Inhoudsopgawe



Yüklə 471,7 Kb.
səhifə3/11
tarix04.01.2019
ölçüsü471,7 Kb.
#90488
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11

Kredietverdeling


Die modules se kredietverlening is uiteengesit in die Jaarboek deel 9 en voor in hierdie boekie by die klasrooster. In totaal is die gewone modules 84. Die navorsingswerkstuk behels 36 krediete en die program se totale aantal krediete is 120.
In die MDiv moet bogenoemde submodules met ‘n minimum van 50% geslaag word ten einde in aanmerking te kom vir die berekening van die gesamentlike slaagpunt.
Die MDiv moet met ‘n minimum van 50% geslaag word.
Die M Div graad gee toegang tot ‘n D Th mits dit met 70% of meer geslaag word.

MDiv PROGRAM: KREDIETVERDELING

Die Kerk: PTE, geskiedenis, wese, kerkorde en simbole..................................... 19
Erediens & liturgie.............................................................................................. 12

Bedieningspraktyk: leierskap, gemmente-analise & spiritualiteit....................... 8

Bediening van die versoening: geregtigheid en konflikhantering ...................... 9
Konteksanalise: kerk en die gemeenskap............................................................. 16

Pastorale Sorg..................................................................................................... 8

Geloofsontwikkeling & Jeugediening.................................................................. 12

Navorsingswerkstuk............................................................................................. 36

Totaal = 120 Krediete
Opmerking

  • ‘n Minimumpunt van 50 moet in elke module verwerf word ten einde in aanmerking te kom vir ‘n finale gesamentlike punt waarvan die minimum 50 moet wees ten einde te kan slaag. Hierdie finale punt word bereken in die verhouding van 70% [die modules saam] en 30% [werkstuk punt]. Dit beteken dat elke module binne die geheel van: gemeentebediening & admin.; jeugbediening; pastorale bediening; erediens & kommunikasie, ‘n minimum van 50 moet hê sodat die geheel van elke baan / (sien rooster voor in boekie) geslaag moet word met ‘n minimum van 50.

  • ‘n Finale assessering by wyse van ‘n gevallestudie-evaluering sal aan die einde van die program gedoen word ten einde die uitkoms van die program te bepaal. Dit sal gedoen word deur middel van ‘n 48-uur eksamen wat die student tuis kan afhandel. Die dosente in die fakulteit sal dit nasien en ‘n evalueringspunt toeken ten einde te bepaal of die student werklik die teologie [teorie] geïntegreer het en dit op die bedieningspraktyk kan toepas.



KOHERENSIEFAKTOR
Die M Div program word saamgebind (sy koherensie faktor) deurdat al die modules inspeel om jou te help om ‘n prakties-teologiese ekklesiologie te kan ontwikkel in die bediening. Dit beteken eenvoudig dat jy oor die kennis en vaardighede sal beskik om ‘n gemeente te begelei om die wil van die Here in hulle bepaalde konteks te soek sodat hulle daar missionêr kan kerk wees. Die prakties-teologiese verduideliking van die metodologie, kan so geformuleer word:

Teologie handel oor:


  1. Die missionêre praxis van die drie-enige God, Skepper, Verlosser en Heiligmaker

  2. en oor God se liggaam, die kerk, ‘n apostoliese geloofsgemeenskap

  3. op ‘n spesifieke tyd en plek in ‘n geglobaliseerde wêreld (in ‘n kontekstuele situasie)

  4. waar lidmate betrokke is in ‘n roepingsgebaseerde, konstruktiewe interpretasie van hulle huidige realiteite

  5. wat in korrelasie gebring word met die Skrif as normatiewe bron en die geloofstradisie

  6. in ‘n strewe om binne hulle situasie die wil van God te onderskei (‘n kritiese korrelatiewe hermeneutiek)

  7. om as geloofsgemeenskap ‘n teken van die Koninkryk van God te wees, geloofspelgrims op pad na ‘n eskatologiese werklikheid (visie, missie)

  8. terwyl hulle gehoorsaam betrokke is in transformasie op verskillende vlakke:

      1. persoonlik

      2. kerklik

      3. in die gemeenskap

      4. ekologies en

      5. wetenskaplik

(‘n daadwerklike, bevrydende, transformasie-gerigte teologie; Strategie)
Anders gestel:

Teologie is die proses van onderskeiding wat plaasvind in die geloofgemeenskap as geloofsreaksie in die publieke lewe op die handelinge van die Drie-enige, missionêre, God

wat tot ons kom in die Skrif, konfessies en tradisie HERINNERING

wat tot ons kom in die nou van ons konteks INTUÏSIE AKSIE,

wat uit die toekoms vir ons wink om sy Ryk sigbaar te maak VERBEELDING, VISIE

FAKULTEIT TEOLOGIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
1. NAAM VAN PROGRAM: MDIV (KERKLIKE BEDIENINGE)
2. VOORSTELLERS: DIE FAKULTEIT TEOLOGIE IN SAMEWERKING MET DIE DEPARTEMENTE: OU EN NUWE TESTAMENT; SISTEMATIESE TEOLOGIE EN EKKLESIOLOGIE; PRAKTIESE TEOLOGIE EN MISSIOLOGIE
3. doelstellings

3.1 Algemeen

Om studente toe te rus vir die kerklike bediening binne die breë paradigma van ‘n Christelike en Gereformeerde teologie. Die program beoog die volgende:

(a) Kennis van die Christelike geloof en teologie asook die ontwikkeling van ‘n Christelike identiteit. Vanuit die perspektief van ‘n prakties-teologiese ekklesiologie word gefokus op die funksies van die kerk en die funksionering, organisering en administrasie van die gemeentelike bediening.

(b) ‘n Verstaan van kerkwees binne historiese en dogma-historiese verband.

(c) Die ontwikkeling van kommunikasievaardighede wat toegespits is op prediking binne die raamwerk van die erediens en die liturgie asook algemene bedieningsvaardighede.

(d) Die toerusting van leraars, gemeentelike bedienaars, en Christelike leiers rondom die vraagstuk van persoon­like identiteit/ spiritualiteit/ geloofs­volwassen­heid met die oog op die bediening van die versoening en geregtigheid asook pastoraal-terapeutiese hulpverlening.

Opmerking: Die MDiv verskil van die MTh in dié opsig dat daar nie ‘n 60% toelatingsvereiste geld nie. Dit wil studente op ‘n nagraadse vlak professioneel toerus vir die bediening met die oog op denominasionele vereistes en behoeftes.
3.2 Teikenpubliek

Die opleiding van bedienaars, leraars, predikante, pastore, dienswerkers, pastorale hulpverleners en pastorale terapeute vir die gemeentelike bediening. Die program wil persone wat geroep is vir die gemeentelike bediening professioneel daarvoor toerus.


3.3 Aard van wat onderrig word

Die program bestaan uit vier hooftemas: identiteit van kerkwees; bedieningspraktyk; kontekstualiteit; en geloofsvolwassenheid/vorming. Hierdie vier temas fokus op die volgende:

(a) ‘n Prakties-teologiese Ekklesiologie.


  • Kerklike funksies/koinoniaverbande

  • Kerkreg/kerkorde

  • Die leer van die kerk en belydenisskrifte binne historiese konteks.

(b) Die erediens en verwante komponente soos homiletiek, liturgie en die sakramente.

(c) Christelike spiritualiteit en leierskap binne die verband van gemeentebou en die funksionering van die ampte.

(d) Bedieningsfunksies binne die samelewingsproblematiek van versoening, vergifnis, waarheid, geregtigheid en menseregte.

(e) Kritiese konteks - en situasie-analises binne die verband: gemeentebou, getuienis en missionêre uitreiking, die ekumene en die interreligieuse dialoog/debat.

(f) Die pastorale vorming van gemeentebedienaars en hulpverleners. Pastorale en kommunikasievaardighede/gespreksvaardighede met die oog op konflikhantering, berading en terapie.

(g) Voorkomende pastoraat binne die eko-sistemiese verband van huwelik, gesin en samelewing.

3.4 Verlangde uitkomste

3.4.1 Toerusting van gemeentebedienaars

(a) Gemeentebedienaars, predikante, leraars, dienswerkers, pastore, Christelike leiers wat fokus op gemeentebou/ontwikkeling met inagneming van gemeen­skapsontwikkeling; toerusting van die ampte vir die gemeentelike bediening.

(b) Persone wat in staat sal wees om die gemeente te bou: na binne (opbou) na buite (missionêre uitreiking en getuienis).

(c) Die toerusting van liturge met die oog op ‘n sinvolle erediens.

(d) Persone wat sal kan optree as pastorale hulpverleners en pastorale beraders.

(e) Bemiddelaars en konflikhanteerders met die oog op die bediening van die versoening en geregtigheid.

(f) Toerusting van kategete met die oog op jeugsorg en moraliteitsvorming.

(g) Die vestiging van bedieningspraktyke soos getuienis (sending), koinonia, diakonia, huwelikspastoraat en gesinspastoraat.



3.4.2 Vaardighede wat bemeester word

(a) Hermeneutiese en eksegetiese vaardighede

(b) Denk- en analitiese, logiese en kritiese vaardighede

(c) Bedieningsvaardighede

(d) Preek- en retoriese vaardighede

(e) Gespreks- en beradingsvaardighede

(f) Onderrig/pedagogiese vaardighede

(g) Pastorale hulpverleningsvaardighede



3.4.3 Meta-uitkomste van program

(a) Bydrae tot die ontwikkeling van geestesgesondheid en moraliteitsvorming.

(b) Die ontwikkeling van Christelike spiritualiteit (eiesoortigheid) binne kulturele en religieuse diversiteit.

(c) Bevordering van kerkeenheid en ekumeniese samewerking.

(d) Die bevordering van menswaardigheid en samelewingskwessies wat verweef is met die vraagstuk van etiek en humaniteit.

3.4.4 Programspesifiek vs gemeenskaplike uitkomste

Die program deel met ander programme aan die Universiteit dat dit krities-analitiese denke wil bevorder en daarop ingestel is om die saak van geestesgesondheid te bevorder binne samelewingsverband.
Die eiesoortigheid van die program fokus op:

(a) ‘n Prakties-teologiese Ekklesiologie (identiteit)

(b) Die erediens en gemeentebou

(c) Christelike spiritualiteit en die identiteit van die Christelike leier/ hulpverlener/bedienaar

(d) Die bedieningspraktyk vanuit die perspektief van versoening en geregtigheid

(e) Die maak van gemeente-analises binne verskillende kontekste en situasies

(f) Die rol van die kerk in die samelewing (publieke kerk)

(g) Sosiale diakonia

(h) Pastorale hulpverlening en krisisbediening

(i) Eko-sistemiese bediening binne ‘n pastorale beleid van voorkoming vir huweliks- en gesinsproblematiek.


3.5 Aansluiting by die doelstellings, visie en beginsels van die Witskrif

Die program wil gemeentebedienaars oplei wat ‘n bydrae kan maak tot die vestiging van Christelike waardes binne die samelewing en die ontwikkeling van mensepotensiaal wat gerig sal wees op die voorkoming van samelewingsprobleme soos armoede, geweld, morele verval, omgewingsbesoedeling en ongeregtigheid (diskriminasie en verkragting van menseregte). Moraliteitsvorming en Christelike spiritualiteit maak ‘n bydrae tot die vestiging van stabiele huwelik-, gesins- en samelewingsisteme.


3.6 Aansluiting by die missie en visie van die Fakulteit

Teen die agtergrond van die eiesoortige identiteit van die Christelike geloof en die kerk, wil die program

(a) diens lewer binne gemeentelike en gemeenskapsverband

(b) akademiese en professionele teologiese opleiding bied

(c) die saak van ‘n Christelike spiritualiteit vanuit ‘n Gereformeerde paradigma bevorder

(d) op ‘n wetenskaplike wyse aansluit by nasionale en internasionale kriteria vir die beoefening van sowel akademiese teologie as gemeentelike praktykopleiding.


4. struktuur

4.1 Besonderhede

Die kursus is verdeel in twee semestereenhede. Die eerste semester begin die laaste week van Januarie en verloop oor twintig weke. Verskillende temas onder die twee hooftemas, identiteit en bedieningspraktyk, word by wyse van ‘n blokbenadering en die integrering van verskillende teologiese dissiplines by mekaar aan die orde gestel. ‘n Week begin op ‘n Dinsdag en eindig op ‘n Maandag ten einde die naweek in te sluit.

Evaluering vind binne ‘n hoofgroepering plaas. Die eerste semester se twee hoofgroeperinge is: Prakties-teologiese Ekklesiologie en Erediens. Die tweede semester strek oor vyftien weke. Daar is vyf hoofgroeperinge: Konteksanalise, Kerk in die samelewing, Eko-sistemiese Hulpverlening, Geloofsontwikkeling/-vorming en Voorkoming en Verryking.

Vir elke groepering sal ‘n projekleier en koördineerder uit die Departement Praktiese Teologie en Missiologie aangewys word.

Die MDiv word voltyds aangebied en strek oor een jaar. Vanweë die feit dat eksaminering en evaluering binne die groeperinge se weekblokke afgehandel word, word die akademiese jaar op hierdie wyse aansienlik verleng (35 weke).


4.2 Intree en uittreepunte

Intreepunt:  ’n Vierjarige BTh-graad of ander kwalifikasie gelykstaande aan die A of B baan van die BTh-graad.

Uittreepunt:  ’n MDiv (Kerklike Bediening en Christelike Leierskap). Die MDiv gee toegang tot ‘n Lisensiaat in Teologie (Bedieningspraktyk), asook tot verdere nagraadse studie in ‘n DMin.

INLEIDING TOT DIE MDIV

PRAKTIESE TEOLOGIESE EKKLESIOLOGIE

15 – 19 January 2007

Prof Jurgens Hendriks (tel 808-3260 of hjh@sun.ac.za)
‘n Uiteensetting van die program, sy doelstellings en uitkomste is voor in u M Div boekie. Hierdie blok wil u oorsigtelik oriënteer vir die jaar se werk en veral u begrip en verstaan van ‘n praktiese-teologiese ekklesiologie by u tuisbring. As sodanig is die konsep globalisering vir ons belangrik aangesien dit ‘n sleutelwoord is wat die megakonteks beskryf. Die navorsingsvraag hier is: Wat gebeur in ons wêreld? Die grootste uitdaging waarvoor die kerk waarskynlik tans staan, is om die evangelie te kontekstualiseer in ‘n nuwe wêreld, om sy missionêre wese roeping te herontdek. Die evangelie moet weer sin verskaf aan mense se lewens en verandering teweegbring in ‘n stukkende wêreld.
PROGRAM & KURSUSINHOUD

09:00-13:00 Maan 15 Jan

Die aard van die M Div program. Inhoud, fokus, doelstellings en uitkomste word bespreek.

Wat is ‘n prakties-teologiese ekklesiologie: voordrag en bespreking. (Hendriks 2004: hfst 2). In die opdragte wat u hieronder doen se inleidings verduidelik u elke keer op watter aspekte van ‘n prakties-teologiese ekklesiologie u tans gaan klem lê.

Wat u vir 2007 kan verwag en hoe moet u deurlopend deur die jaar hiervoor voorberei. Die 48 uur eksamen aan die einde van die jaar.

Tref reëlings om die Werkgemeenskap vir Praktiese Teologie in SA se jaarvergadering by te woon 17-19 Jan ‘07

Eerste opdrag vir Woensdag:
1. Lees Castells Hfst 1 (1-70) & Hfst 2, introduction (pp 72-75) en die gedeelte oor Al-Queda, 9/11 and beyond (pp108-146).

Bespreek die volgende vraag met gebruikmaking van die metodologie / Navorsingsontwerp van Studying Congregations (Hfste 2 en 9): Wat is die effek van globalisasie op identiteitsvorming en hoe behoort die kerk op hierdie tendense ag te slaan? Werk in groepe van drie. Elkeen moet ‘n werkstuk van ongeveer 2000 woorde inlewer.

Ons bespreek die werk in die klas en u handig dit in vir assessering.

08:30-12:30 Woens 17 Jan. Bespreking van eerste werkopdragte in die klas.

Tweede werkopdrag: Verdeel die 13 strategieë wat McLaren (2000) bespreek tussen die vier lede van u groep. Elke persoon berei 3 of 4 voor strategieë voor en bring dit in verband met die werk van Castells en die artikels wat u gelees het. U maak vir elke lid van u groep afskrifte van u afdeling. Elkeen se werk moet ongeveer 2000 woorde wees.

08:30 Vrydag 19 Jan. Ontvang eerste opdrag terug (nagesien en van kommentaar voorsien). Inlewering van werkstuk oor McLaren Church on the other side. Almal kry eers geleentheid om in hulle groepe hulle werk te bespreek waarna die klas in sy geheel die uitdagings van kerkwees in ‘n tyd soos hierdie bespreek.

Evaluering van die eerste blok.



VOORGESKREWE WERK:

  • H Jurgens Hendriks. 2004. Studying Congregations in Africa. Wellington: Lux Verbi-BM. Chapter 2

  • Manuel Castells. 2004. The power of identity (2nd edition). London: Blackwell (Chapters 1 & 2).

  • McLaren Brian D. 2000. The church on the other side; doing ministry in the postmodern matrix. Grand Rapids: Zondervan.

Yüklə 471,7 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin