Die Wêreld Waarin ons Leef



Yüklə 493,57 Kb.
səhifə44/86
tarix07.01.2022
ölçüsü493,57 Kb.
#90885
1   ...   40   41   42   43   44   45   46   47   ...   86
Kommunikasie en

interpersoonlike verhoudings

Kommunikasie is ‘n sleutelvaardigheid om gesonde interaksie tussen mense en groepe te handhaaf – kommunikasie is mag. Daar is faktore wat kommunikasie beïnvloed, soos die omgewing waarin ons ons bevind, die beklemtonings en toon van ons stem, lyftaal en gesigsuitdrukkings en onderliggende stereotipes van ander mense. Aangesien kommuniksie so kompleks en omvangryk is, kan dit slegs goeie gevolge hê as ons as mense eg is, en indien mense onderling respek vir mekaar het. Verskuilde of onderdrukte motiewe kom maklik te voorskyn in ons lyftaal sonder dat ons daarvan bewus is.





Aangesien kommunikasie uiteindelik uit die diepste van ons wese kom, het dit alles te make met die welsyn van die individu. Hier is twee perspektiewe ter sprake: Die “ek” perspektief – hoe ek myself sien, en die “my” perspektief – hoe ek dink andere my sien. As daar ‘n groot verskil tussen hierdie twee sienings is, is daar ‘n spanningstoestand en onsekerheid in die persoonlikheid, en gee dit aanleiding tot allerlei verdedigingsmeganismes soos:

  • Leef in ‘n fantasiewêreld

  • Regressie terug na die verlede

  • Onderdrukking en ontkenning van die werklikheid

  • Kompensasie

  • Projeksie

  • Rasionalisering

  • Reaksie




Slot

Die mees fundamentele element in persoonlike sekuriteit lê natuurlik in sy geestelike verhouding met God. ‘n Lewende verhouding met die Here is die basis waarvolgens alle vrese hanteer kan word, alle veranderinge tegemoet gegaan kan word, en alle verhoudings gerig kan word. ‘n Werklike geloofsverhouding gee die mens ‘n meganisme om te handel met skuld en skadu’s van die verlede, en gee ook hoop vir die toekoms. Daarkom kan en behoort ‘n christen ‘n ongekompliseerde mens te wees wat die toekoms met optimisme tegemoet gaan.





Daar is min mense so frustrerend as die een wat altyd negatief, swartgallig en krities is. Die toekoms en veranderinge word immer deur so ‘n persoon negatief en as ‘n bedreiging ervaar. So ‘n persoon het ‘n geslote gemoed en word nie oortuig van ander se standpunte nie – selfs al is die feite voor hom. Hy leef in sy eie ideologiese wêreld, soos ‘n seepbel, en is bereid om sonder oorweging ander sieninge, en mense wat van hom verskil, te verwerp. So ‘n persoon is in werklikheid ‘n diep onseker mens wat krampagtig vaskleef aan dit wat hy glo reg is – soos ‘n drenkeling aan ‘n houtstomp. Hy vrees om buite sy bekende kring te beweeg. Hy sal “sy” waarheid ook met alles waartoe hy in staat is, probeer verdedig. Daarenteen staan en stry die Waarheid vir Homself soos ‘n rots. Die Waarheid van Christus is ewig en tydloos en objektief en sal altyd nuut en vars bly, al verander die wêreld ook hoe. Wanneer die Waarheid in ‘n mens is, en jy is in die Waarheid, dan is jy juis vry en bemagtig om die toekoms met ‘n oop gemoed aan te durf, en om almal rondom positief te beïnvloed met die oorvloedige lewe wat Christus gee.


Hoofstuk 7: Nasionale en persoonlike veiligheid




Yüklə 493,57 Kb.

Dostları ilə paylaş:
1   ...   40   41   42   43   44   45   46   47   ...   86




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©muhaz.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

gir | qeydiyyatdan keç
    Ana səhifə


yükləyin