Inhoudsopgawe



Yüklə 471,7 Kb.
səhifə10/11
tarix04.01.2019
ölçüsü471,7 Kb.
#90488
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11

Literatuur

Benne, R. 1995. The Great Refusal and My Discontent, in Stackhouse, M. et al., On Moral Business: Classical and Contemporary Resources for Ethics in Economic Life, 917-924, Grand Rapids: Eerdmans.

Botha, J. 2003. Globalization and labour: trends & arguments. Paper presented at a consultation on the humanisation of globalisation. Beyers Naudé Centre for Public Theology, Univ of Stellenbosch and German Evangelical Academies: Bad Boll and Arnoldshain, 6-7 August 2003, Stellenbosch.

Duchrow, U. 2003. The Economic State We’re in: Can the Economy Work for Everyone? Studies in Christian Ethics 15 (2):25-44.

Duchrow, U. 1995. Third Part: Life-giving Economic Alternatives – Today, in Alternatives to Global Capitalism: Drawn from Biblical History, Designed for Political Action, 212-317, Utrecht: International Books with Kairos Europe.

Finn, D.R. 1995. The Four Problems of Economic Life, in Stackhouse, M. et al., 934-940.

Harris, M. 2003. Civil Society and the Role of UK Churches: An Exploration. Studies in Christian Ethics 15 (2):45-59.

Heslam, P. 2002. Unraveling the New Capitalism. London: LICC.

Kotzé, H. 2004. Responding to the growing socio-economic crisis? A review of civil society in South Africa. Development Update 4(4):1-32.

Krueger, D.A. 1995. Connecting Ministry with the Corporate World, in Stackhouse, M. et al., 882-886.

Laczniak, G.R. and Naor, J. 1995. Global Ethics: Wrestling with the Corporate Conscience, in Stackhouse, M. et al., 792-798.

McCann, D.P. 1995. Where Do We Go from Here? Some Thoughts on Geoeconomics, in Stackhouse, M. et al., 955-961.

Novak, M. 1995. Toward a Theology of the Corporation, in Stackhouse, M. et al., 775-785, Grand Rapids: Eerdmans.

Pettifor, A. 2003. The Urgent Need for Economic Transformation: Subordinating the Interests of Finance Capital to Human Rights. Studies in Christian Ethics 15 (2):11-19.

Sagovsky, N. 2003. Introductory Essay: Whose Justice? What Sort of Capitalism? Studies in Christian Ethics 15 (2):1-10.

Sherman, A.L. 1995. Christians and Economic Development, in Stackhouse, M. et al., 924-933.

Stackhouse, M.L. and McCann, D.P. 1995. A Postcommunist Manifesto: Public Theology after the Collapse of Socialism, in Stackhouse, M. et al., 949-954.

Swart, I. 2006. Transforming social welfare? The religious discourse on social development in post-apartheid South Africa. Paper presented at Working Conference 1 of the South African – Swedish Links Programme Project, “Welfare and religion in a global perspective: theoretical and methodological exchange across the North-South divide,” Stellenbosch, 6-8 December 2006.

Swart, I. 2004. Community-centered congregational ministry in South Africa: a plea for renewal. NGTT 45(2) Supplementum:328-339.

Bykomend:

Perlas, N. 2000. Shaping Globalization: Civil Society, Cultural Power and Threefolding. Cape Town: Novalis Press.



BEDIENING VAN DIE VERSOENING EN GEREGTIGHEID I&II [6 kr]

14-27 Augustus

Dr DX Simon
Welkom en Vrede vir Julle! Namkelikile, Uxolo Malube Nani!

Doel van Program


As gevolg van gebeure in Suid-Afrika en in die internasionale arena, kry versoening en geregtigheid dikwels nuwe belang. Die program beskryf van die sosio-historiese kontekste kortliks en vra wat `n missionale-ekumeniese bedaring tot kerke se bediening van versoening en geregtigheid in Afrika behels. Kerke neem verskillende en dikwels botsende standpunte wanneer ou en nuwe kulturele, religieuse en sosio-ekonomiese grense oorskry moet word. Daarom is christene en kerke beide agente en objekte van `n missionale kerk en van transformasie in so `n bediening. Die konteks analise beantwoord twee vrae. Hoe het mense, kerke en ander gemeenskappe hierdie bediening aanvaar en uitgeleef voor, gedurende, en na die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) in Suid-Afrika? Hoe kan christene die wisselwerking tussen versoening en geregtigheid verwoord as `n wesenlike deel van die missionale (“gestuurde”) kerk in Afrika vandag?
Uitkomste

Studente demonstreer kennis, waardes en vaardighede wat hulle in staat stel om:

1. teologies te reflekteer oor die dialektiek tussen versoening en geregtigheid;

2. die dialektiek te gebruik vir die verstaan van nuanses in teologiese denke oor en in kerke se bedieninge van versoening en geregtigheid tussen 1960 en 2003;

3. die dialektiek spesifiek toe te pas op publieke getuienis gedurende en na die WVK in Suid-Afrika;

4. met `n missionale-ekumeniese hermeneutiek te bewys dat `n bedieninge van versoening en geregtigheid `n onlosmaaklike deel behoort te wees van `n missionale kerk wat interkulturele-interreligieuse grense in Afrika oorskry.



Temas


Temas oor versoening en geregtigheid word met `n missionale-ekumeniese hermeneutiek benader, onder die volgende afdelings: skrifturlike riglyne; die teologiese-etiese dimensies; interkulturele-interreligieuse perspektiewe; geloofsgemeenskappe en die KVG; die verhouding tussen diakonia,versoening en geregtigheid in geloofsgebaseerde samewerkings in Suid-Afrikaanse.
Kleingroep en Individuele Evaluering

Klein groepe werk aan teologiese refleksies (5 bladsye, 30% van totale krediet) vir bespreking in klas: etniese en rasse probleme en uitdagings vir versoening en geregtigheid in (Suid-)Afrika. Vir die individuele evaluering, doen `n missionale-ekumeniese analise (10 bladsye, 70% van krediet) oor die missionale kerk se kontekstuele bediening van geregtigheid en versoening in Suid-Afrika vandag. Gebruik “Reconciliation as a frame of Mission” (Schreiter 1992;1997), “Mission as the Quest for Justice”(Bosch 1991), en “Reconciliation as Restoring Justice” (de Gruchy 2003) as riglyn.


Voorlopige Literatuur


Bosch, D.J. 1993. Transforming Mission: Paradigm Shifts in Theology of Mission. Maryknoll, New York: Orbis Books. Pages 400-408 (“Mission as the Quest for Justice”).

Botman, H. R. and Petersen R.M. (eds.) 1996. To Remember and to Heal: Theological and psychological reflections on truth and reconciliation. Cape Town: Human and Rousseau.

Buchanan, Duncan and Hendriks, Jurgens (eds.) 1995. Meeting the Future: Christian Leadership in South Africa. Pretoria Knowledge Resources.

Cochrane, James, de Gruchy, John, and Martin, Stephen. 1999. Facing the Truth: South African faith communities and the Truth and Reconciliation Commission.

De Gruchy, John W. 2002. Reconciliation Restoring Justice. Claremont, South Africa: David Philip Publishers.

De Gruchy, John W. “The Dialectic of Reconciliation: Church and the Transformation in South Africa” in Harold Wells (eds.), The Reconciliation of Peoples: Challenge to the Churches. Maryknoll, N.Y.: Orbis.

De Gruchy, John W. 1988. “The Struggle for Justice and the Ministry of Reconciliation,” Journal of Theology for Southern Africa 62 (March 1988). See also 58 (March 1987).

Falconer, Alan D 1988. Reconciling Memories. Dublin, Ireland: The Columba Press.

Hay, Mark OMI 1998. Ukubuyisana: Reconciliation in South Africa. Pietermaritzburg: Cluster Publications.

Gort, Jerald D. et al 2002. Religion, Conflict and Reconciliation: Multifaith Ideals and Realities. Amsterdam: Rodop.

Maluleke, Tinyiko Sam 1999. “The South African Truth and Reconciliation Discourse” in Magesa, Laurenti and Zablon Nthamburi (eds.), Democracy and Reconciliation: A Challenge for African Christianity. Nairobi: Acton Publishers, 215-241.

Schreiter, Robert 1997. “Reconciliation” in Karl Müller et al (eds.), Dictionary of Mission: Theology, History, Perspectives. Maryknoll, N.Y.: Orbis Books.

Schreiter, Robert 1992. Reconciliation: Mission and Ministry in a Changing Social Order. Maryknoll, New York: Orbis Books.
KERK IN AFRIKA

28 Augustus – 3 September 2007 (08:30-13:00)

Dosent: DX Simon
Hartlik welkom! Namkelekile!
Doel van Program

Die gesitueerdheid van Suid-Afrikaanse kerke op die kontinent van Afrika vorm ‘n wesenlike deel van die konteks, selfverstaan en identiteit van hierdie kerke. Die geskiedenis van kerke in Afrika en die uitdagings waarmee kerke op hierdie kontinent stoei, binne die raamwerk van hulle geskiedenis, verdien dus aandag. Die “vertaalbaarheid” van die evangelie en Christendom word as missiologiese begrip gebruik vir teologiese refleksies oor die selfverstaan en missionale identiteit van kerke in Afrika. Met “vertaalbaarheid” word bedoel die inter- en intrakontekstuele kommunikasie van die evangelie vanuit die interaksie tussen wêreldbeskouings van die Skrif, Westerse Christendom, en die kerke in Afrika. Die refleksie wentel rondom die impak van “vertaalbaarheid” in kerke, Afrika Geïnisieerde Kerke (AGKs) ingesluit, se missionale benaderings / programme tot eksistensiële vraagstukke en die soeke na shalom (omvattende heling) in kontekste van die Afrika-renaissance debat.


Uitkomste

Studente demonstreer kennis, waardes en vaardighede wat hulle in staat stel om:

1. die geskiedenis en uitdagings van kerke in Afrika te omskryf;

2. die “vertaalbaarheid” van die evangelie en Westerse Christendom in die getuinis van kerke in Afrika te verduidelik en krities te analiseer;

3. “vertaalbaarheid” verekken in ‘n missional-ecumenical visie met betreking tot die Afrika-Renaissance denke;

4. die implikasies van hierdie visie vir kerke in Afrika uit te spel met betrekking tot allerlei verwante eksistensiële onderwerpe en vraagstukke.


Temas

Kerk-historiese perspektiewe oor die teologiese uitdagings in Afrika; “vertaalbaarheid” van die evangelie en Christendom in Afrika; die interaksie tussen kultuur, geloof, en identiteit; sinkretisme; “Identiteit in Christus en Ubuntu”; “vertaalbaarheid” en Afrika kulturele-religieuse ervarings in die AGKs en ander “hoofstroom” kerke; “vertaalbaarheid” in kerke se publieke getuienis tot eksistensiële vraagstukke in kontekste van die Afrika-Renaissance denke.


Evaluering

Met “vertaalbaarheid” as missionale-ekumeniese hermeneutiese sleutel vir `n ontmoeting tussen die evangelie en kulturele-religieuse ervarings, doen `n krietiese teologiese evaluering (8 bladsye) van “Identiteit in Christ and Ubuntu” as basis vir inter- en intrakulturele getuienis (kerygma) vir kerke in Africa. Bespreek ook hoe hierdie basis kan dien as riglyn vir die diakonaat in inter- intrakulturele kontekste; vir `n diakonaat wat sensitief en krities-konstruktief is teenoor verskillende kulturele-religieuse komponente in Afrika. Dus, hoe kan “vertaalbaarheid” bydrae tot `n meer holistiese benadering (missionale diakonaat) tot die Afrika-Renaissance en programme van heropbou soos NEPAD?



Voorlopige Literatuur


Brueggemann, Walter 2001. Hope for the world: Mission in a global context. Louiseville: Westminister.

Cochrane, James R. 1997. “Public Challenges to Christianity in Africa.” JTSA 1997:130-139.

de Gruchy, Steve 2002. “Some preliminary theological reflections on NEPAD”. www.hs.unp.ac.za/theology/& development.htm

Journal of Theology for Southern Africa, November 1997, number 99: “Africanisation and the future of Theology”.

Katongole, Emmanuel 1998. “African Renaissance and Narrative Theology in Africa: Which Story? Whose Narrative? Journal of Theology for Southern Africa 102:29-40.

Kritzinger, J.J. “Welkom by die brug: Opmerkings oor die brugfunksie van die Afrika Onafhanklike Kerke”, Hervormde Theological Studies 57:3&4 (Sep. & Nov.), 1119-1133.

Makgoba, Malegapuru William (ed.) 1999. African Renaissance: The New Struggle. Johannesburg: Mafube.

Mugambi, J.N.K (ed.) 1997. The Church and Reconstruction of Africa: Theological Considerations. Nairobi, Kenya: All Africa Conference of Churches.

Mijoga, Hilary B.P. 2002. “African Instituted Churches As Vanguards of African Culture: A reassessment. Missionalia 30(2):183-203.

Ross, Kenneth R. 1997. “Doing Theology with a new Historiography”. JTSA 99:94-98.

Tinyiko, Maluleke 1997. “In Search of the True Character of African Christian Identity: A Review of the Theology of Kwame Bediako” Missionalia 25(2):210-219.






Afronding van Skripsies

4 – 7 September

HANDIG SKRIPSIES IN OP 17 SEPTEMBER
PASTORALE SORG

SIEKEPASTORAAT EN HOSPITAALBEDIENING

17 September – 24 September 2007

Dosent: Ds. MacMaster
1. Agtergrond vir program

Die program werk met die volgende pastoraal-teologiese voorveronderstelling: Pastoraat is betrokke by die interaksie of kommunikasie van die God-mens verhouding en is gerig op die verstaan en interpretasie van hierdie unieke ontmoeting. Pastoraat is dus deel van die Praktiese Teologie waarin dit gaan om ‘n hermeneutiek van die God-mens ontmoeting en konkretiseringsgebeure.


Wat is die spesifieke aard en uniekheid van die Pastoraat?
(a) Pastoraat is vertolking en verstaan. Dit is die hermeneutiek van God se sorg (paraklese) en menslike geloofsgestaltes in die lig van die troosboodskap van die evangelie (die heil). Die heil, en daarom ook die eskatologiese perspektief, dien as regulatiewe faktor en kritiese maatstaf in die proses van vertolking, verstaan, en interpretasie van die pastorale ontmoeting.
(b) Pastoraat wil die geloofsbronne van mense so ontwikkel dat hul Godsbeskouing (geloofsinhoud) ‘n konstruktiewe rol speel in die hantering van lewensprobleme. Die Skrif word gesien as ‘n wesenlike faktor vir die verstaan van geloofsprobleme in terme van die sinvraagstuk (die doel en bestemming van mense se lewens).
(c) Pastoraat beoog heilsterapie. Heilsterapie ontwikkel geloofsvolwassenheid en spiritualiteit. Heilsterapie wil die denkprosesse van mense positief met betrekking tot konstruktiewe Godkonsepte verander; dit wil doelgerigte en waarde-georiënteerde gedrag genereer; dit wil hoop bring; dit wil troos ten opsigte van mense se angs vir die dood en skuldervaring; dit wil Skrifwaarhede organies (d.w.s. via mense se eie lewensverhaal en verstaan van geloof) kommunikeer; dit wil die dialoog tussen God en mens met behulp van gebed bevorder; dit wil God se nabyheid demonstreer via simbole soos bv. die sakramente.
(d) Pastoraat is hulpverlening met betrekking tot lewensontwikkeling binne sistemiese verbande en kontekstuele vraagstukke. Pastoraat wil mense vanuit die heil laat lewe; dit beoog ‘n liturgie tot lewe.
2. SPESIFIEKE METODE

Die pastorale gesprek word beskou as die effektiewe metode. Die gebruikmaking van ‘n fasemodel (selfverstaan en emosionele ondersteuning m.b.v. luistervaardighede en empatie; selfintegrasie en verstaan van probleem binne verbande, konteks en sisteem; verantwoordelike keuses, doelgerigte gedrag en probleemoplossende programme; spiritualiteit en geloofsinterpretasie) word aanvaar as ‘n basiese metode vir ‘n effektiewe pastorale ontmoeting. Skrifgebruik word organies aangewend; so ook gebed en die sakramente.


3. RASIONAAL VIR PROGRAM

Siekepastoraat bring onmiddellik die volgende pastorale vraagstuk navore, naamlik die verband tussen God en lyding. Die pastor se teenwoordigheid simboliseer en verteenwoordig onmiddellik die dimensie van God se wil met betrekking tot lyding, God se aanwesigheid in lyding, die regverdigheid van God binne die konteks van sonde, kwaad, dood en lyding; die voorsienigheid van God. Hierdie teologiese konteks, moet die student verstaan ten einde pasiënte te help om hul geloofsbronne konstruktief aan te wend. Insig in die aard van die teodisee-vraagstuk is derhalwe noodsaaklik. Die bedoeling is nie om aan die pasiënt kennis oor te dra oor God se wil in lyding nie, maar om die gelowige te help om sy/haar worsteling met die wil van God beter te verstaan. Rousmart en sterwensbegeleiding staan altyd direk of indirek in verband met die teodisee-vraagstuk en die sin-vraagstuk. Vandaar dat die student, met die oog op praktiese werk in die hospitaal en siekebesoek, op hoogte moet wees van die relevante teologiese basisteorie.


Kernvraagstukke: die sin van die lewe?

die wil van God?

die verstaan van God?

wat is lewe en is daar ‘n lewe na die dood?

wat is die hemel?
4. PROGRAMDOELWITTE

Probleme by die siekbed hang dikwels saam met pasiënte se persepsie van God. Gevolglik is die teodisee-vraagstuk een van die kernprobleme. Die program wil die student insig gee in die basiese aspekte van die teodisee-vraagstuk ten einde hul in staat te stel om ‘n kennisraamwerk hieroor op te bou. Verwante temas soos gebed en Skrifgebruik sal ook aangesny word. Hierdie aspekte moet geïntegreer word met bedieningstrategieë binne hospitaalverband. Daarom dat die student onder supervisie gehelp sal word om sy vaardighede binne ‘n kliniese situasie te ontwikkel.


Sterwensbegeleiding is ‘n belangrike faset van siekepastoraat. Die student moet die 'psigologie' van dood en sterwe (vgl. sg. fase-teorie van Kübler-Ross) verstaan ten einde terminale pasiënte effektief te begelei. Aangesien vrae oor lewe en dood na vore tree, moet hooppastoraat op so ‘n wyse verduidelik word dat die pastorale bediening sin binne ‘n intense situasie van lyding, effektief kan kommunikeer.
Met die oog op treurwerk wil die program ‘n profiel bied van die rouproses. Die ontwikkeling van rousmartpastoraat met die oog op die bediening aan mense in rousmart is ‘n belangrike prioriteit. Die program probeer om insig te gee in die psigodinamika van rousmart en die verskillende fases van die treurproses.
Die program bied ‘n basiese raamwerk vir die verstaan van middelafhanklikheid met die oog op die pastorale bediening aan die alkoholis en die dwelmverslaafde.
5. DIE VOLGENDE 7 TEMAS WORD BEHANDEL

5.1 Tema 1: Die lydingsvraagstuk as teologiese vraagstuk

D.J. Louw "Meaning in suffering. A theological reflection on the cross and the resurrection for pastoral care and counselling. Frankfurt: Peter Lang, 2000.

(Die werk van Gerstenberger en Schrage: "Suffering", kan vir agtergrondkennis bestudeer word, maar sal nie direk hanteer word nie).

Oor voorsienigheid: Kyk D.J. Louw: Voorsieningheidsgeloof en lydsaamheid by Calvyn. In: Calvyn aktueel.



5.2 Tema 2: Die kuns van siekwees en bediening aan die sieke tuis en in hospitaalverband

Strategie langs die siekbed en die eiesoortige eise t.o.v. onderhoudsvoering. Eiesoortige milieu van die hospitaal.

D.J. Louw "Illness as crisis and challenge".

(Vgl. ook: Dominee en dokter by die siekbed, asook A.H. Becker: "The compassionate visitor". Minneapolis: Ausburg 1985).


5.3 Tema 3: Dood en sterwensbegeleiding en rousmart

D. Barton "Dying and death" (Boeke nie beskikbaar – fotokopieë sal beskikbaar wees).



Vir verdere leeswerk:

Rumbold, B.D. "Helplessness and hope: pastoral care in terminal illness". London: SCM Press 1986.

Kübler-Ross. "On death and dying".

Van Niekerk, E.A. Nie soos mense sonder hoop nie.

Hallewas, C.F.G.E. In de schaduwee des doods.

Meyer, C. "Surviving death. A practical guide to caring for the dying and bereaved".


5.4 Tema 4: Rousmart en treurwerk

Vir verdere leeswerk

Sullender, R.S. "Scott Grief and growth. Pastoral resources for emotional and spiritual growth". New York: Paulist Press.

De Klerk, W.J. Rousmart, Johannesburg: De Jong.

Jackson, E. "Understanding grief". New York: Abingdon.

Jackson, E. "Many faces of grief". Nashville: Abingdon.
5.5 Tema 5: Bejaarde sorg (klasbespreking)

Louw, D.J. "Illness as crisis and challenge"



Vir verdere leeswerk:

McPherson, B.D. "Aging as a social process". Toronto: Butterworths.

Wicht, C.L. Die bejaarde en sy kwale. Pretoria: HAUM
5.6 Tema 6: Siekepastoraat in ‘n Afrikakonteks

Vir verdere leeswerk:

Berinyuu, A.A. "Pastoral care to the sick in Africa". Frankfurt: Peter Lang.

Thesnaar, C.H. Pastorale sorg aan die tradisionele Xhosa. M.Th-werkstuk. U.S. 1993.
5.7 Tema 7: Middelafhanklikheid

‘n Uitdeelstuk oor die vraagstuk van middelafhanklikheid en alkoholisme sal aan u beskikbaar gestel word.


6. Hier is ‘n voorlopige program vir u hospitaalwerk gedurende hierdie periode. Dit word onder supervisie gedoen. U sal in groepe ingedeel word. Moet asseblief nie gedurende die periode van 19 Sept. – 15 Okt. ander afsprake maak nie, want u program loop oor die hele dag.
7. Die program oor lydingspastoraat en siekepastoraat vind plaas op 8 - 15 Oktober by die Kweekskool. U sal in die klasverband bymekaarkom vir bespreking en videomateriaal oor die vraagstuk. Tye: 08:30 – 12:50 vm.
8. U doen ‘n evaluering van die program op Maandag 15 Oktober om 09:30 op die volgende tema:

Beskryf ‘n pastorale strategie met betrekking tot die verband: sterwensbegeleiding, rousmartpastoraaten Vigs teen die agtergrond van die teologiese vraagstuk van die verband: die wil van God en die sin van lyding. (Voorbereiding vir die evaluering: D.J. Louw: Illness as crisis and challenge).


SIEKEPASTORAATKURSUS

SEPTEMBER / OKTOBER
17/ 9 Klas

18/9 Besoeke

19/9 Besoeke

20/9 Besoeke

21/9 Besoeke

24/9 Besoeke

25/9 Tygerberg 08:45 – 14:30

26/9 Besoeke

27/9 Besoeke

28/9 Besoeke

28/9 Stikland

1/10 Stikland

2/10 Stikland

3/10 Besoeke

4/10 Besoeke

5/10 Besoeke en Psigiatrie toets 19:30

8/10 Kweekskool

10/10 Kweekskool

11/10 Kweekskool

12/10 Kweekskool

15/10 Kweekskool: Evaluering 09:30
Inligting

1. Studente verdeel in ses groepe van 6 studente elk. Elke groep sal hulle besoeke aan pasiënte in algemene hospitale by ‘n spesifieke hospitaal onder die leiding van ‘n hospitaalleraar of gemeente predikant bring.



  • Groep 1 Karl Bremer/Louis Leipoldt; Dr. Anthonissen, T. 918 1348

  • Groep 2 Tygerberg; Dr. Van der Vyver, T. 938 4546

  • Groep 3 Tygerberg; Ds. 1

  • Groep 4 Panorama; Ds. 2

  • Groep 5 Groote Schuur, Ds. 3

  • Groep 6 N1 Stad; Ds. 4


Aanmeldtye by hospitale 08:30.

Met die eerste aanmelding sal die studente by die hoofingang van die hospitaal deur die leraar ontmoet word.


2. Die klas gaan as ‘n geheel na Stiklandhospitaal op die drie dae daarvoor aangetoon.

  1. Die dag vir Tygerberg kom die klas ook in sy geheel. Op daardie oggend meld die studente saam by die Gene Louw gebou (ook X-Blok genoem) om 08:45 aan.

  2. Let op die Psigiatrie toets op Do. 11 Okt. om 19:30 by die Kweekskool.

  3. Tee en koffie word by die hospitale verskaf. ‘n Bydrae daarvoor sal van die studente gevra word. Daar is kafeterias by die hospitale waar die studente vir hulle middagetes kan kry, maar die dae sal meestal rondom die middagetes afsluit.




SKRIPSIES NA US BINDERY


KINDER- EN JEUGKULTUUR

16 – 22 Oktober 2007

30 Oktober – 5 November 2007

Dr. C H Thesnaar (koördineerder); Rev. LLM MacMaster

Rev. E van Rensburg
Inhoud:
1. Uitkoms

Die student beskik oor die nodige kennis van die aard en implikasies van die hedendaagse kinder- en jeugkultuur asook die uitdagings wat daardeur aan die kerklike bediening gestel word ten einde in staat te wees om die Evangelie effektief aan kinders en jeug te kommunikeer.


2. Program inhoud

  • Globale kinder- en jeugkultuur

Sekularisasie

Globalisering

Pluraliteit


  • Suider-Afrikaanse kinder- en jeugkultuur

Demografiese profiel van kinders en jeug

Sosio-ekonomiese, politieke en maatskaplike faktore




  • Implikasies van bogenoemde

Bendekultuur

Geweld en misdaad

Verwaarlosing, misbruik en mishandeling van kinders en jeug

Generasievervreemding

Veranderende familiesisteme

Multikultureel en multigodsdienstig

Sosio-ekonomiese en maatskaplike ongelykhede


  • Uitdagings vir die kerk

Publieke rol van die kerk

Kinder- en jeugbediening is breër as gemeentelike kinder- en jeugbediening

Geloofsvormende prosesse wat heling, hoop en visie vir kinders en jeug gee

Identiteitsvinding en sinsontsluiting van kinders en jeug binne Christelike geloof


3. Program
Dinsdag 17 Oktober tot Donderdag 19 Oktober:08h30 - 13h00

Rev. LLM MacMaster: Die verstaan van die jeug en die jeugkultuur binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Vrydag 20 Oktober tot Maandag 23 Oktober 08h30 - 13h00

Rev. E van Rensburg: Die verstaan van jeug en die jeugkultuur binne die media - konteks.


4. Voorgeskrewe literatuur / uitdeelstukke


  1. Koop

Pinnoch, D 1997. Gangs, Rituals and Rites of Passage. Cape Town: African Sun Press.


  1. Leser

Kursusmateriaal sal saamgestel word uit onder andere die volgende resente bronne:


  • UNICEF publikasies en webadres

  • National Programme of Action publikasies

  • CASE navorsingsverslag

  • Sensus-statistieke

International research project on globalization – Princeton University.

Literatuur oor publieke rol van die kerk.


  1. Aanbevole leeswerk

Mueller, W. 1999. Understanding today’s youth culture. Wheaton: Tyndale House.

Schultze, J. et.al. 1991. Dancing in the Dark. Grand Rapids: Eerdmans.

Devadas, D. 1995. Ecumenism & Youth. Geneva: WCC.

MacMaster, LLM. 2001. Die trauma van geweldsmisdaad op die funksionering van geloofsgemeenskappe.


5. Evaluering

U sal geassesseer word na aanleiding van u klasdeelname sowel as deur middel van ‘n opdrag.



Yüklə 471,7 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin