in die konteks van koinonia. Daarvoor vra ons almal se samewerking. Per slot van sake is dit eenvoudig: kom ons maak ruimte om die liefde te leef en om die opoffering wat dit vra, te gee.
‘n Goeie teoloog verstaan dat die kuns van die lewe is om gebalanseerd tussen paradokse te beweeg. Vryheid en dissipline is een so ‘n paradoks. Aan die een kant poog die program om soveel vryheid as moontlik te skep vir teologiese groei en ontwikkeling. Aan die ander kant kan dit net geskied as daar ‘n baie duidelike ooreenkoms en dissipline tussen al die rolspelers bestaan. Ons probeer dit hierna vir u uiteensit. Dit is die resultaat van die ses jaar se roei en stoei en dit bly oop om op in te koop en te onderhandel.
Mag die Here ons almal tot ‘n seën maak vir mekaar en mag ons saamwerk God verheerlik.
Jurgens Hendriks

Programkoördineerder.



hjh@sun.ac.za of 808-3260 of 8083577 (Bettina Vaughan vir boodskappe).

MDiv Program: oriëntering en organisasie


  • Die doel van die program is om Christelike leierskap te ontwikkel vir die kerklike bediening. Die koherensie of integrasiefaktor wat die verskillende dele van die program op mekaar betrek, is ‘n prakties teologiese ekklesiologie. ‘n Prakties-teologiese ekklesiologie vra hoe jy teologie in die konteks van ‘n gemeentelike en sosiale omgewing doen en leef. Die studente moet voortdurend krities die programinhoud toets om te verstaan hoe dit inspeel op hierdie doelstelling (Verkorte programbeskrywing volg hierna).

  • Ten einde die hoofdoelstelling van die program te bereik, speel die omskrywing van hoe ’n praktiese teologiese ekklesiologie tot sy reg kom, ’n sleutelrol in die program. Die metodologie van ’n prakties-teologiese ekklesiologie word hierby aangeheg. Let op dat dit holisties, hermeneuties en missionêr van aard is. In elke blok moet dosente aantoon hoe en waar hulle insette inpas in hierdie proses van teologie doen.

  • Prof Hendriks tree op as konvenor van die program. Aan die einde van elke kwartaal moet die klasverteenwoordiger ’n afspraak maak vir ’n evaluasie-gesprek. Elke programeenheid moet afsonderlik deur Uni-Ed ge-evalueer word (klasverteenwoordiger reël dit). ’n Finale en oorsigtelike program-evaluering word aan die einde van die jaar gedoen.

  • Elke programeenheid word ge-assesseer dmv ‘n toets of ’n werkstuk. Uitslae moet binne 14 dae na die toetsing aan die studente beskikbaar gestel word. Indien dit vir ‘n dosent onmoontlik is, moet daar tydens die blok met die klas ooreengekom word wanneer die uitslae gereed sal wees.

  • ’n Programeenheid strek normaalweg van Dinsdag tot die volgende Maandag. Studente moet kennis neem dat dit die naweek insluit. Dit sal hulle loon om hulle tyd oor naweke konstruktief te gebruik.

  • Studente is ingeskryf vir ‘n volwaardige M-graad. Hulle moet daarom beskikbaar wees vir ‘n voldag (8 tot 5) se klas. Dit beteken nie dat die klem op klasloop en lesings geplaas word nie, maar dat bepaalde programmeeenhede meer kontaksessies en besprekings vra. Daar mag dus van tyd tot tyd verwag word om ook in die aand byeen te kom. Buitemuurse aktiwiteite en tydelike werke moet aangepas word by die M Div program en nie anders om nie!

  • Die M Div graad gee toegang tot ‘n D Th mits dit met 70% of meer geslaag word.

  • Dit is ’n gegewe dat klasbywoning en deelname ’n noodsaaklike deel uitmaak van teologiese vorming en integrasie. Studente sal daarom ook op hulle bywoning en aktiewe deelname ge-assesseer word.

  • Laat inhandiging van werkstukke: Laat inhandiging van werkstukke sal konsekwent met 5% per dag gepenaliseer word. Slegs ’n siektesertifikaat sal as verskoning aanvaar word. LW hierdie ooreenkoms is noodsaaklik. Studente wat agterraak gebruik ander modules se tyd en dit veroorsaak baie spanning tussen klaslede en dosente. Die ooreenkoms is deur die Fakulteitsraad op versoek van vorige M Div klasse aanvaar. Geen dosent mag hiervan afwyk nie.

  • Studente word gemaan om vroegtydig te begin met hulle navorsingskripsie en deurlopend daaraan te werk. Let asseblief op die onderskeie sperdatums op die program. Laat inhandiging sal hier 5% per week wees. Alle inhandigings geskied by die programkonvenor se kantoor / alternatief: sy sekretaresse. Hy gee die skripsies aan studieleiers.

  • Alle toetse en werkstukke van alle modules asook die finale (ongebonde) werkstuk wat 36 krediete tel moet deur die verantwoordelike dosent by die sekretaresse van Praktiese Teologie en Missiologie (kamer 2012) ingehandig word met die oog op moderering. Die finale 36 krediet werkstuk kan die laaste kopie wees wat die studieleier nagesien het en waarop hy /sy vir die student notas gemaak het. Hy / sy moet egter die punt wat hy / sy toegeken het op die werkstuk aanbring.


Kriteria vir die 48 uur eksamen

14-16 Nov 2007 (oopboek-evaluering)
Doelwitte (die eksamen probeer oorsigtelik van die volgende aspekte assesseer):


  • Integrering van teorie by die praktyk [vgl al 5 jaar se opleiding].




  • Kontroleer hoe ‘n prakties-teologiese ekklesiologie verband hou met bedieningsvraagstukke, sosiale vraagstukke, lewensbeskoulike vraagstukke.




  • Dink teologies-krities na oor die gevallestudie [teologiese refleksie is wesenlik].




  • Kyk na die verband tussen kerkverstaan, konteks en Godsverstaan [sistematies-teologiese verband] en hoe dit korreleer met moontlike kerklike belydeniskrifte.




  • Verduidelik binne verband van gevallestudie jou ekklesiologie vir die bediening.




  • Op watter wyse speel hermeneutiek ‘n rol? Hoe moet die Skrif hanteer word? Kyk na die verband: Skrifgesag – Skrifberoep.




  • Watter gedeeltes uit die OT/NT is ter sake in die gevallestudie en hoe sal eksegese hierby betrek word?




  • Die doel van die evaluering is uitkomsgebaseerd: hoe sal jy op die gevallestudie reageer in die lig van verskillende kultuur-kontekste en watter uitdaging word aan Christelike leierskap en bedieningsvaardighede gestel? Watter soort Christelike leier/predikant/hulpversorger word benodig? Watter bedieningsmodel sal sinvol wees?




  • Die gewig van die 48 uur eksamen word soos volg bereken: al u werk uitgesonderd die werkstuk tel as u klaspunt (75%) en die 48 uur eksamen (25%) as u eksamenpunt wat dan saam u finale punt vir 84 krediete gee.



  • Die 48 uur eksamen se uitslag kan die finale punt van die program beinvloed aangesien dit die mees doeltreffende assessering van die progrm se uitkomste is.


MDiv Program: Kredietverdeling en berekeninge





Yüklə 471,7 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin