Inhoudsopgawe



Yüklə 471,7 Kb.
səhifə8/11
tarix04.01.2019
ölçüsü471,7 Kb.
#90488
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11

Uitkomste


Studente demonstreer kennis, vaardighede en waardes wat hulle in staat stel om

  1. die teologiese en pragmatiese rasionaal vir die publiek-teologiese verantwoordelikheid van die kerk te omskryf;

  2. die aard van die kerk as unieke samelewingsverband te artikuleer;

  3. die publieke rol van die kerk te omskryf;

  4. die kerk-staat verhoudinge in ‘n demokratiese en pluralistiese samelewing te verstaan.



Temas


Bogenoemde uitkomste vorm die basis van die temas wat gedurende hierdie week aan die orde kom.
Werkwyse

Op Dinsdag, 12 Junie word inleidende lesings en klasbesprekings gehou. Studente kom vanaf Woensdag, 25 Augustus, voorbereid klas toe. ‘n Groot deel van die leer vind plaas deur middel van besprekings in die klas. Klasbesprekings in die groter groep word afgewissel met besinningsgeleenthede in kleiner groepe en hopelik selfs paneelbesprekings. ‘n Gedetailleerde program word by die aanvang van die week aan studente voorsien.


Evaluering

‘n Werkstuk van 5-6 A4 paginas oor een van die onderstaande onderwerpe word op Maandag 30 Augustus om 09h00 ingehandig. Dié werkstuk moet gedurende die week en selfs oor die naweek afgehandel word sodat daar nie botsings plaasvind met die program van die nuwe week nie. Die klasbespreking van Maandag 30 Augustus sal onder andere op ‘n bespreking van die werkstukke fokus.



Jy word aangestel as die direkteur van ‘n Sentrum vir Publieke Teologie aan ‘n Suid-Afrikaanse teologie-fakulteit. Beskryf, met inagneming van tersaaklike literatuur en klasbesprekings, jou visie vir die taak en rol van sodanige Sentrum.

Die verwysing na literatuur behels kritiese gesprek daarmee, gemotiveerde afwysing van sommige posisies en gemotiveerde instemming met en integrering van bepaalde standpunte by jou siening.



Voorlopige literatuur


Smit,D Oor die kerk as unieke samelewingsverband, in: Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Junie 1996

Smit,D Oor die unieke openbare rol van die kerk, in: Tydskrif vir Geesteswetenskappe,September 1996

Koopman, N Tussen die duiwel van Konstantinisme en die diep blou see van sektarisme – kerk-staat verhoudinge in die teologie van Stanley Hauerwas, in: 2001 NGTT, nommers 1 en 2

Koopman,N Freedom of religion and the prophetic role of the church (tans ongepubliseerd)

Wogaman,P 2000. Christian perspectives on politics. Louisville:Westminster

‘n Finale literatuurlys sal by die aanvang van klasse voorsien word. Sorg word gedra dat verpligte literatuur vir beide Afrikaanssprekende en nie-Afrikaanssprekende studente toeganklik is.






EERSTE VOLLEDIGE KONSEP VAN SKRIPSIE WORD INGEHANDIG VIR

NASIEN: 23 JULIE

KONTEKS ANALISE: MISSIONALE-EKUMENIESE RAAMWERK

23 – 30 Julie 2007 (08:30-13:00)

Dosent: DX Simon

Welkom by die program van hierdie week!



Doel van Program


Vandeesweek doen ons vanuit die missionale-ekumeniese raamwerk ‘n analise van die kontekste waarin die kerk haar roeping moet uitleef. Die ontleding van ons kontekste word normaalweg gedoen vanuit verskeie hoeke: onder andere sosiologies, psigologies, ekonomies en polities. Uiteraard word hierdie teologiese lees van “die tekens van die tye” nie in isolasie gedoen van ander konteksontledings nie, maar die strewe is wel om te vra hoe dink ons teologies oor ons konteks, dit wil sê binne die raamwerk van Godsopenbaring in Jesus Christus, soos verwoord in die Bybel en geïnterpreteer deur die Christelike kerk. Met die ekumeniese dimensie word bedoel teologiese refleksie in globale, kontinentale, regionale, nasionale, provinsiale en plaaslike kontekste. Dit behels die inter- en intrakontekstuele en dialogiese aard van teologie. Dit impliseer dat ons daarna streef om te luister en strewe na -enheid en diversiteit onder al die stemme van verkillende tye, plekke en kontekste. Die missionale dimensie beklemtoon die fundamentele en transformerende aard van die missio Dei en die kerk se roeping in diverse kontekste.

Persone en gemeenskappe is `n wesenlikke deel van konteks analise. Die missionale-ekumeniese raamwerk werk met die wisselwerking tussen teologie en kontekste van ontwortelde en vervreemde persone en gemeenskappe: vreemdelinge, vlugtelinge, en migrante werkers m.b.t globalisering en armoede in Afrika. Dit beskryf en bespreek die missionale (“gestuurde”) kerk se identiteit en rol in sulke kontekste?



Uitkomste


Studente demonstreer die kennis, vaardighede en waardes wat hulle in staat stel om

1. insig daarin te toon dat kontekste van verskillende plekke en tye verskil;

2. te verreken hoe daar oor die missional-ekumeniese roeping van die kerk gedink word; .

3. missionale-ekumeniese perspektiewe sistematies te integreer in teologiese analise van gemeenskappe en kontekste in Afrika;

4. uitdagings vir die kerk te identifiseer en prioritiseer.
Temas

Teen die agtergrond van bogenoemde doelstellings en uitkomste sal die rol van die kerk m.b.t vervreemding, vreemdelinge, vlugtelinge, migrante werkers, koinonia en solidariteit in die konteks van globalisering en armoede in Afrika aan die orde kom. Die missiolonale-ekumeniese plaas die temas binne die moderne sending- en ekumeniese bewegings, die openbare getuienis van kerke. Dit beklemtoom die karakter, plek en rol van kerke en Afrika ekumenisiteit in die globale ekumenisiteit.




Evaluering


In `n werksopdrag van omtrent 8 bladsye, gebruik van die vyf teologiese bane (de Gruchy 1997) vir `n kritiese missionale-ekumeniese gesprek van bepaalde standpunte oor een van die volgende: (1) die konvergensie van ekumeniese en evangeliese orientasies van getuienis as riglyn vir die kerke se benaderings tot vreemdelinge, vlugtelinge en migrante werkers in Afrika; (2) perspektiewe en riglyne vir missionale-ekumeniese seminaar oor `n “Christelike Handves van Mense Regte” vir vlugtelinge en migrante werkers in Afrika; (3) perspektiewe en riglyne vir `n gemeente seminaar oor missionale-ekumeniese getuienis vir en met vlugtelinge en migrante werkers in Afrika.


Voorlopige literatuur

Bosch, D.J. 1993. Transforming Mission: Paradigm Shifts in Theology of Mission. Maryknoll, New York: Orbis Books, bl. 457-474 (“Mission as Common Witness”; “Mission as Ministry by the Whole Peoples of God”).

de Gruchy, John W. 1995. “Theological reflection on the task of the church in the democratization of Africa: in Paul Gifford (ed.), The Christian Church and the Democratization of Africa. Leiden: E. J.


Yüklə 471,7 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin